|
Jeanette Ferreira is die skryfster en samesteller van liefdesverhale, wetenskapfiksie en ander genres. Sy het byna een en ‘n halwe dosyn boeke gepubliseer wat die volgende titels insluit:
- Babette - ‘n historiese roman deur Jeanette Ferreira, 1995 / 2006
- Bly by my vannag
- Boereoorlogstories : 34 verhale oor die oorlog van 1899-1902, samesteller en redakteur Jeanette Ferreira, 1998
- Catharina - ‘n historiese roman deur Jeanette Ferreira, 1996 / 2006
- Charlotta - ‘n historiese roman deur Jeanette Ferreira, 1999 / 2006
- Daardie eerste somer - boek deur Jeanette Ferreira, 1994
- Die mammies, die pappies, die hondjies, die katjies - kortverhale, 1989
- Die onsterflikes (wetenskapfiksie) - boek deur Jeanette Ferreira, 1995 (voorbladontwerp deur Angus McBride)
- Die son kom aan die seekant op - boek deur Jeanette Ferreira, 2007
- Diepwater - Liefdesverhaal deur Jeanette Ferreira
- Kruis en dwars : 37 nuwe stories oor Suid-Afrika / samesteller en redakteur, Jeanette Ferreira. 2001.
- Liefde loop ver : Liefdesverhale deur mans / samesteller en redakteur Jeanette Ferreira, 1999.
- Martha - A Story about Martha Solomons, Countess of Stamford
- ‘n Man soos Charles, deur Jeanette Ferreira, 1989
- Op hulle stukke / samesteller Jeanette Ferreira, 2005
- Sitate om ‘n rewolusie - novelle deur Jeanette Ferreira, 1985
- Waar een mens saam is - digbundel, 1980

Die son kom aan die seekant op Die epiese tog van Louis en Martha Tregardt van die Kolonie tot by Delagoabaai (later bekend as Lourenco Marques, en huidiglik bekend as Maputo) Boek geskryf deur Jeanette Ferreira
Die dagboek van Louis Tregardt is sekerlik ‘n belangrike deel van die uiters skaars boekstawing van die trek van die boere uit die Kaapkolonie na die noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika. Ek het onlangs in my inskrywing Dirk Der Duisende ook Opperman se gedig Clat boek, wat ook oor die dagboek gaan, genoem. Soos gewoontlik het Jeanette Ferreira deeglik navorsing gedoen, en word daar omtrent 20 bronne agter in die boek gelys.
Agterbladteks:
Die geringste stukkie van enige mens se lewe wat opgeskrywe staan, is iets mooi.
Al wat die trekleier Louis Tregardt ten doel gehad het met sy lukraak inskrywing op die vyfde bladsy van sy handgebinde boek was “Kladboek van L. Tregardt”. Algaande het dit egter ‘n dagboek geword, die verhaal van ‘n trek deur die onbarmhartige binneland tot in Delagoabaai, waar die son soos elke ander dag aan die seekant opkom – en waar die trek anders eindig as wat enigiemand voorsien het.
Hoe sou Tregardt se vrou Martha hierdie dinge belewe het? “Mens kan seker nie alles opskrywe nie,” sê sy in hierdie roman. Die een sien ‘n skilpad langs ‘n wawiel, die ander ‘n slang se kronkels. Een mens laat ‘n spoor, ‘n ander trek daarop langs

Diepwater Liefdesverhaal deur Jeanette Ferreira
Robin gaan bestudeer rotstekeninge op Emil de Villiers se plaas, en daar ontstaan ’n sonderlinge vriendskap tussen hulle waar hulle aand na aand kuier om die kampvuur voor die jagtershut waar sy bly, waar hulle diep prate praat oor alles en almal behalwe hulself, want haar verlede is Louis, Emil se vennoot in sy veeartsenypraktyk; in syne is daar ’n vrou oor wie hy nie praat nie.
Jeanette Ferreira se liefdesverhale smeul onder die oppervlak en hou die leser gevange tot by die laaste woord.

