http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Nege grafte tot Otjihonge deur Doc Immelman Bokant die fort by Windhoek wapper die oorlogsvaandel van die Duitse Ryk. Dit is 1904 en daar is oorlog in Duits-Suidwes-Afrika. Die groot Ova-Hereronasie het besluit om die juk van die wit man af te gooi. Soos die dood self het die Herero’s uit hul vestings gekom en gemoor, geroof, onteer, geplunder, gebrand.... Hulle het die land geken - die paaie, die trekspore, die watergate, die berge... Duisende Duitse troepe het die land binnegestroom, maar daar was eenvoudig net nooit genoeg wit soldate nie. Wessel myburgh het ook die land geken, omdat hy daar grootgeword het. Daarom word hy deur die Duitse bevelvoerder in Windhoek ontbied om ‘n militêre vrag na Otjihonge te vergesel. Wessel besef baie gou dat dit geen eenvoudige taak is nie. Die Duitse luitenant is hooghartig en het geen begrip van die harde werklikheid van die land nie. Die dertig Duitse soldate is jong seuns, skaars ‘n maand in die land. Die vrag vestaan uit ‘n groot klom geld en ammunisie vir Otjihonge - en drie vrouens. En Wessel weet dat die Herero’s êrens vir hulle wag. Wanneer die trek die Duitse garnisoenspos na ‘n moordende tog bereik, wemel dit daar van Herero’s, onder aanvoering van Tjiwera, die kaptein wat vir die moord op Wessel se vrou verantwoordelik was. Maar by die fort self is alles onheilspellend stil. Was die nege grafte wat hulle op pad in die Suidwesland agtergelaat het, dan tog tevergeefs?
Voorblad van Nege grafte tot Otjironge (1993 uitgawe)
Klik hier vir ‘n lys van Doc Immelman se boeke Lees meer oor Doc Immelman (kort biografie)
|