|
Pieter Pieterse se lys van boeke sluit in:
Boeke uit sy pen volgens jaar van uitgawe:
- 1963: Smokkelaars in die nag - Pieter Pieterse
- 1964: Slagters van die Limpopo - Pieter Pieterse
- 1965: Wraak van die dagbreek - Pieter Pieterse
- 1966: Tussen twee vure - Pieter Pieterse
- 1966: Berg van geheime - Pieter Pieterse
- 1969: Onrus op Bergville - Pieter Pieterse
- 1973: Anderkant die Groot Rivier - Pieter Pieterse
- 1974: Nag van die tarentale - Pieter Pieterse
- 1979: Ou Kanniedood kom huis toe - Pieter Pieterse
- 1981: Stormsee oor Skoonbergbaai - Pieter Pieterse
- 1981: Bosveldhotel - Pieter Pieterse
- 1982: Roep van die visarend - Pieter Pieterse
- 1983: Die lang pad - Pieter Pieterse
- 1984: Geheim van die reënwoud - Pieter Pieterse
- 1985: Tietiesbaaikos - Pieter Pieterse
- 1985: Dag van die reuse - Pieter Pieterse
- 1987: Baai Baai Tietiesbaai - Pieter Pieterse
- 1988: Skedelkuskos - Pieter Pieterse
- 1988: Die pad na die see - Pieter Pieterse
- 1989: Boude en blaaie - Pieter Pieterse
- 1989: Elkeen se paleis - Pieter Pieterse
- 1989: Spookhuiskos - Pieter Pieterse
- 1989: Winterwerf in die Kavango - Pieter Pieterse
- 1990: Dasseneiland - Pieter Pieterse
- 1990: Silwer, jakkals van die Namib - Pieter Pieterse
- 1991: Swerwerskos - hier's die resepte - Pieter Pieterse
- 1992: Boskos uit boude en blaaie - Pieter Pieterse
- 1992: Die vergete vallei - Pieter Pieterse
- 1994: Bosberaad - Pieter Pieterse
- 1995: Mosambiek - Pieter Pieterse
- 1996: Hande klap vir Afrika - Pieter Pieterse
- 1997: Om 'n kierie te keer - Pieter Pieterse
- 2001: Skater - die laggendste 80 stories van Pieter Pieterse
- 2005: Manaka. Plek van die horings - Pieter Pieterse


Boeke deur Pieter Pietrerse volgens alfabetiese volgorde:
- Anderkant die Groot Rivier
- Baai Baai Tietiesbaai
- Berg van geheime
- Bosberaad
- Boskos uit boude en blaaie
- Bosveldhotel
- Boude en blaaie
- Dag van die reuse
- Dasseneiland
- Die lang pad
- Die pad na die see
- Die vergete vallei
- Elkeen se paleis
- Geheim van die reënwoud
- Hande klap vir Afrika
- Manaka. Plek van die horings
- Mosambiek
- Nag van die tarentale
- Om 'n kierie te keer
- Onrus op Bergville
- Ou Kanniedood kom huis toe
- Roep van die visarend
- Silwer, jakkals van die Namib
- Skater - die laggendste 80 stories van Pieter Pieterse
- Skedelkuskos
- Slagters van die Limpopo
- Smokkelaars in die nag
- Spookhuiskos
- Stormsee oor Skoonbergbaai
- Swerwerskos - hier's die resepte
- Tietiesbaaikos
- Tussen twee vure
- Winterwerf in die Kavango
- Wraak van die dagbreek



