http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Paul E. Otto se lys van boeke sluit in:
Geen blomme, asseblief “As ons van hulle ontslae raak, moet ons dit op so ‘n manier doen dat daardie koevert wat Bob by die prokureur in Johannesburg gelaat het, geen gevaar vir ons inhou nie. Die polisie moet ‘n koevert vol inkriminerende gegewens teen Hennie van Wyk in die hande kry sonder dat hulle iets aan hom kan doen omdat Hennie van Wyk intussen oorlede is - ja, diep betreur deur sy weduwee,” sê sy en glimlag geamuseerd oor my verbystering. “Ek kan nie sê dat ek veel geesdrif opwek vir ‘n plan wat vir my speodige afsterwe voorsiening maak nie,” sê ek nog steeds onbegrypend. “En wat bedoel jy met: vir goed ontslae raak van Bob en die Dominee?” Rita trek ewe koel haar vinger oor haar keel. Die kaartmannetjie In die verhaal maak ons onder andere kennis met oom Hendrik du Preez wat deur sy sakevernuf honderde duisende ponde versamel het gedurende sy lewe en wat dit nie graag na sy dood deur sy onverantwoordelike en spandabelle kinders en skoonkinders wil laat deurbring nie; met ernstige botsings in die huwelikslewe van sy getroude kinders; met die gemene streke van ‘n geld-afpersende skurk; met die ongekunsteldheid, lewenswysheid en onverbiddelikheid van ‘n eg-Afrikaanse ouma; en les bes, met die mooi maar swaarbeproefde liefdesverhouding tussen Johan en Nina. Dan, as almal tuis is op die vooraand van oo Hendrik se sewentigste verjaarsdag, vind hulle hom later in die studeerkamer....vermoor! Hoe die moordenaar eindelik aangewys word, word op so ‘n pakkende wyse deur die skrywer ontvou, dat die leser die hele verloop daarvan in die grootste spanning meemaak.
Kliek hier om nog boeke van die gewilde speurreeks, KLUB 707 te sien Lees ook boeke van Vincent van der Westhuizen Lees ook boeke deur Rein Pretorius geskryf
|