http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Sarah du Pisanie is ‘n volbloed Suidwester. Alhoewel sy nie daar gebore was nie, woon sy al sedert haar elfde verjaarsdag daar. Die grootste gedeelte van haar lewe het sy op Walvisbaai gebly, maar het in 1984 na Windhoek verhuis. Sy is getroud met Johan du Pisanie en hulle het vier kinders, waarvan een in 1974 oorlede is. Die ander kinders is getroud en daar is al ‘n klompie kleinkinders. Haar man, Johan, was verbonde aan die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde, wat ook die rede was dat hulle verskeie kere al verplaas is. Vandaar was hulle dan ook ’n paar jaar op Velddrif en twee jaar op Lambertsbaai gebly, waar hulle dierbare vriende gemaak het en deur die jare kontak gehou het. Sarah is hartstogtelik lief vir haar mooi land, nou Namibië, en is eerder bereid om die toekoms daar vreesloos in die oë te kyk as ‘n heenkome op ‘n ander plek te gaan soek.
Foto : Sarah du Pisanie
Klik hier vir ‘n lys van Sarah du Pisanie se boeke
|