http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Saartjie

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Saartjie Baumann is ‘n gewilde reeks boeke vir jong dogters en is geskryf deur Bettie Naudé.

Hier volg ‘n lys van boeke in die reeks wat deur Afrikaanse Pers-boekhandel uitgegee was in die 1970’s:

    1. Saartjie Baumann
    2. Saartjie se vakansie
    3. Sasrtjie se geheim
    4. Saartjie se donkie
    5. Saartjie se nuwe maat
    6. Saartjie se slim plan
    7. Saartjie se pappegaai
    8. Saartjie se held
    9. Saartjie se geveg
    10. Saartjie se skatte
    11. Saartjie se kliek
    12. Saartjie se kęrel
    13. Saartjie se kordaatstuk
    14. Saartjie se piekniek
    15. Saartjie se afskeid
    16. Saartjie se prys
    17. Saartjie se tydskrif
    18. Saartjie se boetie

    koop 'n boek 3

    1. Saartjie Baumann
    2. Saartjie se vakansie
    3. Saartjie se donkie
    4. Saartjie se nuwe maat
    5. Saartjie se slim plan
    6. Saartjie se verjaarsdag
    7. Saartjie se boetie
    8. Saartjie se gevaar
    9. Saartjie se dagboek
    10. Saartjie se piekniek
    11. Saartjie se sirkus
    12. Saartjie se afskeid
    13. Saartjie se kordaatstuk
    14. Saartjie se moleste
    15. Saartjie se prys
    16. Saartjie se drome
    17. Saartjie se wedstryd

     

Saartjie se piekniek - Bettie Naude - Topsy Smith
Saartjie se nuwe maat - Bettie Naude Topsie Smith jeugboeke vir tieners
Saartjie se vakansie - Bettie Naude topsie Smith jeugboeke vir tieners
saartjie se dapperdaad
saartjie maak moleste
koop 'n boek 4

Wil jy van die Saartjie - boeke bestel? Klik hier of skakel ons kantoor by 012 345 4040 of André 083 253 4932

Soek jy na ander tiener boeke? klik hier

 

Gedurende die 1990’s is die “Nuwe Saartjie-reeks” vervat in 4 omnibusse:

bettie naude-saartjie omnibus2 jeugstories

Saartjie omnibus nommer 2
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

  • Saartjie se donkie
  • Saartjie se nuwe maat
  • Saartjie se slim plan

 

bettie naude-saartjie omnibus3 afrikaansekinderstories

Saartjie omnibus nommer 3
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)
eerste druk 1994

Boeke vervat in die omnibus is:

bettie naude-saartjie omnibus4 afrikaansekinderstories

Saartjie omnibus nommer 4
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)
eerste druk 1994

Boeke vervat in die omnibus is:

 

bettie naude-saartjie se kliek saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se kliek
 kinderverhaal vir dogters deur Bettie Naudé
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)
 

Waar die dertienjarige Saartjie is, is die moeilikheid altyd net om die draai. Maar een ding is seker: haar “kliek’’is altyd saam met haar in die verknorsing. Hulle is natuurlik Anna en Lina (wat al ‘n heilige vrees vir Saartjie se voorstelle het!) met klein Muggie met haar blikkeel altyd soos ‘n skaduwee agterna. In hierdie boek kry hulle amptelik ‘n nuwe naam: die Lelies van Lynnekom. En asof dit ‘n lisensie is om splinternuwe kattekwaad aan te vang, verklaar die Lelies ‘n geheime oorlog teen Galpil, Gert en Piet. . . met rampspoedige gevolge vir albei partye!

 

bettie naude-saartjie se geveg saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se geveg
kinderverhaal vir dogters
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

Saartjie is ‘n vrolike meisiekind wat veel eerder gekskeer as om te baklei. Ongelukkig moet sy uitvind dat daar dae kom wanneer selfs die vredeliewendes gedwing word om die strydbyl op te neem. . . soos die dag toe die kwaai Oom Jorrie haar hondjie gevange geneem het om hom kwansuis dissipline te leer. En dit net omdat haar Napoleon so bietjie vriendelike belangstelling in oom Jorrie se spogduiwe getoon het ...!

