|
Met verskeie toekennings is Marita van der Vyver geen onbekende nie. Haar boekelys sluit die volgende titels in:
Titels van Marita van der Vyver in Alfabetiese volgorde:
- Die hart van ons huis, 2004 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Dinge van ‘n kind, 1994 -deur Marita van der Vyver
- Dis koue kos, skat - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Eenkantkind, 1991 - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- Griet kom weer, 2001 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Griet skryf ‘n sprokie, 1992 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Olinosters op die dak, 1997 - ‘n kinderverhaal deur Marita van der Vyver
- Stiltetyd - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Tien vir ‘n vriend,1987 - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- Van jou jas, 1982 - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- Vergenoeg, 2003
- Wegkomkans, 1999 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
Engelse titels
- Childish things
- Time Out
- Entertaining angels, 1992

Wegkomkans - roman deur Marita van der Vyver
WEGKOMKANS is ‘n roman oor die verhouding tussen tien vriende oor’n tydperk van tienjaar, wat strek van die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding. Soos in ‘n stadige dans beweeg hulle om mekaar, nader en verder, en weer nader, en deel in mekaar se ekstase en smart, vrese en fantasieë. Hulle ontmoet mekaar tydens “wegkomkanse” by die see, gewoonlik in ‘n strandhuis, en praat oor politieke geweld en emigrasie, seksuele frustrasies, spermtellings en plooie. Soms met spot en selfspot, soms hartstogtelik. “Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.”
Die huwelik, “die laaste groot avontuur wat vir die middelklas oorbly”, loop vir byna almal in die groep op ‘n fiasko uit, nuwe verleidings en verhoudings volg, en die vreugde en risiko van ouerskap word ‘n nuwe onderwerp van bespreking. Tegelyk begin die jeugdige glans verdof, en keer pynlike werklikhede die blik na binne. Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ‘n skans teen verlies vorm.
WEGKOMANS bied prikkelende insigte in mense se versugtinge en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart. Marita van der Vyver se sensuele styl sleur die leser mee — van die groepfoto aan die begin, waar die groepie vriende lewenskragtig op die drumpel van groot dinge staan, tot by die foto aan die einde, waar die oorblywendes poseer. Deur die lewe gekneus, maar nie geknak nie.

Griet skryf ‘n sprokie - roman deur Marita van der Vyver
Deur ‘n groot gat in die osoonlaag loer die engele om te sien wat vang die mense aan. Griet weet van hulle, en sy weet dat nie net engelevlerke ondermaans (en onder mans) gehoor word nie, maar ook die skellag van die hekse.
Want die wêreld wat so onder die son se bestraling bloot lê, is skoon uit rat.
G’n wonder dat Griet weggesink sit in haar shrink se leunstoel nie. Watter vrou sou nie van haar besem af raak as haar geliefde man haar uitskop nie, na sewe jaar saam, en pas na die vierde keer dat ‘n baba van haar die wêreld dood binnegekom het.
Griet verduur groot pyn, al klink haar huil soos lag. En sy is besig om haarself los te worstel uit die ratte waarin sy vasgedraai is, al lyk dit of sy maar net sprokies skryf. Want in háár sprokies is daar soos van ouds derms en bloed, veral bloed soos vroue dit ken.
Seks is deel van Griet se stryd. “Ek is gatvol vir slim mans,” sê sy naderhand. “Ek soek ‘n dom man. Dom en sterk.” Maar haar soektog eindig nie by die lieflike Adam wat haar pad kruis nie; sy soek tog na meer.
Griet skryf ’n sprokie is ‘n hoogs erotiese boek, op die man af vertel. Allermins anti-man. Dis ‘n vrou se verhaal, een wat soos Grietjie in die sprokie self plan moet maak om uit die behekste donker bos uit te kom.
Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za



