http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Die Jantjie-reeks bestaan uit 6 boeke en is geskik vir jong seuns en dogters. Die Jantjie reeks (ook die Petrusdorp-reeks genoem) is geskryf deur die bekende Topsy Smith, wat ook die Trompie-reeks en Saartjie-reeks geskryf het.
Speurder op Petrusdorp -No 5 van Jantjie-reeks deur Topsy Smith Moleste op Petrusdorp - Boek no 3 van Jantjie-reeks deur Topsy Smith Dit het natuurlik alles begin met die pampoenspook, en as ou Paal nie die aand aan die nies gegaan het nie, sou al die moleste seker nooit plaas gevind het nie. Maar toe was Boel Venter, die skool se bullebak en bobaas-bakleier, op Jantjie-hulle se spoor en hy sou nie rus voordat hy wraak geneem het nie. Ja-nee, daar lê ‘n moeilike tydjie voor vir die sproetgesig-Jantjie, en die ander Nuuskierige Agies weet ook nie meer wat om te dink nie. Daar is die stukkende inkpot, die Natuurstudievraestel en Jantjie se “droom”, en toe mnr. Badenhorst se tienrandnoot gesteel word, is die vet behoorlik in die vuur. Sal Jantjie ooit sy onskuld kan bewys en weer die held van sy skool wees? Sal sy maat by hom staan? In elk geval, as ou Badie nie ingegryp het nie, het sake miskien heel anders verloop...
Klik hier vir ‘n lys van Topsy Smith se boeke
Marsmanne op Petrusdorp - Boek no 4 van Jantjie-reeks deur Topsy Smith ,,As julie goed kan toneelspeel en nie bang is nie, kan julie die hele dorpie op hol hê,” het Paal se oom Roefus gesê. Min het hy kon weet waartoe sy woorde sou lei, want dit was nie lank daarna nie dat die Vlieënde Piering op Petrusdorp geland het en die Marsmanne hul verskyning gemaak het. Ja-nee, hierdie vakansie sou allesbehalwe saai wees vir die Nuuskierige Agies, Jantjie se bende. Daar is die veldloopwedstryd om die veelbesproke prys te verower, en daar is die ,,man met kwade hedoelings” wat Antjie gesien het. En om alles te kroon, kom Jantjie ‘n Springbokrugbyspeler, ‘n kwaai bul en ‘n boosaardige bulhond tee. Wat ook al die nasleep van al hul petaijes is, een ding is seker: die Marsmanne het onsterflike roem en eer aan Petrusdorp besorg.
Topsy Smith was ook die skrywer van die Saartjie reeks onder die skuilnaam van Bettie Naudé Topsy Smith was ook die skrywer van die Trompie reeks- waarvan daar ook ‘n TV-reeks gemaak was. Lees ook Topsy Smith se Gampietjie-reeks
Lees ook die Keurboslaanreeks - deur Theuns Krogh Lees ook die Jasper-reeks deur C.F. Beyers-Boshoff Lees ook die Fritz Deelman-reeks deur Leon Rousseau Lees ook die Wikus en Werner-reeks deur E.B. Victor Lees ook die Uile-reeks deur Cor Dirks
Lees ook die Otters deur Cor Dirks
Lees ook Joof en sy maats-reeks deur Cor Dirks Lees ook die Swart Kat reeks deur Chris Sasner
|