|
Mara Prinsloo se lys van boeke / liefdesverhale sluit in:
- Anderkant die blou berge - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Blou blommetjies - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- By die waters van Meriba - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Daar sal Blomme wees - Boek geskryf deur Mara
- Die bitter kelk - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Die gebarste kruik - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Die laaste deur - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Die pad terug - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Die verdwaalde blaar - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Die vlug van ‘n duif - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Gebroke melodie - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Gekneusde bloeisel - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Goudgeel madeliefies - - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Haar eensame vlug - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Huiwerende Skaduwees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Klara Brand - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat daar blomme wees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat daar ruimte wees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat vreugde - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat vrugte - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Meer as twee mossies - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- More is dit somer - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- ‘n Blink horison - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Net maar Mamma - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Ongeskonde offerande - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Onrus op Koppie Alleen - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Rustige seile - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Skone daeraad - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Skulpies in die sand - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- So baie blomme - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Somerblomme vir ‘n somernooi - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Soos ‘n lelie - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Ver bo robyne – GROOTDRUK - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Versluierde skanse - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Vreemde horison - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Vreugde vir Fonda - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Waarom die trane? - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Wanklank van die liefde - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Want gister is net ‘n droom - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- Want gister is verby - Boek geskryf deur Mara Prinsloo

Die gebarste kruik Boek geskryf deur Mara Prinsloo
Zelia Coen was met ’n sadis getroud. Dag ná dag het hy haar in hul woonstel toegesluit gehou. Haar enigste ontvlugting was haar seuntjie, Jean… en haar skilderwerk. Met die hulp van vriende het sy ’n woonstelsleutel in die hande gekry en toe kon sy gereeld uitvlug om te gaan skilder. Totdat Jaco Coen eendag snuf in die neus gekry het en Zelia agtervolg het. Dit was die breekpunt.
Die Zelia Coen wat Gerhard Eckhard ’n jaar later by ’n klein strandoord ontmoet, is ’n gebroke mensie; ’n verskrikte wildsbokkie wat geen mens vertrou nie.
’n Regter het haar van moord op haar man vrygespreek – maar die stigma van die moord bly aan haar kleef. Gerhard Eckhard is die eerste mens wat deur daardie skans dring en daarin slaag om haar vertroue te wen… en ook haar vertroue in haarself te herstel.
Vry van haar aaklige verlede, veilig in die beskerming van sy teenwoordigheid, leer Zelia Coen weer liefkry. En sy weet Gerhard Eckhard het haar ook lief. Elke gebaar, elke woord van hom spreek daarvan. Maar sy verlede staan nog tussen hulle en Zelia staan magteloos. Gerhard het die gebarste kruik van haar lewe met sy salwende liefde geheel. Maar sy kan hom nie help nie… want, Gerhard het haar nog nie in sy vertroue geneem nie.
Wat is die verskriklike geheim in Gerhard Eckhard se lewe?
Waarom skram hy telkens weg? Waarom is hy bang om Zelia se liefde te aanvaar? Die verskriklike skuldlas op sy skouers word by die dag swaarder, terwyl hy tussen hoop en wanhoop deurworstel of hy aan Zelia moet bieg al dan nie. En Zelia wonder: kan Gerhard se skuldlas dan vreesliker wees as wat haar eie was?