Silwer - Jakkals van die Namib boek deur Pieter Pieterse
Toe Sliwer die wit bakkie sien stilhou, steur sy haar nie veel daaraan nie. Die jakkalse van Kaap Kruis is gewoond aan mense en voertuie. Sy hou aan met krap — agter haar blaaie, om haar nek, onder haar keel. Want ook in haar, die grootste jakkals in die Namib, het ‘n dodelike parasiet begin vreet.
Sy sien nie die geweerloop wat stadig by die venster uitgesteek word nie. Maar van die dowwe slag van die skoot weet sy. En van die versengende brand in haar boud...
So kom die eerste ontmoeting tussen Silwer en die twee jong veldbeamptes, Soois Fenske en Juanita Dala, wat brandsiek jakkalse naspoor.
Dit loop uit op ‘n spannende, Iewensgevaarlike soektog deur ‘n onherbergsame landskap. Maar wie is die jagter, en wie die voortvlugtige?
Pieter Pieterse ken die leefwyse van die woestynjakkals. Met ooggetuie-noukeurigheid beeld hy die byna mistieke paringsritueel tussen Silwer en haar mannetjie, haar sluheid in die beskerming van haar welpie, haar verbete stryd om oorlewing téén elke verlies in.
Hy beeld ook die stryd in Soois se gemoed: die ding wat in hom vreet soos die brandsiek in Silwer, en wat lei tot sy obsessie met die legendariese jakkals — gekweldheid wat hom Juanita se Iiefde kan kos.
Silwer, jakkals van die Namib: ‘n Onvergeetlike diereroman. ‘n Meesleurende spanningsverhaal. Ulteindelik ook ‘n verhaal waarin verhoudings fyn op mekaar inspeel — tussen mens en mens, mens en dier, dier en dier. En dies word omwaas deur die pre-historiese atmosfeer van die Skedelkus van die Dood.
Lees ook diereverhale van Ben Venter
Lees ook Roman en Robyn deur H.S. van Blerk
Lees ook diereverhale van A.J.J. van Niekerk
Lees ook jagverhale van P.J. Schoeman



Ou Kanniedood kom huis toe boek geskryf deur Pieter Pieterse
Baasman Benade, geharde alleenloper en onverskrokke vegter, skroom nie om in oorlogstyd wapens te vervoer onder die neus van die vyand nie. Hy en sy geliefde groen vragmotor sien vir enigiets kans. Maar die oorlog in Angola besorg hom ook ‘n ander vrag wat hy met moeite hanteer: ‘n beeldskone jong non en vier kinders, van wie die jongste sewe maande oud is.
Hulle vlug uit Angola is dramaties; soms vreesaanjaend, maar nie sonder humor nie.
Om die lewe te behou, is hulle een begeerte, maar in der waarheid is elke karakter op die tog vir hom of haar ‘n nuwe, beter lewe aan‘t verdien: Baasman se suster Jennie, koppige Magriet wat van haar selfsug ontslae moet raak, hakkelende Stoffel wat sy oordrewe vrese moet oorwin, aanhanklike Tattie en klein Bennie wat onbegrypend deur dik en dun moet saam.
Pieter Pieterse werk knap met spanning en intrige. Sy buitengewone avontuurverhaal bied veel om te geniet en om oor na te dink.
Lees ander grensstories deur Bertrand Retief
Lees ook verhale van die bosoorlog deur Adriaan Snyman

Stormsee oor Skoonbergbaai boek geskryf deur Pieter Pieterse
“Soort soek soort, hê?’Jantooi spring uit die skuitbakkie. ‘Ek wonder hoe dink die dokter hoe meet een mens ‘n ander, met rand en sent, hê Hoe weet jy wie is jou soort?’”
Kleinskip weet nie. Net soos hy ook nie weet waarom Mart opgehou het om vir hom te skryf nie; of waar Skipper die duisende rande gaan kry vir die skade aan die Môrester en of daar hoegenaamd geld gaan wees vir hom om aanstaande jaar terug te gaan skool toe nie.
Hierdie vakansie is alles moeilik op Skoonbergbaai. Mart kom wel saam met die dokter uit die Kaap, maar die keer is sy ánders. En daardie Roef, wat saam met hulle vakansie hou, maak net moeilikheid Maar wat hom die bitterste maak, is die treilers wat met hulle yslike nette, tonne vis op ‘n slag trek en sowaar die banke onder die vissers van Skoonbergbaai uit wil kom leeg vang.
Kleinskip weet net een ding: daar kom groot moeilikheid.
Stormsee oor Skoonbergbaai, wenner in die afdeling vir jong volwassenes in Tafelberg en Jongspan se jeugverhaalwedstryd, is werklik ‘n belewenis, en Kleinskip en Jantooi karakters wat jy nie ligweg sal vergeet nie. Pieter Pieterse het hier ‘n wêreld in die kleine geskep; ‘n wêreld vol intrige en vooroordele en sug na geld en ‘n onvermoë om te kommunikeer.



