http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php P.H. Nortje boeklys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Lys van boeke deur P. H. Nortje sluit in:

  1. Aan die sonkant - deur P. H. Nortje
  2. Bly of gly deur P. H. Nortje
  3. Casper, 1979 - deur P. H. Nortje
  4. Die elfde hekkie (die skrywer se tweede sportverhaal) deur P. H. Nortje
  5. Die groen ghoen - 1960 deur P. H. Nortje
  6. Die wildedruif val - 1982 deur P. H. Nortje
  7. Donkerwater deur P. H. Nortje
  8. Duisendblaar deur P. H. Nortje
  9. In klip en gruis deur PH Nortje
  10. In voetpad se kloof - 1970 deur P H Nortje
  11. Ken op die kierie - 1997 (Outobiografiese stories) deur P H Nortje
  12. Klein Hollywood deur P H Nortje
  13. Korsies van growwebrood - 1989 (Outobiografiese stories) deur P H Nortje
  14. Matewis se mense gaan boer - 1973 deur P. H. Nortje
  15. Nuut onder die son - 1967 deur P. H. Nortje
  16. Op die sonpad - 1973 deur P H Nortje
  17. Op 'n ho noot: Die lekkerste stories van P.H. Nortje - Samesteller: Danie Botha (2008)
  18. Operasie sonskyn en ander leesavonture, 1975 deur P. H. Nortje
  19. Pennie se vuur - 1959 deur P. H. Nortje
  20. Spook van die wielsleutel - 1994 deur P H Nortje
  21. Volstruis, met wie gaan jy trou? : 'n Herinneringstog deur P H Nortje
  22. Wellington se suiker - Die beste sketse van PH Nortje deur Danie Botha saamgestel.

Jeugboeke :

P.H. Nortje was ook die samesteller van die gewilde “Jeugland leesboek-reeks” wat ook in sommige skole gebruik was. Die boeke is deur menige leerlinge gelees en geniet. Wat die “Jeugland leesboek-reeks” so gewild maak is die interessante stories en ook die begripstoetsie wat die leser toets aan die einde van elke storie. Klik hier om meer te lees van skoolleesboeke:

In Engels vertaal:

Lees meer oor die skrywer P. H. Nortje

 

koop 'n boek 4

 

Die wildedruif val is bekroon met die eerste prys
 in Sarie en Tafelberg-uitgewers se 1982-jeugverhaalwedstryd

Die wildedruif val - P.H. nortje

Voorblad van “Die wildedruif val”. Dit is opgedra aan Hans Terblanche wat die gebeure in hierdie boek self belewe het en dit in sy tagtigste lewensjaar persoonlik aan die skrywer meegedeel het.

Die wildedruif val- P.H. nortje3

Foto: P H Nortje heel voor regs, op Boonste Klipfontein - 1924

Die wildedruif val- P.H. nortje4

Die Terblanche-gesin van Hoekplaas, 1919. Hans Tereblanche staan agter sy vader, derde van links

Soos die leser seker uit die bostaande foto’s afgelei het is “Die wildedruif val” ‘n ware verhaal. Dit speel hom af in die Baviaanskloof, daardie omgeveer honderd en twintig kilometer lange smal vallei tussen Kougaberge en die Winterberge in die distrik Willowmore, en vertel van die ramp wat in die nag van 5 Mei 1916 daar plaasgevind het. Die hoofkarakter, Hans Terblanche, was toe ‘n seun van sowat vyftien. Hy en die skrywer se eie neef. Dit is dan ook op sy aandrang en met die skrywer, P H Nortje, se aanmoediging en noue samewerking dat die gebeure op skrif gestel is.

Met uitsondering van geringer besonderhede in bepaalde tonele waar die skrywer noodwendig sy verbeelding moes gebruik het, is alle karakters en gebeure lewenstrou uitgebeeld. Daarom is daar ook deurgaans by die imperiale geldeenhede, lengte- en gewigsmate gehou wat in 1916 nog gegeld het.

