|

’n Alfabetiese lys van Mikro se boeke sluit in:
- Abednego die skilpad - Sias en Mias no 6
- Afskeid
- Alberdine Bandjies speurder - Kroon speurreeks no 15 - - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Anna Beyers
- Basjan Bastiaanse
- Bles van Soekmekaar
- Boerseun
- Burgers van die Kleingeld-Kommando -Tweede vryheidsoorlog
- Coert Bloemsen se geheim - Kroon speurreeks no 3. - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Daar kom die Alibama
- Daar was nege
- Dankie Adreanos
- Die Blonde Haarkapper - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die Blou Soldatepak
- Die Bont Takbok -Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die bont takbok verken -Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die Bont Takbok word Bittereinder - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die Borreldien
- Die bruin perde van oom Tewie
- Die dae van ons jare
- Die dames sestien
- Die donker stroom
- Die eensame wag
- Die geheimsinnige M9 - - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die geheimsinnige Salome Rüdiger
- Die Goue Eekhorinkie en ander verhale
- Die Goue Protea
- Die grootste genot
- Die Hanskalfies - Sias en Mias no 5
- Die Harp
- Die houtswaan
- Die jongste ruiter - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die jongste Veldkornet - Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die Kleingeld-Kommando - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Die Koperkan
- Die Koperkanon
- Die neef van die Goeweneur
- Die nooiensuil
- Die Oranje Sneltrein - - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die Oue en die Nuwe
- Die parskuip - ‘n liefdesverhaal deur Mikro
- Die Porseleinkat
- Die Poskoetsrower
- Die Rooi Geruiterok
- Die Rooi Lêer - satiriese klug
- Die ruiter in die nag (-Tweede vryheidsoorlog verhaal)
- Die silverpotlood
- Die Steenbokkie - Sias en Mias no 8
- Die Swart Hings
- Die Vrou van Petrus Delft - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die wa-as
- Die Weduwee Meraai
- Die Wiel
- Die Winkelvenster
- Die wit arend
- Die Wit Perd van Tan Fienie
- Diplomaties
- Drie Vroue en ‘n Hond
- Drielaag (1964) (stories van Mikro, H S van Blerk en Dolf van Niekerk) Mikro se storie se titel : Konings, Boere en Narre)
- Droomberg
- Een Aand
- Eerste dae op Biesielaagte (Sias en Mias no 11)
- Elke Huis het sy Kruis
- Generaal Kleingeld -Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Ghoen
- Gonnakolk
- Grootste Genot (Toneelstuk - 3 bedrywe)
- Huisies teen die heuwel
- Huurlinge
- Hy koop toe vir hom 'n pen - Outobiografie
- Jasper die Molslang - Sias en Mias no 4
- Kaptein Mias
- Kaptein Gereke - Tweede vryheidsoorlog verhaal
- Kinders van Meraai
- Klaradynstraat
- Kleinjan
- Kompartement 1001E
- Lappe en die donkies,1967 (kortverhale met o.a. Mikro, J van Elders en Bennie Fritz)
- Lente
- Matewis en Meraai : Die Ouderling
- Matewis en Meraai : Die vroeë jare
- Moord in hotel Barnard
- Moord na ete - moordverhaal /speurverhaal
- Môre is dit Nuwemaan
- ‘n Span van 20 Muile
- Napoleon die Blouskimmel
- Net een dag / Die vakansiegangers
- Noekies die klonkie
- Nog geen herberg - 2 novelles
- Oeslande
- Op die spoor - Kroon speurreeks no 10 - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Ons lampe gaan dood
- Osse van Klei
- Ounooi die Uil - Sias en Mias no 9
- Oudepalmiet
- Rou rieme
- Pelgrims (vervolg op Toiings) - tweede boek in die Toiings -trilogie
- Saluut korporaal
- Sewejaartjies en een aand
- Sias en Mias
- Sias se Spoetnik - Later uitgegee as Sias se ruimtetuig
- Slapjan
- Soetwater
- Speurder Sias
- Stille Uur (Saam met die “Huisies teen die heuwel” uitgegee in 1946)
- T in die Blou Kamer
- Toiings
- Twee goue beddens
- Ursula
- Vier mense
- Vlam - ‘n Anglo Boere-oorlog verhaal
- Voëlvlei se konsert -later uitgegee as Die Konsert (Sias en Mias no3)
- Vreemdelinge - vervolg op Pelgrims (derde boek in die Toiings -trilogie)
- Waar die Bokmakierie Fluit
- Wagters in die nag
- Wit Seile
Lees meer van die volgende boeke deur Mikro:
- Coert Bloemsen se geheim - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die Blonde Haarkapper (1963) - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die Bont Takbok - Tweede vryheidsoorlog verhaal deur Mikro
- Die bont takbok verken - Tweede vryheidsoorlog verhaal deur Mikro
- Die donker stroom deur Mikro
- Die Goue Protea (1962) deur Mikro
- Die Hanskalfies - Sias en Mias no 5 deur Mikro
- Die houtswaan deur Mikro
- Die jongste ruiter - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal deur Mikro
- Die Jongste Veldkornet (1963) - (Tweede vryheidsoorlog verhaal) deur Mikro
- Die Oranje Sneltrein (1962) - speurverhaal deur Mikro
- Die Oue en die Nuwe deur Mikro
- Die parskuip - ‘n liefdesverhaal deur Mikro
- Die Porseleinkat - Mikro
- Die Poskoetsrower - avontuurverhaal deur Mikro
- Die Rooi Lêer - satiriese klug deur Mikro
- Die Ruiter in die nag (Tweede vryheidsoorlog verhaal)
- Die silverpotlood
- Die Vrou van Petrus Delft - Moordverhaal /speurverhaal deur Mikro
- Die wa-as - Vier novelles deur Mikro
- Die Winkelvenster (1967) deur Mikro
- Die wit arend- Mikro
- Droomberg- Mikro
- Eerste dae op Biesielaagte (Sias en Mias no 11) deur Mikro
- Huisies teen die heuwel deur Mikro
- Kaptein Gereke - Tweede vryheidsoorlog verhaal deur Mikro
- Lente deur Mikro
- Môre is dit Nuwemaan deur Mikro
- ‘n Span van 20 Muile - Mikro
- Napoleon die Blouskimmel - ‘n boek vir die jongspan deur Mikro
- Nog geen herberg - 2 novelles deur Mikro
- Oudepalmiet
- Sewejaartjies
- Sias en Mias - Mikro
- Sias se Spoetnik - Later uitgegee as Sias se ruimtetuig - wetenskapfiksie deur Mikro
- Slapjan ‘n boek deur Mikro
- Twee goue beddens deur Mikro
- Vlam - ‘n Anglo Boere-oorlog verhaal deur Mikro
- Vreemdelinge deur Mikro


