http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Heinz Gunter Konsalik is op 28 Mei 1921 in Keulen gebore. Hy het teaterwetenskap, literatuurgeskiedenis aan die universiteit van Munchen, Wenen en Keulen bestudeer. In die Tweede Wêreldoorlog was hy oorlogsverslaggewer, veral in die middelsektor van die Russiese front, waar hy swaar gewond is. Na die oorlog het hy dramaredakteur by ‘n uitgewer en toe assistent-hoofredakteur van ‘n tydskrif geword. Sedert 1953 was is hy onafhanklike skrywer en joernalis. Heinz Konsalik het ook onder skuilname, Henry Pahlen en Jens Bekker geskryf.
Heinz G. Konsalik se speur- en oorlogsverhale is sedert die 1970’s geniet. Daar is altesame 105 titels van sy boeke in Afrikaans vertaal. Die 105 titels is vervat in altesame 103 boeke en dan is daar ook natuurlik verskeie omnibusse. Hier volg ‘n lys van Konsalik se boektitels:
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Dubbelboek 1 :
Dubbelboek 2
Dubbelboek: Die fluitende moordenaar / Die doodkis van glas twee speurverhale deur H G Konsalik Dis koud in die kusdorpie, en mistig. Die bome staan druipnat, die strate is verlate. Teen ‘n lamppaal leun ‘n meisie. Sy kyk op haar horlosie, haal dan rillend haar skouers op. Hy is laat. Dan hoor sy dit. Iewers in die mis fluit iemand ‘n deuntjie - ‘n bekende liefdesliedjie. Dis die teken waarop hulle afgespreek het. So sal hulle mekaar vind indien die mis te dig is. Huiwerig loop sy op die gefluit af, die digte mis in, al verder en verder van die bewoonde gebied af... Die volgende more trek twee vissers hul net in en vind die koplose lyk van ‘n jong vrou daarin. Vir speurkommissaris Paul Leerdam en sy assistent, Wilm Schouwen, volg weke van slapelose nagte terwyl hul vergeefs probeer om die fluitende moordenaar vas te trek. Hulle volg die een leidraad na die ander op, maar beland telkens in ‘n doodloopstraat. Intussen sit die moordenaar onder hul neuse vir hul en lag en word die een jong vrou na die ander op diesefde grusame wyse vermoor. Maar dan gryp die noodlot in en die speurders kry die kans waarop hulle so gehoop het. Die moordenaar begaan n fout : hy reë ‘n ontmoeting met die verkeerde persoon... Die fluitende moordenaar is ‘n speurverhaal van Konsalik wat ‘n mens nie kan neersit as jy eers begin lees het nie. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Dubbelboek 3
Omnibus 1 (deur H G Konsalik)
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Omnibus 2 (deur H G Konsalik)
Omnibus 3 (deur H G Konsalik)
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Omnibus 4 (deur H G Konsalik)
Konsalik treffers
Koop van die boeke - klik hier Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za lees meer van Henry Pahlen se boek - kliek hier Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Een sonde te veel was in 1969 die eerste keer onder Heinz G Konsalik se skuilnaam - Jens Bekker uitgegee. Die ontploffing gebeur skielik. Geen gesis, geen geraas nie. Net ‘n gedempte knal, glas wat breek en die verstikkende, geel damp wat in die laboratorium hang. En Luise Dahlmann wat agteruit steier, haar hande beskermend voor haar gesig. “My oë!” gil sy deur die geel neweldamp wat haar omring. Die horingvliese van albei oë is beskadig. Na baie ondersoeke deur die bekendste oogchirurge, is hulle dit eens: sy sal nooit weer kan sien nie. Haar man Ernst, mede-apteker van die vooruitstrewende apteek wat sy van haar vader geërf het, en haar suster Monika, verpleeg en versorg die blinde Luise nou met die grootste toewyding. Maar hierdie liefdevolle verpleging is