Die wildedruif val- Hans terblanche P.H. nortje5 

Foto: Hans Terblanche by die belhambraboom, 1955

Dit is interessant dat die belhambraboom (wildedruif) waarop die twee seuns uitgespoel het, weer wortelgeskiet het op die sandbank waar hy vasgesteek het. Die oorspronklike stam het later gedeeltelik verrot, maar dit het in 1982, vyf en sestig jaar later, nog daar, met talle gladde rivierklippe vasgeknel in die ou krake. ‘n Nuwe spruit wat uitgegroei het, , was toe ‘n stewige boom. Van die oorspronklike vyf plase op kleinpoort het net ‘n klipperige rivierbedding oorgebly - ‘n stille getuienis van die tragiese gebeure van die nag van 5 Mei 1916

Die wildedruif val kleinpoort- P.H. nortje5

‘n Foto van Klienpoort, waar die uitlopers van die Winterhoekberge(links) en die Kougaberge (regs) mekaar ontmoet.

Die boek is ook in Engels beskikbaar met die titel The wid grape tree

 

 koop 'n boek 4

 

phnortje-donkerwater

Donkerwater - geskryf deur P. H. Nortje

Dit is ‘n bekende gesig op Delwershoop - die motorkarretjie en sy bemanning: die sestienjarige Jak Joubert aan die leisels, die flink swart merrie Venus vooraan, en die komieklike maak aap Saartjie. Delwershoop is Jak se kontrei. Nie ‘n groot wreld waarin groot dinge gebeur nie, maar Jak is tevrede en gelukkig, want sy wreld is heel en heg en - dit het hy as vanselfsprekend aanvaar - vry van blaam.

Toe kom die nuwe seun, Dawid Hoffman. Om die een af ander rede is daar altyd iets tussen hulle wat toenadering onmoontlik maak. Op ‘n dag kom die uitbarsting tot die vorm van ‘n wrede beskuldiging, wat diep seer maak omdat dit Jak se moeder en sy oorlede vader ook raak.

Jak se verbystering gaan oor in ‘n grimmige vasberadenheid om te bewys dat daardie aanklag nie waar is nie. Maar na al die jare is die spore dof. Uiteindelik is dit duidelik dat die finale antwoord gesoek moet word in die kuil van die Swartrivier waar Jak se vader sestien jaar gelede verdrink het - Donkerwater.

Inhoud:

  • Vier passasiers
  • Die kuil in Swartrivier
  • Kruisverhoor
  • Die uitnodiging
  • Piekniek op Olienhoutkraal
  • Die werpskyf
  • Die vangs
  • Vondste en verkope
  • Ekspedisie na Kimberley
  • Oktober 1943
  • Soektog in die diepte
  • Die antwoord

 

 koop 'n boek 4

 

nuut onder die son- P H Nortje skrywer

“Nuut onder die son” - P. H. Nortje

As die skrywer P H Nortje is, weet die leser dit beteken : lekker lag en lekker lees. So het ons hom leer ken in “Nuut onder die son”. Die daaropvolgende bundels is ook vol heerlike humoristiese sketse- Op die sonpad (1973) en Aan die sonkant

Sories in “Nuut onder die son”:

  • Die wilde, getroude vol
  • Beproewinge met ‘n gesinsfoto
  • Werfdrama
  • Ag,Plee-eez Deddie - Vat ons sirkus toe
  • Ek word gerestoureer
  • Op jul merke
  • Oupa Grootbul en die Helikopter
  • Om te draf of nie te draf nie
  • Mak diertjies in my kruis
  • Ons gaan ry met die Rois-Rois
  • Charlie se gala
  • Werp jou brood op die waters

 

 

Op die sonpad -p h Nortje

“Op die sonpad” - P H Nortje

Hier vertel die skrywer weer van sy gesin en ons weet hulle is mense, soos Langenhoven sou s, alle swaarkry met lekkerkry. Jy dit is beslis waar wat Francois altyd s as die gesin iets aanpak: “ Laat ons dit doen en lekker lewe!” Daar is genoeg om te doen, om klaar te kry, want op het lieve Wellington is weer heelwat aan ‘t gebeure - ‘n toneelopvoering mar Pa en Groot Dawid, ‘n fiksheidsklas vir middeljariges en ‘n gedenkwaardige kanovaart waar Ma ‘n deeglike bydra leweer.