Die pad terug Boek geskryf deur Mara Prinsloo
Janet gaan teenoor Schalk sit. Skielik is daar nie woorde nie. Sy laat haar blik sak. Dit is hy wat eerste praat:
“Ek neem aan dat jy jou toekomsplanne met my wil bespreek, Janet. Wel, ek sal jou verdere kommer bespaar. Ek het goed nagedink – ons kan skei. Ek sal jou onthef van alle verpligtinge. Jy is dan vry om na jou minnaar te gaan.”
Daar kom ’n beklemming in haar binneste. Hoe gevoelloos klink sy woorde. Haar blou oë kyk vol verbasing in sy grys oë.
“Is dit hierdie meisie met haar kort rokkies en verleidelike oë wat jou dit laat besluit het, Schalk?”
Sy sien ’n rooi gloed vanaf sy nek na sy gesig opstyg en sy weet dat haar woorde getref het. Kan ’n mens jou só misgis met iemand wat jy glo het jy liefhet, met wie jy ’n lang pad saamgeloop het en een bed gedeel het?
“Wat het dit met die prys van eiers te doen?” vra hy bruusk. “Was dit nie jy wat besluit het om weg te gaan nie?”
“Ek het teruggekom, omdat ek geglo het dat dit wat tussen ons gekom het, weer herstel kan word – en om ons twee kinders se onthalwe. Intussen het alles egter verander. Ek wil jou net dit sê – ek is nie bereid om my kinders in jou sorg te laat bly nie; ek sal vir hulle veg.”
Is egskeiding die enigste weg vir twee mense wat albei ontrou was teenoor mekaar, of is daar ook ’n ander pad – ’n pad terug? Dit is die vraag wat Mara Prinsloo beantwoord in hierdie ontroerende verhaal.
koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Gebroke melodie Boek geskryf deur Mara Prinsloo
“Hoe kan ek as sy vrou saam met hom gaan woon as hy nie kan onthou dat ons getroud is nie; nie die herinnering van sy en my belofte as ervaring het nie?” het Sharon vertwyfeld gevra.
Op die middag van hul troue raak Dick sy geheue ten dele in ’n ongeluk kwyt. Hy onthou niks van sy huwelik van die nooientjie wat hy so vinnig en vuriglik tot die huwelik oorreed het nie. Na sy herstel van die besering voel hy aangetrokke tot die “vreemde” meisie, glo trouens ook dat die huwelik wel plaasgevind het en hy wil bittergraag onthou.
Maar Sharon staan in dié pynlike dilemma: is dit moreel reg om met ’n man saam te leef wat wel wettiglik aan haar gebind is, maar wat niks van die huwelik kan onthou nie, wat haar dus as ’n vreemdeling beskou en ervaar?
Is dit nie op ’n sekere, eienaardige manier egbreuk nie?
Kan ’n man gebind word deur ’n belofte waarvan hy niks weet nie?
Wat dink u?
Mara Prinsloo skep hierdie vreemde situasie in Gebroke Melodie en vertel boeiend hoe dit twee jongmense se lewens in verwarring stuur. ’n Spannende verhaal geskryf met ’n fyn insig in menslike swakheid en sterkte.

Klara Brand Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Die jong, aantreklike Klara Brand aanvaar ’n betrekking as kinderoppasser op ’n groot sitrusplaas van die skatryk boer en sakeman, Constant Conradie.
Klara – ’n buite-egtelike dogter wat op vroeë leeftyd ook haar moeder verloor het – raak baie gou geheg aan die twee jong Conradie-kindertjies en hulle aan haar. Sy begin vir hulle die plek inneem van hul Duitse moeder wat saam met ’n ander man weggedros het, asook van hul aantreklike vader wat in sy verbittering oor sy vrou se verraad hom feitlik nie aan die kinders steur nie.
Op ’n dag kom daar egter ’n telegram van Constant Conradie van Durban af: Klara moet die twee kinders vir ’n vakansie na Durban bring. Sy besluit om van dié geleentheid gebruik te maak om Constant Conradie so vêr te kry dat hy meer aandag aan sy kinders gee.
Aanvanklik vind sy dit byna onmoontlik om deur die pantser van sy verbittering en onverskilligheid te dring – maar uiteindelik slaag sy tog daarin. En dan gebeur die onvermydelike: Klara ontdek dat sy verlief is op Constant Conradie. Dis ’n onmoontlike liefde, gesien haar buite-egtelike afkoms; dis ’n liefde van ’n arm Aspoestertjie vir haar skatryk prins.
Aan die ander kant het sy kinders reeds vir haar soos haar eie geword, sodat sy hulle nie kan verlaat om van haar onmoontlike liefde weg te vlug nie.
Mara Prinsloo het uit hierdie ou Aspoestertjie-resep ’n teer, mooi verhaal geskryf wat end-uit ontroer en boei

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Meer as twee mossies ‘n Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Amanda weet net dat sy moet hardloop… dat sy moet beweeg anders gaan sy heeltemal van haar verstand af raak. Sy moet handel… Sy draai af die donker in. Af na die rivier se kant toe. En skielik is sy alleen. Alleen met net die verskriklike wete. Die eerste sterre skitter. Alleen met die rivier wat klots teen sy walle. Haar moeder… haar moeder wat sy op ‘n voetstuk geplaas het, het voete van klei. En die man wat sy liefhet… Sy sak op die grond neer en begin snik. Dit is ‘n storm wat in haar losbreek. Daar is geen antwoord op haar krete nie. Daar is net die onverbiddelike waarheid. Meer As Twee Mossies is ‘n aangrypende liefdesverhaal soos net ‘n ervare skryfster soos Mara Prinsloo dit kan vertel.

