|
Karel Schoeman het verskeie boeke geskryf waarvan die Afrikaanse titles onder meer insluit (alfabeties gerangskik):
- Afrika: 'n roman - deur Karel Schoeman
- Afskeid en vertrek - deur Karel Schoeman
- Armosyn van die Kaap: Voorspel tot Vestiging, 1415-1651 - deur Karel Schoeman
- Armosyn van die Kaap: Die Wêreld van 'n Slavin, 1652-1733 - deur Karel Schoeman
- Berig uit die vreemde: 'n Ierse dagboek - deur Karel Schoeman
- Bloemfontein: Die Ontstaan van 'n Stad, 1846-1946 - deur Karel Schoeman
- Bloemfontein in Beeld, 1860-1881 - deur Karel Schoeman
- Boukkunsskatte van die Vrystaat - deur Karel Schoeman
- By fakkellig - deur Karel Schoeman
- Die dood van 'n Engelsman: Die Cox-moorde van 1856 en die Vroeë Jare van die Oranje-Vrystaat
- Die hart van die son: oor die lewe van Shakespeare - deur Karel Schoeman
- Die hemeltuin - deur Karel Schoeman
- Die kort sendingloopbaan van Sophia Burgmann, 1805-1812 - deur Karel Schoeman
- Die laaste Afrikaanse boek: outobiografiese aantekeninge - deur Karel Schoeman
- Die moord op Hesje van der Merwe, 19 Oktober 1837 - deur Karel Schoeman
- Die noorderlig - deur Karel Schoeman
- Die reisiger: herdenking van dr. C Louis Leipoldt - deur Karel Schoeman
- Die Suidhoek van Afrika: Geskrifte oor Suid-Afrika uit die Nederlandse Tyd, 1652-1806
- Die uur van die Engel - deur Karel Schoeman
- Die vroeë sending in Suid-Afrika, 1799-1819 - deur Karel Schoeman
- Die walskonings - Karel Schoeman - deur Karel Schoeman
- Die wêreld van die digter: 'n Boek oor Sutherland en die Roggeveld ter ere van N.P. van Wyk Louw
- Die wêreld van Susanna Smit, 1799-1863 - deur Karel Schoeman
- Dogter van Sion: Machtelt Smit en die 18de-eeuse Samelewing aan die Kaap, 1749-1799
- Eroica - ‘n roman oor die lewe van Beethoven deur Karel Schoeman
- Hierdie lewe - deur Karel Schoeman
- In liefde en trou: Die lewe van President Martinus Theunis Steyn en mevrou Tibbie Steyn met 'n keuse uit hulle Korrespondensie - deur Karel Schoeman
- J.J. Kicherer en die Vroeë Sending, 1799-1806 - deur Karel Schoeman
- Kinders van die Kompanjie: Kaapse lewens uit die sewentiende eeu
- Koninkryk in die Noorde: 'n Boek oor Skotland
- Lig in die donker: ‘n roman oor die lewe van Rembrandt
- Merksteen: 'n Dubbelbiografie
- ‘n Ander land
- ‘n Duitser aan die Kaap, 1724-1765: Die lewe en loopbaan van Hendrik Schoeman
- ‘n Lug vol helder wolke - deur Karel Schoeman
- Na die geliefde land - deur Karel Schoeman
- Olive Schreiner: 'n Lewe in Suid-Afrika, 1855-1881 - deur Karel Schoeman
- Om te sterwe (lees ook Na my geliefde land)
- Onderweg: Reisherinnerings - Karel Schoeman
- Op 'n Eiland - deur Karel Schoeman
- Patrisiërs en Prinse: Die Europese Samelewing en die Stigting van 'n Kolonie aan die Kaap, 1619-1715
- Spiraal - deur Karel Schoeman
- Stamland: 'n Reis deur Nederland - deur Karel Schoeman
- Titaan: 'n Roman oor die Lewe van Michelangelo Buonarroti
- Van 'n verre eiland: 'n Tweede Ierse Dagboek - deur Karel Schoeman
- Veldslag (Eindelik twee novellas: Veldslag & In Ballingskap)
- Verkenning - deur Karel Schoeman
- Verliesfontein - deur Karel Schoeman
- Vrystaatse Erfenis: Bouwerk en Geboue in die 19de Eeu - deur Karel Schoeman
- Waar ons gelukkig was - deur Karel Schoeman

Die walskonings - Karel Schoeman
Die negentiende eeu is oorheers deur die wals, wat ongeloof like gewildheid geniet het en feitlik alle ander melodieë van die dansvloer verdring het. Dit is in Wenen dat die meeste groot walse van hierdie eeu ontstaan het, en hier het die lede van die Strauss-gesin soos vorste geheers: Johann Strauss en sy seuns, Johann II, Josef en Eduard, met hul beroemde dansorkeste en hul onsterflike komposisies. In Die Walskonings word hulle kleurryke verhaal veral vir die jonger leser beskryf, teen die agtergrond van die heerlikheid en verval van die groot Donau-monargie.