En die swaarkry is ook genoeg: molle in die tuin en die hele dorp se honde wat op die grasperk pla en dan besluit Pa nog om eienaar-bouer te word. Ook as daar buite die granse van hul dorp iets gebeur, is die Nortjes daar en doen hulle dinge en leef lekker. Hulle gaan virwaters toe om kreer uit te haal, al is dit nou ook met krampe, en op ‘n dag besigtig hulle hul wreldvanuit ‘n makrostraler. Die Nortjes besoek die Wildtuin, heeltemal goed voorberei vir die groot gebeurtenis... of was dit ooit so goed? “Op die sonpad” is ‘n bundel sketse oor ‘n gesin, Pa, Ma, Charl, Francois en Pierre Henri, wat al vir hulle ‘n pad oopgelag het na duisende harte.

Sketse in “Op die sonpad”

  • Die elfde plaag
  • Krewe en krampe
  • Ek word oupa
  • Slegs vir mans
  • Ek word eienaar-bouer
  • Hugo en Muis woon (nog) hier
  • Die premire
  • Terug na moederaarde
  • As ‘n man hom jonk wil hou
  • Om te roei of nie te roei nie

 koop 'n boek 4

Lees meer oor die skrywer P. H. Nortje

Lees ook van P.G. du Plessis se boeke

Lees ook van Jan Spies se boeke

Bo

PH NORTJE aan die sonkant

“Aan die sonkant” deur P. H. Nortje

Net soos “nuut onder die son”, is hierdie boek vol humoristiese gebeurtenisse en skreeusnaakse vertellinge uit die wedervaringe van ‘n lekker gesin: Pa, Ma, drie seunskinders en ‘n spanil-tefie. Meestal is dit aldaagse gebeure, maar dan gebeur die wonder: elke insident word ‘n avontuur, ‘n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel.

 

Aan die Sonkant is wesentlik ‘n voortsetting van Nuut onder die Son. Dit verhaal humoristiese gebeurtenisse waarin die Nortje-gesin — Pa, Ma, Charl, Francois, Pierre Henri en die spanil-tefie Tessa — betrokke raak. Meestal is dit alledaagse gebeure: die verfraaiing van die sitkamer, ‘n rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens van die kerk, ‘n tydren waaraan die hele gesin deelneem, ‘n Lenteloop. Maar dan gebeur die wonder: Elke insident word ‘n avontuur in ‘n nuwe sleutel, ‘n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel. ‘n Mens is nie meer toeskouer wat verlangend toekyk nie, maar deelnemer. Jy word ‘n Wellingtonner in murg en been. Jy duik jillend saam met die ander mense in die borrelpad op Esm se plaas, jy deel in die vreugde van Wellington...

P. H. Nortje is ‘n onderhoudende verteller, ‘n fyn waarnemer van die klugtige situasie, ‘n sprankelende humoris, ‘n mens wat die vermo besit om skerp na binne te kyk en aansteeklik te lag. Sy tweede bundel sketse is ‘n bron van plesier vir oud en jonk.

Sketse in “Pennie se vuur”:

  • Kloof toe
  • Die eerste oggend
  • Die otter en die vark
  • Ons wyk
  • Voor ligdag
  • Ligdag -die jag
  • Palingswaters toe
  • Aftuig
  • Die paling
  • ‘n Ongeluk
  • Op die kweekplaat
  • Tot wederom

P. H. Nortje is eintlik bekend as jeugverhaalskrywer. Hy het reeds die Scheepersprys vir jeuglektuur vir twee van sy boeke ontvang, nl.: Pennie se Vuur en Die Groen Ghoen. Maar nie minder bekend nie n gewild is sy humoristiese vertellings wat reeds gebundel is onder die titel Nuut onder die Son. Sedert die publikasie van hierdie bundel het dit reeds vier herdrukke belewe!

