http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Boeke van P. G Hendriks (skuilnaam van Pieter Pistorius)
Kringe van die draaigras - geskryf deur P.G. Hendriks Wanneer dit groeityd word na die reën, begin die strengel van die draaigras die saad in die grond inboor sodat dit kan groei. Die eenvoudige natuurverskynsel simboliseer die tema van hierdie ongewone liefdesverhaal wat afspeel teen die agtergrond van ‘n rustige dorpie, van die gekompliseerdheid van die grootstad, van die geweld ‘n burgeroorlog in ‘n Afrikastaat.
Kringe van die draaigras vertel van die wedervaringe van Ben, die moederlose pastoriekind wat materieel goed versorg maar emosioneel verwaarloos grootword; van Linda, sy jeugvriendin, en van die mooi Camilla, enigmaties en onbereikbaar en met ‘n berekende vyandigheid teenoor mans. Elkeen van hulle se lewe beweeg deur kringe, soekend na die geleendheid om vol-uit mens te word, en beinvloed mekaar sodoende met diepgaande gevolge. ‘n Groot verskeidenheid agtergrond karakters is medespelers in die verhaal, elkeen met ‘n afskaduwing van die tema.
‘n Tyd vir oorlog en ‘n tyd om lief te hê Nero is keiser, en Rome op die hoogtepunt van sy mag en glorie. In die verre Jerusalem stook ‘n fanatieke sekte egter opstand teen Rome. Dertig jaar tevore het die Jode Jesus van Galilea hier gekruisig; nou hoop hulle dat God die “ware Messias” sal stuur sodat hulle die Romeine se juk kan afgooi en self wêreldheersers kan word.
Tussen die twee stede beweeg Marco Bruno, ‘n jong Romein. Deur hom ervaar die leser die dekadensie van Rome, die vernietiging van Jerusalem, die massa-selfmoord van die Jode op Masada. Maar Marco maak ook kennis met die geheime gemeente van Christene wat veral na die Groot Brand al hoe strawwer vervolg word.... en so begin sy heel grootste avontuur. ‘n Tyd vir oorlog en ‘n tyd om lief te hê is ‘n groots opgesette historiese roman wat van geweld en wreedheid vertel, maar ook van die helende krag van liefde en die soeke na vrede. Dit handel oor ‘n veelbewoë tydvak wat treffende ooreenkomste toon met ons eie.
‘n Koning vir die volk - P.G. Hendriks Dit is die tweede Bybelroman deur P.G. Hendriks wat hom oortuigend inleef in die tydperke en figure wat hy oproep: hier Israel se onstuimige jare onder die boeiende profeet Sameul, die kranige en kontroversiële koning Saul en die tallentvolle jong Dawid. Die bekoring van die roman lê veral daarin dat dit vir die skrywer gaan om die waarom agter die gebeure - die dryfvere wat individue en groepe besiel tot aksie.
‘n Soort bevryding geskryf deur P.G. Hendriks, 1977
Roep van die Tesetlo geskryf deur P.G. Hendriks , 1979 Roep van die Tesetlo is die ontroerende verhaal van die weduwee Drieka Eksteen en haar seun Faan wat ‘n nuwe lewe begin wanneer sy trou met Naas Prinsloo wat met sy dogter Janet op Drieka se plaas Samekoms in die Waterberg kom woon. Dit is ‘n aangrypende en liefdevol geskrewe boeke deur ‘n kenner van die streek, sy mense, hulle manier van doen en hul manier van praat.
‘n Spyker vir slypsteenkop, 1974 geskryf deur P.G. Hendriks met Illustrasies deur Cora Coetzee. Bekroon met die Jochem van Bruggen-prys vir prosa,1973
Die grys koedoe deur P.G. Hendriks Terwyl Niel en sy oom Daan ‘n prospekteerreis deur die Kalahari onderneem - ‘n reis wat vir Niel ‘n ontvlugting moet wees van probleme tuis - gesels hulle oor alles wat hulle teëkom, ook oor dinge wat dalk kan bestaan maar anderkant die grense lê van wat mens kan bewys. Die groot slang in Augrabies se watergeweld. Besoekers van ander planete. Die verlore stad van die Kalahari waarheen ‘n filmspan op pad is. Die legendariese grys koedoe wat glo kom help wanneer jy ontredderd is en in gevaar verkeer. Die grys koedoe is ‘n roman wat boei met spannende avontuur, maar dit is meer as ‘n avontuurverhaal wat ook selfs deur die jeug geniet sal word, dit loop oor die grense van werklikheid na ‘n gebied wat anderkant lê. Dit gaan oor die betowering van die bonatuurlike... (1993 uitgegee deur Human & Rousseau - sagteband)
Werktuig van Adonai, 1978- Byberlroman van Jona. Geskryf deur P.G. Hendriks (Pieter Pistorius) Werktuig van Adonai is die verhaal van Jona, seun van Amittai. Dit was ‘n middag toe Jona tussen die kleinvee gestaan het dat hy die onsagwekkende ruk en rilling in die lug ervaar het wat hom laat besef het dat hy in die teenwoordigheid van God is. “Met skrik en ekstase voel Jona die trilling van die nabyheid van die Oneindigheid teen sy nek.” Hy hoor die woorde: “Jona, seun van Amittai, maak jou klaar, gaan dan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen want hul boosheid het opgestyg voor My aangesig.” ‘n Groot stryd in in Jona ontketen: mag die geweldenaar wat God se wraak verdien het, gewaarsku word, dat hy daaraan sal ontkom? So begin Jona se wedvlug van sy goddelike opdrag, ‘n oeroue verhaal wat aan almal bekend is, maar hier aangebied met ‘n nuwe siening deur een van ons voorste skrywers.
Anna Rodolphus Geskryf deur P.G. Hendriks Volgens ‘n kort beskrywing in Jan van riebeeck se dagjoernaal het ‘n Anna Rodolphus in 1659 in die Kaap aangekom. P.G. Hendriks begin sy verhaal egter in Nederland: Anna ontsnap uit ‘n weeshuis en vlug na Amsterdam waar sy, vermom as ‘n soldaat, werk kry op ‘n skip. Na vele wedervaringe bereik sy die Kaap van Goeie Hoop waar nuwe uitdagings op haar wag. Maar Anna Rodolphus voltooi ook ‘n geestelike reis, en uiteindelik is dit haar moedigheid en minsaamheid wat van die historiese figuur so ‘n onvergeetlike persoonlikheid maak. In hierdie meevoerende roman skep P.G. Hendriks nie net geloofwaardige karakters nie, hy laat ook die onstuimige 17de eeu helder voor ons leef.
Lees meer van P.G. Hendriks of liewer (Pieter Pistorius)
|