http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Johan Coetzee is gebore in Johannesburg en matrikuleer aan die Hoër Seunsskool Helpmekaar. Daarna voltooi hy sy basiese militêre opleiding met ‘n Offisiersrang. Daarna studeer hy aan die Universiteit van die witwatersrand (Wits) met Afrikaans-Nederlands, Engels en Sielkunde as hoofvakke. Later sluit hy by die SAUK aan as nuusman en word later ‘n joernalis en werk by Die Beeld, Rapport, Sunday Express asook vryskut. In Januarie 1976 word hy opgeroep vir aksie in Angola, waar hy drie maande lank veg. Op daardie stadium was hy redakteur van Huisgenoot se jeugafdeling. Hy is getroud met Amoré Pienaar en het twee seuns uit ‘n vorige huwelik. Johan Coetzee beskou honself as ‘n skrywer / soldaat en of soldaat /skrywer.
Foto : Johan Coetzee Lees meer oor Verby die wit brug - kortverhale oor die grens Uitgegee deur Human en Rousseau in 1978
|