 

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor die skrywer P. H. Nortje

 

phnortje-kenopdie kierrie

Ken op die kierie- P. H. Nortje

Na jare op dokter Andrew Murray se “ het lieve Wellington” woon P H Nortje en sy vrou, Mikie, deesdae in die Strand. Om hulle is ‘n hele kolonie afgetredenes wat ken op die kierie sit en vir jou met smaak van vyftig, sestig jaar gelede se ekspades vertel, maar hulle kan nie onthou wie wie vanoggend saam met hulle inkopies gedoen het nie.

Henry Nortje woon nog nie in ‘n aftree-oord nie en loop nog nie met ‘n kierie nie. Maar stories vertel oor wat was en oor wat nou gebeur- dit doen hy met uitnemendheid in sy boeke. Sowat twintig altesaam vanaf sy bekroonde Pennie se vuur (1959) en Die groen ghoen (1960) tot by die outobiografiese Korsies van growwebrood (1989) en Spook van die wielsleutel (1994).

In ken op die kierie skryf hy weer suiwer outobiografies. Wanneer hy dit het oor verleenthede in sy lewe, vind ons uit wat ‘n skoffel in ‘n fransdruifwingerd met die NG Kerk te doen het, en koellaers met vrouestudente se kanse op ‘n huwelik. Met kleur en geur vertel hy van onvergeetlike vernederinge doerie jare in Nagoena se Kloof toe hy en Aroeka bobbejane verras het.

Hy erken hy’s geneid om ingedagte te wees. Dit gee aanleiding tot ‘n nagmerrie met’n reusepak eksamenskrifte, en tot die aand by die Baxter Teater toe vier wonderwerke met sy toeganskaartjies gebeur het. Oor laasgenoemde voorval het hy destyds nie gewaag om ‘n Huisgenoot-storie te skryf nie, want niemand sou hom glo nie.

Ken op die kierie is ook ‘n boek vir mense wat belangstel in motors van verskillende soorte ouderdomme, honde se nukke en getrouheid, en ‘n skrywer se werkwinkelgeheime.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

phnortje-wellingtonse suker

Wellington se suiker- PH Nortje

Die boek bied ‘n keur uit meer as tagtig sketse oor die mense van Wellington wat so voluit kan lewe. Danie Botha, redakteur van byna al die Nortje-trefferbundels, het die vermaaklikstes, die blywendes gekies en ingelei. En Fred Mouton, bekende illustreerder en spotprentkunstenaar, vul dit aan met sy ammusante siening van die woelige Wellingtonners.

Dit is ‘n boek vir almal wat aan daaglikse stres en moordendes koerantopskrifte wil ontsnap. ‘n Boek wat knipoog en glimlag.

 

Lees ook boeke deur A.A.J. van Niekerk

koop 'n boek 4

 

phnortje-diegroenghoen

Die groen ghoen - geskryf deur P H Nortje(Bekroon met die Scheepers-prys 1962)

Vir Henk Strydom se geheime bende, die Spartaanse Ruiters, is die lieflike groen albaster die kenteken van ‘n belangrike onderneming: operasie Groen Ghoen. Hiervoor moet hulle hard begin werk aan ‘n skoolkonsert, aanlwynsap trap, klipsweet pluk, bobbejaansterte versamel en na-oeste inwin.

En terselfdertyd moet die Ruiters ‘n groot geheim oplos. Wat l agter Kortetjie se misterieuse geel deur?

Verrassing volg op verrassing soos hulle agter die geheim kom - en die gelag bly ook nie uit nie. Die verhaal loop na ‘n opwindende hoogtepunt wanneer operasie Groen Ghoen slaag en die geheim van die geel deur met die mees onverwagte gevolge opgelos word.

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor die skrywer P. H. Nortje

phnortje

 

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

phnortje-spookvandie wielsleutel

Spook van die wielsleutel - geskryf deur P H Nortje

Namibi, hier kom die skrywer en sy ingenieurseun! P H Nortje en Francois. In ‘n Ford Mazda-bakkie wat wonderbaarlik gelaai is.... Hulle wil die songebakte vlaktes met kameeldoring en suurgras kom bewonder. Ook die duine en afgronde. Dalk sal hulle jag, en ‘n graatjiemeerkat vir ‘n geliefde kind aankeer. Hulle sal halfedelgesteentes versamel, en gasvrye mense se koningskos geniet.