Die lang pad boek geskryf deur Pieter Pieterse
Die aand toe Sagrys sy geld probeer afvat en oom Jors so snaaks stil op die bank bly lê, weet Soon dis tyd om sy lank beplande tog na Carlos se plek aan te pak. Miskien is sy ma nog daar, al het sy nooit vir hom kom kuier of geskryf nie.
Maar die meisiekind wag vir hom daar in die ou myntonnel waar hy sy goed in die honde se blyplek bêre. Hy wil nie hê sy moet saamkom nie, maar kry haar ook nie afgeskud nie.Selfs toe hy uit die rangeerwerf ontsnap, bly Kleintjie, mank been en al, langs hom.
Met die swart hond en die maer hond en die boel by hulle en die nodigste goed in die twee rugsakke, begin hulle die tog van Johannesburg na die Mosamikse kus. Behalwe dat dit winter is en bitter koud, is die polisie boonop op hul spoor...
Kleintjie en Soon leer nie net die veld en die natuurlewe en swaarkry ken in die volgende sowat ses maande en byna duisend kilometer nie, maar hulle kry ook waardering vir mekaar. En elkeen van hulle leer homself beter ken en aanvaar.
Met Die lang pad het Pieter Pieterse weer ‘n verhaal geskep waar die mens gestroop word van alle ander dinge, en teen homself en die natuur te staan kom. ‘n Verhaal wat veral jong lesers lank sal bybly!

Bosveldhotel boek deur Pieter Pieterse
Dit kan lol wanneer ‘n beesboer soos oom Langhans van Rensburg die dag besluit om sy plaas langs die Limpopo te verlaat om hotelbaas te word.
Die ou korrelkop is self aan die woord in hierdie kostelike verhaal, propvol manewales, pret, intriges en allerhande nuwe wendinge wat televisiekykers van hierdie gewilde reeks nooit te siene gekry het nie.
En dit is ook nie net televisiekykers wat hierdie wedervaringe van die mense van Bosveldhotel sal geniet nie. Pieter Pieterse verstaan die kuns om ‘n verhaal so te plooi dat dit nuut en prikkelend bly.
Vir diegene wat dus vir die eerste keer kennis maak met oom Hans, tant Engeltjie, Marianne, Willemientjie, dr. Wynand, Gertman en al die ander interessante karakters wat die hotel kom besoek, is dit ‘n aangename en blywende kennismaking.
Lees ook stories vir televisie verwerk, deur Leon van Nierop
Lees ook radioverhale deur Dricky Beukes
Lees ook radiovervolgverhale deur Cor Nortje
Lees ook Radiovervolgverhale deur Mike Heine
Lees ook Kooperasiestories deur P.G du Plessis



Bosberaad boek geskryf deur Pieter Pieterse
Bosberaad is nog ‘n prettige werfjoernaal deur Pieter Pieterse, bobaasverteller en kosmaker van TV-faam. Hierdie keer maak hy en sy Ingilsman in Die Spookhuis, sy wapadwoning, staning in die verre noordooste van Venda se grens met Zimbabwe en Mosambiek. Met humor en die fyn aanvoeling van iemand wat die natuur liefhet, bring hy die ongerepte stukkie aarde met sy diertjies en hulle plesiertjies oor jou drumpel — en in jou hart in.
Die stories is weer eens mild en aards soos die bodem waaruit hulle groei: langs die Mutalirivier, onder die groot brakdoring word jou lewe ook deel van die troppie dekadente bobbejane en hulle inhibisielose bestaan, van die driftige muis, Halfmas, wat daagliks sy troepe by die tent se voorseil inlei, van die groenrugreiertjies en hulle stryd teen die stormwater van die Mutali en les bes van die kameelperdbulletjie wat staan en lippe smak toe die lngilsman in die daklose kleine huisie in gedagtes versonke van die leesdingetjie op haar knieë opkyk... So tussen die vertellings deur is dit nouboddiesbisnes as daar ‘n nattigheidjie langs iou neus afloop — die lag en die trane meng maklik met die werfstories wat vra om geskryf te word.
Lees ook pittige stories deur P.H. Nortje
Lekker tong-in-die-kies stories deur Roelie Viljoen



