http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Keurboslaan

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Keurboslaan is deur Theunis Krogh (Skuilnaam van Stella Blakemore) geskryf.

Een van die talryke lesers van die Keurboslaanboeke het aan die skrywer gevra om iets oor homself en sy karakters te s. Dit is wat Theunis Krogh geantwoord het: ,,Presies hoe die Keurboslaanreeks ontstaan het, sal ek nie nou kan s nie. Dis miskien aan die karakters self te danke. Dr. Serfontein het in werklikheid bestaan, ofskoon hy nie presies daardie soort skool bestuur het nie. Hy was in elke opsig die karakter wat in die boeke verskyn — miskien minder kortgebonde! Maar toe ek jonk was, het sy persoonlikheid op my ‘n besonder sterk invloed uitgeoefen, en daar ek tog skrywer is, moes dit eendag uitborrel. Hy was goed bekend, beide as professor en as advokaat, maar ek kan ongelukkig nie sy naam noem nie. Krynauw ook, is die werklikheid self. Ek het veel van hom geleer, selfs toe hy my leerling was. Ek het hom onlangs in Londen gesien, waar hy ‘n paar jaar vertoef om verder te studeer. Hy is vandag nog, soos altyd ‘n uitstekende mens. So lewe ook al die ander Keurboslaan-karakters in my, en ek geniet dit om hulle self hul eie probleme te laat uitwerk. . “

Die boeke was in die 1940’s en 1950’s deur J.L. van Schaik uitgegee. In die eerste reeks was daar altesaam 20 boeke, maar by die 2 de reeks was die 20 boeke vervat in nege boeke en is daar 2 addisionele stories bygevoeg. Hier is die lys van die Keurboslaan en hoe die dele op mekaar volg:

  1. Jong Doktor Serfontein (Theunis Krogh)
  2. Keurboslaan se eerste Kaptein (Theunis Krogh)
  3. Keurboslaan se struikrower (Theunis Krogh)
  4. Die Hoof van Keurboslaan (Theunis Krogh)
  5. Keurboslaan se peetvaders (Theunis Krogh)
  6. Avonture op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  7. Twee nuwe seuns op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  8. Die kroon van Keurboslaan - 1944 (Theunis Krogh)
  9. Spanning op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  10. Raaisels op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  11. Moleste op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  12. Die skool stuur speurders - 1945 (Theunis Krogh).
    (Keurboslaan stuur speurders) - 1949
  13. Die Serfontein-kinders (Theunis Krogh)
  14. Kaptein Richard - 1956 (Theunis Krogh)
  15. Rugby op Keurboslaan -1956 (Theunis Krogh)
  16. Gevare op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  17. Misverstand op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  18. ‘n Sukkelaar op Keurboslaan (Theunis Krogh)
  19. Kultuur op Keurboslaan -1961 (Theunis Krogh)
  20. Oorwinning vir Keurboslaan (Theunis Krogh)

Avonture op Keurboslaan    Keurboslaan se struikrowers- Theuns Krogh-Stella Blakemore

Keurboslaan se eerste kaptein- Theunis Krogh-Stella Blakemore    Keurboslaanseeerste kaptein-Theuns Krogh-Stella Blakemore

 

Keurboslaan -die skool stuur speurders- Theunis Krogh-Stella Blakemore

Voorblaaie van verskeie van die eerste uitgawes van Die Keurboslaan-reeks

 

Keurboslaan -kaptein richard- Theunis Krogh-Stella Blakemore

Kaptein Richard - Theunis Krogh
(Skuilnaam van Stella Blakemore)
Boek 14 in die Keurboslaan-reeks

RICHARD Serfontein, die hoof se oudste seun, is die hoofprefek van Keurboslaanskool.

Dis nie ‘n maklike taak nie, omdat hy, as die hoof se seun, in geen enkele opsig deur die seuns as onregverdig bestempel wil word nie. Hy is die skakel tussen die seuns en die hoof en nie tussen die skool en sy pa nie. Sonder om dit te s, steun die hoof hom hierin en word hy deur Dr. Serfontein as enige ander hoofprefek behandel. Soms is die hoof, in sy onpartydigheid, selfs tot ‘n mate onredelik.

