|
P.G. du Plessis se lys van boeke sluit in:
- Die Nag van Legio - boek deur P.G du Plessis
- Fees van die ongenooides - boek deur P.G du Plessis
- Het olifante elmboë? - Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G du Plessis
- Hier sit die manne . . . - boek deur P.G du Plessis
- Kooperasie stories omnibus - boek deur P.G du Plessis
- Kortetjies en ‘n lange
- Ligvoets - ‘n keur deur PG du Plessis en Marga Stoffer
- Neklis - boek deur P.G du Plessis
- Nog Kooperasie-stories - boek deur P.G du Plessis
- Plaston: DNS-kind - boek deur P.G du Plessis
- Spies op sy stukke - byeengebring deur P.G du Plessis
- Tussen die riewe - geskryf deur P.G du Plessis
Stories ook vervat in:
- Vertellers - Die Groot Afrikaanse Verhaalboek

Kortetjies en ‘n lange Kortverhaalbundel van PG du Plessis ‘n versameling van 67 vertellings
Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op TV of die verhoog nie, maar ook in koerantrubrieke en die bundels wat verskyn het. Baie van die stories is aangepas vir televisie, waar dit ’n ander gestalte gekry het, soos die onvergeetlike Koöperasie-stories.
Twee van PG se vroegste kort-kortverhaalbundels, Het olifante elmboë en Neklis, beleef nou saam, onder ’n nuwe titel én met nuwe verhale bygeskryf, ’n heruitgawe. Die titel van die versameling kom van die ou slinger-luie van plaasoproepe: Kortetjies en ’n lange.
Maar nét ’n gewone heruitgawe is dit nie, want PG het, in sy eie woorde, “aan party van die stories gepeuter” – onder meer aan dié wat hy vertel het tydens sy verhoog-optredes (eers saam met Alexa Strachan en later saam met Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys). Van die stories het hy nou, so sê hy, in die rêrige verteltrant van ’n verhoog af oorgeskryf, effens aangedik en verander – want ’n bundel bied meer plek as ’n koerant of tydskrif. Van die stories lees dus anders, ligter. Dalk kan ’n mens hulle, in die ware sin van die woord, egte bek-vertellings noem.
En dan is daardie lange: ’n rasegte kortverhaal wat met sy een voet in die Anglo-Boereoolog staan en met die ander een so tussen 1948 en vandag. “Ons mons”, heet hy, en aan hom is daar geen jot of tittel verander nie, omdat dié verhaal – volgens PG – te waar van sy lewe en te heel in homself is.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Ligvoets ‘n keur deur PG du Plessis en Marga Stoffer vyftig humoristiese verhale
Sit jy in die studeerkamer of die biblioteek en jy het ’n soort samegesteldheid (wat “humor” heet) in die kop, dan vind jy baie gou uit dat die Afrikaanse gekanoniseerde letterkunde stink na die dood, teleurstelling, verontregting, misnoegdheid, gekneldheid, tot-die-dood-toe-beproefdheid, en dergelike smarte – met of sonder hoop vorentoe. As jy ’n storie se gat nie deur die Styx gesleep het nie, of van ’n dodelike oordosis erns en pretensie laat vrek het nie, kan die ding nie tot die literatuur gereken word nie.
Maar laat ons toeskietlik wees: dalk is dit net dat ’n groot deel van ons literatuur nog nie in berekening gebring is nie. Só loop ons letterkunde toe ’n hele klomp plesier mis; só verdoem ons toe baie leesbaarheid tot die vergetelheid.
Iemand met tyd en ’n nie-literêre sin vir humor, moet wee na die héle spul loop kyk, want so word selfs Leroux naderhand om die regte redes geprys.
