http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Lien Roux-de Jager

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Heléne Roux - Lien Roux-de Jager
Helena Roux is op 22 Augustus 1940 in Pretoria gebore, waar sy ook haar skooljare slyp en matrikuleer sy later aan die Afrikaanse Hoër Meisiesskool. Later sluit sy aan by die eertydse Weerburo en daarna by verskillende staatsdepartemente. Sy is onder andere lank die redaktrise van die Departement van Omgewingsake se kindertydskrif, Skipper RSA. Intussen studeer sy deeltyd verder aan Unisa.

Heléne het nog altyd die ambisie gehad om te skryf en sy het dan ook vroeg ‘n paar verhale geskryf wat op Siembamba uitgesaai is.

Daarop volg heelwat radiowerk vir kinders oor veskeie onderwerpe, soos padveiligheid en natuur- en omgewingsbewaring. Die ma-wees vir haar twee dogters hou haar egter so besig dat sy nie werklik tyd kry vir skryf nie. Dit is eers in die tagtigerjare dat sy regtig ernstig begin skryf en in 1982 word haar eerste manuskrip vir publikasie aanvaar. Dit is ‘n waterskeiding in haar loopbaan en hierna sou sy nog drie jeugverhale skryf waarvan die idees dikwels van haar kinders en hulle maats kom. In Heléne se verhale dien die Bosveld dikwels as agtergrond. Dit dra ook by tot die sukses van ‘n reeks oor omgewingsbewaring wat sy vir SAUK geskryf het en in 1988 in die swart streekstale uitgesaai is. In 1990 is haar boek, Eendag was daar oorlog, ‘n finalis vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Heléne sê sy is van opinie dat wanneer dit by "Kinderliteratuur" kom, dit ‘n moeilike génre is omrede jy kinders en jongmense moeilik flous. Jy moet jou feite agtermekaar hê en dit moet reg wees, en jy moet 'n eerlike en regruit pad met hulle loop. Veral ons moderne kinders is, via die elektroniese media, verbasend goed ingelig, so moenie dink jy kan vir hulle nonsens vertel nie. Deesdae se jongklomp het ook sterk menings van hulle eie, hulle weet wat hulle wil hê en wat nie. Daarom is dit nodig om gedurig eerstehands kontak met hulle hê, met hulle te gesels, die nuutste "trends" en clichés te ken." Dis ook heeltemaal onnodig om "vir" kinders te skryf. Jy moet jou storie vertel vir 'n gelyke en hou maar net die ouderdomsgroep se verwysingsraamwerk in gedagte."

Danksy ‘n hoogs bekwame en veral begeesterde onderwysseres op hoërskool het haar kop in die regte rigting gedraai. Sy het ook grootgeword in 'n lees-huis en het van kleins af enige publikasie verorber wat sy in die hande kon kry. In die proses het sy 'n ryk verbeeldingswêreld ontwikkel - as enigste kind moes haar verbeelding haar geselskap wees. Die stap van leser na skrywer het vroeg en natuurlik gekom, van opstelle op skool, tot stories, tot stories en artikels en redaksionele werk in 'n later loopbaan.Hoewel Heléne sê dis moeilik om haar gunstelingskrywers uit te sonder het sy boeke van skrywers soos Karl Kielblock, PJ Schoeman, Sangiro, WA de Klerk, FA Venter en later Etienne van Heerden en André P Brink en, natuurlik, Deon Meyer!" Sy lees ook ‘n groot verskeidenheid Engelse Fiksie van onder andere Stephen King, John Grisham, Dean Koonz en Sidney Sheldon.

Tyd wat nie aan skryf of lees spandeer word nie, doen sy Houtwerk! Sy kerf allerhande 3-dimensionele goeters uit hout - etniese figure, eende, voëls, visse, krokodille, gecko's, slange, skilpaaie en windklingels. Hier geniet sy dit om die tekstuur van hout onder haar hande te voel, die vorm te sien groei onder haar beitels. Indien daar nog ‘n los uurtjie is waag sy ook haar hand met ‘n kwas op doek. Sy fliek ook graag, kyk graag TV - stories, en Discovery en National Geographic en vasvrareekse en sport - ek is mal oor sport, bykans enigiets, maar net om te kyk, ek stap en swem graag, maar niks meer nie.

En rondry ja, die hele land en die hele wêreld vol as ek die geld gehad het!!! Ek skryf graag reisverhale, maar het nog nooit een gepubliseer nie. As ek lank genoeg leef, kom ek nog daarby ook uit."

Heléne het aanvanklik onder die naam Heléne Roux geskryf, maar skryf nou onder die naam Lien Roux-de Jager.

Haar dogters is beide getroud en sy het vier kleindogters. Heléne se man, Kobus, is in 1994 oorlede en in 1996 trou sy met dr. Johan de Jager. Die egpaar woon in Pretoria.

Skryfwerk

Kamp F51: Kaapstad: Tafelberg, 1982.

Salakwanda die towenaar: Kaapstad: Tafelberg, 1984.

Anderkant die Berge: Pretoria: Daan Retief, 1988. (Ook in Engels gepubliseer as Beyond the mountains)

Eendag was daar oorlog: Kaapstad: Tafelberg, 1990.

Monsterduiwe. Pretoria: Lapa, 2001.klik hier om terug te keer na tuisblad


klik hier om terug te keer na skrywers

 

Bo