Van jou jas roman deur Marita van der Vyver
“Maar wag, ek skryf nie om jou te laat dink ons kry vreeslik swaar en huil heeldag nie. Ek wil jou ook nie skuldig laat voel oor jy vir Ma geskei het nie. Ek wou jou eintlik van gister vertel het. . . Ja, dit was ‘n goeie verjaardag.”
In die 366 skrikkeljaardae tussen haar vyftiende en sestiende verjardag het daar groot en belangrike dinge in Sonja Vorster se lewe gebeur: haar pa het weer pa geword, haar ma het vir die eerste keer ‘n vreemde man huis toe gebring om hulle kinders se goedkeuring te kry, en haar broer Dewald het vir die eerste keer ‘n meisie vir sy ma kom wys. Ilse, haar suster, het ‘n liefdesteleurstelling gehad, en sy wat Sonja is, het saam met Leon na sy matriekafskeid gegaan. Ook het Yashvin, ofte wel Jas, in die Kaap begin skoolgaan en gaandeweg kry hulle vriendskap ‘n ander betekenis.

Vergenoeg roman deur Marita van der Vyver
Adele Bothma ken die wrede woord k-a-n-k-e-r. Die vernietigende vraat wat haar lyf afgetakel het tot hangborste en die vellerige dye van ‘n ou vrou.
Sy verduur gelate die vernederende versorging in haar Victoriaanse huis op Vergenoeg, die plattelandse dorpie aan die einde van ‘n grondpad. Hier het sy kom treur oor alles wat afgesluit moet word terwyl haar twee uiteenlopende dogters haar bedien en bederf.
Haar spogroos, San, was ‘n mooi kind — die voorbeeldige suster, die ouer, ordentlike een.
Bella was van kleins af ánders. ‘n Eksotiese orgdee met ‘n besondere stem. Heserig, asof sy al in haar wiegie besluit het sy verkies sigarette bó melk. Later sou sy as chanteuse na Parys vlug om weg te kom van haar roem.
Nou is daar dinge wat gesê moet word, ander wat verswyg moet bly. En terwyl sy haar dogters op haar sterfbed nog net kan troos, wonder Adele of hulle haar nie juis nóu die nodigste het nie.

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Entertaining Angels Marita van der Vyver

Dis koue kos, skat ‘n roman deur Marita van der Vyver
Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eers ‘n eier kan kook nie!
Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar suster en aan vriendinne. So ontstaan ‘n aangrypende maar ook humoristiese beeld van ‘n groeiproses, van die aanvanklike woede tot by aanvaarding, van die koestering van wraak tot die uiteindelike gewaarwording dat sy van haar eks-man verlos is.
In korrespondensie wat oor ‘’n dekade geskryf is, ontvou die verhaal van ‘n vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, terwyl daar ‘n wond in die siel is wat net besweer kan word deur tyd en die insig wat jy in jouself kry. Dis koue kos, skat is ‘n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; die is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.

Stiltetyd ‘n roman deur Marita van der Vyver
Die meesleurende verhaal van Hester Human wat haar argitek-man, André, verwyt omdat hy al sy energie in ‘n bouprojek stort. Dit alles net ná hul jongste kind se dood. Hester raak stiller en meer afwesig, maar dit gaan uiteindelik oor die soeke na haarself en die moeilike treë terug – na haar man, André, se hart. “
Die leser ervaar die karakters se eensaamheid in die vreemde en die bourommel word simbolies van omgekrapte lewens en dan beleef die leser hul selfverwyt.”

Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Lees ook spookstories deur Marita van der Vyver - kliek hier
Lys van boeke deur Marita van der Vyver in jaar van uitgawe:
- 1982 - Van jou jas - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- 1987 - Tien vir ‘n vriend,1987 - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- 1991 - Eenkantkind, 1991 - ‘n jeugverhaal deur Marita van der Vyver
- 1992 - Griet skryf ‘n sprokie, 1992 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 1994 - Dinge van ‘n kind, 1994 -Wegkomkans
- 1997 - Olinosters op die dak, 1997 - ‘n kinderverhaal deur Marita van der Vyver
- 1999 - Wegkomkans, 1999 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 2001 - Griet kom weer, 2001 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 2003 - Vergenoeg, 2003 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 2004 - Die hart van ons huis, 2004 - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 2006 - Stiltetyd - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- 2010 - Dis koue kos, skat - ‘n roman deur Marita van der Vyver
- Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom - ‘n roman deur Marita van der Vyver
Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Lees ook spookstories deur Marita van der Vyver - kliek hier
|