En net uitrus. ‘n Slag nader aan mekaar beweeg, as pa en seun vriende word.

Maar die wielsleutel wat hulle op Ai-Ais in die hande gekry het .... Hulle had ene dringend nodig en ‘n Samaritaan het dit tog spesiaal oornag vir hulle “opgetower”, weliswaar vir ‘n paar bottels Riesling en ‘n rand of twee. Alles kan nie pluis wees met die transaksie nie, want hoekom bly spook die wielsleutel dan so by pa en seun? Saam met die lekkertes teister die rampspoed hulle so taks op die eienaardigste maniere...

Soos te verwagte van P H Nortje is dit ‘n verkwiklik humoristiese joernaal van ‘n toer der toere. En staan goeie menseverhoudinge weer sterk op die vooorgrond.

In ‘n sekere sin is “Spook van die wielsleutel” ‘n aanvulling tot P H Nortje se gewilde outobiografiese vertelling, “Korsies van growwebrood”. Ons verneem nou van sy lewe in sy “herfsjare”, en hy vertel verder oor sy kinders se kleintyd en oor sy onderwysloopbaan, die tyd toe ‘n verraderlike klaskamerdrumpel sy dosent-waardigheid aangetas het.

 

phnortje-dieelfdehekkie

Die elfde hekkie - P H Nortje

Arnold hardloop met sy o op die hande van die buitesenter langs hom. Enige oomblik nou gaan Willie laat loop. Opeens flits dit deur sy gedagtes: Hoe hy en sy pa gistermiddag met die bal in die agterplaas gehardloop het... Die lelike glips wat hy netnou sommer met die afskop begaan het ... Die Highveld Blits. Waar’s die nou?

‘n Breukdeel van ‘n sekonde dwaal sy o van Willem se hande af om te sien waar die opponent is. Die kom voluit aan, soos ‘n stoomtrein, skaars tien tree van hom af.

Toe Arnold weer na Willie langs hom kyk, is die bal nie meer in sy hande nie. Dis reeds in die lug, oppad na hom toe, minder as ‘n tree van sy maag af.

Hy reik verboureerd daarna. Maar net die vingers van sy regterhand kom dit by. Dit skiet vorentoe, skuins voor hom uit, en hy gryp wild ‘n tweede keer daarna. Die keer dobber dit ‘n oomblik op sy tastende vingertoppe en wip dan met ‘n boog na regs, hoog die lug in.

Arnold Hanekom hou nie van rugby nie. Maar sy pa - op sy dag ‘n provinsiale speler - wil h hy moet speel. En Arnold besluit hy sal hom wys...

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

phnortje-korsies van growwebrood

Korsies van growwebrood
Outobiografiese vertelling deur P H Nortje
 

P H Nortje het in sy bekroonde jeugboeke soos Penne se vuur en Die groen ghoen oor sy jeugland geskryf - die plaaswreld van die Baviaanskloof in die Winterhoekberge. Hy het dit so eg gedoen dat Audrey Blignault intertyd getuig het: As jy klaar gelees het, het “jy die korsie van jou bruinbrood in ‘n blikkie turksvystroop geweek agter die koeniebosse by meester Van Rooy se skool” . Later volg sy bundels Sonkant-sketse waarin hy die doen en late van die liewe Wellingtonners met ‘n vonkel in die oog opteken.

In al hierdie boeke is daar “verskuilde outobiografie”. Nou, in Korsies van growwebrood, wird die waarheid vertel. Die vertelling sluit aan by sy bestaande skryfwerk, vul dit aan en verklaar heelwat.

 

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

phnortje-thewildgrapetree

The wild grape tree - written by P H Nortje

Translation of Die wildedruif val (Afrikaans)

The wild grape tree is a true story. It all happened in the Baviaanskloof, the long narrow valley of about a hundred-and-twenty kilometers between the Kouga mountains and the Winterhoek Mountains in the Willowmore district of the Easten Cape (Also see Sue van Waarts books). It tells the story of the disaster that occured on the night of 5 May 1916. The main character, Hans Terblanche, was then a boy of about fifteen. Like all characters and events in real life, and it was his persuasion, and with his encouragement and close co-operation, that the author put the story in writing.