Die hoof is hierdie keer verantwoordelik vir ‘n stap wat dit vir Richard baie moeilik maak om skoolsake in die regte koers te stuur. Dr. Serfontein het naamlik besluit om vier seuns tot die skool toe te laat wat weens wangedrag deur die owerheid in ‘n spesiale inrigting geplaas is. Die hoof is oortuig dat die seuns in die regte atmosfeer en onder goeie toesig tot waardige burgers van die land gemaak kan word. Die seuns en ook hul onderwysers is egter baie bang dat die eksperiment nadelig kan wees vir die goeie naam van die skool.

Kaptein Richard word met die moeilike taak belas om die regte verhouding tussen die nuwelinge en die ander te handhaaf.

Keurboslaan -kultuur op Keurboslaan- Theunis Krogh-Stella Blakemore

Kultuur op Keurboslaan- Theunis Krogh
(Skuilnaam van Stella Blakemore)
Boek 19 in die Keurboslaan-reeks

DIE hoof van Keurboslaanseunskool, die beroemde dr. Roelof Serfontein, het hom so verdiep in ‘n groot, geskiedkundige werk wat hy skryf dat by glad nie meer bewus is van wat om hom aangaan nie.

Vir Keurboslaan, waar hy die onmisbare spil is om wie alles draai, het dit byna rampspoedige gevolge:
sake begin daar op ‘n onrusbarende wyse skeefloop en almal, behalwe die hoof, is daarvan bewus. Daar kom selfs onenigheid in die gesin van die Serfonteins.

Die toestand ontwikkel tot ‘n ware krisis toe die seuns stad toe moet gaan om aan die jaarlikse kultuurfees deel te neem.

Die gebeurtenisse van daardie eerste nag in die stad sou ‘n klompie inwoners van Keurboslaan nog tot in hul gryse ouderdom met skrik onthou.

En die hooffigure wat aan die drama van daardie nag deelgeneem het, was die hoof, Josef, Richard en klein Laurens Serfontein.

Daar was ook iemand anders. Wat sy rol was, sou selfs die hoof egter nie eers kon vermoed het nie.

 

Die NUWE Keurboslaan-reeks kon om praktiese redes nie weer uit al 20 titles bestaan nie. Die NUWE Keurboslaan-reeks geskryf deur (Theunis Krogh -skuilnaam van Stella Blakemore)) en opgedra aan ‘n ou vriend Jan L van Schaik. Hier volg die lys van die NUWE Keurboslaan reeks asook 2 nuwe verhale in die reeks:

1.Jong Doktor Serfontein (Theunis Krogh)

  • Jong dokter Serfontein
  • Keurboslaan se eerste Kaptein

2. Die Hoof van Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Keurboslaan se struikrower
  • Die Hoof van Keurboslaan

3. Nuwelinge op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Keurboslaan se peetvaders
  • Avonture op Keurboslaan
  • Twee nuwe seuns op Keurboslaan

4. Die kroon van Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Die kroon van Keurboslaan
  • Spanning op Keurboslaan

5. Raaisels op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Raaisels op Keurboslaan
  • Moleste op Keurboslaan

6. Die Serfontein-kinders (Theunis Krogh)

  • Die Serfontein-kinders

7. Kaptein Richard (Theunis Krogh)

  • Kaptein Richard
  • Rugby op Keurboslaan
  • ‘n Sukkelaar op Keurboslaan

8. Geheime op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Gevare op Keurboslaan
  • Oorlewing op Keurboslaan

9. Misverstand op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • Misverstand op Keurboslaan
  • Kultuur op Keurboslaan

10. Krisis op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • ‘n Nuwe verhaal.

11. Ongenooide gaste op Keurboslaan (Theunis Krogh)

  • ‘n Nuwe verhaal.

 

Die skrywer van die Keurboslaanreeks is nie Theuns Krogh nie, maar Theunis Krogh

 

Lees ook die gewilde meisie boeke deur dieselfde skryfster - Maasdorpreeks - Stella Blakemore

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738