ONDERWEG
In Onderweg is Karel Schoeman se jarelange verblyf in Europa saamgevat in vier-en-twintig sketse waarin die streke en veral die stede van die vasteland op persoonlike wyse beskryf word, van die Griekse eilande in die Suide tot lerland in die Noorde. Italië, Oostenryk, Duitsiand, Nederland, België, Frankryk, Engeland en Skotland is die ander lande wat deur Schoeman beskryf word, met ‘n kennis en insig wat hulle sal Iaat leef ook vir die leser wat hulle nooit self besoek het nie.

Die reisiger (die lewe van C. Louis Leipoldt) - Karel Schoeman
Hierdie roman is in opdrag van die SAUK geskryf vir die honderdjarige herdenking van Leipoldt se geboorte in 1980, met die bedoeling dat uittreksels daaruit in die Vrouerubriek voorgelees sal word. Dit is ‘n denkbeeldige herskepping van die kort periode in die lewe van die man wat later bekendheid sou verwerf as Afrikaanse digter en skrywer.
Karel Schoeman skryf die volgende:
Dat Leipoldt in 1908-09 ‘n paar maande op die privaatjag van die Amerikaanse koerantmagnaat Joseph Pulitzer deurgebring, berus op sy eie getuienis in briewe wat gepubliseer is in die versameling Dear Dr. Bolus — ek kan net noem dat ek in die loop van my weliswaar oppervlakkige navorsing geen bevestiging hiervan gevind het nie. Ek het die episode egter gebruik as basis vir hierdie suiwer fiktiewe herskepping van ‘n paar maande vroeg in die digter se lewe, waarmee dit my bedoeling was om ‘n interpretasie van Leipoldt as jong man te gee en nie ‘n biografiese verslag nie. Alle gebeure in hierdie werk is denkbeeldig en alle karakters versonne behalwe Leipoldt self, Pulitzer en Herbert.
My dank aan professor P. J. Nienaber van die Letterkundige Navorsingsentrum in Bloemfontein en sy personeel vir hulle vriendelike hulp,
Lees ook boeke deur Cor Nortje (radioverhale)
Lees ook boeke deur Leon van Nierop (radioverhale)
Lees ook boeke deur Dricky Beukes (radioverhale)
Lees ook boeke deur Tant Alie deur Mike Heine (radioverhale)



C. Louis Leipoldt Bushveld Doctor In 1914 kom die jong dr. Leipoldt terug van Londen, waar hy sy graad behaal het met ‘n goue penning vir sowel interne geneeskunde as chirurgie — die eerste Suid-Afrikaner vir wie hierdie eer te beurt geval het. Hy is reeds ‘n wyd bereisde jong wêreldburger. As gekwaflfiseerde pediater kom vul hy ‘n pos wat so pas geskep is, die eerste van sy soort in SuidAfrika: Med iese Inspekteur van Skole vir Transvaal.
In Bushveld Doctor gee Leipoldt ‘n boeiende beskrywing van daardie pioniersjare. Hierdie versiag van ‘n byna geheel vervloë tydperk van die plattelandse lewe in SuidAfrika, ‘n tyd van groot en ingrypende veranderinge enersyds en jammerlike verwaarlosing andersyds, ‘n tyd van botsing tussen oud en nuut en van struweling, is leesstof wat end-uit boei. Leipoldt skryf met insig en vaardigheid, en met ‘n fyn oog vir wat werklik belangrik is.
Bushveld Doctor is oorspronklik in 1937 deur die Londense uitgewer Jonathan Cape uitgegee, maar die grootste gedeelte van die oplaag is vernietig in ‘n bomaanval op Londen tydens die Tweede Wereldoorlog. Die paar eksemplare wat wel Suid-Afrika bereik het, is vandag versamelaarsitems.
Hierdie nuwe uitgawe van Bushveld Doctor, wat in die Leipoldtjaar verskyn, is nie alleen geIllustreer nie, maar die meeste van die foto’s is boonop deur Leipoldt self geneem. Saam verskaf foto’s en teks ‘n aangrypende blik op die Bosveld van toentertyd.