Die bundel se inhoud sluit in:
- Jan Spies – Die antie met die pienk rok
W.O. Kühne – Hoe’t ou Mank Mertiens Booyse die sog geslag het P.J. Cillié – Omie Matys maak ’n drukfout Mikro – Liewe Maans: Dot se korrespondensiekêrel G. Sutherland – Die stryd teen my vratjie Barrie Hough – ’n Halfvol “half-jack” C.J. Langenhoven – ’n Brief van sy ouers aan Jan op die kollege P.G. du Plessis – Die man wat so kon spu Wim Hartman – Tant Salie maak kennis met die snork-en-kreun-brigade Ferdinand Deist – Hermaans Askies se operasie Chris Barnard – Olie donkie Minnie Postma – Lettie Bock en die ligte André P. Brink – Oom Kootjie Emmer en die meisies van Witgatworteldraai Rykie van Reenen – Dissie bryde Eitemal – Oom Sybrand se tweede offer Abraham H. de Vries – Rooikoos Willemse is soek Jan Spies – ’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke A.A.J. van Niekerk – Die twintigpondnoot G. Sutherland – My grasperk word bles! Pieter Pieterse – ’n Klein bietjie hoedafhaal: Fauna en Flora slaan ’n pad Een aand op die trein na Klaserie CJ Langenhoven – Sei Wen Datei – Kys se deksel P.H. Nortje – Ter wille van ’n orrel Audrey Blignault – Die ondraaglike kruis André P. Brink – ’n Boddery met ’n bed Chris Barnard – Gramadoelakantien C.J. Langenhoven – ’n Slegte dag Dot Serfontein – My mense Fanus Rautenbach – Die vis en Petrus de Beer Pieter W. Grobbelaar – ’n Swakheid van die vlees Madeleine van Biljon – My man is in laventel Minnie Postma – Toe Toon Prens die verlore seun was P.G. du Plessis – Bul-bul Ferdinand Deist – Petrus se ontydige soenery Hennie Aucamp – ’n Preek op versoek C. Jordaan – Myself tot las P.J. Cillié – Omie Matys kry ’n kus van die dood André P. Brink – Die dominee en die dop Barrie Hough – ’n Sjieling ’n soen Madeleine van Biljon – Antie is kief P.H. Nortje – Die wilde, getroude voël Ferdinand Deist – Koot vra die jawoord W.O. Kühne – Hoekom die Kalahari se leuens van aggentaggen-tag af rooi ringe om die bene het Joan Kruger – ’n Blou bietjie-niks Abraham H. de Vries – Om te dink Zirk van den Berg – Penkop in Pan-a-vision P.G. du Plessis – Ten hemele, ter helle, en hierso Jan Spies – Waaksaam op die vlug Nataniël – Doodgewoon Register Bronnelys
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Fees van die ongenooides - boek geskryf deur P.G du Plessis
Die Anglo-Boereoorlog lê al vier dekades in sy verlede, maar waar ’n oudoffisier uit die Britse magte van daardie tyd oor ’n paar bundels halfverbrande foto’s in ’n museum se argief buig, verhelde die beelde tot die oorlogsversteurde lewens wat hulle eens was. Ook sy eie aandadigheid spook uit die beelde op. Maar oor en deur al sy herinneringe is daardie onuitwisbare beeld van ’n vrou, een wat aangeraak is deur oorlog se wreedste betasting.
In Fees van die ongenooides oorrompel P.G. du Plessis die leser met skreiende en skokkend gebeure in die lewe van mense wat in rustiger tye so ánders sou wees, toegespin in die kokon van vrede en sy illusies van beskawing. Maar in die mense van die verhaal groei daar uit die geweld van oorlog vreemde en ongehoorde dinge. Die oorlog ontneem hulle nie net hul vryheid nie, dit vat ook die eie beheer uit hulle lewe weg en laat kankers in hulle groei uit dinge wat hulle nie kon verhelp nadat hulle hul weerbaarheid moes prysgee nie.
Die foto-bundels voor die ou offisier kom van Joey Drew, die fotograaf wat eers trots gemeen het sy kamera sal onthou wat almal sal wil vergeet. Die blik deur die lens leer hom egter anders kyk, en hy kan nie verduur wat hy sien nie. Maar sy beelde laat weer vrae uit die geskiedenis opstaan – oor mense en die dinge wat hulle beroer.
Daarom vra Fees van die ongenooides vrae oor ons glo, ons liefhê, ons strewes, die lieg in ons en ons onthou.
En stellig die klikklaarste antwoord op die vrae wat die verhaal opwerp, is die feit dat hierdie roman ’n onvergeetlike leeservaring is.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Het olifante elmboë? Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G du Plessis
In Het olifante elmboë? vertel P.G. du Plessis van ontmoetings. Van kennismakings met mense en menslike lotgevalle wat hom diep geraak het; hom ontstel, besiel of geamuseer het; soms op verrassende wyse sy lewensuitkyk beïnvloed het.
Met teerheid en humor vertel hy van ontmoetings met kinders, wat hom laat besef het hoe verlossend die vrye spel van die verbeelding en die hart is in ’n samelewing wat almal wil hokslaan.
