http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Piet van Rooyen (Petrus Hendrik van Rooyen ) was gebore op 17 Julie 1953 in Vryheid in die destydse Natal. Hy begin sy skoolloopbaan op Senekal in die Vrystaat en word voltooi in 1971 toe hy matrikuleer by die Windhoek hoërskool. Hy doen diensplig as infantris in die Caprivi. Vanaf 1973 studeer hy Ontwikkelings Wetenskappe by die Stellenbosch Universiteit en verwerf sy Ph.D in 1983 met sy tesis “ Transformasie met Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge. Vanaf 1982 - 1989 doseer hy Ontwikkelings wetenskap by die Stellenbosch Universiteit, waarna hy na Namibië terugkeer. Hy aanvaar ‘n aanstelling by die destydse Bushman Development Foundation(Nou Nyae-Nyae) en vestig hom ook as beesboer. Tans is hy verbonde by die Universiteit van Namibië, waar hy Politieke studues doseer.
Piet bly saam met sy vrou Annalie, ‘n nooi Schoombie, in Windhoek en het ‘n dogter en ‘n seun. Sy vrye tyd word gevul met perduithouredrenne en spies visvang. Hy het verskeie artikels vir Internasionale en akademiese tydskrifte geskryf. Hy het ook verskeie Akademiese- en literêre boeke geskryf en het vir sy eerste verhaal al die Die Spoorsnyer ontvang hy die De Kat/Sanlam toekenning (1993) asook die CNA prys (1994). Hy ontvang die M-Net prys vir Die Olifantjagters (1998) Lys van boeke: Gedigte /Digbundels:
|