|
Vera Wolmarans se boekelys van meer as 50 boeke sluit in :
(Boeke in blou dui aan dat daar ’n kort resensie oor die boek beskikbaar is)
- Alleen maar die liefde, 2000deur Vera Wolmarans
- Arena vir die liefde deur Vera Wolmarans
- Beminde seeman deur Vera Wolmarans
- Berg van drome, 1990
- Bewaker van my hart deur Vera Wolmarans
- Branders in 'n visdam deur Vera Wolmarans
- Die ander suster, 1993 deur Vera Wolmarans
- Die blonde sigeunerin, 1993
- Die dogter van Kasper van Heerden deur Vera Wolmarans
- Die hartebreker deur Vera Wolmarans
- Die maagde van Machu Picchu, 1998 deur Vera Wolmarans
- Die seewind bring liefde, 1993 deur Vera Wolmarans
- Die skat van Montezuma, 1997
- Eensame hart
- Eiland van verskrikking, 2000 deur Vera Wolmarans
- Liefde op Jannasbaai deur Vera Wolmarans
- Liefde se kronkelpad deur Vera Wolmarans
- Gebroke melodie deur Vera Wolmarans
- Gekneusde harte deur Vera Wolmarans
- Gister se drome deur Vera Wolmarans
- Harte in harmonie deur Vera Wolmarans
- Heel dan my drome, 1999 deur Vera Wolmarans
- Huis vol skaduwees deur Vera Wolmarans
- Iewers is daar vreugde, 2000 deur Vera Wolmarans
- Jacqueline se ontluiking, 1992 deur Vera Wolmarans
- Kollig van die liefde, 2000 deur Vera Wolmarans
- Liefde op Jannnasbaai deur Vera Wolmarans
- Liefde se kronkelpad, 2006 deur Vera Wolmarans
- Liefdesrenaissance
- Liefdespel op Ankerbaai, 2001 - deur Vera Wolmarans
- Liefdesverraad deur deur Vera Wolmarans
- Liefste leeutemmer deur Vera Wolmarans
- Moeras van hartsog en vrees, 1998
- Minnelied vir ‘n tweeling, 1994 deur Vera Wolmarans
- Misverstand in Kammaland, 2004 deur Vera Wolmarans
- My erfdeel is die liefde, 1996 deur deur Vera Wolmarans
- ‘n Bruid vir Barnardsrus, 1992 - deur Vera Wolmarans
- 'n Huis vol skaduwees, 1995 deur Vera Wolmarans
- ‘n Orgideë vir Jana, 1991 deur Vera Wolmarans
- ‘n Sprokiesliefde vir Cindy
- Nuwe liefde vir Moira deur deur Vera Wolmarans.
- Ontwakende Liefde deur Vera Wolmarans
- Optelgoed is hougoed deur Vera Wolmarans en Madelie Human
- Reëndruppeldrome, 2004 deur Vera Wolmarans
- Rose vir Lismari deur Vera Wolmarans
- Sleutel tot my hart deur Vera Wolmarans
- So min liefde
- Soek nie verder, my beminde, 1992
- Sonder liefde, sonder vreugde, 2002
- Sprokie vir ’n bosnimf - deur Vera Wolmarans
- Sterligdrome, 2004 - deur Vera Wolmarans
- Ter wille van Nicola- deur Vera Wolmarans
- Uit die trane van gister, 1990 deur Vera Wolmarans
- Vallei van verlore drome, 1994
- Verwerp nie my liefdesoffer
- Vir 'n vrou soos Ragel, 1990
- Voetspore na geluk deur Vera Wolmarans

Die maagde van Machy Picchu deur Vera Wolmarans
Carla Pieters wou bewys sy kan enige tyd haar manlike kollegas uitstof as sy wil en sy aanvaar die opdrag om dwelmsmokkelaars se spoor te volg tot on Peru. Haar joernalistieke agtergrond het haar egter nie juis voorberei op wat haar tref as gevolg van die besluit nie.
Die hele Peruaanse polisiemag is op haar spoor nadat dwelms in haar bagasie gevind is - en die eerste persoon wat sy letterlik beetkry om haar te help vlug, is dokter Frits Kolbé, ‘n argeoloog wat in nie veel meer in die lewe belangstel as om die slingerpad van ‘n legende na die middel van die oerwoud te volg nie.
Saam met Frits beleef Carla nagmerrie op avontuur nagmerrie, maar bowenal leer sy die lekkerste es van haar lewe: liefde vra nie ‘n tyd of plek om te gebeur nie - dit oorrompel jou wanneer jy dit die minste verwag.