Die poskoetsrower geskryf deur Mikro alias vir C H Kuhn
Om die grootste roof wat nog ooit in die land gepleeg is te beplan en deur te voer, het tyd en geduld geverg, maar George Haan was bereid om te wag. Eers wou hy die mees gesiene man in Johannesburg word, en as stigter van die Golden Water Company en die Golden Transport Company het menigte hom beny en bewonder.
Hy het nie geskroom om van hierdie bewondering misbruik te maak om sy doel - die roof van vyftigduisend pond - te bereik nie. Daar was San Lotter, niggie van die kommissaris, aan wie hy hom selfs verloof het, Abram Nortjé wat net so vinnig soos Haan self wou ryk word en die skelm Kate Pemberton wat maar te gretig was om hom te help sodat sy haar deel van die buit kon kry.
Maar George Haan het nie rekening gehou met die vernuf van John Morris - die langneus-speurder uit die Kaap. Kommissaris Lotter het hom laat kom om swendelary en boewery in Johannesburg uit te roei. Net toe Morris dink hy het nou al die skurke vasgevat, vind die grootste poskoetsroof plaas....
Hierdie verhaal speel aan die Witwatersrand af toe goud maar so pas daar ontdek was en avonturiers van heine en verre daarheen gestroom het.
Hierdie verhaal was opgedra aan die leerlinge van die Hoërskool Langenhoven, Pretoria



Die porseleinkat - Mikro alias vir C H Kuhn
In hierdie novelles bring die skrywer ons terug na Gonnakolk en Soetwater, na Meraai en Mattewis Offer, na tant Bella Jurien en haar dogter Dot, na George Ulman en na oom Gielie Herrington se kerrie-koeitjie. ‘n Mens kan nie anders as om die karakters in hierdie verhaal lief te kry nie.
Die boek bevat sewe skets-novelles
- Die porseleinkat
- Soppenhoef
- Uwe liefhebbende eggenote
- Die agtste van aankomende maand
- Weerlig bo soetwater
- Bruidjie Dit en bruidjie Dot
- Nancy Herington



Die houtswaan - Mikro alias vir C H Kuhn
Hierdie bundel bevat ‘n aantal kostelike novelles, waarvan die titelverhaal ‘n vervolg is op die pragtige “Nag, Matewis” in die bundel “Die wa-as”. Dit is nog ‘n stuk prosa om voor dankbaar te wees.

Huisies teen die heuwel geskryf deur Mikro alias vir C H Kuhn
Inhoud:
- Die pad
- Doe bos
- Na die berg
- Terug na die bos
Stille uur
Hier woon hulle. Bokant die hoogste wingerd waar die hang al skerp opdraand maak. Ou Krisjan Latei wat altyd reg is met ‘n gesangvers as die baas hulle berispe; die drie Kosters wat nooit praat nie en net maar saans hul verlange na die Krieberg probeer wegspeel; die twee skelms, Doppie Hendriks en Piet Ribbes, albei te lui om te werk, albei ,,sieklik”, maar die een glo niks aan die ander se siekte nie. En al die ander in die wit huisies teen die heuwel.
Vyf dae lank staan hulle krom in die wingerd onder die bloedige son. Dan dwaal die gedagtes maar al na die heerlikheid van Saterdagmôre wanneer ‘n week se dors weggedrink word. Of die jonges dink aan vanaand se wilde jolyt in die populierbos.
In dieselfde bos moet hulle ook ‘n graf grawe vir Isak se klonkie op wie die muur ingeval het, en Moos wat in ‘n bakleiery dood is. Bygelowig sweer hulle dan: nooit weer ‘n druppel drank nie, en ,,join” die Brotherhood van ou Silvia Booi en reverend Albaster. Dog die ou gewoontes en luste sit te vas; hul paadjies loop maar weer terug na die kantien en die populierbos...
Mikro se uitbeelding van die Kleurlinge laat telkens hul diepe menslikheid na vore kom. Met deernisvolle humor teken hy die klompie plaasarbeiders sodat hulle simbolies word van alle mense in wie die verhewene en die luste van die vlees tragies vermeng is.
Stofomslag ontwerp C. Ebersohn



More is dit nuwemaan geskryf deur Mikro alias vir C H Kuhn
More is dit nuwemaan is die verhaal van Lichtendal se mense. Lichtendal is ‘n gewone dorp en sy mense leef soos alle ander in ons eeu. In ‘n wêreld waar— in die ou waardes nie meer geld nie, ‘n wêreld van sateliete, elektroniese musiek en malkuns, probeer elkeen op sy eie manier om geluk te vind.
Daar is die Vriende van die Kuns, almal baie, baie moderne kunstenaars wat glo dat hulle die waarheid in die kuns gevind het. Hulle wil die Lictendallers opvoed wat nog so geheg is aan die ou sedes en preutsheid. Aan die ander kant is daar ds. Godendyn wat trag om met sy intellekuele preke die mense weer terug te bring tot die geloof. En daar is Wikus Berglof, die burgemeester, wat nou wel ook sy swakhede het, maar wat hom so veilig voel as ‘n welgestelde en geëerde man.
Maar dan kom Die Swart Virus na Lichtendal. En deur hierdie verskriklike siekte word menige selfversekerde en trotse inwoner op sy knieë gebring. Dit is egter merkwaardig hoe baie van die swakkes en veragtes nou na vore kom en help in die stryd teen die epidemie — mense soos Alwyn Laas, die eensame soeker, wat te midde van die verskrikking tog ook ‘n mooi, nuwe liefde vind.
Die Swart Virus laat geen huis of hart in Lichtendal onaangeraak nie. Maar sterker as hy is die stroom van die lewe vat voortgaan soos altyd wanneer die gevaar verby is.
Stofomslag ontwerp C. Ebersohn
Opgedra aan die dosente en studente, departement Afrikaans, Normaal Kollege, Pretoria



