http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Nan Henning boeklys beslaan ongeveer 64 liefdesverhale geskryf. Die titels sluit die volgende in:
Lees ook Die Romeinse rit - geskryf deur Nan Henning
Lees meer oor Nan Henning Die goue oomblik - Nan Henning - 1967 asook 1971 uitgawe Jonk, met die vreugde van die lewe in hulle gees en liefde vir mekaar in hulle harte, besluit Kurt, ‘n jong Duitse geneesheer, en Tina, ‘n Afrikanerdogter, op karnavalaand om te trou. ‘n Pastoor word gesoek en in die teenwoordigheid van ‘n paar getuies vind ide plegtigheid plaas. Na ‘n tydjie vind Tina uit dat dit ‘n skynhuwelik was, dat dit te midde van al die vrolike feesvreugde en karnavalaand as ‘n pretmakery beskou was. Hierdie ontdekking is ‘n groot skok en vernedering vir haar. Sy raak verbitterd teenoor die man wat so misbruik van haar liefde gemaak het. Na ‘n hewige rusie vertrek Kurt sumier terug na Duitsland. Na meer as vyf jaar keer hy weer terug na Suid-Afrika, vasberade om sy vrou op te spoor en dinge van die verlede reg te maak. Maar om iemand in so ‘n uitgestrekte wêrelddeel te probeer vind, is nie so maklik nie; veral nie as haar vriende saamstaan en haar bewegings geheim hou nie. Waarom doen hulle dit? Wat is daar wat hulle van hom wil wegsteek? Gaan Kurt onder hierdie uiters moeilike omstandighede ooit daarin slaag om haar op te spoor of sal hy na ‘n vrugtelose soektog weer terug gaan Duitsland toe? Uit Nan Henning se pen speel hierdie baie menslike drama voor die leser af en is dit onmoontlik om nie saam met elke figuur te lag en te huil nie.
Uit die goue skemering - Nan Henning- 1968 uitgegee Hierdie is die verhaal van Fransa Maré ... Fransa wat reeds as jong dogtertjie in ‘n arm huis die huishouding en die versorging van haar jonger sussie op haar moes neem omdat haar moeder nie meer daar was nie. Met haar lompe kinderhande het sy vir haar sussie ordentlike klere probeer maak sodat sy nie ook met vodde aan die skool hoef te besoek nie, en in haar onkunde het sy vir haar familie onsmaaklike kos voorberei, Maar hoewel haar pogings nie altyd suksesvol was nie, moes dit maar deug omdat daar geen keuse was nie. Toe sy groter geword het, het Fransa saam met haar pa gewerk en geswoeg op die plase van ryk Piet Reyneke. In haar kakiebroek en bont hemp, met die lang, ligte vlegsel wat langs haar rug afhang, het sy ‘n man se werk gedoen. Hierin was sy meer suksesvol as in die huis, want sy het die aanvoeling van ‘n gebore boer besit, en voor lank was die verwaarloosde plase omskep in die spogplase van die omgewing. Maar om een of ander vreemde rede het die grondeienaar nie ‘n goeie woord vir haar gehad nie, terwyl Reinet, haar jonger suster wie sy grootgemaak het, soos ‘n eie kind in die Reynekes se luukse huis opgeneem is sonder dat sy ooit iets gedoen het om daarvoor te vergoed. Nadat hulle vader oorlede is, het Fransa se broer Dawid nie meer lus gehad om op die plaas te bly en te werk nie. Hy het ‘n goeie verstand gehad en hy wou na die universiteit met sy erfgeldjies. Fransa het hom aangemoedig om te gaan. Sy sou aanhou om vir ander mense te werk ... werk te doen wat geen meisie behoort te doen nie. Maar Fransa het nie gemurmureer nie, want sy het geen ander lewe geken nie. Op skool het Fransa se onderwyseres, juffrou Idalette Murray, haar onder beskerming geneem en die jong kind wat niks anders as werk geken het nie, se lewe probeer verlig. Vir Fransa was dit ‘n swaar slag toe haar geliefde juffrou weggegaan het om te trou. En toe, jare later, het Hugo Murray, Idalette se broer, onverwags in haar lewe verskyn. Saam met sy oom en tante het hy laat een middag op die stoep gesit toe Fransa uit die goue skemering op haar poon aangery gekom het. Sy was vuil en onversorg, met haar werksklere aan en wrede rooi hale oor haar gesig . . . en Hugo het geweet dat sy soektog beëindig is.
