|
Jan Kromhout se lys van boeke sluit in:

Bestel boeke aanlyn by ons winkel : www.lizmar.co.za

Digterstemme - ‘n keur uit die Afrikaanse poësie
Die boek sluit van die volgende werke in:
- Brakkie - SJ Pretorius
- Die storie-uur - Kleinjan
- Laas Vakie - Eugene N Marais
- Toe die wêreld nog jonk was - A.G. Visser
- Die drie kindertjies - Totius
- Muskietjag - A.D. Keet
- Vet - A.G. Visser
- Die steenbokkie- SJ Pretorius
- Ritrympie - Toon van den Heever
- Sneeurwitjie - A.G. Visser
- Aan die veilige kant - A.G. Visser
- Anamnesis - A.G. Visser
- Die strandjutwolf - N.P. van Wyk Louw
- Fusillade - Ernst van Heerden
- Die ossewa - Jan Celliers
- Amsterdam - A.D. Keet
- Slampamperliedjie - C. Louis Leipoldt
- Die storie van Glaukus - C. Louis Leipoldt
Kort Biografie van Dr Jan Kromhout.
Jan Kromhout is in 1917 op Carolina gebore en het op 10 Oktober 2003 in Johannesburg gesterf op die ouderdom van 86 jaar. Hy was getroud met Hettie Kromhout (’n nooi gebore “Kat” ), 'n dosent in Engels. Sy is egter reeds op 27 April 2000 oorlede. Hulle het twee seuns, Leon en Emile, en vyf kleinkinders nagelaat.
Jan Kromhout was sedert 1976 redakteur en hersiener van die uitgewershuise J.L. van Schaik en Pharos se tweetalige Skoolwoordeboek , Klein Woordeboek en Mini - Woordeboek.
Hy was ook vise-rektor van die Johannesburg College of Education en samesteller van verskeie bloemlesings van kindergedigte. In die 1970's en 1980's het hy resensies van Afrikaanse boeke vir die Engelse koerant “The Star” geskryf.
Mnr. Hans Büttner, voormalige bestuurder van Pharos en vriend en kollega van Kromhout, het hom bestempel as dié woordeboek-reus en dat Jan Kromhout een van die grootste versamelaars van woorde was wat hy geken het.
- Kinderwysies - deur Jan Kromhout
- Kinderliedjies - deur Jan Kromhout
- Keur vir ons kinders - deur Jan Kromhout
- Die nuwe tweetalige brieweboek - deur Jan Kromhout
- Leipoldt as digter - deur Jan Kromhout
- Die onsigbare man (vertaal uit Engels) - deel van die LIBRI reeks
- Paddeltjie (vertaal uit Engels) - deel van die LIBRI reeks
- Dr. Jekell en mnr. Hyde (vertaal uit Engels) - deel van die LIBRI reeks
- Johnny Tremain (vertaal uit Engels) - deel van die LIBRI reeks
- Digterstemme - ‘n keur uit die Afrikaanse poësie - deur Jan Kromhout
|