Kaptein Gereke geskryf deur Mikro alias vir C H Kuhn Voorblad van die twaalfde druk in 1975 ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
Hierdie is een van die klasieke Afrikaanse spanningsverhale. Saam met die onverskrokke kaptein Sarel Gereke, Ruiter in die nag en Baasverkenner vir die Boerekommando’s gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, sal lesers Kaptein Gereke opwindende avonture op die eensame Vrystaatse vlaktes meemaak.
In die geheimsinnige Engelse verkenner, bekend as die “Kolonel”, ontmoet Sarel ‘n waardige teenstander. Wie is hy? Waar kom hy vandaan? Is hy een van Sarel se manskappe?
Met niks meer as ‘n roep van die langasemvoël en die woorde van die “half-mal” Pieter Ulrig as aanduidings nie, sal Sarel Gereke sy vyand se identiteit vasstel. Hiervoor moet hy driemaal byna met sy lewe boet.
Aan Sarel en sy vriende, Andries, Willem, Fanie en Servaas word opdrag gegee om die President van generaal De Wet se kommando na generaal Hendriks, naby Kroonstad te neem. Met roekelose waaghalsigheid hou die jong Boere die Engelse binne hul eie blokhuis besig, sodat Jan van Reenen en die manskappe veilig met die President kan deurjaag.
Die oorlog is verby, die stryd verloor en sarel keer terug na Rietfontein en sy troue Willemien. Haar toekomsdrome en moedige woorde oortuig hom dat die stryd nie tevergeefs was nie.
Mikro se Kaptein Gereke sal die leser enduit boei met sy onderhoudende verhaaltrant. Die verrassende gebeure en spanningsbelaaide situasies sal nie gou vergeet word nie.

Kaptein Gereke geskryf deur Mikro alias vir C H Kuhn Voorblad van die negende druk in 1965 ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
Lees ook verhale deur Wille Martin
Lees ook verhale deur HJ Vermaas
Lees ook verhale deur H.S. van Blerk
Lees ook Tweede Vryheidsoorlog verhale deur Wim Hartman



Die Jongste Veldkornet - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal geskryf deur Mikro
In hierdie verhaal bewys Mikro homself weer eens as een van ons beste vertellers en slaag hy op unieke wyse daarin om historiese gegewens met die fiktiewe tot ‘n boeiende en spanninsvolle geheel te integreer. Die karakters, behalwe in die geval van geskiedkundige figure, is almal denkbeeldig. Die omstandighede is gebaseer op werklike gebeure, behalwe dat daar substansie uit die verbeelding geput is. (Die jaar is 1901).
Dries Lombard is op negentienjarige ouderdom die jongste veldkornet in die Republiek van die OranjeVrystaat. Op bevel van kommandant Manie Botha word die verantwoordelikheid op sy skouers geplaas om saam met twintig ander jong Boere van die Vrede-kommando ‘n veilige deurtog vir president Steyn van Reitz na Warden te verseker. In die geledere van Dries se patrollie is daar egter ‘n verraaier wat om bloot selfsugtige motiewe die Boere se.geheime aan die Engelse uitlap. Van Engelse kant is daar ‘n verbete poging om die president as gyselaar gevange te neem en sodoende ‘n vroeë einde aan die oorlog te verseker.
Wie is die verraaier? Watter rol speel Lettie le Roux en haar twee broers in die intriges wat tussen twee volke ontplooi? En is kaptein John O’Reilly nie dalk meer nie as bloot verkenner en briljante aanvoerder?
Die skrywer openbaar aan die leser meer as net oppervlakkige stryd, maar ontbloot ook die meer intiem menslike konflikte van liefde en nasieskap.
Stofomslag deur JOHN HINTZ

Die wit arend - geskryf deur Mikro skuilnaam van C H Kuhn
Die verhaal verplaas die leser na die oosgrens van die Kaapland in die jaar 1825. Strooptogte, diefstal en moord kom meermale voor en almal soek na die identiteit van die geheimsinnige Wit arend wat verantwoordelik gehou word vir die onluste
Die Ruiter in die nag - geskryf deur Mikro skuilnaam van C H Kuhn ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
Hierdie boeiende verhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog het al duisende lesers tot in die vroeë oggendure laat ligte brand. Dit is een van daardie verhale wat ‘n mens nie kan neersit totdat jy die laaste woord gelees het nie.
‘n Geheimsinnige Ruiter-in-die-nag doen waaghalsige verkenningswerk vir die Boere-generaals. Niemand weet wie hy is nie. Willemien, die mooi jong nooi, wonder.
Sy bewonder die ruiter se durf en skerpsinnigheid; sy het hom lief. Wie is die ruiter wat die vyand telkens uitoorlê en tervergeefs na hom soek ? Is dit Sarel Gereke - die skugtere of is dit dalk Albert, of Willem of een van hulle maats?
In een of ander stadium sal elke leser met hierdie spanningsverhaal voor hom sit, en dit dan self ervaar dat dit onmoontlik is om op te hou voor die identiteit van die Ruiter bekend is.

Die jongste ruiter ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal geskryf deur Mikro
Tienduisende kinders het Mikro se DIE RUITER IN DIE NAG gelees en geniet. Hulle sal DIE JONGSTE RUITER net so veel geniet.
Dit is die verhaal van die dertienjarige Krisjan Venter. Genl De Wet se jongste verkenner. Krisjan, sy boetie en sy sussie het op die plaas dikwels oorlog gespeel. Dan was Krisjan altyd genl. De Wet, die beroemde Boere-generaal. Toe het Krisjan nog maar net gedroom van die dag wanneer hy by genl. De Wet se kommando sal aansluit.
Bale gouer as wat Krisjan ooit vermoed het, het die kans hom voorgedoen. Hy het nie alleen by genl. De Wet se kommando aangesluit nie, maar ook ‘n knap verkenner geword. Die jong Krisjan Venter het, net soos die ander burgers, baie noue ontkomings gehad en ook verbasende durf aan die dag gelê.
In DIE JONGSTE RUTTER praat Mikro weer eens tot die kind se hart. Dit is sommer ‘n puik verhaal.