deel van ‘n duiwelse plan... Toevallig kom Luise te hore van ‘n sekere professor Siri van Italië se verstommende sukses met horingvliesoorplantings. Sonder haar man se wete gaan sy na Italië en laat professor Siri haar oë opereer. Dan gebeur die wonder - sy kan weer sien! Oorstelp van vreugde gaan sy huis toe om Ernst te gaan verras. Maar watter soort verrassing is dit? Toe sy die sitkamerdeur oopmaak laat dit wat sy aanskou haar besef dat blindheid miskien genadiger sou gewees het. Dit flits deur haar gedagtes : Hulle besef nie ek kan hulle sien nie! En op daardie oomblik besluit sy om “Blind” te bly - ‘n simpel wat die uiterste eise aan haar stel. Een sonde te veel word deur ‘n vinnige tempo en skerp karakterisering ‘n senutergende spanning opgebou wat volgehou word tot by die dramatiese klimaks. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die verliefde spioen - geskryf deur Heinz G Konsalik en deur Ludwig Visser uit Duits in Afrikaans vertaal. Die boek is in 1979 deur Tafelberg uitgegee Frazertown is ‘n tipiese Amerikaanse stad, geleë in die hart van die Oekraine. In werklikheid is dit ‘n hoogs geheime en streng bewaakte opleidingsentrum vir uitgesoekte Russiese spioene, soos majoor Andrei Nikolawitsj Plenjakof. In Frazaertown heet hy John Barryl en hy praat en leef Amerikaans - met bruismelk en “hamburgers” kompleet. Wanneer hy later in Amerika “geplant” word, sal hy volmaak toegerus wees vir sy dubbele rol. Tydens sy opleiding raak Barryl verlief op ene Norma Taylor, ‘n pragtige meisie wat frikkadelbroodjies verkoop. Net haar vurige pikswart oë verraai iets van haat ware identiteit: Dunja Andrejewna Koroljof, ‘n hoogs intelligente en gevaarlike Russiese spioen. Barryl slaag nie daarin om haar te verower nie; wel sy vriend, majoor Sjoekof. Maar dié is in werklikheid Bob Miller, ‘n Amerikaner wat in die geheime Russiese stadjie, smolensk, in die V.S.A. opgelei is. Hy hoef in Frazertown net homself te speel, want van almal word verwag om te alle tye hul Amerikaanse identiteit uit te leef. Die hartstogtelike verhouding tussen Bob en Norma word verbreek wanneer hy ‘n nuwe opdrag kry : om inligting or ‘n groot vuurpylbasis in Siberië te bekom. Maar intussen is Moskou se beste man, John Barryl, na Amerika gestuur. Hy dring deur die veiligheidsnetwerk en verdwyn spoorloos in die groot Amerikaanse gemeenskap. Miller word inderhaas teruggeroep; hy alleen sal sy eertydse vriend kan uitsnuffel. In die soektog na John ontmoet Bob weer vir Norma: sy werk in ‘n restaurant by ‘n kernnavoringsinstallasie in Los Alamos, die geboorteplek van die atoombom! Dit is duidelik dat sy en John saamwerk en dat laasgenoemde steeds hoop om haar liefde te wen. Vir Bob Miller stuur dit alles af op ‘n onvermydelike klimaks: hy en Norma moet kies tussen plig en liefde. Om doeltreffend te wees, moet ‘n spioen sy gevoelens verloën; hy is ‘n doodmaakmasjien in diens van ‘n ideologie. Die verliefde spioen bevestig dat Konsalik steeds ‘n meester van die spanningsverhaal is. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die erfgename - deur Heinz Konsalik geskryf Lydia Penopoulos is die rykste meisie ter wêreld: sy is die erfgename van die skeepsmagnaat Stravros Penopoulos. Oënskynlik het sy alles wat ‘n mens kan begeer, maar sy hunker na ware liefde, wat haar tussen al die weelde ontwyk. ‘n Reeks onnatuurlike sterfgevalle maai die Penopoulos-dinastie af: die seun wat die erfgenaam sou word, sterf in ‘n vliegramp; die moeder pleeg selfmoord, Lydia se eertydse minnaar, Jérome Marcel, verongeluk op die