‘n Bruid vir Barnardsrus deur Vera Wolmarans

Die hartebreker deur Vera Wolmarans
Madame Selena se onheilsvoorspelling en die afgeskeurde foto krap Lynette en Chris se verhouding deurmekaar. Watter donker skaduwees uit die verlede dreig om hulle geluk onherroeplik te vernietig? Kan sy haar toekoms aan hom toevertrou?



Rose vir Lismari deur Vera Wolmarans Deel van die liefdesverhale in die Romanza-reeks
Hy bejammer haar en beskou haar eintlik as ’n pateet. Verder praat hy agteraf oor haar. Lismari moet klou aan haar waardigheid nadat sy agtergekom het watter tweegatjakkals Constant Bothma is. Hoe kan hy haar verantwoordelik hou vir sy neef se welsyn?

Ter wille van Nicola deur Vera Wolmarans Deel van die liefdesverhale in die Romanza-reeks
Hoe sy ook al daarteen stry, Nikola kan nie teen haar liefde vir Stef Vermeer veg nie. Maar hy is haar bloedbroer, haar pa se ewebeeld. Nicola besef daar is groot fout, wie weet terapie is wat dalk sal help.



Optelgoed is hougoed deur Vera Wolmarans en Madelie Human Deel van die liefdesverhale in die Romanza-reeks
Met Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het hy al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe een, Tharien. Hy is van die bodorp en sy ’n motorwerktuigkundige, maar dit verhoed nie dat Brink net bly om haar draai nie. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?

Sprokie vir ’n bosnimf deur Vera Wolmarans Deel van die liefdesverhale in die Romanza-reeks
Die stormwater het hom na hul plaas gebring. ’n Hopie mens met ’n wond aan sy kop. Is hy die sadistiese moordenaar waarna die polisie soek – hy het geen identiteits of ander dokumente en verder ly hy aan geheueverlies … dan staan Tanya en kry die man lief.


Liefde op Jannasbaai deur Vera Wolmarans
Die bewustelose Minnet word tussen die rotse van Jannasbaai gevind waar sy lank aan die elemente blootgestel was. Sy word na die plaaslike kliniek geneem met ‘n wond aan die kop en Dr. Elmo Kasselman opereer om die drukking op haar brein te verlig en waarna haar herstel langsaam is. Alhoewel haar liggaam gesond word, ly Minnet aan geheueverlies en kan niks van haar verlede onthou nie.
Intussen raak sy op die aantreklike dokter verlief, maar weet dat dit tevergeefs is aangesien haar enigste vriendin op Jannasbaai óók op hom verlief is. Wat dit erger maak is die feit dat dit die blonde en beeldskone Roshelle Montagu is, en verder is die kliniek se voortbestaan afhanklik van haar ryk pa ...

Huis vol skaduwees - deur Vera Wolmarans
Antoni Lingenfelder se welgestelde ouers dwing haar om werk te soek, en só beland sy in die lewens van die Du Randt-gesin. Dis nie lank nie of sy ontdek dat hulle geheime bewaar – dis donker geheime soos die skaduwees in die huis …



Misverstand in Kammaland - deur Vera Wolmarans
Ten spyte van haar welgestelde ouers se teenkanting besluit Lika Scheepers om te bewys dat sy op haar eie voete kan staan. Sy aanvaar ‘n pos as ontvangsdame by Kammaland, ‘n lieflike vakansieoord aan die Oos-Kaapse kus - maar met die intrapslag al begin dinge skeefloop.
Lika sou egter nog alles kon oorbrug, maar toe gebeur die laaste ding wat sy haar ooit kon voorstel: sy raak verlief op die ruwe, aantreklike Schalk Germishuys, mede-eienaar van Kammaland - wat getroud is met die innemende Sandra. Of so dink sy. Om alles nog verder te kompliseer, is die geheimsinnige Fransman Jacques le Verne, wat openlik by haar aanlê, angstig op soek na ‘n vyfjarige dogtertjie, wat Lika aflei net Schalk-hulle se klein Nikita kan wees....


Lees ook Liefdesverhale deur Nita Griessel
Lees ook liefdesromanse deur Nan Henning
Lees ook verhale deur Ena Murray

Gister se drome - deur Vera Wolmarans

Bewaker van my hart deur Vera Wolmarans
Donéll moet na ’n onbekende bestemming gaan om verslag te doen vir die tydskrif waarvoor sy werk. Daar word haar voete onder haar uitgeslaan deur ’n bruingebrande blonde reus met intense blou oë …



Gebroke melodie deur Vera Wolmarans
Tammie Fourie aanvaar ’n pos as assistant vir die briljante Francois Ludick . Francois en sy vrou was albei supersterre in die musiekwêreld en ’n blink toekoms met roem het vir hulle gewink. Na ’n tragiese bergklimongeluk waarin Francois vermink is begin sy huwelik verbrokkel en begin hy vir die mensdom weg te kruip. Sal Tammie vir Francois kan help om die wêreld weer in die öe te kyk?