Vlam - verhaal geskryf deur Mikro ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal
Vlam was uit die staanspoor uit ‘n merkwaardige dier. Die pragtige vosvul het vroeg al tekens van rebelse eiesinnigheid getoon, maar ook van verstommende, byna menslike skranderheid.
Vlam was die liefling-perd van Adriana, die opgeskote dogter van ‘n Kolonialerboer. Tussen die twee het ‘n gehegtheid ontwikkel soos selde tussen mens en dier gesien word. Toe breek die Anglo-Boere-oorlog uit. Daar moes afskeid kom. Vlam het die rydier en strydmakker geword van Adriana se ouer broer Gert. En toe het die legende begin — die legende van ‘n perd wat eerlang onder bygelowige Tommies die bynaam van spookperd gekry het; ‘n krygsdier wat oënskynlik oral tegelyk was en nêrens vasgekeer kon word nie; ‘n stom dier wat kommando’s teen die vyand gewaarsku het, wat ‘n fyner verkenner as sy baas self was. Ook nadat ‘n ramp hom getref het, het Viarn nog hooftukke by sy legende gelas ...

Lees ook verhale deur Wille Martin
Lees ook Boere-oorlog verhale deur Annelize Morgan
Lees oorlogsverhale deur Konsalik
Lees ook Tweede Vryheidsoorlog verhale deur Wim Hartman


Die OUE en die NUWE boek geskryf deur Mikro (die skuilnaam van C H Kuhn)
In die titlel is ook die idee van die boek vervat; lewensbeskouing van ‘n vorige geslag teenoor die van die moderne mens, inbesonder die Afrikaner.
In Die OUE is oom Berrie de Beer die simbool van die allerbeste in die lewensbeskouing van die Afrikaner van ‘n geslag gelede - in kinderlike geloof het hy sy Meester gesoek en gevind, die Bybel was die rigsnoer van sy lewe, en vir sy vrou en sy kinders was hy ‘n voorbeeld van ‘n ware Christen.
Droogtes en siektes onder sy vee was beproewinge van die Here.
Oom Berrie is so realisties geteken dat hy ‘n lewende mens van vlees en bloed word.
Deel twee bevat die verhaal van Abraham en Annalie. “Abraham wat ook ryk en vernaam wou wees en Annalie wat hom maar net lief gehad het.” Abraham was die seun van oom Berrie, en hy verteenwoordig die huidige geslag met die uitspraak: “Daardie Calvinistiese leer het nog altyd in ons pad gestaan.”
Dis ‘n boek met ‘n suiwer boodskap, ‘n gesonde strekking. Mikro het die moderne Afrikaner se lewensbeskouing uitstekend ontleed.



Die blonde haarkapper - speur en moordverhaal uit Mikro se pen
Die lyk van Chris Louw, speurder van die Veiligheidspolisie, word in Bankstraat gevind.. Hy was op die spoor van iets groots, weet sy kollegas, maar wat was dit?
Sersante Benn Carr en Jos S Melsck is in bevel van die ondersoek. Hulle vind dat daar ‘n paar baie interessante mense in Bankstraat woon. Daar is Sammy Xanthos, eienaar van die kafee The Naughty box ; George Drobe, die apteker en dan is daar ook die oujongnooi, Sara Laing. In Bankstraat is daar ook ‘n haarkappersaak, Moles en Soles— en hier werk ‘n blonde haarkapper!
Die twee speurders se eerste leidraad is ‘n meisie met ‘n groen rok wat ‘ni eienaardige advertensie in die koerant geplaas het. Hulle spoor haar eindelik op, maar toe sy op die punt staan omn te praat, word sy vermoor.
Terwyl die ondersoek voortduur, verskyn foto’s van militêre installasies in Suid-Afrika in Kommunistiese koerante. lemand smokkel dit uit. Wie?
Sieklik kom die speurders af op ‘n nuwe leidraad: Stephen Burke, die bekende groothandelaar, was ‘n paar maande gelede in ‘n ander moord betrokke. Daar is ‘n ooreenkoms. En Burke en die vermoorde Chris Louw was gholfmaats!
Burke se dogter, Liz, het dieselfde naam as die verhoognaam van die vermoorde meisie met die groen rok. Die speurders besef dat die bende waarmee hulle te doen het Chris vermoor het omdat hy te veel van hul sabotasieplanne geweet het.
Die brandpunt an die hele intrige word die ontkleeklub The Jackpot, waar die speurders een aand vir Burke en sy dogter ook raakloop
Ben Carr kom ‘n interessante brokkie nuus te hore. Stephen Burke en sy broer, James, was eers vennote in ‘n sirkus. Albei was akrobate. Stephen se vrou word vermoor. Hy word daarvan aangekla, maar kom los.
Nog ‘n stukkie in die legkaart!
Soos net Mikro dit kan doen, word ‘n gewetenlose set vernuftig en dramaties voor die leser ontvou. ‘n Boek vir die laat ure!
Stofomslag deur T. Hoefsloot.



Die Oranje Sneltrein - ‘n speurverhaal uit Mikro se pen
Vyftigduisend rand se diamante is in Durban gesteel en word met die Oranje Sneltrein na Kaapstad gebring. Wie, onder al die passasiers, het die diamante, en waar is hulle weggesteek? Dit moet speurdersersant Egbert Louw in ‘n skrale twee dae probeer agterkom want nie net is dit hoe lank die treinrit neem nie, maar hy verkeer onder verdere druk deurdat hy die komende Saterdag in die huwelik moet tree. Buig of bars, hy moet die saak betyds oplos en terug wees vir sy verpligtinge...
Kort-kort kom hy op iets verdags af: Waarom pas professor Visser en sy dogter hul kompartement so sorgvuldig op? Waarom het Bertus Konstant vir die kelner gevra waar ‘n mens diamante op ‘n trein sal wegsteek? Waarom het Tina de Klerk na ‘n ander kompartement getrek? Daar is ‘n hele warboel van leidrade, want die speurder het te doen met ‘n uiters geslepe bende wat hom fyn om die bos probeer lei. Egbert is darem self nie dom nie. ‘n Paar onbeduidende woorde bring hom op die spoor...
Wanneer die trein Kaapstad nader, volg die een spannende gebeurtenis kort op die ander. Dit word ‘n wedloop tussen die diewe en die speurder. En aan die einde van die verhaal wag daar nog ‘n hele klomp verrassings

Lees speurverhale deur Derick Jacobs
Lees speurverhale deur Karl Kielblock
Lees speurverhale deur Hannah du Plessis