renbaan. Uiteindelik bly sy vrou-alleen oor - ‘n laaste struikelblok vir die meesterplan van kolonel Poetjatkin. Die tyd is ryp vir haar ontmoeting met die aantreklike eenoog-Rus, Lobof. Kameraad Boris Jegorowitsj Lobof se opdrag is ondubbelsinnig : Rusland wil beheer kry oor die wêreld se grootste privaat handelsvloot, en die sleutel daartoe is Lydia. Maar kan Lobof heeltemal onbetrokke bly teenoor die vrou wat hy moet bedreig? Die verhaal beweeg vinnig, teen ‘n voortdurende veranderende agtergrond: Monte Carlo, Parys, Rio, Kaapstad en Knysna, Moskpu... Dit is die opwindende wêreld van die stralejakkers, in wie se hande toevallig soveel van die lotgevalle van die Weste lê. Die erfgename is so aktueel soos more se koerantopskrifte, so ontroerend soos enige verhaal van ‘n desperate soeke na geluk. ‘n Verhaal waat Konsalik homself weer as meester bewys. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die huwelik van Hellmuth Wegener - geskryf deur Heinz Konsalik Hellmuth Wegener leef voortdurend in die vrees dat sy verlede hom sal inhaal, want hy is in werklikheid Peter Hasslick. Aan die Russiese front het hy die sterwende Helmuth Wegener belowe dat hy sy plek sal inneem as die eggenoot van ‘n jong vrou met wie Hellmuth met die handskoen getrou het. Sal hy die rol sy lewe lank kan volhou, en die vrou behou wat hy liefgekry het? Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Liefde in St. Petersburg - geskryf deur Heinz G Konsalik Die Rooi Revolusie spoel oor Rusland. Terselfdertyd probeer Rusland Duitsland tot oorlog dwing. Vir Gregor von Puttlach, jong Duitse militêre attaché, beteken dit dat hy moet kies tussen sy geliefde Gratsinka, dogter van ‘n Rusiese generaal, en sy vaderland. ‘n Verhaal van ontbering en vervolging, soos net Konsalik dit kan vertel. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die vaart na Vuurland deur Heinz G Konsalik. “In Februarie vaar ons vier uit, dan begin ‘n avontuur wat ons elkeen sal verander.” Die avontuur is ‘n oseaanvaart deur twee mans en twee vrouens op ‘n beknopte klein seiiljag, en een van die vier, Helena Sydgriff, is aan die woord. Dis goed om jouself vooraf reg in te stel, maan sy verder, want “ons gaan ondenkbare afgronde in onsself ontdek. Ons sal geestelik so naak wees dat ons rede nie sal kan vertrou nie.” Sy is die kalm, nugter spanlid - broodnodige eienskappe op ‘n miniatuurjag in ‘n ontdekkingsvaart na Vuurland. Maar kan ‘n mens jou op waansin voorberei, op die monster wat op die dek staan as ‘n medeavonturier en sy beskawingsmasker afgooi? Jan Troski, kru buffel en meoilikheidmaker, laat jou hieroor wonder. Dan sê hy boonop daar is geen vonk waar daar geen wrywing is nie. Psigopaat, of net emosioneel onvolwasse? Die vier se ware kleure begin wys. Kyk na Lucrezia Panarotti met haar pragtige, kragtige lyf. Is sy ‘n ligsinnige nimfomaan, of dalk nog sielkundig die sterkste een? Of Peter von Losskow. Hy wil bewys dat die mens die see en hemelruim kan oorheers, maar eerder as teen die vyandige oseaan, kom hy in ‘n verbete geveg te staan teen die mens se aggtessie en eiewaan, wat in moordsig eindig. Maande lank duur die vaart na Vuurland. Maande van ontbering aan liggaam en gees; maande waarin dit voel die jag krimp al nouer om hulle terwyl die oseaan al groter word. Die droomvaart word ‘n hellevaart, die onontdekte word één vraag: Wie gaan oorleef?