http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Mike Heine is geen onbekende naam nie. Hy is die skrywer van talle gewilde liefdesverhale, tydskrifverhale, draaiboeke en radioverhale. Wie onthou nie “Daar kom tant Alie” en “Oupa Jasper” nie? Mike is op 6 Julie 1932 in die Vrystaat, op Vredefort, gebore, waar hy ook sy hoërskoolloopbaan voltooi. Nadat hy ‘n diploma in sakeadministrasie verwerf het, word hy staatsamptenaar, daarna misdaadverslaggewer by ‘n Sondagkoerant, vervolgens skakelbeampte van Springbokradio en Streekdienste en later ‘n artikelskrywer by ‘n tydskrifgroep. Daarna word hy as hoofredakteur by die groep aangestel.
Foto van skrywer Mike Heine - 1976 In 1960 begin hy vir die radio skryf, en in 1965 word sy eerste lang vervolgverhaal, Oupa Jasper, uitgesaai, gevolg deur Wawielspore, Meester Adriaan en Skaduwees oor Bordoux. Sedert 1959 is hy radiospeler, onder meer ses jaar lank die nimlike Koos van der Merwe in die Staal Burger- reeks (Fanus Rautenbach) -’n rol wat hy ook later in die rolprent vertolk. ‘n Tweede prent waarin hy optree is “The Foster gang”. As skrywer van ontspanningsleesstof het Mike Heine sedert 1965 reeds verskeie liefdesverhale asook ou-Kaapseverhale, gepubliseer. Daarbenewens het talle verhale van hom in tyskrifte verskyn. Hy was getroud met die skryfster, Schalkie van Wyk, en hulle het twee kinders. Sy stokperdjies is skryf, skilder (waarvoor hy deesdae nie meer veel tyd kry nie) en dan speel hy graag klavier en hy hou besonder baie van navorsing. Mike vertel: Ek hou van lekker eet; hou daarvan om kos self voor te berei en speel nie ‘n bietjie met kruie nie! O, en knoffel....! Ek hou van my huis en is lief om my min vrye tyd saam met my gesin deur te bring.
Klik hier vir ‘n lys van sy boeke
Klik hier vir ‘n lys van ou-Kaapse verhale
Daar kom tant Alie - Mike Heine in 1976 uitgegee deur Tafelberg uitgewers Klik hier vir ‘n lys van sy boeke
Klik hier vir ‘n lys van ou-Kaapse verhale
|