http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Anna Breggie Henning (gebore Branders) is op 9 Augustus 2003, op 92 jarige ouderdom, op Dewetsdorp oorlede. Sy was gebore op 15 November 1910. Hoewel daar 64 boeke uit haar pen gevloei het was sy formeel opgelei in musiek, orrel en sang. Sy was dan ook baie jare musiekonderwyseres, orreliste en sangeres. Sy was ook gereeld gehoor oor SAUK radio. Sy was vir baie jare orreliste en koorleidster in die NG Kerk te Pietermaritzburg en het ook verskeie kere opgetree as sangeres in Afrikaanse programme van die SAUK In haar latere jare het sy haar toegespits op haar skryfkuns. Sy was ook ‘n kranige tuinier en het vele inwoners van Zastron gehelp met die uitleg van hul tuine. Sy het daarop aangedring dat mense haar Nan noem. Haar laaste boek het sy op ‘n ouderdom van 80 jaar, geskryf. Een van haar gunsteling boeke, Waar die Alpekronkels blom, het Henning oor haar ervarings van ‘n reis in Europa geskryf. Sy was getroud met Generaal-majoor Henning van die Suid-Afrikaanse polisie. Klik hier vir ‘n lys van Nan henning se boeke
Nan Henning Klik hier vir ‘n lys van Nan henning se boeke
Nan Henning Klik hier vir ‘n lys van Nan henning se boeke
|