Hy vertel ook van konfrontasies met die dood: van Freddie, die skoolseun wat in Schoonspruit se bruin stormwater weggeraak het; van John, die statusverslaafde sakeman wie se gejaagde lewe eindig in ’n beriggie op bladsy vyf van die koerant; van Joggie, die boer, verslaan deur droogte, wat nie wil leef om die stem van die afslaer op sy erfplaas te hoor nie.
Heerlik satiries is sy duiwelstories, waarin hy vertel hoe Beëlsebub by sy vuurtjie op die plaas kom sit en kookwater-voorstelle doen oor die verdere uitbuiting van Afrikaner-sondes.
En dan is daar Mattewis, sy vertroueling op die plaas, ’n gebore filosoof wat dinge kostelik kan raaksê. “In die nag loop ’n mens se uithou op reserve”, lui een van sy “wette”, en ’n ander: “’n Mens lad altyd die mooiste vir jou eie spieël, behalwe in die oggend.”
Geil stories, snaakse stories, hartseer stories – die hele spektrum van die lewe word hier bestryk en wat ’n mens bybly, is die ruime menslikheid van hierdie verteller.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Hier sit die manne . . . geskryf deur P.G du Plessis
Hier sit die manne… is ’n versameling kroegstories wat P.G. du Plessis vir Hoofstad geskryf het toe hy hoofredakteur van die koerant was. Soos sy Koöperasiestories wat hy vir Die Transvaler geskryf het, was die rubriek so suksesvol dat dit wyer bekendstelling in boekvorm verdien.
Die sketse is, soos die Koöperasiestories, gebou om ’n paar karakters. In hierdie geval kroegvlieë soos Jellie Labuschaan en Fred wat in Jannetjie se kroeg boer. Deur die humor van die verhale skemer daar in Hier sit die manne… dikwels ’n lewenswaarheid, ’n les, ’n stukkie hartseer menslikheid, selfs so bietjie van die tragiese deur.
Maar allereers is dit storievertel en ’n oog vir die snaakse waarop die verhale se aanspraak op die aandag van die leser berus.
Hier sit die manne… is, soos Koöperasiestories op Donderdag, egter ook sketse vir lees en herlees omdat ’n mens elke keer iets nuuts raaklees.
Inhoud:
Voorwoord Tamatie Breins Twee mooies Die liegdag Fred eet So vergeet van verjaar… Bul-Bul Persentasietoets en blomme Johanna van der Hoof Fred gaan hemel toe Swirt,hhhh Die basuin Aai-die-bie en finders-keepers Honderd-en-tien-proef Jomp rand sedelik aan Dankbaar, dankbaar As jy die kwade wil… Rus, Jemaaima, rus! As jy ’n ding voer… Beteuter Grové Rus sag, liewe Pappie, jy’t lekker verjaar
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Tussen die riewe geskryf deur P.G du Plessis
Onder-in sommige delwersgate, by die bottom soos dit heet, lê daar riewe – harde rotslae wat dalk n blink steentjie vasgevang hou, soos die dieptes van die menslikheid sy helder-mooi oomblikke bêre vir dié wat met liefde en diep genoeg daarna soek. P.G. du Plessis delf Tussen die Riewe met deernis, humor en vindingrykheid na die dinge wat die mensheid beroer en haal op sy eiesoortige manier juweeltjies uit die was.
Selfs al besoek sy goeie vriend, Beëllie, hom nog gereeld…
“P.G. du Plessis is tegelyk filosoof en storiemaker. Daar is wysheid in hierdie vertellings…baie van dié stories behoort tot die beste van sy korter prosa.”
- P.H. Roodt
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Plaston: DNS-kind boek deur P.G du Plessis
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

- 1972 - Die Nag van Legio - geskryf deur P.G du Plessis
- 1983 - Hier sit die manne . . . - geskryf deur P.G du Plessis
- 1985 - Kooperasie stories omnibus - geskryf deur P.G du Plessis
- 1985 - Nog Kooperasie-stories - geskryf deur P.G du Plessis
- 1988 - Het olifante elmboê? - Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G du Plessis
- 1991 - Spies op sy stukke - byeengebring deur P.G du Plessis
- 1994 - Ligvoets - ‘n keur deur PG du Plessis en Marga Stoffer
- 1997 - Tussen die riewe - geskryf deur P.G du Plessis
- 2010 - Kortetjies en ‘n lange
- Fees van die ongenooides - geskryf deur P.G du Plessis
- Neklis - boek deur P.G du Plessis
- Plaston: DNS-kind - boek deur P.G du Plessis
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

|