Die kinders van die ganse Lynnekom was natuurlik aan Saartjie se kant. En wat ‘n geveg was dit nie! Lees in hierdie boek hoe Saartjie haar hondjie teruggekry het, en hoe sy en Oom Jorrie weer vriende geword het.

 

bettie naude-saartjie se moleste saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se moleste
- kinderverhaal vir dogters deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

Saartjie Baumann en haar, maats leer hard vir die eksamen. Altans — hulle is veronderstel om hard te leer. Maar Saaitjie se gedagtes dwaal na die heerlike sonskyn buite.

Apie, haar boetie se verknorsing gee aan Saartjie ‘n goeie verskoning om die saak met haar maats, Lina en Anna, te gaan bespreek. Hulle is vasbeslote om die bullebak wat Apie seergemaak het, behoorlik op sy plek te sit.

Die eksamen bly ook nie weg nie, en ook nie die probleme nie — Amanda beskuldig Saartjie daarvan dat sy die vraestel gesien het en Saartie moet haarself verdedig.

Uiteindelik breek die vakansie aan en daarby ‘n heerlike plaasvakansie. Saartjie se moleste is vol avontuur. Ja-nee, waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets.

 

bettie naude-saartjie se afskeid saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se afskeid
kinderverhaal vir dogters
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

Skoolgaan kan nie vervelig wees as Saartjie Baumann daar is nie. Die standerd-sewes het baie pret in ou Bolla se klas met die kleurbaadjie-petalje. Maar ai tog, as Saartjie die onderwyseres na-aap, spat die vonke.

Saartjie en die hoofseun wek groot opspraak met hul heldedaad toe berugte rampokkers groot moleste in die skool veroorsaak.

Dan is daar nog die nuwe seun wat goed op sy plek gesit moet word. Saartjie weet hoe om Galpil vir hierdie taak aan te moedig.

Maar toe — toe gebeur daar iets waaroor die hele Lynnekom aaneen praat:
die geluk van die veertienjarige skoolmeisie en die wedstryd met ‘n gratis oorsese reis as prys.

Lees in Saartjie se afskeid hoekom Saartjie moet afskeid neem en van wie.

 

bettie naude-Saartjie se gevaar saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se gevaar
‘n boek vir dogters
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

In Saartjie se gevaar wil Saartjie Baumann alles wat sy hoor, sien of lees uittoets: sal Lodewyk teenoor haar optree soos die held teenoor die heldin in die liefdesverhaal wat sy gelees het? Saartjie voel sy moet dit by die eerste en beste geleentheid uittoets.

So tussen die dagdromery deur is sy bekommerd. Haar ma moet hospitaal toe gaan, en dit nogal net voor haar ma se verjaarsdag.

Een krisis volg op die ander. Toe Saartjie een aand by die venster uitkyk, gewaar sy kwajongens voor die bank. Sy besluit om ondersoek in te stel.

Saartjie se gevaar vertel hoe Saartjie deur die bankrowers gevange geneem word. Sal iemand haar ooit uit die “spookhuis” bevry?

Tog verloor Saartjie nie moed nie. Terwyl die Lynnekommers — en veral ou Galpil — na haar soek, beraam sy allerhande planne om van die rowers weg te kom.

 

bettie naude-Saartjie se pappegaai saartjieboeke saartjiereeks

Saartjie se pappegaai
‘n boek vir dogters
Boek geskryf deur Bettie Naudé
(skuulnaam van Topsy Smith)

“Hiert, jou wille-weghol! Hiert. jou perdebylyfie!”
Natuurlik is dit weer Alfonso Papegaaiwat aan die woord is. Maar ongelukkig vir Saartjie het haar geliefde troetelvoël sy rympie hierdie keer vir die gesette predikantsvrou geskree - lets wat haar lelik in die moelikheid kan laat beland! Maar dis nie al nie. In hierdie boek gaan Saartjie en Lina see toe, en maak hulle eie moles. Dit raak ernstig wanneer Saartjie die branders onderskat en in die moeilikheid raak, en daarna byna oor die aantreklike Iewensredder se skoot getrek word vir haar astrantheid

 

Lees ook die Maasdorp-reeks met Kobie Rossouw

Lees ook die Jasper-reeks

Lees ook die Trompie-reeks deur Topsy Smith