More is dit somer ‘n Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


‘n Blink horison ‘n Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Michelle Tromp se hart was vol seer toe sy en haar klein Alex die dag terug is na die ou huis op Bergendal. Hoe sou hulle die lewe kon aandurf sonder Alexander? Sou Alex sonder ’n pa kon grootword?
Maar elke huis het sy kruis sou sy gou leer, want die mooi grysblonde man van die huis langsaan het ook ’n groot leed gehad wat hy moes verwerk: ’n vrou wat hom verlaat het vir die flikkerliggies van plesier en roem en sy twee tienerkinders met haar saamgeneem het. Dokter Udo Kern se smart het selfs dieper gelê, want in die operasiesaal het hy op ’n keer toegelaat dat sy emosie sy verstand oorheers en dat sy aandag dwaal – en ’n pasiënt onder sy hand gesterf het.
Met haar sonnige geaardheid en positiewe gesindheid het Michelle spoedig in Udo se hart gekruip en die liefde van sy moeder en kinders gewen, maar sou haar eie hart weer heel word en sou Udo weer kon terug na waar sy roeping gelê het: onder die helder ligte van ’n operasiesaal?
’n Blink horison is ’n verhaal waarin Mara Prinsloo opnuut die boodskap tuisbring dat opregte geloof wel berge kan versit en elke nuwe horison kan laat skitter.

Ongeskonde offerande Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Sonette Erlank kom na die afsterwe van haar geliefde oom Lodewyk in volle besit van sy pragplaas Oudewerf in Oos Transvaal.
Oom Lood was ’n eensame oujongkêrel en omdat hy soveel vertroue in haar gestel het om sy geliefde plaas aan haar na te laat, voel Sonette dit haar plig om self op Oudewerf te gaan boer.
Sonette en dr. Ben de Villiers het egter ’n ernstige verhouding en Sonette weet dat Ben glad nie so opgenoem sal wees met haar besluit nie. Dr. Ben is ’n stadsmens en veral gewoond daaraan om gedurig op sosiale geleenthede deur die teenoorgestelde geslag bewonder te word. Dit is juis hierdie eienskap van Ben en ook sy wantroue in die huwelik as gevolg van ongelukkige huislike omstandighede, wat steeds ’n bekommernis vir Sonette is. Haar onsekerheid oor hulle verhouding is te meer verstaanbaar omdat Sonette reeds tevore ontnugter uit ’n verhouding getree het. Sonette besluit dus dat haar vertrek na Oudewerf juis as toets sal dien vir haar en Ben se liefde.
In haar nuwe omgewing ontmoet Sonette vir Bernard van Eeden wat op die buurplaas Vier Winde boer. Uit die staanspoor word sy beïndruk deur Bernard se standvastigheid en kalme geaardheid; so anders as die rustelose dr. Ben de Villiers. Omdat Bernard ook altyd ’n ware vriend vir oom Lodewyk op Oudewerf was, voel Sonette dat sy veel aan hom verskuldig is. Sy word ook getref deur die verskil in agtergrond van Bernard en Ben. Bernard met sy stabiele en liefdevolle ouerpaar, sy sprankelende, immerjeugdige moeder wat sommer deur haar kinders as Theresa aangespreek word. Maar sy gelukkige jeugjare ten spyt, huiwer daar tog skaduwees van dieper belewenisse in Bernard se vriendelike oë en weet Sonette dat hy reeds ook deur diep waters gegaan het.
Dr. Ben de Villiers word ’n vennootskap op die buurdorp naby Oudewerf aangebied en Sonette glo dat sy besluit om dit te aanvaar al dan nie, ook hulle toekoms saam sal bepaal.
Intussen raak Sonette en Bernard se lewens egter al hoe nouer verstrengel en bevind Sonette haar in ’n geweldige tweestryd gewikkel. As Ben nie die vennootskap sou aanvaar nie, sou sy bereid wees om Oudewerf op te offer vir ’n lewe in die stad saam met Ben?