Heel dan my drome - deur Vera Wolmarans
Melissa geldenhuys word vir ‘n proeftydperk van ses maande as klinieksuster op Rondomberg aangestel. Hier op Christo van Breda, haar werkgewer, se plaas kan sy in vrede haar lewe in oënskou neem na die verskriklike ongeluk waarin haar verloofde verlam is en die helfte van haar pragtige gesig geskend is.
Sy bewys haar as ‘n bekwame suster en kruip gou in die harte van die omgewing se mense in. Maar dis nie net die omgewing se mense wat haar liefkry nie. Ook Christo van Breda vind haar, ten spyte van haar geskende gesig, uiters aantreklik.
Christo en sy vrou, Lorna, moes hul eerste kind aan die dood afstaan nadat Lorna ‘n miskraam gehad het. Sy het na die gebeurtenis geestesiek geword en dwaal nou op die plaas rond met ‘n babapop in haar arms, wat sy glo haar regte baba is...
Hierdie aangrypende verhaal van Vera Wolmarans sal elke leser se diepste emosies aanraak.



Minnelied vir ‘n tweeling - deur Vera Wolmarans
Kathleen leun teen hom aan en luister na sy hartklop, voel die hitte van sy vel onder haar wang. Haar hele wese hunker na hom en haar hart sing van die liefde wat daarin gedy, maar haar gedagtes maal en maal steeds in die rondte. Hoe kan sy vir shaun lief wees? Het sy dan nie alreeds besluit dat Patrick die een is aan wie se sy sy haar dae wil deurbring nie? Hoe verraderlik is haar hart tog nie! Hoe gaan sy ooit weet watter een van die tweeling sy lief is?

Die ander suster - deur Vera Wolmarans
Die beeldskone internationale model, Wanda Kritzinger, keer uit New York terug om vir haar suster, Salome Kritzinger, te kom kuier. Salome is getroud met Wanda se jeugliefde, Eric, en hulle verwag ‘n kind.
Salome reël dat Wanda by Hermien de Lange en haar aantreklike seun Jooste bly en daar is duidelik ‘n aangetrokkenheid tussen die twee. Die vure van hartstog tussen Wanda en Eric is egter steeds smeulend en al probeer Wanda hoe om voor te gee dat daar niks meer tussen hulle bestaan nie, woed daar ‘n stryd in haar gemoed.

Gekneusde harte- deur Vera Wolmarans
Dat haar geliefde tweelingbroer, Boeta, ‘n rewolwer teen sy kop gedruk en die sneller getrek het, is vir Lona Griffiths bitter moeilik om te glo. Hy was ‘n man met ‘n kunstenaarsiel, sagsinnig en liéf vir die lewe. Dat by egter net voor hy homself vernietig het, sy getroude minnares vergiftig het omdat hy nie kans gesien het om sonder haar te lewe nie, weier sy volstrek om te aanvaar.
Sy keer ‘n jaar later terug uit Australië en begin op die klein dorpie Pineview, waar die tragedie afgespeel het, na antwoorde soek. Die klein gemeenskappie is egter allesbehalwe gewillig om aan die verlede herinner te word, en minste van almal Rufus Bender— die derde persoon in die liefdesdriehoek wat haar broer se dood veroorsaak het...
Gekneusde harte is ‘n roman wat die leser aan die raai hou. Die veelsydige Vera Wolmarans se Iewensegte karakters, spannende situasies en fyn intrige sorg vir ‘n verhaal wat heerlike ontvlugtingsgenot bied.

Uit die trane van gister- deur Vera Wolmarans
“Dierbare Mammie en Pappie,” fluister Angelique Rossouw bewoë, “so het julle dit seker nie vir my beplan nie. As julle my net betyds in julie vertroue geneem het, sou dit nie nou vir my nodig gewees het om hierheen te kom nie!” Driefontein doem koud en eensaam voor haar op haar nuwe tuiste vir ‘n onbepaalde tydperk.
Dewald Reyneke probeer sy bes om hierdie beeldskone vreemdelinkie met die perdebylyfie en die hemelsblou oè vir hom op te eis, maar twee mense tree onbewustelik toe tot die stryd: Karel Kriel en Charlotta Steenkamp.
Die verwaarloosde sinkhuisie van dronk Gert van Rooyen word deel van Angelique se lewe en Driefontein se mense vel weer eens ‘n oordeel. Wie is die vrou op die geel, verbleikte foto’tjie uit vergangejare wat Angelique soos ‘n kosbare kleinood bewaar en vir die priemende oë van tant Drienie wegsteek? Waarom kyk soveel oë vol herkenning vinnig weg wanneer dit op die sprankelende Angelique rus?
Hier op die uitgestrekte Karoovlakte verbitter selfverwyt, hardvogtigheid en verwerping die lewens van onskuldige mense, en deur die jaloesie van een persoon word ‘n onskuldige vrou genadeloos veroordeel. . . ‘n vonnis wat nog lank in die fluistering van die wind oor die verlate vlaktes sal weerklink.
Met (Uit die trane van gister) skep Vera Wolmarans ‘n vreugdevolle more van liefde en waarheid wat seëvier oor die leuens van gister.