 

phnortje-Indievoetpadse kloof

In die voetpad se kloof - geskryf deur P H Nortje

 

Mannetjies wys na die oorkantse hang van die dwarsspruit wat in die Voetpad se Kloof inloop. Haastig korrel Bertus deur die verkykyer. En so sien Bertus de Wet, pas terug na sy militre opleiding, weer Baviaanskloof se oorblywende bergsebras.

Aanvanklik steur hy hom nie veel aan die paar seldsame diere nie, want nie alleen is Ansie afsydig nie, maar op die plaas loop alles verkeerd. Daar is boonop ‘n bloeddorstige luiperd wat op een slag nege van Bertus se sybokke plattrek. Sy vete teen die luiperd neem in felheid toe omdat die luiperd ook die dood van twee bergsebras verorsaak het.

Oom Gaaf kommandeer die hele Sewefontein op vir ‘n luiperdjag. En daar in Voetpad se kloof kry Bertus die geleentheid om wraak te neem ... maar eindelik sou dit die bobbejane wees wat laaste lag.

Intussen word daar van owerheidswe drastiese planne beraam om die kloof se laaste bergsebra te red. Almal spring in en help. Dit lyk egter of alles tevergeefs gaan wees. Toe te midde van oom Gaaf se gedenkwaardige verjaarsdagviering, kom Mannetjies vir Bertus roep. Nou is dit net Bertus, Ansie en Mannetjies wat die wedloop van die werklikheid aandurf, dis ‘n wedloop teen die naderende donker, teen onbekende faktore en miskien selfs teen die dood....

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

phnortje-blyofgly

Bly of gly  - geskryf deur P H Nortje

Om te bly of the gly. Soos in die kleintyd se speletjie moet Pa en Ma Nortje besluit : Bly veilig tuis in die lewe van Wellington. Francois neem juis eersdaags deel aan die kano-marathon. Of gly na Europa met sy onbekende wonders, waar elke dag ‘n uitdaging is.

Die Lorelei-stem van die vreemde is gelukkig sterk en Pa en Ma begewe hul op die toer (met twee goedkoop koshuiskoffers ...).

 

Lees ook reisverhale deur Andr P. Brink

Lees ook reisverhale deur Anna M. Louw

 

koop 'n boek 4

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

phnortje-In klip en gruis

In klip en gruis - geskryf deur P H Nortje

Aan die een kant George Bamford, agttien jaar oud, ‘n skraal Wallieser wat met al sy aardse besittings in ‘n enkele seilsak, ‘n konsertina onder die arm en ‘n paar pond in sy sak sesduisend myl ver oor die see gekom het om sy fortuin op Hopetown te kom soek. Aan die ander kant Dewald Grobbelaar, jong reus van agttien wat die sorg van sy pragtige suster Maria op hom moes neem nadat hy sy ouers tragies verloor het, en by homself gesweer het dat hy haar nooit weer op die togpad sal laat gaan nie.

Gooi hulle saam en wat kry jy? Grobbelaar, Bamford en Kie., Diamanthandelaars en Delwers.

Al het hulle tussenin heelwat pret gehad, was die delwersbestaan op Taaibosfontein geen piekniek nie. Hulle het van sonop tot sononder pik geslaan, puin weggery, gesif en gewas, en dan gesorteer in die hoop om iewers ‘n blink klippie te kry. Maar dit het baie pikslaan en baie sif en baie was gekos — en dan was die opbrengs steeds skamel.

Sou hulle ooit genoeg kry om hul ideale te verwesenlik en vir die meisies van hul hart te kan sorg? Baie dae was hulle moedeloos. Sou daar dan niks uit die klip en gruis vir hulle kom nie?