Die wag-’n-bietjie-bos - Nan Henning- 1964 uitgegee “Wanneer ek dieper kyk en dink as wat ‘n sondaar pas en steek ek dan my hande uit na U besluit, dan gryp ek in die dorings vas.” Hierdie aanhaling uit ‘n gedig van Totius is eintlik die tema van hieride roman. Die wag-’n-bietjie-bos is “van ver so skoon, so groen, so blonk.... maar hoe verward....” Verwarring word geskep in die gemoed van Dittmar va Rensburg, seun van ‘n kleinlike, hooghartige, afgunstige moeder wat sy lewe en die van sy vader probeer reël en hulle selfvertroue ondermyn. Dittmar is verlief op Zaan Mentz, dogter van minder gegeode oom Tinus, ‘n buurman. Maar Dittmar se moeder, Naomi, doen haar bes om die verhouding te laat verongeluk. Dittmar en Zaan beland in ‘n motorongeluk en Zaan se gesig word erg geskend. Sy gaan hospitaal toe vir behandeling en veloorplantings, en hy word deur sy moeder na Amerika gestuur. ‘n Eertydse vriendin van hom, Dianne Cilliers, ‘n welgestelde boer se enigste kind wat aan oorerflike abnormaliteit ly, volg hom deur sy moeder se bemiddeling, en hulle raak getroud. Hulle keer terug na Suid-Afrika, en dan begin die poppe dans. Dittmar en sy suster Etta kom in opstand teen die tirannie van hul moeder, en Dittmar se vrou gaan terug na haar ouers. Al hoe meer op die voorgrond tree ‘n ander buurman, standvastige Hugo du Preez, wat ‘n anker is in Zaan se stormagtige, verwarde lewe, en haar help om, naas haar gesig, haar verlore siel terug te vind en weer mens te word. Dit is die verhaal van hoogmoed wat tot ‘n val kom. Lees meer oor Nan Henning Annalien - Nan Henning- 1976 uitgegee Vandat Annalien maar kon onthou, was Johan Strauss en Dirk Nienaber in haar lewe. Saam het hulle gespeel, saam rusie gemaak, soos kinders maar maak. Maar hierdie drie het groter geword en skielik was Johan en Dirk nie net meer kindermaats nie. En soos groot seuns maar doen, het hulle om Annalien begin wedywer: Johan op sy swierige, grootdoenerige wyse. Dirk stil en rustig, soos hy self was. Annalien was nog te jonk om te onderskei tussen klatergoud en die egte, maar later sou sy baie tyd hê om haar te berou oor die keuse wat sy gemaak het. Met hierdie roman het Nan Henning die diepste gevoelens geraak deur aangrypende uitbeelding van die menslike stryd en oorwinning
Die Rosekrans deur Nan Henning- 1969 uitgegee Dit was die koms van dokter Konrad Teichert wat die rustigheid van daardie plattelandse dorpie verstoor het - dokter Konrad, die uiters bekwame chirurg wat saam met Louise en sy tant Hilde Nuehoff van ‘n donker verlede probeer wegkom het. In die dorp se moderne hospitaal maak hy met Liza Naudé kennis: ‘n rooikopverpleegster wat nie toelaat dat die afsydige, nors en geheimsinnige chirurg haar behandel asof sy geen wil van haar eie het nie. Hulle afkeer in mekaar vorm later die vae grens tussen byna haat en liefde. Sy verlede haal hom in met die koms van Sonra, die aantreklike , hartelose meisie wat vroeg in haar lewe geleer het dat as jy iets wil hê, jy dit moet vat. Wie die prys daarvoor moet betaal, het sy haar nie aan gesteur nie. Daar is die geheim van Louise, die meisie wat saam met Konrad deur die smeltkroes van die lewe moes gaan. Sy soek na vastigheid, maar kan nêrens vastrapplek kry nie. Toe ontmoet sy dokter Henk Murray, die geneesheer wat ook gesoek het, maar nie kon vind nie. Ja, hierdie verhaal van mens wat die lewe in al sy fasette leer ken. Dit is ‘n verhaal wat hom in die gange van ‘n hospitaal afspeel en eg geteken word. Daar is die stryd om lewe en dood in die operasieteater, maar ook die ligter sy.