Die winkelvenster - geskryf deur CH Kuhn, beter bekend as Mikro
Drie kort novelles (Die Winkelvenster, Die Man in Saal D 3,Die man in die deur) deur ‘n skrywer wat fyn waarneem en die kuns ken om ‘n goeie verhaal mooi in te klee en goed te vertel.
In Die Winkelvenster maak u kennis met Gogga, ‘n jong onderwyseressie wat na haár deel soek; met ‘n ou dame wat, soos baie ander, besig is om haar in die verlede toe te wikkel.
En in Die Man in Saal D 3 word die lewe in ‘n hospitaalsaal pynlik realisties geteken.
Die ander novelle is : Die man in die deur.
Al Mikro se bewonderaars sal hierdie boek aanskaf. En hy gaan baie nuwe bewonderaars bykry



Die bont takbok - ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal boek geskryf deur Mikro
Nie een van Ben Lasserbi se mede verkenners het besef dat by in werklikheld prins Carlo van Lasserkov is nie. Selfs generaal Koos de la Rey, onder wie se bevel Ben geveg het, het eers later uitgevind - later, toe die jaloerse en selfsugtige prinses Rosa gekom het om die prins te probeer teruglok na haar en het nie vir die gemeenste dade van verraad gestuit het nie.
Maar Ben, die onverskrokke verkenner en doring in die vlees vir lord Methuen, wou sy adellike afkoms afsweer — die Boere het hulle nie aan koninklike bloed gesteur nie en bowendien was daar Lettie — die mooi Boerenooi wat prinse gewantrou het.
Dit is een van die spannendste verhale van Mikro — ‘n verhaal so na die smaak van almal wat van hierdie skrywer se stories oor die Tweede Vryheidsoorlog hou.



Die bont takbok verken- ‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal geskryf deur Mikro
Die dag toe Flippie Badenhorst se jong bloed in Mamagotla se sand weggesak het, het Ben Lasserbi die Suid-Afrikaanse bodem hartstogtelik leer liefkry. Hy was nie meer prins Carlo van Lasserkov nie, rnaar die Bont Takbok, die baasverkenner van die Boerekommando’s, wat sy lot met die Boere ingewerp het en die Boerevolk as sy eie aangeneem het.
Maar die dag sou aanbreek dat daar ‘n beroep op hom gedoen sou word om na Lasserkov terug te keer en die sluwe gesant uit sy tuisland was niemand minder nie as sy eie broer, kroonprins Mikos. Oorlogswolke het oor Lasserkov saamgepak en die enigste man wat die Huis van Lasserbi weer op die troon sou kon plaas, was Ben Lasserbi.
Maar sy selfopgelegde taak op Afrikaanse bodem was nog nie voltooi nie. Die onverskrokke groepie Boere het op die Bont Takbok staatgemaak en dan was daar nog altyd die Boerenooi, Lettie Potgieter, vir wie Ben gewilliglik sy lewe sou neerlê.
Stofomslag: Willem Jordaan
Lees ook verhale deur Adriaan Snyman

Die goue protea - boek geskryf deur Mikro
,,Mamma, en Estelle was kaalbene en haar voete was vuil, Mamma, en sy het vir hom weggehardloop.” Ewe onskuldig het klein Ansie aan die eettafel van die ontmoeting tussen haar suster en Henk Hugo vertel, heeltemal onbewus van die verleentheid wat sy Estelle veroorsaak. Want toe die vreemde seun uit die Kaap so onverwags daar langs die bergstroompie op sy bont perd verskyn, was Estelle meteens pynlik bewus van haar kort rokkie, haar kaal voete, ag sommer alles!
‘n Paar dae later, toe die nuwe skooljaar begin, word daar ‘n uitdaging aan Estelle en die ander Landsdiensmaats gerig: hulle moet die goue protea soek. Die meeste mense dink dat hierdie pragtige protea al uitgeroei is, maar oom Ernst, hul leier, meen dat daar nag ‘n paar op onherbergsame plekke in die Grootwinterberg groei.
Estelle is vuur en vlam oor die voorstel. Sy en haar broers het mos as’t ware in die berg grootgeword. Nou sal daardie Kaapse meneertjie darem sien wat ,,ou plaasmeisies” kan doen.
As ‘n mens egter ampertjies sewentien is, is ‘n ek-sal-jou-wys-speletjie nie meer so interessant as toe jy sewe jaar oud was nie. Dan vind jy, soos Estelle, met pynlike verwondering hoe die lewe eensklaps kan verander. Die goeie maats van die verlede is nie meer dieselfde nie; jou verhouding tot hulle is anders, meer ingewikkeld. Dit is soos oom Wim, die wyse kluisenaar wat alleen in sy berggrot woon, gesê het: Diegene wat begin het om die goue proteas van die lewe te soek, moet soms na die uithoeke van eensaamheid en smart gaan om hulle te vind.
STOFOMSLAG: C. EBERSOHN




Droomberg - boek geskryf deur Mikro
‘n Klein, klein dorpie in ‘n kom en net waar jy kyk is bome, bloekombome en wingerde. En as iemand doer op die dorp roep, is dit kompleet of dit hier naby is. Dis Droornberg. En dit is soos die nuwe juffrou hom die eerste keer gesien het — die droomplekkie waar William Buck, oom Bokkie en tant Pokkie, Claudia Lemmer en haar Taan woon. Dit is hier waar sy die onmoontlike kleinspan leer ken. Karnallies soos: Sue-Sue, Marie, Kosie, Dassie en Willie Maans die skoolopsigter se seun.
Dit is ook die dorpie van lieftallige tant Korhaantjie, die hartvogtige Daan Berg, die trotse Mynhardts en die onverbiddelike Mieta Moller.
‘n Dorpie vol interessante mense en intriges ... - ‘n Droomplekkie waarvan net ‘n meester van die verhaalkuns soos Mikro kan vertel

‘n Span van 20 muile - ‘n boek geskryf deur Mikro
,,Op hierdie godverlate plek het seker nooit iets gebeur nie!” Vir die werkers wat Skilpadkop nou platstoot om plek te maak vir ‘n nuwe goudmyn, mag dit so voorkom. Maar vyf-en-twintig jaar gelede het daar mense op Skilpadkop gewoon. Net soos hierdie nuwe geslag het hulle ook die wel en die weë van die lewe geken: liefde, dood, vriendskap, verdriet.
En tog was die lewe van hierdie landelike gemeenskap ook anders. Met kenmerkende bedrewenheid skets Mikro die bestendige lewenswaardes: menslikheid, die vreugde in die dagtaak, die hegte familiebande.
Ons deel in oom Nollie se vreugde in sy span van twintig muile op die trapvloer, in die bevrediging wat die Getrou-broers put uit hul kunstige klipwerk; ou Balie se belangrikheid as koster; oom Wouter se trotse liefde vir sy dogters.
En saam met Mikro betreur ons dit dat dit onherroeplik beëindig is deur staalmonsters, dat die ou waardes vervang is deur materialisme.
Stofomsiag: Helmut Starcke