Lig in die donker boek deur Karel Schoeman
Soos Beethoven se naam sinoniem geword het vir die musiek en Shakespeare se naam vir die letterkunde, so is Rembrandt van Rijn se naam sinoniem vir die skilderkuns. Geen skilder in die geskiedenis van die Westerse beskawing het die verbeelding van die publiek aangegryp soos Rembrandt nie. Geen skilder het nog daarin geslaag om by sowel kenners as leke soveel bewondering af te dwing soos Rembrandt nie. Geen skilder het met so ‘n verskeidenheid van tegnieke en onderwerpe so ‘n indrukwekkende beeld van die mens gegee soos Rembrandt nie.
Tog het Rembrandt in 1669 gesterf as ‘n vergete man, bankrot en ontnugter. Want hy het nie populariteit en rykdom nagestreef nie: al wat vir hom van belang was, was sy kuns, en ter wille van die ver-edeling daarvan het hy alles opgeoffer.
Hierdie roman is spesiaal deur Karel Schoeman geskryf by geleentheid van die driehonderdste herdenking van Rembrandt se sterfjaar. Dit is ‘n ontroerende boek wat die grootmeester laat lewe voor die leser.
Stofomslag ontwerp deur Willem Jordaan, gebaseer op ‘n selfportret (ets) van Rembrandt.



Die hemeltuin boek deur Karel Schoeman

‘n Lug vol helder wolke boek deur Karel Schoeman
In ‘n Lug vol helder wolke openbaar Karel Schoeman hom weer eens as die uitmuntende skepper van ‘n atmosfeer. Nog selde het ‘n Afrikaanse skrywer dit reggekry om so die tekstuur van ‘n tydperk weer te gee.
Die verhaal van hierdie novelle is geensins verwikkeld nie. ‘n Jong man, Kobus, keer terug na die familieplaas waarin hy nie belang stel nie en wat hy na die dood van sy vader erf. ‘n Verhouding ontstaan tussen hom en sy niggie Alida, en dit het ‘n tragiese afloop, waarna Kobus finaal van die plaaswêreld en sy familie afskeid neem.
Dit is ‘n ontroerend-eenvoudige vertelling, sonder opsmuksel, maar ‘n periode in die Afrikaanse geskiedenis word sonder enige opvallende dramatiek vir ons uitgebeeld. Die plaaswêreld word ‘n integrerende deel van die gebeure, en Schoeman slaag daarin om met sy rustige verteltrant ‘n besondere balans tussen vorm en inhoud te bewerkstellig.



Die uur van die engel boek deur Karel Schoeman Uitgegee 1995
In 1937 het ‘n engel aan ‘n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en die van ander mense oor ‘n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van Karel Schoeman se roman.
Die uur van die engel is die tweede titel gepubliseer in die groep van romans onder die algemene naam : Stemme
Die roman is ook bekroon met die CNA Letterkundetoekenning asook die Hertzogprys

Afskeid en vertrek boek deur Karel Schoeman
Net soos Karel Schoeman se vroeëre, bekroonde roman “Na die geliefde land”, speel hierdie werk af in Suid-Afrika wat op onbepaalde wyse tussen hede en toekoms geleë is. Hierdie is die liefde, kunstenaarskap en die skeppende vermoë in ‘n tyd van aftakeling en geweld die hooftemas, in ‘n boek waarin spesifieke tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika op subtiele maar aangrypende wyse vasgelê is.



Verkenning boek deur Karel Schoeman
Hierdie roman van Karel Schoeman is deur historiese gegewens ingegee en binne ‘n werklike raamwerk geplaas, naamlik die kort bewind van die Bataafse republiek vroeg in die negentiende eeu en die einde van die Nederlandse tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die geskiedkundige gebeure is egter vry vertolk en aangewend om gestalte te gee aan ‘n verhaal wat op verskeie vlakke gelees kan word.

Om te sterwe boek deur Karel Schoeman
Die tema van “Om te sterwe” het by Karel Schoeman ontstaan lank voor die van sy opspraakwekkende roman “Na die geliefde land”, maar daar is ‘n duidelike ooreenkoms tussen die twee boeke. Ook hier word vertroude plekke en persone in ‘n nuwe lig gesien, en veroorsaak veranderings in ‘n baie nabye toekoms ‘n ingrypende verskuiwing van perspektief.
Lees ook boeke deur F.A. Venter
Lees ook boeke deur Wille Martin
Lees ook boeke deur Adriaan Snyman