Lees ook boeke deur Mark Preston
Wie die sterre lees deur Nan Henning- 1969 uitgegee
Gedig in blou - deur - Nan Henning In Amerika het die brilante dokter Tinus de Vos groot roem verwerf en hy het op die punt gestaan om met die skatryk en beeldskone Nadine Langley te trou. Tog, diep binne-in hom het iets bly haper. Ten dele het dit te doen gehad met die oë van ‘n meisie op ‘n skildery wat so bekend-onbekend was, maar ook met ‘n ontwykende teatersuster wat die moegheid, na ‘n operasie, uit sy nek en skouers kon wegmasseer . Toe kom die aanstelling as superintendent van die hospitaal op Kroonlaagte, sy tuisdorp. Maar selfs hier bly die leemte in Tinus - word dit trouens groter gemaak deur die verwyt in suster Tania Vermaak se oë, want sy was ‘n ruk lank in Amerika aan dieselfde kliniek as hy verbonde, maar toe moes sy vlug omdat sy hom in die verleentheid gestel het. Nadine Langley; die teatersuster in Amerika: Tania Vermaak: iewers tussen die punte van die driehoek het sy geluk gelê. Maar te midde van ‘n moordpoging, twis, tweedrag en konflik, vind Tinus de Vos uiteindelik geluk in die liefde van ‘n vrou en word die raaisel van die skildery opgeklaar.
Lees ook oor Suster Wanda (Florence Nightingale reeks)- deur Ela Spence Lees ook boeke deur Mark Preston Wees stil my hart - Nan Henning. In 1961 uitgegee deur President boekklub Nan Henning is kenner van die “hospitaal-lewe” aangesien sy self ook as verpleegster opgelei was. Die boek beloof om nie telleur te stel nie.
Lees meer oor Nan Henning Die liefde van Karlien HARDUS DU PREEZ, die jong bywoner van ‘n onsimpatieke boer, het net een droom en ideaal: As Dries Malan, die eienaar van Bergplaas en die man wat Hardus as seuntjie geken het, hoor van die jongman se strewe, maak by dit vir hom moontlik om Bergplaas te koop. So begin ‘n hele nuwe lewe vir die jongman en sy moeder — ‘n lewe waarin daar nou ook tyd is vir nuwe drome en nuwe ideale, drome in verband met Karlien Malan, sy weldoener se dogter. DIE LIEFDE VAN KARLIEN is ‘n ontroerende plaasidille waarvan elke oomblik ‘n mens boei.
‘n Lied deur die jare
Twee gewels
Lees meer oor Nan Henning se lewe Versperde grense Stil en koud lê die Noorweegse dorpie Maugersund in die voue van die hoë, sneeubedekte berge; ‘n skilderagtige omgewing wat van rustigheid en bestendigheid spreek. Bregitta Tequer is die pragtige, lang, blonde dogter van die burgomeister. die dogter wat soos ‘n koningin deur die dorpie stap, wat die inwoners liefhet soos hulle haar liefhet, wat bemin word deur Thor Lindstrom. Maar Thor is ‘n Sweed, ‘n gehate persoon, want is hy nie die vriend van die kommandant van die besettingsmagte nie? Hierdie spannende verhaal, vol geheimsinnigheid en intrige, maar ook polsend van die warm gevoel wat jong mense vir mekaar koester, speel af gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe Noorweë deur die Duitse magte beset is en hul kragtige buurland, Swede, neutraal eenkant gestaan het. Dit is n verhaál wat op die werklikheid gebaseer is en Nan Henning laat reg aan so ‘n grootse opset geskied.
Lees ook boeke deur Konsalik Verskeie van Heinz G Konsalik se boeke handel oor die Duitsers in die Tweede wêreld oorlog
Hulle vir jou, Suid-Afrika Die voorwoord: Hoe vergesog dit vir die lesers mag klink, is die insidente wat aangehaal is en wat die medaljes geregverdig het, uit die annale van ons eie Suid-Afrikaanse Polisie geneem. Dit is outentiek ...dit het werklik gébeur. Ek is baie dank verskuldig aan my man en my seun wat my van gegewens voorsien het. Daarom kon ek dit so getrou moontlik aan die lesers weergee. Hierdie roman is geskryf as ‘n suiwere liefdesverhaal. Tog het ek ‘n sterke draad van die outenieke gebeure daarin gevleg; want wat Nico Cronjé en die ander karakters deurleef en ondervind het, deurleef en ondervind elke polisieman daagliks in mindere of meerdere mate. Dis die lewe van elke polisieman. Elkeen is ‘n held op sy eie gebied. . . Vandaar dat ek dan ook hierdie roman opdra aan elke polisieman in die Suid-Afrikaanse Polisiemag—van die geringste konstabel tot die Kommissaris—wat die veiligheid van die volk in die wydste sin van die woord op die hart dra. Hulle vir jou, Suid-Afrika.