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Lelie van die Nyl - geskryf deur Heinz G Konsalik Doktor Frank Herburg is lid van ‘n span argeoloë wat in Egipte na die graf van die kind-farao Menesptah soek. Hy beleef ‘n wondersoete verhouding met die verruklike Leila, en , deur die toedoen van ‘n gewetenlose dwelmsmous, ook ‘n grusame ondervinding in die donker grafkamers In Lelie van die Nyl het Konsalik weer eens sy veelsydigheid as skrywer bewys. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die tsarina se lyfartsgeskryf deur Heinz G Konsalik Dr. Andreas von Trottau word deur die tsaar, Iwan die Verskriklike, in die Kremlin aangestel. Die tsarina sal ook deur hom behandel word as sy siek word. Maar die tsarina, Marja, is ‘n warmbloedige mens, en sy raak gou verveeld as die tsaar nie in Moskou is nie. Toe die tsaar te lank in Lataue bly na haar sin, vertstrik sy die jong dokter Von Trottau in haar liefdesnet. Hy gee hom daaraan oor, maar besef ook dat hy daarmee feitlik sy doodsvonnis vel, want die tsarina se minnars hou nooit lank nie. Maar dit is net die begin van die grootste menslike drama wat die dokter nog beleef het, want onder die Kremlin, in ‘n doolhof van gange, tref hy drie mense aan wat reeds twintig jaar feitlik daar gevangenes is omdat die tsaar dit verkies dat niemand van hulle weet nie. Von Trottau kom agter wat hierdie mense se duistere geheim is en hoe hulle inskakel by die tsaar se moorddadige planne. Omdat hy dit weet, is hy feitlik reeds ‘n dooie man, maar ook daar in die donker hole onder die Kremlin vind hy liefde,en hierdie liefde help hom om selfs die tsaar se wrewel te ontvlug. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Die man uit die goue proefbuis geskryf deur Heinz G Konsalik Kleintyd al het Bob Barreis, die rykmanseun, agtergekom dat hy magtiger is as party ander lewende wesens rondom hom. Dit was vir hom ‘n groot ontdekking, want tot in daardie stadium was hy nog net daaraan gewoond om soos ‘n tere plantjie in die kweekhuis behandel te word. Hy moes altyd net die beste kry, hy kon nooit later daaraan terugdink dat hy gesonde “seunsjare” gehad het nie - en daarom het hy ook geen gesonde grootmensjare gehad nie. Dit het begin daardie dag toe hy besef het hy kan sterker wees as ander lewende wesens - toe hy die tuinier se kat doodgewurg het. Dit het hom ‘n wonderlike gevoel van oorwinning, van ekstase, gegee - iets wat hy nog nooit geken het nie, en die gevoel het hy in sy latere lewensjare telkens probeer bevredig deur sy medemens te msibruik. Partykeer was dit ‘n goeie vriend wat ‘n helledood moes sterf, soos die keer toe Lutz Adams daar in die berge verbrand het. Ander kere weer was dit wanneer hy meisies misbruik het om daardie smagting , daardie hunkering en krieweling wat hy oral in sy liggaam gevoel het om ander te sien ly, te bevredig. Bob Barreis het ‘n mondter geword, ‘n afbreker, ‘n vernietiger, ‘n aftakelaar. In sy soeke na sindelike genot, het hy van die een uiterste na die ander gegaan, maar gedurig het hy teen die agtergrond van die vleklose naam van die skatryk familie Barreis beweeg. Hy het teen die prikkels geskop in daardie rigting, hy het probeer wegbreek, sy bande met die familie probeer agtakel, maar tog wer telkens gevind dat hy moet teruggaan, want sy familie was die enigste wat hom die volgende duur motor kan koop waarmee hy kon gaan jaag, wat kon konkel, omkoop en selfs die wette kon plooi om hom uit die moeilikheid te hou. Dit alles het hom teen die bors gestuit - hy het sy familie probeer vernietig, en sy familie het besluit dat hy homself moet vernietig ... Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Lees ook Nan Henning se boek wat op ware gebeure gebasser is:
Die minaars van Sotsji Die beeldskone jong Duitse geneesheer dr. Irene Walther herstel in die skilderagtige Russiese vakansie-oord Sostji van ’n liefdesteleurstelling. Sy vermy doelbewus alle manlike geselskap, maar wanneer die aantreklike Russiese waterbou-ingenieur Boris Broebof op die toneel verskyn, gebeur die onvermydelike: die twee raak dolverlief op mekaar. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Die swart mandaryn Die Duitse volkekundige dr. Hans Rathenow is die eerste Westerling wat toegelaat word om die onherbergsame platteland van China te besoek. As skrywer van reisverhale en kenner van die ryk Chinese kultuur is dit vir hom die kans van ’n leeftyd. Dokter van die verlorenes Die jonk-buurt van Hong Kong: ’n stad op water. In hierdie wêreld vol geheimenisse en vreemde kulture beland die Duitse navorser dokter Fritz Merker, om saam met sy Chinese kollega, dokter Wang Antse, die oorsprong van ’n raaiselagtige siekte te probeer vind: volkome normale mense kom skielik onder ’n vorm van ’n raaiselagtige siekte te probeer vind: volkome normale mense kom skielik onder ’n vorm van hipnose en pleeg koelbloedig en glimlaggend moord. Enkele weke daarna sterf hulle weens ’n onverklaarbare ineenstorting van die lewer. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Liefde is sterker as die dood Op ’n sonnige oggend in Parys ry die skilder Pierre ’n meisie raak. Sy lendelam fiets breek uitmekaar en die blondekoppie verdwyn al hinkende nadat sy hom met blitsende, diepblou oë afgesnou het. Kort daarna sien hy haar weer – op die punt om van die Arc de Triomphe af te spring. Operasie dolfyn Vier doktore, almal dierkundiges, is betrokke by een van die bes bewaarde militêre geheime in Amerika: Hulle rig dolfyne af om gebruik te word as beskerming teen vyandige duikbote wat, danksy nuwerwetse Russiese metodes, Amerikaanse gebied ongesien en ongehoord kan binnedring. Dr. Rawlings, dr. Finlay, dr. Clark en dr. Morero is heeltyds met die dolfyne doenig, en is nie eens bewus daarvan dat hulle met hul werk reeds die Russe se aandag getrek het nie. Kolonel Isjlinski, Russiese militêre attaché in Amerika en die man aan die hoof van die KGB-netwerk in dié land, stuur sy beste manne in om vas te stel wat die Amerikaners in die skild voer. Een wat hom as Blackie Fisher voordoen, slaag byna daarin om dr. Helen Morero verlief te maak op hom, maar hy word deur ‘n geheimsinnige sluipmoordenaar doodgeskiet. Wie? Die Amerikaners het dit nie gedoen nie, ook nie die Russe nie. Wie dan? Die een Russiese poging na die ander word aangewend om agter die geheim van die dolfyne te kom. Spanning is volop. Ook ontroering, want die dolfyne is duidelik baie intelligent en baie na aan menslik. Uit liefde offer hulle selfs hul lewens vir die mens op. Nog ‘n meesterlike Konsalik-vertelling. Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Straat sonder einde Hilde was ’n kind toe haar broer, dr. Hans Sievert, in die ongenaakbare Noord-Afrika verdwyn het. Ná al die jare voel sy, gló sy dat hy vandag nog leef. Snags word sy opeens wakker. Dan staan Hans voor haar bed en steek hy sy arms na haar uit. Hy lyk verskriklik. Sy gesig is ingeval en bleek. Hy wil elke keer iets se – maar sodra sy orent kom, verdwyn sy gestalte in die newels. Sy weet dat sy self na hom moet gaan soek. Daarom verlaat sy die vriendelike stad Berlyn waar sy so rustig en beskermd kon lewe. Saam met ’n groep danseresse vertrek sy per boot na Afrika. Haar soektog in die woestyn, in die straat sonder einde, kan begin.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|