Catharina Histories roman deur Jeanette Ferreira Eerste uitgawe was in 1996en tweede uitgawe was in 2006
In die winter ran 1836 word Lang Hans van Rensburg se hele trek uitgemoor. Maar gerugte wil dit hê dat twee kinders aan die moordnag ontkom het. Byna vyftig jaar later trek Catharina saam met haar vader uit op die winterjag in die Laeveld, maar haar pad voer haar uiteindelik verder: oor Barberton se delwerye, deur die runderpes en die groot droogte, oor die transportryerspad tussen Delagoabaai en die ou Transvaal, en, kort voor die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, terug na die Olifantsjagrivier. Telkens koers die pad ook terug na die nag van die moord op die Van Rensburg-trek. En daar is liefde en ander bloed op die spel. ‘n Diep menslike en epiese sage wat afspeel teen die agtergrond van die Laeveld van die l9de eeu, en die Anglo-Boereoorlog.
Lees ook F.A. Venter se boeke: Offerland, Geknelde land, Bedoelde land, Gelofte land
Lees ook boeke van die boere-oorlog deur MIKRO

Die onsterflikes ‘n Afrikaanse Sci-fi boek geskryf deur Jeanette Ferreira Kliek hier om meer van ander wetenskapfiksie boeke te lees Die voorbladontwerp was deur Angus McBride gedoen
Dit begin met ‘n ontvoering na Immorta — stad waar tyd nie bestaan nie. Baie wat reeds gesterf het, leef in Immorta weer. Al sou hulle die dood verkies. Dit is hier waar dr. Emile du Randt gedwing word om die NORME van Immorta te onderskryf: geen huwelik, geen gesin, geen intimiteit, politiek, godsdiens of private besit nie — slegs toewyding aan die Wetenskap. En in ruil daarvoor: onsterflikheid.
Maar onsterflikheid het ‘n prys. So kosbaar soos die lewe self.
Emile moet kies: of die koue Wetenskap of ontsnapping na vryheid. En wat sy keuse ook al is, sal hy geskei word van Lawa, die vrou na wie sy bloed roep: beeldskone en sensuele Lawa,wat gedoem is tot intimiteit omdat sy dit gewaag het om die NORME te bevraagteken.
Die onsterfilkes is aangrypende, spannende “sci-fi.” ‘n Onvergeetlike nuwe leesavontuur deur een van ons voorste Afrikaanse skrywers - Jeanette Ferreira.
Lees van ander Afrikaanse kortverhale - kliek hier
Lees Afrikaanse spookstories - Kliek hier
Kliek hier vir Afrikaanse Fantasieboeke
Kliek hier vir nog wetenskapfiksie / sci fi stories

Daardie eerste somer liefdesverhaal geskryf deur Jeanette Ferreira
“Ek weet hoe werk hierdie dinge, Mira,”het hy gesê. “Ek het baie meisies geken. . . Moenie jou met my misgis nie...” Hy het sag in die donker gelag. “Ek weet presies wat om volgende te doen. Ek kan al om die ander dag vir jou ‘n bos rose stuur. Daarna kan ek jou gereeld vir romantiese etes by kerslig uitneem en selfs probeer om jou ‘n bietjie lighoofdig te maak. Ek kan die rose opvolg met ‘n string pêrels...”
Hy het weer ingehoue gelag toe sy verontwaardig regop sit. “Teen daardie tyd behoort jy reeds besonder ontvanklik te wees as ek die slaapkamerdeur agter ons toetrek. .. En selfs dan, as jy nog weerstand bied, weet ek presies hoe om my sin te kry.. Sy het na hom gesit en luister.
“Ek sê jou maar nou, dan weet jy. Ek gaan met jou trou. Dink maar so ‘n bietjie, dan sê jy my. Maar ek gaan in elk geval met jou trou.”
Lees romanse deur Jacqueline Brink
Lees liefdesverhale deur Nita Griessel
Lees liefdesverhale deur Vera Wolmarans
Lees liefdesverhale deur Christine le Roux

Babette ‘n Historiese roman deur Jeanette Ferreira In die tradisie van “Gone with the wind”
Nadat sy by haar grootmoeder in die Kaap skoolgegaan het, keer die jong Babette terug na Lijdenburg met ‘n onversetlikheid in haar hart: sy het nie vergeet hoe haar stiefma haar behandel het nie. Maar dinge verloop anders wanneer haar vader sterf en sy die boerdery moet oorneem. ‘n Onstuimige ontmoeting met Antoine, ‘n boer van die omgewing, lei tot ‘n verterende liefde wat niks ontsien nie en bring groter verskeurdheid in ‘n jong vrou wat haar reeds moes verhard. Maar wanneer die oorlog met Engeland uitbreek, word nog opofferinge van Babette verwag. In Kibit se woorde: “Daar is net twee wette in hierdie lewe van ons. Die een is oorlog. Die ander een is liefde. Net hierdie twee. Dit is al die wette van hierdie wêreld.”
‘

|