Hy koop toe vir hom ‘n pen - ‘n outobiografie van CH Kuhn (Mikro)
Kliek hier om meer te lees van Mikro

Die Vrou van Petrus Delft - ‘n boek geskryf deur Mikro ‘n Moordverhaal /speurverhaal
‘n Mens lees hierdie roman met volle oorgawe, en jy geniet elke bladsy. Dis ‘n speurverhaal, maar kan veel liewer as ‘n sielkundige roman beskou word, want ‘n mens leer hier ‘n familie tot in die intiemste besonderhede ken; dis ‘n roman deurdrenk met diepe menslikheid, die leser is vol deernis vir die vrou van Petrus Deift wat met ‘n jaloerse liefde waak oor die geluk van haar kinders, haarself eintlik verneder teenoor Theron terwille van haar dogter.
Hoe teer, hoe innig is haar liefde nie vir haar kind nie — sy is selfs gewillig om Joos te vergiftig sodat Klara nie met hom hoef te trou nie. Sy bied haarself aan as die moordenares van Johannes, sodat haar familie nie onder verdenking hoef te staan nie, dan wil sy selfmoord pleeg, maar word tog gered.
Die speurder het fyn te werk gegaan, en hoe vinniger hy met sy ondersoek vorder, hoe meer dramaties word die verhaal, soos meegedeel deur die vrou van Petrus Delft self.
Mooi en suiwer is die liefde van Mien vir Wim. Johannes was ‘n tiran oor sy broer en sy broer se vrou en kinders, maar as ons sy tragiese iewensgeskiedenis aan die end van die verhaal verneem, vergeef ons hom graag...



Nog geen herberg- ‘n boek geskryf deur Mikro
In albei novelles word mens aangegryp deur Mikro se begrypende liefde vir die mens; by is vol deernis en meegevoel met die lyding, verdriet en menslikhede van sy reisgenoté. Dit maak nie saak of Mikro ‘n miskende predikant, of ‘n toneelspeelster se lewe uitbeeld nie, albei se sielelewe, hul diepste wese, begryp hy. Nérens is daar spot nie, maar soms reine humor. Dit doen hy: hy beeld sy karakters uit sodat hulle vaste vorm aanneem, opstaan voor die leser, mens word van vlees en bloed. Wie sal ooit ds. Bennie Durand vergeef, of vir Dora Clue, nadat jy hulle in die boek leer ken het?
Die novelles waarin ‘n idee verwerk word: Nog geen herberg toon die ontnugtering van ‘n predikant toe by langsamerband moes vasstel dat daar vir hom geen plek in die kerk is nie. Die tweede novelle veral, is ‘n juweeltjie in die Afrikaanse letterkunde, en om dit te lees, is louter genot. Dis ‘n novelle met ‘n ernstige boodskap.
DIE NUWE GEBOD het as idee: die ou en nuwe kleed in ons volkslewe. Hoe skitterend is Dora se liefde vir Ben nie geteken nie, haar rypwording tot ‘n vrou.



Op die spoor - Kroon speurreeks no 10 ‘n boek geskryf deur Mikro



Die rooi lêer - ‘n satiriese klug deur Mikro
DIE Staatsdiens is die skyf waarna Mikro skiet in hierdie satiriese klug waarin die verdwyning van ‘n Rooi Lêer wat vergeet en al ,,gehang” is,nle net ‘n krisis in ‘n hele paar staatskantore veroorsaak nie, maar ook heelwat lig werp op die vreemde weë van die staatsmasjien en die ratte wat hom laat draai.
Lank voor die Rooi Lêer gevind is, weet ons al: die Staatsdiens is enig, want hier kan die grootte van ‘n kantoortapyt en die aantal laaie van ‘n lessenaar ‘n amptenaar se status bepaal. ‘n Amptenaar wat weet hoe om sy onderhoriges te verskree, kan dalk gouer bevorder word, net soos die minder ywerige— omdat hy weer nie afgedank kan word nie.
Die Staatsdiens se invloed kan strek tot by die keuse van jou woonplek, die mense met wie jy omgaan en—die liefde. Maar uit die skat van ‘n gesoute amptenaar se Iewenswysheid korn hierdie juweel: “Laat die liefde soos die Staatsdiens wees—altyd daar. Ons sal gaan, maar hy sal bly.”

Slapjan - ‘n boek geskryf deur Mikro
Slapjan is ‘n hond ‘n Opreg geteelde hond EintIik is sy naam Napoleon die Derde Maar hy is nie soos ander jaghonde nie. Hy is groter en lomper met groot ore wat soos blare lyk. Behalwe sy growwe pote en groot ore en lomp llggaam, is Slapjan die liefde selwers. Lief vir alles Of dit nou ander honde is, of katte of voëltjies of mense, dit kan hom nie skeel nie En hierdie einste groot lefde van hom het so byna sy ondergang beteken Byna, maar toe het Laurette gekom Laurette met die dowwe ogles, maar met ‘n liefde so groot soos die van Slapjan
Slapjan is kort voor Mlkro so dood voltool. ‘n Verhaaltjie vol deernis soos net Mikro dit kan vertel
Stofomslag: Annette Stork



Sewe jaartjies - ‘n boek geskryf deur Mikro
Inhoud:

Napoleon die Blouskimmel -‘n kinderboek geskryf deur Mikro kort voor sy afsterwe
Hierdie is een van Mikro se laaste werke en is eers kort voor die skrywer se dood voltooi. Dit is deel van ‘n pragtige erfenis wat hierdie geliefde skrywer aan jong lesertjies nagelaat het. Hierdie is die verbaal van Napoleon, maar ook van Miriam; Miriam wat nie so gesond soos ander kinders was nie maar tog ‘n groot liefde vir diere gehad het. En Napoleon het hierdie dinge verstaan en haar vriend geword.



