|
Otto-reeks word deur Eric Hill geskryf en was aanvanklik in Engels as Spot uitgegee.Hierdie boeke met die klein hondjie, Otto as hoofkarkater, is die afgelope 29 jaar topverkopers en neem steeds in gewildheid toe. Eric Hill het as 'n grafiese kunstenaar en illustreerder gewerk tot sy seun, Christopher, se geboorte in 1976. Hy het toe 'n storie geskep met 'n klein hondjie as hoofkarakter om vir sy seun voor te lees. In 1980 is Where's Spot gepubliseer, en dit was maar net die begin! Eric en sy gesin het in 1983 na die VSA verhuis en hulle bly nou in Kalifornië met 'n huis vol honde, katte en perde - die perfekte inspirasie vir die Otto-stories. Eric is steeds deurgaans betrokke by die skep en ontwikkeling van alle Otto-produkte. Afrikaanse boeke in die Otto-reeks is:
Leesboekies:
- Waar’s Otto? (mini uitgawe)
- Waar’s Otto?
- Otto gaan stap
- Otto gaan skool toe
- Otte se verjaarsdagpartytjie
- Otto gaan strand toe
- Otto gaan sirkus toe
- Otto gaan plaas toe
- Otto se babasussie
- Otto slaap uit
- Otto speel in die park
- Otto se groot woordeboek
- Otto se kleure
- Otto se speelkis
- Otto se pretjaar
- Otto by die see

Lees-en inkleurboeke asook plakkerboeke:
- Otto leer tel
- Otto sê hoe laat dit is
- Otto-hulle dra kostuums (‘n plakkerboek)

Otto en sy maats trek partytjiekostuums aan. Kinders kan die 16 kleurvolle plakkers gebruik om vir elkeen die regte klere aan te trek. Kinders kan ook hul eie prente maak vir hul heerlike kostuumpartytjie.

Badboekies:
- Otto hou van water!
- Lekker slaap, Otto
- Otto se speelgoed
- Otto se maats



Lapboekies:
- Otto speel
- Otto se dag
- Otto se diere
- Otto se klere
Otto gaan strand toe(geskryf deur Eric Hill)- Barend gaan saam see toe in hierdie lig-en-loer storie oor Otto - almal se gunstelinghond

Otto se babasussie (geskryf deur Eric Hill)- Saartjie en Barend het vir Otto ‘n groot verrasing - ‘n babasussie! Lees hoe hierrdie dierbare klein hondjie saam met haar ouboet Otto die hele huis vol speel

Otto gaan sirkus toe (geskryf deur Eric Hill)- Otto beleef nog ‘n avontuur: hy gaan soek sy bal agter die skerms in die sirkus - en leer ‘n oulike sirkustoertjie

Otto gaan plaas toe (geskryf deur Eric Hill)- Otto se besoek aan sy pa op die plaas loop uit op ‘n vrolike soektog na klein diertjies

Otto se pretjaar bevat twee Otto lig-die-flappie-stories. In Otto gaan skool toe kan jy saam met Otto en sy maats sing, op die speelgrond speel, leer om te spel, na 'n storie luister en 'n prentjie verf. In Otto se vakansie speel Otto en sy maats heerlik bal op die strand, swem, bou sandkastele, vang vis en maak nuwe maatjies.
Otto by die see - Otto se avonture skop af met 'n uitstappie na die strand saam met sy ma, Saartjie, en sy vriende, Japie en Sara.
* Daar kom daagliks nog heerlike Otto boeke uit, so dus is die lys van die Otto boeke amper nooit volledig nie


Lees ook die Disney boekklub boeke


Lees ook die Miesiemuis reeks Miesie muis


Lees ook die Huppel reeks (W.O. Kuhne)


Lees ook die Uiltjie boeke



|