Lees ook meer verhale van die goudstormloop deur :

phnortje-Opnhoe noot

Op 'n ho noot: Die lekkerste stories van P.H. Nortje
Samesteller: Danie Botha

Die versamelbundel van PH Nortje se lekkerste stories was in 2008 by die Breytenbach Sentrum op Nortje se tuisdorp, Wellington, bekendgestel. Daar was ook ‘n toneelstuk met dieselfde naam, ter viering van die bundel, was die aand op die planke gebring en Nic de Jager en Eben Genis was daarin te sien. Juanita Swanepoel was die samesteller en regisseur.


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

PH NORTJE volstruis met wie gaan jy trou

Volstruis, met wie gaan jy trou? :
'n Herinneringstog
 deur P H Nortje
Eerste uitgawe was in 2000 en die tweede uitgawe was in 2001

‘n Jaar of twee gelede sak P.H. Nortje se drie seuns, Charl, Francois en Pierre Henri, op hom toe met ‘n dringende versoek:
“Nog n keer moet ons vier saam op die ou familieplaas in die Baviaanskloof kom… Weer op die ou werf gaan stap waar ons, toe ons klein was, saam met die plaaskinders gespeel en patat en askoek onder die kole gebak het; en kalfgery het; en dassies geskiet het; en snags in die koue moes uit buitetoe na die longdrop toe; en smrens ons hande in die kombuis voor ouma Gerty se ou Dover-stoof warm gemaak het… Juis omdat Pappa oud word, wil ons drie saam met Pappa gaan afskeid neem van dit alles.”

So begin ‘n nostalgiese reis na die geliefde landskap van die verlede, ‘n reis wat lf van herinneringe. Die spitsvondigheid, humoristiese situasies en deurleefde wysheid maak van hierdie terugloop op die on spore ‘n seldsame en innige ouer-kind-avontuur.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Aan die sonkant
 deur P H Nortje


 pennie se vuur

Pennie se Vuur
jeugverhaal deur P H Nortje

HENK en Basie is altwee op Wilgerdam se Horskool. Aan die end van die jaar, na die gedoente met ou Garing, gaan Basie toe saam met Henk op hulle plaas vakansie hou. PENNIE SE VUUR is die kroniek van daardie onvergeetlike vakansie. Henk-hulle se plaas l ver — in die kloof anderkant Waboomberg en Gruisstoot se wreld, diep tussen die loodregte Winterhoek- en Kougaberge in.

So ver l daardie plaas en die ander daar, dat hul Kloof eintlik afgesluit is, ‘n aparte stukkie wreld, waar ‘n eie taal so geurig soos ‘n soetdoring self, gepraat word; waar die bergwater helderder en koeler is, die aarde geiler, die lower groener en die bobbejane tamaaier en astranter en die mense se harte ‘n bietjie groter — vir hulle wat daar grootgeword het.

Vir ‘n Klower is dit die paradys aan herdie kant, al is daar skaarste of armoede of swaarkry. En die dinge wat hulle daar doen, die doen hulle met halfpad kop en halfpad hart, want hulle dink en hulle voel l en weeg nog netjies oor die disselboom.

Soos die ou kleurling ‘n “pennie se vuur” gaan vra by die winkeltjie, so leef hulle, gering en beskeie, maar in ‘n weelde en ‘n rykdom wat geld nie kan koop nie.

Dit is hier waar Henk, Basie, Miems en Marie kom om salig somervakansie te hou. En ek wed daardie vakansie sal hulle onthou tot die dag dat hulle oud en afgeleef is en ‘n mens se onthou vergaan.

Henk is eintlik die man wat die kroniek van die opwindende paar weke opteken in hierdie boek. Basie is sy beste maat, en arme Basie — hy’s tot oor sy ore verlief op Miemsie. Maar te veel tyd is daar darem ook nie vir meisies nie, want daar is die dinge soos die kommando maak, die vashou teen die berg af die slag, en die palings, die keer met die Nuwejaarsdagviering...