Lente geskryf deur Mikro
MIKRO het ‘n blywende plek in die Afrikaanse letterkunde verower. En een van die werke waarvoor hy lank onthou sal word, is LENTE. Hier gee hy ons ‘n bundel verhale wat gaan om die probleme van die jeug - oor dinge wat jongmense raak; om eensaam te wees of nie verstaan te word nie; om anders as ander te wees; om vie die eerste maal lief te hê.
Die titelverhaal, met sy blye lente-toon, ingestem op die lentenatuur van die Boland, is ‘n pragtige, idealistiese jeugverhaal. In sy uitbeelding van die veertienjarige Santa openbaar Mikro indringing in die gemoed en mentaliteit van die jong dogter wat te midde van die ontwaking van die lente in die natuur, in haarself die ontwaking van haar eerste liefde ervaar.
Die ander verhale is veel korter, maar nie daarom minder genietbaar nie. Die hele bundel is loutere genot
Inhoud:
- Lente
- Kroonprins en Joggem
- Kindjie
- Totram
- Kersvreugde

Die wa-as - geskryf deur Mikro
Met DIE WA-AS bring Mikro ons ‘n bundel van vier pragtige novelles wat regstreeks aansluit by sy beste werk. Daar is oortuigende werklikheidsbeelding, daar is tragiek, en van die suiwerste, innigste humor wat ons in lange jare in Afrikaans gekry het. Die titelverhaal is ‘n stuk wat nie lig vergeet sal word nie. Maar ook elkeen van die ander laat ‘n blywende indruk van Mikro se kunstenaarskap. Met eerlikheid en groot eenvoud beoefen hy sy kuns om vir ons iets van blywende waarde te gee.
- Nag Matewis
- Die Wa-as
- Maar die grootste hiervan
- Die huis langsaan


Lees meer oor die skrywer, MIKRO, self



Coert Bloemsen se geheim- speurverhaal deur Mikro
In ‘n stil Bolandse dorpie kom onverwags ‘n sonderlinge landloper aan en gaan vestig hom ongevraagd in ‘n skuur op een van die erwe op die dorp. Hy word nogal heeltemal bekend onder die inwoners totdat by een oggend op grusarne wyse vermoor, aangetref word. Kort daanrna word ‘n tweede landloper, wat ewe geheimsinnig daar verskyn het, ook op dieselfde manier vermoor en die knap Kaapstadse speurder het sy hande vol want die aanduidings plaas verskeie persone onder verdenking.
As by maar net Coert Bloemsen se geheim kan uitvind dan weet by ook wie die moordenaar is, maar hoe gaan by dit regkry?
Mikro, die meester van die speurroman, se ontplooiing van die verhaal, sal u in spanning hou tot die laaste bladsy.

DIE DONKER STROOM - ‘n roman deur Mikro
Hierdie is ‘n skets van die lewe van die Kleurlinggemeenskap langs Bonkelrivier in oorlogstyd. Mikro bly onteenseglik ‘n meester om vir ons die innerlike van die Kleurllngsiel te openbaar, soos weereens deur hierdie roman bewys word.
In hierdie gemeenskap is n hele paar tipes geteken Aan die een kant is daar die rykes wat ontrou word aan die Hollandse Kerk wat hulle eeuelank opgevoed het, en aan die taal wat nou in die oorlogstyd uit die mode raak.
Aan die ander kant is daar die verworde groep wat in ontug lewe, vlr hulle aan verleiderliking oorgee. Die smokkelhandel uitoefen en die dieners aanval. Tussen hulle staan as verteenwoordjgers die eerlike, hardwerkende kerkvaste en geëerde messelaarsfamilie van die Juries wat soos ‘n rots staan in die donker stroom van afvalligheid, onredelikheid en ligsinnigheid.




Die silverpotlood - ‘n verhaal deur Mikro
,,En dit is die verhaal van Beesdam se mense.” So eindig DIE SILWERPOTLOOD en sak die gordyn op ‘n stukkie polsende menslewe wat in edele eenvoud uit die alledaagse doen en late van eerlik-eenvoudige siele gestalte kry.
Die karakters is sommer maar almal en alles daar in en om Beesdam wat ,,meer as ‘n plaas en nog nie heeltemal ‘n dorp is nie”:
... Goeie oom Bert en tant Mercia en hulle lewenslustige, onnutsige jongste spruit, Alwyn, alias ,,Hytjiehie”, en weer sy maters en “tulle ma’s en pa’s;
...en die lelike ou juffrou Betjie Barnard van die poskantoortjie, met haar pikneus en haar lang nek en haar goeie hart waarin sy ‘n eensame verlange dra... en nog al die ander wat daar op die buitewyk van Beesdam in die volop huisies woon;
... ook ou Lapmuis, die koei, en William Dickens wat so lekker in die riete aan die slaap kan raak as hy moet keer dat ou Lapmuis-hulle nie in oom Bert se wingerd kom nie;
...daar is ook klein Justifina Poggenpoel uit ,,die vaal huisie oorkant die spruit” aan wie die ou lewe benewens ‘n gesonde verstandjie en ‘n lieflike sieltjie, ook skeelogies, flenter klere en ‘n lui pa op die koop toe gegee het. Haar ma is al dood, maar sy het die ou sukkelaar-pa van haar tog alte lief, en ook vir Witsie, die brak.
...En sommer vir almal, veral ook vir ou Hytjiehie, al skop by haar in die skool op haar maermerrie as sy met haar skeeloë durf huil wanneer Meester ,,Garnfer” horn uitlooi. Soms bid sy ook daar in die eensaamheid van die spruit, sommer vir almal, veral vir die onnut van ‘n Hytjiehie wat so baie moet slae kry en ook om die verwesenliking van die groot begeerte wat haar hart so lankal beswaar . . ,,Liewe Jesus . . en as dit kan wees, wil ek vreeslik graag ‘n potlood met ‘n rubber hê.”
Met hierdie werk vind die leser Mikro weer op daardie kronkelende voetpaadjies wat langs ,,die huisies teen die heuwel” verbyslinger en waarop hy reeds soveel skoonheid vir die Afrikaanse letterkunde ontdek het. Hierdie boek is vergeleke met Die Houtswaan, Toiingsverhale, e.a., miskien ,,‘n ligte liedjie”, maar is ongetwyfeld ook ‘n ,,vergeet-mynietjie” wat ‘n mens graag sou wil sien in die hande van groot en klein, veral ook in die skool waar daar soms met minder geskikte boeke geswoeg word om ‘n letterkundige waarderingsvermoë by die kinders aan te wakker. — Uit DIE HUISGENOOT.




Toiings - deur Mikro
Sy naam in eintlik Frikkie, maar hulle noem hom Toiings, want vyftien jaar het aangestap en sy klere hang toiings....