Lees meer oor Nan Henning Lees ook H.S. van Blerk se Roman en Robyn
Die arendsnes In die groot kliphnis op die rant het hulle gewoon — die gesin Metterkamp. Maar die Arendsnes was nie ‘n woning nie, want die Metterkamps was nie ‘n gesin in die ware sin van die woord nie. Hulle was maar net mense wat as gevolg van ‘n natuurfrats saamgegooi is, en daarom was die kliphuis maar net ‘n plek waar hulle geëet en geslaap en rusie gemaak het. Jeanne Metterkamp was altyd die buitestaander, die skyf van haar broers en susters se venyn. Totdat sy dit nie meer kon verduur nie, en toe het sy padgegee. Nadat sy drie jaar in die buiteland gewerk het, het sy teruggekeer, en diep in haar was die hoop dat dinge intussen verander het, maar dit was nog dieselfde. Die enigste verskil. . . daardie vrou wat haar moeder was, wat genot geput het uit die struwelinge van haar kinders, was nie meer daar nie. Conrad Metterkamp, hoofdokter van die hospitaal op die dorp, was nog daar, en Jeanne het nader aan hom gekom, vir die eerste keer verstaan waarorn hy altyd so stil en afsydig was. En dit was byna te laat toe sy hierdie ontdekking gedoen het... Ook Jan Vermaak was nog daar. Jan, nou ‘n bekwame chirurg, maar nog dieselfde Jan wat haar altyd teen haar broers en susters beskerm het. Dieselfde goeie jeugvriend... maar tog ook nie dieselfde nie, want nou was daar ‘n Sweedse meisie met die naam Hilde Dunkel op die toneel. Hilde met die ekstra kort rokkies, die ligte hare, die oë wat lok... Hierdie grootse drama dra die onmiskenbare Nan Henning-stempel. Dit bewys weer eens waarom sy een van die gewildste Afrikaanse romanskryfsters is.
Lees meer oor Nan Henning Lees ook boeke deur Ela Spence Lees ook boeke deur Tryna du Toit Lees ook boeke deur Hannah du Plessis
Die lag van die sonneblom Wanneer dokter Dirk de Jager na twee jaar se studie in Amerika as briljante chirurg na sy eie land terugkeer, is dit die begin van groot omwentelinge in verskeie mense se lewens — en nie die minste in sy eie lewe nie. Waarom sy pa so ongenadig, byna hatig, teenoor hom was, was ‘n vraag waarop Dirk deur al die jare nog nooit ‘n antwoord kon kry nie. En dat daar deur die jare so ‘n buitengewone band van toegeneentheid tussen hom en professor Eben Malan bestaan het, was ook ‘n geheim waarvoor hy nie ‘n oplossing kon vind nie. Nog ‘n vraag het hom jare reeds gehinder: Waarorn is hy en sy broer Jopie so totaal verskillend van mekaar? En dan natuurlik die groot vraag waarop by reeds as kind ‘n antwoord gesoek het: Waarom het sy pragtige, fynopgevoede moeder hoegenaamd met ‘n man soos sy pa getrou? Op al hierdie vrae kom daar meteens by sy terugkeer uit Amerika antwoorde — of liewer net een groot antwoord wat al die vreemdhede opklaar. Ook die lewenslustige suster Mariet Meyer se lewe gaan meteens op onbekende paaie. Dirk is weliswaar vir haar geen vreemdeling nie, maar toe hulle jare gelede laas met mekaar te doen gekry het, nog voordat Dirk Amerika toe is, was sy ‘n jong dogter wat haar verbeel het dat die wêreld aan haar voete lê en Dirk het nie met hierdie houding genoeë geneem nie. Maar nou is hulle albei meer volwasse, beter in staat om hul gevoelens te verwerk, en sonder dat sy daarna soek, kom daar ‘n nuwe faktor in Mariet se Iewe. Van die talle gewilde verhale wat Nan Henning deur die jare gelewer het, was van haar heel gewildstes daardie verhale wat teen ‘n hospitaalagtergrond afgespeel het. Die lag van die sonneblom is ook so ‘n verhaal en sal beslis deur haar talle aanhangers verwelkom word. Lees ook oor Suster Wanda (Florence Nightingale reeks)- deur Ela Spence