Die wêreld van Susanna Smit 1799-1863 boek deur Karel Schoeman
Die voorblad is gebaseer op ‘n detail van ‘n tekening van J.A. Harding van Andries Pretorius wat in 1839 ‘n Zulu-afvaardiging te Port Natal toespreek
Susanna Smit was die suster van die Trekkerleier Genl. Maritz en die vrou van die Trekkerpredikant Erasmus Smit. Aan haar word die kreet van verset teen die Britse oorname van Natal toegeskryf wat verewig geraak het in die vorm, ‘Liewer barrevoets oor die Drakensberge . . .
Hierbenewens was Susanna Smit egter die skrywer van ‘n omvangryke dagboek wat in sy behoue vorm die jare -1843-1851 dek en hoofsaaklik haar geestelike belewenisse en oordenkings vaslê. As persoonlike dokument is hierdie teks uniek in die Arrikaanse letterkunde, en dit getuig bowendien van ‘n besonder innige en intense geloofslewe en aansienlike literêre vaardigheid.
In Die wêreld van Susanna Smit beskryf Karel Schoeman die lewe van ‘n uitsonderllke vrou. Terselfdertyd beeld hy ook die agtergrond uit waarteen dit plaasgevind en die gebeure waardeur dit geraak is, van haar onrustige jeug aan die Oosgrens en haar verbintenisse met Bethelsdorp via die vroeë werk- saamhede van die Londense Sendinggenootskap tot die Groot Trek en die opkoms en ondergang van die Republiek Natalia.
Lees ook Groot Trek trilogie deur F.A. Venter
Lees ook boeke deur Gustav S Preller
Lees ook boeke oor die rebellie deur H.S. van Blerk
Lees ook boeke oor die rebellie deur Mikro

Veldslag novelles deur Karel Schoeman Eerste druk was in 1965
Die eerste novelle, ,,Veldslag”, het ontstaan toe Karel Schoeman nog universiteitstudent was; die tweede, ,,In Ballingskap”, enkele jare later. Albei staan in verband met die Tweede Vryheidsoorlog.
In ,,Veldslag” word verhaal van die mense (hoofsaaklik die vroue) op ‘n Vrystaatse dorp tydens die oorlog: die skrywer slaag op merkwaardige wyse daarin om die tekstuur van die lewe in daardie dae weer te gee met sy sobere en sekure taalgebruik. ,,In Ballingskap” speel in Nederland af onmiddellik ná die oorlog, en handel oor Afrikaners wat nie kans gesien het om onder die Britse vlag in hul land te bly nie, maar na Nederland vertrek het. Ook hier toon Schoeman hom ‘n uitstekende hanteerder van die taal om ‘n sekere atmosfeer uit te beeld.
Veldslag is Karel Schoeman se debuutwerk



Die laaste Arikaanse boek outobiografiese aantekeninge boek deur Karel Schoeman
Uit outobiografiese aantekeninge wat Karel Schoeman begin maak het nadat hy met sy aftrede kom woon het op die dorp waar hy gebore is, en sporadiese dagboekaantekeninge uit dieselfde tyd, het ‘n uitsonderlike geskrif ontstaan wat op beeldende en omvattende wyse gestalte gee aan sy lewe, sy werk en sy tyd, en wat volgens hom na alle waarskynlikheid sy laaste boek sal wees.

Op ‘n eiland boek deur Karel Schoeman Eerste druk was in 1971
Vier Suid-Afrikaners bevind hulle saam op ‘n afgeleë Griekse eiland. Die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens bestaan en ontstaan, verkry algaande ‘n verwikkeldheid wat uiteindelik móét uitrafel.
Karel Schoeman het aan hierdie roman die sensitiewe, indringende behandeling gegee wat van hom ‘n Hertzogpryswenner gemaak het. Op ‘n eiland is ‘n waardige opvolger van sy vorige werke.



Eroica ‘n roman oor die lewe van Beethoven deur Karel Schoeman Eerste druk was in 1973
Met Eroica lewer Karel Schoeman sy derde roman vir jong mense oor die lewe van ‘n groot kunstenaar. Dié keer is dit die groot komponis Ludwig van Beethoven wie se lewe in romanvorm beskryf word.
Soos die ander karakters in Schoeman se lewensromans, Shakespeare en Rembrandt, het Beethoven die hoogste sport in sy kunsvorm bereik, en is hy die komponis by uitnemendheid wat deur die eeue die verbeelding van die mensdom aangegryp het.
Op meevoerende wyse beeld Schoeman Beethoven se lewensloop uit: die selfversekerde jong musikus wat na ‘n moeilikejeug in Wenen aankom, waar hy in die hoogste kringe beweeg maar homself nog altyd vanweë die grootheid van sy genie as belangriker beskou as al die vorste en prinse met wie hy verkeer. Daar is Beethoven, wie se liefde nie beantwoord word nie; Beethoven wie se toegeneentheid aan sy neef vergeefs lyk; Beethoven wat getref word deur die grootste ramp wat enige musikus kan tref: doofheid. Deur dit alles heen werk hy hartstogtelik, skryf hy hartstogtelike musiek, wek hy die hartstogte in mense.
‘n Ingewikkelde persoonlikheid kry lewe in die bladsye van hierdie boek.
Lees ook ‘n biografie van Beethoven deur Derick Jacobs





|