Vreemdelinge - ‘n vervolg op Pelgrims derde deel van die bekende Toiings-trilogie
In hierdie derde deel van die bekende Toiings-trilogie teken Mikro Toiings so besorgdheid om sy seun, Dawid, wat misdadige karaktertrekke begin openbaar en deur die baas van die plaas weggejaag word. Toiings, wat self die versoekings van die lokasie-lewe ondervind het, trek agter sy seun aan.
,,In die tekening van hierdie kinderlike natuur, met sy mistieke liefdesverlange en religieuse gevoel, sy opstandigheid en sy onmag om die diepere behoefte en hunkering van sy siel te oorstem deur uiterlike Iawaai, word ons telkens getref deur diepe menslikheid,” skryf dr. G. Dekker oor die beminde Toiings-figuur.
,,Mikro is die realis wat die Kleurling skerp waargeneem het en uitbeeld in sy milieu, sy lewenswyse, taal en mentaliteit. En tog is hierdie werk, met sy skepping van ‘n geidealiseerde uitsonderingskarakter, in diepste wese die teenoorgestelde van realisties.
,,Mikro is hier geen uitbeelder van grootse of verwikkelde figure, magtige botsings of spannende situasies nie. Hy sien die klein konflikte in die lewe van die eenvoudiges, en fyn sielkundig kan hy dit teken, so dat die ewigmenslike daaruit opglans.

Die parskuip - ‘n liefdesverhaal deur Mikro (C.H. Kuhn)
Teen die agtergrond van die Kaapse wingerde en die spogplaas Oude Kelder, speel hierdie dramatiese liefdesverhaal horn af. In sy sobere en onpretensieuse styl teken Mikro die mense van die Bottelary op meevoerende wyse in hul liefde, haat en goeie buurskap, waar die farnilie-eer hoog geag word en emosie kragtig opvlam wanneer die skandaal oor die horisonte loer.
Dit is ‘n eg mensike verhaal waarin die karakters lewe en wandel, en omgewing en omstandighede so mooi geskilder word dat die leser die wingerde met hul ryk oes sien en die gistende wyn in die parskuip ruik.
Stofomsiag: Annette Stork.

Oudepalmiet - deur Mikro (C.H. Kuhn)
Die lang kloofvallei, Oudepalmiet, lê omring deur hoë koppe, aan die een kant begrens deur ‘n berg waaruit ‘n waterval stroom. Van die poort van die vallei tot aan die berg lê die vyf wingerdplase: Perdevlei met sy gewelhuis van ses geslagte terug en sy mosbedekte klokmure, en dan Oudebos, Heuningkrans, Naderby en Varingbos.
Die verhaal ,,Oudepalmiet” gaan oor hierdie plek se mense, ‘n ouer geslag en ‘n jong geslag. Hulle is Oudepalmiet. Dis ‘n verhaal van ‘n gemeenskap wat ‘n organiese eenheid vorm eerder as n verhaal oor enkelinge. Tog is hierdie gemeenskap nie afgeslote van die groter wêreld wat hom omring nie: die probleme waarmee die jeug elders worstel, is ook die probleme van Oudepamiet se jeug.
Rustig ontvou die verhaal om die lotgevalle van vyf families, vol humor en teenstelling, en deurstraal van die milde sonskyn van Oudepalmiet wat alles op sy tyd laat ryp.
Stofmslag: W. Edinburgh

Twee Goue Beddens - Satire deur Mikro (C.H. Kuhn)

Kliek hier om meer te lees van die eenbedryf van Mikro (C.H. Kuhn) - Eerwaarde Penninklein

Burgers van die Kleingeldkommando Anglo Boereoorlog verhaal deur Mikro (C.H. Kuhn)
ONDER DIE Vrystaatse burgers het die dapper Kleingeld Barnard en sy elf penkoppe al hoe bekender geword vir hul waaghalsige ondernemings in die veld en vir die hulp wat hulle verleen aan diegene wat agtergebly het. So neem hulle op aanmoediging van kommandant Koos Fourie, sestig perde van die Engelse af en neem dit na die Boere op kommando. By ‘n ander geleentheid verruil hulle gesteelde perde vir slagdiere wat hulle ongemerk onder die vrouens en kinders in die kampe te Bethlehem uitdeel. In die verhaal ontmoet ons weer vir Lewies Nel, die hensopper, wat deur die seuns gevang en aan generaal de Wet oorhandig word — ook weer vir Hester van Tromp, die meisie aan wie Kleingeld so dikwels dink maar in wie se teenwoordigheid hy altyd na die regte woorde moet soek. Dit is veral die families van die Boere in die veld wat so getrou deur die wakker penkoppe gehelp en uit die hande van die Engelse gehou word. Eintlik is die penkoppe nie meer seuns nie.

Generaal Kleingeld Anglo Boereoorlog verhaal deur Mikro (C.H. Kuhn)
KLEINGELD BARNARD en sy dapper penkopkommando maak dit vir die Engelse in die Vrystaat so warm dat ‘n offisier spesiaal deur sy generaals aangesê word om die seuns voor te keer en na Bloemfontein te bring. Hy kry dit egter nie reg nie, inteendeel is dit die penkoppe onder hul “Generaal” Kleingeld wat weereens daarin slaag om deur die vyandelike linies te breek om klere en ander voorrade aan die manskappe in die veld te lewer, So swerf die elftal rond en beland van die een skermutseling in die ander—daar is omsingelings, waaghalsige ontsnappings en ondernemings wat mannemoed van die seuns vereis. En dan, na dit alles kom die berig dat die oorlog verby is. Hulle gaan met weemoed en tog ook met hoop huistoe en terug na diegene wat vir hulle gewag het.



Sias en Mias - ‘n reeks boeke vir kinders deur Mikro geskryf
1 Sias en Mias 2 Sias se spoetnik 3 Voëlvlei se mense 4 Jasper die molslang 5 Die hanskalfies 6 Abednego die skilpad 7 Speurder Sias 8 Die steenbokkie 9 Ounooi die uil 10 Afskeid 11 Eerste dae op Biesielaagte 12 Die Harp 13 Kaptein Mias 14 Kleinjan

Voorblaaie van Sias en Mias kinderboeke se “Die hanskalfies” en “Sias se ruimtetuig” Kinderverhale geskryf deur MIKRO ( C.H. Kuhn)


|