http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Kas van den Bergh is in die omgewing van Matlapein, in die Rustenburg omgewing, gebore. Hy het as boerseun grootgeword en is later na die Volkskool op Potchefstroom. In 1949 het hy ‘n graad LLB. aan die Universiteit van Pretoria verwerf, waarna hy hom op Randfontein as prokutreur gaan vestig het. Hy is getroud met ‘n nooi uit sy studentedae, Nellie Schlimmer. Hulle het vir ‘n redelike tydjie saam met hul drie dogters, op Randfontein gewoon , maar sy węreld het hom geroep - hy is terug na die Rustenburgse bosveld, waarvoor hy so lief is. Hy kom uit ‘n onderwysersfamilie. Sy vader was ‘n C.N.O. onderwyser wat eers by Pilansberg geboer het en daarna hom op Pretoria gaan vestig het. Kas van den Bergh is ‘n bekende man. Hy was lank rubriekskrywer in die Huisgenoot en daarna ook in ander tydskrifte en koerante. Afgesien daarvan het hy ook groothoeveilheid kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte gepubliseer terwyl hy ook heelwat boeke agter sy naam kan skryf. Klik hier vir ‘n lys van Kas van den Bergh se boeke
Foto - Kas van den Bergh
Klik hier vir ‘n lys van Kas van den Bergh se boeke Klik hier vir ‘n lys van Kas van den Bergh se boeke
|