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Onrus op Koppie Alleen Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Dan blits Dave se blou oë. “Natuurlik het ek al van u gehoor, advokaat Opperman. U behartig mos die meeste skeisake aan die Rand. Maar sê my, is egskeiding altyd die gewenste stap? Werk dit daarna vir ’n mens heilsamer uit? Ek meen nou, so ’n ruiling – jou vryheid vir jou vrou se smart?” Dan draai hy hom om. “Deborah, dink jy ons is in die gewenste geselskap?”
En smart was dit wat Debora geken het nadat haar man haar sommerso vir iemand anders verruil het – smart en vernedering. Daarom het sy gevlug waar sy alleen kon wees, haar wonde kon lek en weer mens kon word – daar in die eensaamheid van haar praghuis wat sy op Koppie-Alleen in die Laeveld opgerig het. En sy het gewens dat sy haar man net een keer vernedering kon laat proe – soos dit haar deel was.
Maar ’n mens kan jou nooit volkome afsonder nie. Daar het Markus gekom met sy groenblou oë en sy lui, gemaklike manier van wees. Dit het haar verskrik omdat sy haarself nie geken het nie, nie kon begryp wat hy aan haar doen nie. Daarom het sy weer gevlug om helderheid te kry… en op die strande van Durban iemand ontmoet wat die bloed woes deur haar are kon laat stroom..., die welgestelde Dave wat so deur sy vrou verwaarloos word.
Deborah het besef sy moes kies, dinge kon nie so voortgaan nie – en tog het hy elke dag vir haar dierbaarder geword… het selfs net die gedagte aan skeiding haar oë in trane laat swem…
Sy het die pad gesien wat sy moes loop, daardie paadjie wat elke vrou se lot is in haar soeke na liefde en vervulling, maar ’n soeke wat sovele kere in smart eindig…
ONRUS OP KOPPIE-ALLEEN is die verhaal van ’n vrou – vir elke vrou.

Skulpies in die sand Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Ver bo robyne – GROOTDRUK Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Vir Lilanie begin die vakansie op haar tant Yolanda se plaas op dramatiese noot met ‘n donderstorm wat haar noodsaak om skuiling te soek by die buurman, Christoff Groenewald. Sy voel vreemd aangetrokke tot die man met sy somber oë en afsydige houding. Maar vir Christoff bly daar net een liefde in sy lewe — sy vroutjie Ann wat twee jaar gelede na die geboorte van hul seuntjie Roean oorlede is. Vir die pragtige stadsnooientjie is die dae in die Bosveld saam met tant Yolanda ‘n belewenis. En Neske Maré, die aantreklike plaasbestuurder, help haar om die tyd te verwyl met sy grappies, met perdry en met sy talentvolle klavierspel en ja,… met sy belangstelling in haar. Vanwaar dan hierdie onrustigheid in haar? wonder Lilanie. Miskien moet sy tog maar teruggaan stad toe… en na dokter Pierre de Villiers wat haar so lank al die hof maak? Maar dan word die vakansie vir Lilanie ‘n keerpunt in haar lewe en die vervulling van ‘n droom…

Versluierde skanse Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
’n Liefdesdriehoek bly maar ’n suksesresep want die werklike lewe bestaan uit sulke situasies. Versluierde Skanse is ook ’n liefdesdriehoek (miskien ’n vierhoek, maar die vierde persoon is nooit juis ’n ernstige faktor nie) en dit is Mara Prinsloo se verdienste dat sy met deeglike en indringende karakterbou vir ons ’n spannende en meesleurende verhaal geskryf het.
Anders as wat gewoonlik die geval is, is dit nie die held of heldin wat ’n hopelose liefde koester of selfs teen ’n mededinger moet veg nie. Die heldin in hierdie verhaal se enigste (of haar grootste) moeilikheid is om te besluit: wie van die twee? Maar Mara Prinsloo slaag uitmuntend daarin om die spanning te handhaaf.
Die “oplossing” van die “geheim” bly so goed versteek soos in die beste speurverhaal. Nes mens begin dink: aha, dis Albert, hy met die bruin oë en die koel, koel manier, dan tree Ludwig weer op die voorgrond om met sy blou kykers al ons afleidings en die arme Donna se hart om te krap.
Donna Nel het in ’n weeshuis grootgeword waar die leuse was: Ek Kan. Sy het dié leuse haar eie gemaak en met ’n onwrikbare wilskrag en veglus teen alle hindernisse in haar ideaal om onderwyseres.