Tietiesbaaikos boek eur Pieter Pieterse
Daar op Tietiesbaai, deuskant Paternoster, het die storieman, Pieter Pieterse, sy karavaantjie, “Die Spookhuis”, tussen die rotse staangemaak, sy tikmasjientjie, “Toktokliefling”, nadergetrek, en die stories vertel van Tietiesbaai en sy mense.
Dit alles, terwyl die ysterpot eenkant op die kole prut met ‘n seekosding, en elkers, so dat jy dit nie sal agterkom nie, gooi die kosman die een of ander “mêgheftertjie” daarby in. En so word seekos-potjiekos ‘.. koningskos.
As die dieplekker lagstories ‘n traan wil staan en bykry, dan breek ‘n mens maar so saam-saam ‘n laatoesie se nek, wat.
Dis ‘n boek die wat ‘n mens lus maak vir Tietiesbaai — ‘n boek om aan te smul.

Die pad na die see boek eur Pieter Pieterse
Daardie nag toe die Ieeus die vee die eerste keer laat uitbreek het, het Danster gesê: “‘n Vrye man. . .? Wat is ‘n vrye man? Dis nie nou meer pad oopskiet na ‘n plek waar jy ‘n vrye man kan wees nie. Nou is dit pad oopskiet om aan die lewe te bly.”
Waar die Trichardt-trek in die Soutpansberg oorstaan voordat hulle die pad see toe aandurf, moet die sestienjarige Pieta Trichardt en die oue Danster die vee oppas en beskerm teen die aanvalle van Ieeus en ander roofdiere. En namate die toestande versleg, namate al meer mense en diere siek word en doodgaan, raak dit vir Pieta al hoe belangriker om duidelikheid te kry oor die dinge wat hom kwel.
Daar is die afguns en wedywering tussen hom en Willem... Skielik is sy gevoelens teenoor Hanna en Sarie ook nie meer so klinkklaar nie. . . En daar is die groot maanhaarleeu Mohale, die gees van die Ieeus van lankal, wat mettertyd Pieta se doen en denke heelternal oorheers.
As die Ieeus vir die hoeveelste keer die vee aanval en die keer Pieta se grootmaakvers Hanskalf doodbyt, vat hy en Vanger, sy getroue hond, afleen die spoor...
Die pad na die see is veel meer as ‘n boeiende historiese roman. Op die ou end kry Pieta wel antwoorde op sy vrae... en ontdek hy in Sarie se bruin oë dat sy ma tog verkeerd was.



Nag van die tarentale boek deur Pieter Pieterse
Vier mense pak te voet ‘n tog van vierhonderd kilometer aan: oor verlate, ruwe aarde waar die grond dwarsdeur ‘n skoensool blase brand, en waar die enkele tekens van water verskuil of onbereikbaar is.
Vir Kobus en Lindie het ‘n bergklimuitstappie tydens ‘n skoolvakansie in ‘n nagmerrietog verander toe hulle in die hande van ‘n ontsnapte misdadiger beland. Kobus word gyselaar en gids, wie se lewe iets werd is net tot hulle hul bestemming bereik. Lindie, stadsmens en rykmansdogter, moet vir die eerste keer ontbering deurstaan.
Willem Steyn is van moord aangekla, en hy moet tot elke prys uit die land ontsnap — hy en die beeldskone maar verwaarloosde Nora, vir wie hy die enigste toevlug is in ‘n ankerlose bestaan.
Vier mense, elkeen met sy eie swakhede en probleme, word in die aangesig van gesamentlike ondergang gedwing om heeltemal eerlik te wees met mekaar en veral met hulself. Uiteindelik is geesteskrag meer bepalend as liggaamlike uithouvermoë, en bring die einde van die reis elkeen by ‘n ander bestemming.