Die verlore droom Die pragtige Mariet Nienaber is ‘n besondere meisie. Sy is ‘n toegewyde verpleegsuster wat baie gewild en bemind onder haar kollegas en pasiënte is. Maar Mariet het ook ‘n diep gewortelde liefde vir die grond, vir die plaas Mooivlei waar sy naweke ‘n boerderytjie aan die gang hou. Sy verkies om haar eie verantwoordelikhede te dra en haar eie probleme op te los, en so ken haar mense haar. Verder ontferm Mariet haar ook oor die “verdwaalde vlermuisies” van die lewe, en so was dit dan ook die geval met die jong verpleegstertjie, Susan Venter. Mariet aanvaar die verantwoordelikheid vir die versorging van dié jong meisie toe sy in haar donkerste oomblik van nood verkeer. Sy het nie toe besef dat hierdie barmhartigheidsdaad haar eie jong lewe tot in sy fondamente sou skud nie. Nan Henning beeld haar karakters lewensgetrou uit: Die verlore droom uit die pen van Nan Henning
As die liefde kom Na jare van studie in Guy’s-hospitaal in Engeland, keer die briljante slururg, Dries Vermaak, terug na die dorp waar hy grootgeword het. As jong seun het hy die dorp verlaat na die dood van albei sy ouers. Van sy sterkste herinneringe is die aan die onverklaarbare verwoesting van die familieplaas van die Vermaaks na sy oupa se dood en die aan sy vader se onnodige dood na ‘n ongeluk. In hom leef die drang om die raaisels in verband met die verwoesting van die plaas en die dood van sy vader op te los. Na sy terugkeer ontmoet Dries weer die Lindseys. Dokter Dennis Lindsey is al jare lank die selfaangestelde hoofchirurg van die hospitaal en maak die lewe vir alle ander chirurge deur sy bombastiese houding baie moeilik. Reeds na die eerste operasie wat Dries uitvoer, raak hy en dokter Lindsey betrokke in ‘n woordewisseling, en die felheid daarvan maak dit duidelik dat die spanning tussen die twee mans ‘n veel ernstiger oorsaak moet hê as wat ooglopend is. Dokter Lindsey se pragtige dogter, die hooghartige Estelle, is ook verbonde aan die hospitaal en het haar reeds tydens haar studiejare in Engeland saam met Dries voorgeneem om eendag met hom te trou. Daar is egter nog ‘n herinnering wat al die jare in Dries voortgeleef het: die aan die klein rooikop, Adrie Malan, wat altyd saam met haar broers in die straat hokkie gespeel het. Is daar dalk ‘n verband tussen die dogtertjie en die pragtige rooikopdokter wat hy in Guy’s opgemerk het? As Die Liefde Kom is nie net ‘n uitstekende spanningsverhaal nie, maar ook een van die mooiste liefdesverhale van die bekende skryfster Nan Henning.
Biesiesvlei se mense - Nan Henning Toe oom Tienie na ‘n lang siekbed oorIede is, het die hele dorp bespiegel na wie die spogplaas, Uithoek, sou gaan, want oom Tienie en sy oorlede Vrou het geen kinders nagelaat nie. Aan die een kant was daar Herklaas Visagie, oom Tienie se neef, wat gehoop het dat sy seun, Andries, die erfgenaarn sou wees. Dan sou die plaas immers in die familie bly. Aan die ander kant was daar Bertus Cronjé, boesemvriend van oom Tienie, Hy het nie verwag dat die plaas na hom sou gaan nie, maar tog gehoop oom Tienie het voorsiening gemaak om hom op die een of ander manier deur die heersende, knellende droogte te dra. En toe kom die verrassing: dit word bekend gemaak dat die plaas die eiendom word van Pierre de Villiers, susterskind van sy oorlede vrou, maar totaal onbekend in die buurt. Nog verrassender is ‘n klousule in die testament wat bepaal dat die erfporsie Pierre sal ontval indien by nie binne ‘n jaar trou met Elsbet, dogter van Bertus Cronjé, nie. Met hierdie situasie as agtergrond, skep die bekende en ervare skryfster, Nan Henning, ‘n lewendige, eg menslike roman waarin die vetes, mooi vriendskappe en liefde tussen verskillende persone ‘n verhaal laat ontplooi wat ‘as ware genot is om te lees.
Boeke deur Nan Henning in volgorde van jaar van uitgawe:
|