Die seewind bring liefde ‘n liefdesverhaal deur Vera Wolmarans
Op Ventersbaai gaan die lewe stil en rustig sy gang: Frans Marits skryf verhale in sy viswinkel terwyl Eloize van der Bijl of dagdroom terwyl sy op die toonbank sit of die enkele klante bedien. Meneer en mevrou Coleman bedryf hul prokureurspraktyk, Mirna Venter stap half doelloos tussen die strand en die huis rond en tant Fien bak en brou in die vierkantige, wit huis se kombuis.
Maar toe kom Christiaan Jonker op die dorp aan nadat hy byna twintig jaar gelede skielik daar weg is. Die gemeenskap is in rep en roer en die skindertonge klap.
Blykbaar weet net Eloize nie wat aan die gang is nie. Dat Christiaan se koms iets met Mirna, Eloize se grootmaakma, se eienaardige buie te doen het, is egter seker.
Net toe Eloize besluit om te begin ondersoek instel, laat haar hart haar in die steek en sy raak verlief op die ryk stadsmeneer, Geoffrey Smithers. Frans besluit toe om maar sy liefde vir Eloize in die kiem te smoor, maar hy vind uit dat die liefde soms ‘n uiters sterk wil het om te oorleef...
Kom beland saam met Ventersbaai se mense op ‘n mallemeule van dolle gebeure en vind uit dat Eitemal heeltemal reg was toe hy gesê het; “Tog snaaks hoe verkeerd ‘n ding partykeer moet loop om reg ult te kom.”



Arena vir die liefde ‘n verhaal deur Vera Wolmarans
Dit is nag. Die hemeiruim is oortrek met sterre wat grootoog afkyk aarde toe en hulle oë knip in stomme verbasing. Op die sirkusterrein, langs dte groot wit-en-blou tent, lê ‘n meisie op die grond. Sy het n wit rok aan en haar lang, rooiblonde hare is deurmekaar. Sy het geen juwele aan nie en is ook sonder ‘n handsak en skoene. Wie is sy, waar kom sy vandaan en wat maak sy daar?
Die meisie maak haar oë stadig oop en kyk op na die sterre. Verward sit sy regop. Sy wonder wie sy is en waar sy is. Sy kan niks onthou nie! Nie ‘n enkele herinnering flits deur haar geheue nie.
Sy staan wankeirig op. Struikel oor iets wat haar enkel vasgryp en begin verskrik gil. Skielik word die sirkusterrein verlig en mense in slaapklere kom nuuskierig nader om uit te vind wat aangaan.
So ontmoet die meisie vir Arlene, die draadloper; Chico, die nar; Ruben en Victor, Die Wit Durfalse, en talle ander artieste wat aan die sirkus verbonde is. Saam probeer hulle die raaisel oor haar identiteit en herkoms oplos.
Kom geniet hierdie romantiese verhaal saam met die gewilde skryfster, Vera Wolmarans, maar pasop! Daar mag meer kinkels in die kabel wees as wat jy dink!

Iewers is daar vreugde ‘n verhaal deur Vera Wolmarans
Toe Traci Lourens ‘n pos as kleuterskoolonderwyseres vir ‘n dogtertjie op Donkerkloof aanvaar, het sy ‘n lewendige, stouterige sproetgesiggie en ‘n tipiese, woelige plaashuishouding verwag.
Maar Monita is ‘n willose, stil en eensame kind. Die huishouding bestaan uit ‘n doofstom ouer vrou, ‘n skynbaar ruwe en ongeskikte bejaarde man en ‘n kil, sarkastiese jong boer, Riaan Meiring, wat die dogtertjie se pa is.
Daar is gerugte dat Riaan sy gewese vrou fisiek mishandel het, sodat sy moes vlug, en dat hy die dogtertjie, wat ‘n konsertpianis en jong musiekgenie is, wreed uit haar moeder se toesig ontvoer het.
Die hek van die plaas word dig gesluit, en daar is twee kwaai, reusagtige swart honde wat die huis bewaak...
Maar Traci is jonk en geesdriftig, en ten spyte van teenslae beur sy steeds om stukkies li en lag in die star huishouding te bring.
lewers, weet sy, moet daar vreugde wees. En iewers dalk ook liefde?




|