 

 

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4

Bo

phnortje-Operasie sonskyn

Operasie sonskyn en ander leesavonture - geskryf deur P H Nortje

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

 

PH NORTJE matewis se mense gaan boer

Matewis se mense gaan boer
Boek deur P. H. Nortje

Ons ken al die Nortjes – vir Pa en Ma, Charl, Francois en Pierre Henri. In Nuut onder die son, Aan die Sonkant en Op die Sonpad het ons dan soveel avonture met hulle saam beleef. Ook met die ander Wellingtonners soos dr. Hugo Rust en apteker Fogelman en Herr Von Bundeltstein. Maar nou betree hulle – en ons – ’n gans ander lewe. Want Matewis, die “polietse” papegaai, s mense gaan boer. Eintlike hoef hulle nie juis te boer nie. Hulle moet net die plaas gaan oppas, want broer Frans-hulle is met vakansie.

En broer Frans het ’n baie belangrike memorandum vir die dorpenaars opgestel. Daarin bepaal hy die dinge wat hulle moet doen, die goed waaroor hy bly sal wees as hulle dit k kan behartig en dan bly daar sekere dinge oor vir hulle eie vermaak.

Die Wellingtonners is die ene gewilligheid: Charl is bereid om met sy bell-bottoms aan volstruisvere te pluk en Pierre Henri swem saam met sybokke deur dipwater.

Die Nortjes bevind hulle in ’n ander omgewing, ’n omgewing met sy eie lewenspatroon – Grootplaas in die Bobbejaanskloof naby Willowmore.

Oor hierdie boeregemeenskap het P. H. Nortje reeds in sy jeugromans soos Pennie se vuur, Die Groen Ghoen en In Voetpad se Kloof geskryf.
 

P.H. Nortje boeklys

Ook hier word die plaaslewe vir jou ’n werklikheid, dinge soos boontjies oes in die nagdonkerte op Bly L se Land. Jy kan aansit by ant Arjana se feesmale van kop en pootjies, gestoofde appels en soetpampoen. En snags hoor jy die blafgehuil van rooijakkalse uit Donkerkloof se hange.

In Matewis se mense gaan boer is daar oomblikke wat jou laat dink en oomblikke van die lekkerste lag. Want dit is ’n P. H. Nortje.

Lees ook van P.G. du Plessis se boeke

Lees ook van Jan Spies se boeke

Bo

  1. 1959 - Pennie se vuur deur P. H. Nortje
  2. 1960 - Die groen ghoen deur P. H. Nortje
  3. 1967 - Donkerwater deur P. H. Nortje
  4. 1967 - Nuut onder die son deur P. H. Nortje
  5. 1970 - In voetpad se kloof deur P H Nortje
  6. 1973 - Aan die sonkant - deur P. H. Nortje
  7. 1973 - Matewis se mense gaan boer deur P. H. Nortje
  8. 1973 - Op die sonpad deur P H Nortje
  9. 1975 - Operasie sonskyn en ander leesavonture deur P. H. Nortje
  10. 1975 - Bly of gly deur P. H. Nortje
  11. 1979 - Casper deur P. H. Nortje
  12. 1982 - Die wildedruif val deur P. H. Nortje
  13. 1982 - Klein Hollywood deur P H Nortje
  14. 1989 - Korsies van growwebrood (Outobiografiese stories) deur P H Nortje
  15. 1989 - In klip en gruis deur PH Nortje
  16. 1993 - Wellington se suiker - Die beste sketse van PH Nortje deur Danie Botha saamgestel.
  17. 1994 - Spook van die wielsleutel deur P H Nortje
  18. 1997 - Ken op die kierie (Outobiografiese stories) deur P H Nortje
  19. 1999 - Die elfde hekkie (die skrywer se tweede sportverhaal) deur P. H. Nortje
  20. 2000 - Volstruis, met wie gaan jy trou? : 'n Herinneringstog deur P H Nortje
  21. 2008 - Op ‘n ho noot - Die beste stories van P H Nortje deur Danie Botha saamgestel.
  22. Duisendblaar deur P. H. Nortje

koop 'n boek 4

 

koop 'n boek 4

Bo

Lees ook van die verhale in die Jeugland-reeks skool leesboekies

 

Lees ook boeke deur A.A.J. van Niekerk

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bo

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738