Skater - Pieter Pieterse Boek is in 2001 uitgegee met ‘n tweede uitgawe in 2006
Pieter Pieterse beskryf skade en skande met ‘n droë Iaggie en Iaat die skaterlag aan sy leser oor. Hy verstaan die kuns van die verkeerde woord op die regte tyd.
Die geliefkoosde voorwerp van sy satire is Pieter Pieterse, sy menslike swakhede, sy flaters en voornemens. In hierdie heruitgawe van sy “80 Iaggendste stories”, soos hy dit graag wou noem, skater sy leser egter nie net nie. Hy vertoef ook by die skopsuiltjie se “kroe-kroe” en kwaggas se runnik, by die sterkbos en die witgat en die kremetart, by die visarend wat hoog in die blou lug met sy wyfie handevat.
Eens op ‘n tyd het Pieterse in ‘n kantoor gewerk — waar hy voortdurend na vensters gesoek het. Die grootste deel van sy lewe was hy egter op reis in Afrika. Hierdie stories loop op Pieterse en sy vrou Jenny, “die Ingilsman”, se spoor deur Afrika.

Met Pieter Pieterse se dood in 2002 het Afrikaans een van sy mees geliefde skrywers verloor, éen wat sy leser kon vermaak en ontroer.



Boude en blaaie - Pieter Pieterse
‘n Jagter het altyd tyd vir ‘nstorie. Veral om ‘n bosveldvuurtjie as ‘n man die aandluggie geniepsig voel byt en jy die jakkalse tussen die mopanies hoor tjank. Maar as jy weet dis jou vleisie wat daar op die kole sis — en die brêndie en kouk is nou nie skaars nie — dan is die stories eers volop. Jagstories, bosveldstories. En of dit nou ‘n dertig nul ses is, of ‘n drie nul agt, dalk sommer ‘n punt poef poef—jou eie skietyster verdedig jy tot die dood toe as die manne syfers en ballistieke en slaankragte en ladings en kalibers begin rondgooi.
In BOUDE EN BLAiE vertel Pieter Pieterse sy eie bosveldstories, ook van die manne wat wintertyd hulle kantoordeure in die stad agter hulle toetrek, vrou en kinders versaak, en die pad vat jagveld toe. En hy vertel van hom en die Ingilsman waar hulle in die koelte van die huilboerboon langs die Timbavatirivier hulle karavaantjie gaan staanmaak het.
‘‘n Jagter raak hie klaar nie,” sê die Batlokwa van Noord-Transvaal. En dit is so. ‘n Jagter bly vir aftyd ‘n jagter, al jag hy nie neer nie. Diep in sy hart raak hy net nie klaar nie.
Soos Pieter Pieterse

Dasseneiland boek deur Pieter Peterse
Van tyd tot tyd verskuif Pieter Pieterse se staning na afgelee plekke, na stukkies ver land waarheen sy rustelose aard hom lei. Plekke ver genoeg van die beskawing, maar naby genoeg aan karakters en gebeure wat vrá om geskryf te word. Plekke soos Tietiesbaai aan die Kaapse Weskus, die Skedelkus van die Dood in die Namibwoestyn, die Mahangowildtuin in die Caprivi en Dasseneiland in die Atlantiese Oseaan. En daar waar hy kortstondig wortelskiet, word sy wêreld vir die leser ‘n werklikheid deur die letters wat uit sy woordemaker, Die Monster, vloei. Die veld, die see, sy medemens — en sy lngilsman — is die basis en spil waarorn sy lewe draai, en hieroor skryf hy met fyn aanvoeling, buitengewone kennis, humor en deernis.
DASSENEILAND is die dagboek van ‘n verblyf op ‘n eiland tussen hase, pikkewyne en skilpaaie. Op hierdie werf vind jy uit hóé geil die geilste kossie van die Kaap regtig is en wat dit aan ‘n man se koerasie kan doen, hoe ‘n skilpadmannetjie aan die naam Koukbottel kom en hoe snoeksiekte ‘n mens tot kort duskant verslawing kan dryf.
Jy verneem egter ook dat vlakwater kwaadwater kan word, ‘n loopdop ‘n verdrinkdop, dat daar ‘n tyd kom wanneer ‘n duiker gewigte moet afgooi en dat daar rotse is wat in ‘n oogwink malende witwater kan,word.
DASSENEILAND is ‘n buitengewone handleiding, ‘n gids vir voornernende duikers, oud en jonk, vistermanne, seekosmakers en ander strandlopers. Dit is ook propvol stories vir hulle vir wie Pieter Pieterse, sy werfjoernale en sy Ingilsman al volksbesit geword het!