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Want gister is verby Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Omdat sy nie vir die ryk, invloedryke sakeman Charl de Wet ’n erfgenaam kon skenk nie, bevind Orpa de Wet haar na jare van weelde, gerief en sekuriteit, uiteindelik alleen op ’n eensame pad.
Ontwrig en ankerloos kom sy na maande van koerslose swerwe – maande waarin sy tevergeefs getrag het om die vernedering van “gister” te vergeet – op ’n klein, rustige Noordkus-strandoordjie aan. Hier verwyl Orpa haar eensame dae langs die rustige strandjie of op die rotse, sonder dat die skoonheid van die natuur werklik tot haar ontwrigte gemoed deurdring.
Maar haar eensame figuurtjie langs die see het nie ongemerk die oë van Dawid Burger, ontglip nie. Dawid Burger, eienaar van die hotel waar Orpa tuis is, het alleen die versorging van sy drie kindertjies, en die bestuur van die hotel behartig, na die afsterwe van sy jong vroutjie.
Dit was dan ook Dawid Burger, stil, sterk en moedig te midde van sy groot verantwoordelikheid, wat vir Orpa leer om verby haarself, haar eie verdriet en eensaamheid te kyk en te aanvaar dat gister verby is! Heel gou het die behoeftes en verlangens van die drie moederlose Burger kindertjies dan ook Orpa se troebel gedagtes gesuiwer en verruim.
Maar mettertyd sou Orpa besef dat Dawid se drie kindertjies té lief en afhanklik van haar word, en toe Dawid haar versoek om haar tuiste by hulle te maak, het Orpa meteens geweet dat gister nog te vars en pynlik en deel van haar is.
Dan was daar ook nog Santa om mee rekening te hou. Santa wat vir Orpa openlik vyandiggesind is, haar as ’n indringer beskou. Santa wat sedert haar suster se dood heel dikwels vir Dawid, haar swaer, met die kinders behulpsaam was.
Daarom het Orpa besluit om die rustige strandoordjie te verlaat en terug te gaan Pretoria toe; daar waar Charl nog woon en waar hulle eens saamgewoon het. Sou Orpa de Wet straks tóg vind dat gister wel verbygegaan het?
Hier het ons nog een van Mara Prinsloo se mooi, diep menslike verhale wat deur elke leser geniet behoort te word.

Vreemde horison Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
Hierdie verhaal…
’n Melodie weerklink. ’n Soeklig kol ’n wit kring uit die duisternis. En in die middel van die kring… Marissa de Vos, die lieflike jong mannekyn in ’n fantastiese tabberd.
Sy staan ’n oomblik stil, gesig dramaties opgehef. Toe glimlag sy vir die groot gehoor en stap een, twee, drie treetjies af tot op die loopplank.
Tussen die menigte rus haar blik kortliks op één kop.
Hy is daar! Sy oë ontmoet hare en sy voel skielik duiselig.
Een van die hoogtepunte in die romantiese storie van Marissa de Vos wat haar lewensideaal verwesenlik en mode-ontwerpster en mannekyn word. Daar is baie hindernisse in haar weg en dit is ’n moeilike werk wat toewyding en deursettingsvermoë vereis, maar dié dinge het sy. Geen man, geen tere gevoelens mag haar aflenk van haar ambisie nie. Vriende, ja en bewonderaars… maar sy wat Marissa is, bly vasberade om ’n sukses van haar loopbaan te maak totdat…
Vreemde Horison, deur Mara Prinsloo, is ’n boeiende en aangrypende liefdesverhaal van die moderne tyd.

Vreugde vir Fonda Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo Uitgegee in 1968

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Boeke / liefdesverhale volgens jaar van uitgawe:
- 1967 - Laat daar blomme wees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1968 - Vreugde vir Fonda - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1969 - Want gister is verby - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1971 - Die laaste deur - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1971 - Skone daeraad - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1971 - Vreemde horison - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1972 - Gebroke melodie - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1972 - Klara Brand - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1972 - Net maar Mamma - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1973 - Die vlug van ‘n duif - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1973 - Huiwerende Skaduwees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1973 - Wanklank van die liefde - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1974 - Blou blommetjies - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1974 - Ongeskonde offerande - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1974 - Onrus op Koppie Alleen - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1974 - Versluierde skanse - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1975 - Die gebarste kruik (ook in 1983 heruitgawe)
- 1975 - Die pad terug - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1976 - So baie blomme - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1976 - Want gister is net ‘n droom - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1977 - Laat vreugde - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1977 - Somerblomme vir ‘n somernooi - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1978 - By die waters van Meriba - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1978 - Meer as twee mossies - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1979 - More is dit somer - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1980 - Gekneusde bloeisel - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1980 - Goudgeel madeliefies - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1981 - Daar sal Blomme wees - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1981 - Waarom die trane? - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1982 - Skulpies in die sand - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1983 - Die bitter kelk - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1983 - Rustige seile - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1984 - Anderkant die blou berge - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
- 1986 - Ver bo robyne – GROOTDRUK - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- 1992 - ‘n Blink horison - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- Die verdwaalde blaar - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- Haar eensame vlug - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat daar ruimte wees - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- Laat vrugte - Liefdesverhaal geskryf deur Mara Prinsloo
- Soos ‘n lelie - Boek geskryf deur Mara Prinsloo
koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

koop boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|