|
John Coetzee
Gebore 25 November 1931 in Florida, Transvaal (Gauteng). Hy voltooi sy skoolloopbaan by Marist Brothers College in Johannesburg en begin daarna as vakleerling by die vroeëre Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens. Na voltooiing van sy vakleerlingskap bekwaam hy hom as elektrisien. Hy studeer na-uurs deur UNISA en verwerf ‘n BA graag met tale soos Afrikaans, Nederlands, Engels, Duits, Frans en Portugees. Na 8 jaar by Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens word hy aangestel as vertaler by die destydse Yskor (Yster en Staalkorporasie). Hier werk hy vir 22 jaar as vertaler en later hoofvertaler by Yskor se hoofkwartier in Pretoria.
Sy liefde vir skryf was reeds daar van kleins af en het hy ook verskeie gediggies en kortverhale geskryf. Hy publiseer sy eerte boek, Buks en die Stropersbende, in op 1970 deur Tafelberg Uitgewers. Na 22 jaar diens by Yskor, tree hy vroeg af en doen vryskut vertaalwerk en skryf boeke. Verskeie van sy boeke was voorgeskyfde werke. Sy boeke het gewoontlik ‘n geskiedkundige agtergrond en het hy ook gewoontlik eers deeglike navorsing en onderhoude met deskundiges gedoen. Sy navorsing het selfs besoeke na die plekke waar dit afspeel, ingesluit.
Hy en sy vrou, Lene, en hul 3 kinders het baie rondgereis na onder andere Verenigde State van Amerika, en Europa. Sy stokperdjie is om te stap , skryf en na klasieke musiek te luiter.
Bibliografie van Publikasies: Buks en die Stropersbende - 1970 met 4 herdrukke (Tafelberg) Buks en die Dinamietramp - 1972 met 6 herdrukke (Tafelberg) Waar die Hoogoonde Gloei - 1972 met 2 herdrukke (Tafelberg) (Voorgeskryf vir die Universiteit van Stellenbosch 1973-1974) Buks en die Goudsoekers - 1973 met 3 herdrukke (Tafelberg) (Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1979) Die Ongeluk by Loskrans - 1974 deur Tafelberg uitgegee Mensies in die Dorsland - 1975 deur Tafelberg uitgegee Die Brand by Wilgemeer - 1977 deur Tafelberg uitgegee Buks en die Runderpes - 1977 met 2 herdrukke (Tafelberg) Struben se Goue Vallei - 1978 met 10 herdrukke (Tafelberg) (Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1984) Buks en die Geheim van Zimbabwe - 1980 deur Tafelberg uitgegee Berg van die Bosduiwe - 1981 deur Tafelberg uitgegee Die Goue Ring - 1981 deur Tafelberg uitgegee Accident on Rocky Pass 4) - 1982 met 14 herdrukke (Tafelberg) (Voorgeskryf vir Departement van Kultuur en Onderwys verskeie jare) Struben's Golden Valley 5) - 1984 met 2 herdrukke (Tafelberg) (Voorgeskryf vir Onderwyskolleges verskeie jare) Buks en die Rooi Woestyn - 1984 deur Tafelberg uitgegee Die Ysterpad See toe - 1986 deur Tafelberg uitgegee Flint and the Red Desert - 1986 deur Tafelberg uitgegee Flint and the Dynamite Train - 1987 deur Tafelberg uitgegee Trekspoor in die Wildernis - 1989 deur Tafelberg uitgegee The Mystery of Cloud Mountain - 1989 deur JP vd Walt uitgegee (Naaswenner: Volkskasprys vir Jeuglektuur 1989) Vlam van die Goudvelde - 1991 1e uitgawe JP vd Walt The Message - 1991 deur Tafelberg uitgegee Agon en die Donker Planeet - 1993 deur Tafelberg uitgegee Die Gedoente op Planeet Boris - 1996 deur Tafelberg uitgegee Crash Flight - 1994 1e uitgawe Kagiso The Burning River - Skuilnaam: John Quest - 1987 1e uitgawe De Jager-HAUM The Golden Rhinoceros - Skuilnaam: John Quest - 1990 1e uitgawe De Jager-HAUM

Struben se goue vallei- Uitgegee deur Tafelberg
Klik hier vir ‘n lys van John Coetzee se boeke
|