Hande klap vir Afrika boek deur Pieter Peterse
Waar die Caprivi buidel maak aan die hoofstroom van die Kwando-rivier, het Pieter Pieterse en sy Ingilsman nou hulle laaste staning gemaak. Die Spookhuis is vasgehou in ‘n grasdak-oopplanhuis met biesiemure, en daarnaas ‘n reusegroentetuin met drupbesproeiing.
‘n Plesierige maar alte gevaarvolle werf is dit. Kwandohond moet sy “landgoed” deel met ‘n woeste likkewaan en ‘n duikerrammetjie wat sy lyf hond hou. En olifante en seekoeie respekteer maar moeilik ‘n mens se woning as die reg in hulle paadjie uit die rivier gebou is.
Met die ander werfbewoners, Shortie en “that woman” en die se kinders, gaan dit ook nie altyd stemmig nie. Veral nie wanneer “that other woman” haar opwagting maak nie . . .
As lede van die Mafwestam word Pieter en die Ingilsman boonop dikwels opgeroep om te gaan verneem wat die Indoena en sy Raad van Oumanne van sy stamlede met reguit hare verwag. En as jy ‘n Mafwe is, moet jy maak soos die Mafwes maak: kniel en hande klap vir Afrika!
Moleste met bure en diere, dikkedensies met indoenas en medestamlede maak van Hande klap vir Afrika ‘n baldadige leeservaring.



Winterwerf in die Kavango boek deur Pieter Peterse
In die verste hoekie van die Kavango, téén die Botswanagrens, lê die Mahangowildtuin. Vyftien kilometer ongerepte wêreld waar ‘n mens nog kan sien hoe die waterkoedoe onder die water wegsak as gevaar dreig en waar die visarend bedags oor die moeras roep.
Hier het Pieter Pieterse en sy vrou, “die Ingilsman”, hul karavaantjie, Die Spookhuis, vir die winter staangemaak. En dis hier dat hy sy ervaringe opteken in briewe aan ‘n denkbeeldige kleinseun, Pieta.
Vir Pieta vertel hy van die ver paaie en die paaie van die hart. Soms vertel hy van diep geheimenisse, soos olifante se besorgdheid oor die beendere van ‘n gesneuwelde makker; soms van tragiese dinge, soos die dood van ‘n legendariese leeuwyfie of die sinlose slagting van ‘n olifantbul.
Meestal vertel hy egter met ‘n glimlag. Van die jong malgas met die bek so skerp soos ‘n Iemmetjie, wat hom van agter bygedam het toe hy in sy Adamsgewaad buite staan en skeer het. Van die onwelriekende springhaasdis tydens hul groot vleishonger, die ystervarke wat hulle aan sy Windhoek-vatbier vergryp het, die seekoei wat uit die dood opgestaan het, en nog talle ander onthouspore wat oor sy winterwerf geloop het.
Die Kavango... waar die water wemel van krokodille, seekoeie en bloedsuiers. Waar jy in warm Ieeumis trap en dink dis bloed, en waar die bateleur-arend vry soos ‘n gedagte oor die aarde skiet.
‘n Wêreld so mooi en ongeskonde dat die skrywer pleit: “Moenie weggaan nie, ver land. . . Moenie ook weggaan nie.”
Winterwerf in die Kavango volg op die spoor van Pieter Pieterse se baie gewilde joernale waarin hy vertel van sy verblyf by plekke soos Tietiesbaai aan die Weskus en die Skedelkus in Namibië. Die Spookhuis se huidige staning is naby Paternoster aan die Weskus, waar die skrywer en sy vrou van skryf en die see leef.

Anderkant die groot rivier boek deur Pieter Peterse
Lees ook diereverhale van Ben Venter
Lees ook Roman en Robyn deur H.S. van Blerk
Lees ook jagverhale van doc Immelman
Lees ook die Groot grys koedoe - P G Hendriks


Sy vertaalde werke sluit in:
- The misty mountain
- Stormy seas at Clearwater Bay
- The day of the giants
- Trail of a villain
- Smuggler's trail
- Traces of the dark dog
- Shadow of the eagle
- Silver, jackal of the Namib
- The way to the sea
- Le jour des Géants
- Roar of the lion
- The forgotten valley
- The price of a chicken




|