|
Jan J van der Post is bekend vir sy boeke die “Duine-reeks” maar het ook enkele ander titels gepubliseer. Hier is ‘n lys waarvan die titels onder andere insluit:
- Agarob- kind van die duine - 1963
- Jagters van die Duine - 1965
- Gaub - Vlugteling van die Duine - 1964
- Vonk - Vondeling van die Duine
- Witman van die Duine - 1964
- Kwai, Vegter van die Duine - 1966
- Tjeb, Die spoorsnyer - 1967
- Skat tussen die duine - 1968
- Agter die rooi lyn - 1970
- Njarabeb die ratel 1970
- Ngno - Renoster van die duine - 1971
- Toordokter van die duine
- Dai - ‘n kind van Kaapstad - 1966

Alfabetiese lys van Jan J van der Post se duine / woestyn boeke:
- Agarob- kind van die duine - 1963
- Agter die rooi lyn - 1970
- Dai - ‘n kind van Kaapstad - 1966
- Gaub - Vlugteling van die Duine - 1964
- Jagters van die Duine - 1965
- Kwai, Vegter van die Duine - 1966
- Ngno - Renoster van die duine - 1971
- Njarabeb die ratel - 1970
- Skat tussen die duine - 1968
- Tjeb, Die spoorsnyer - 1967
- Toordokter van die duine
- Vonk - Vondeling van die Duine
- Witman van die Duine - 1964
Lees meer oor die duine-reeks boeke

Jagters van die duine deel van die duine-boeke (deur Jan J van der Post)
Lees meer oor die duine-reeks boeke


Kwai, Vegter van die Duine (deur Jan J van der Post) Deel van die Duine-reeks boeke
Met Agarob, Kind van die Duine het die skrywer in 1963 gedebuteer met ‘n boek wat enig in sy soort was, ‘n boek wat met ‘n seldsame egtheid en eenvoud geskryf is. Sedertdien het nog vier Duine-boeke verskyn, en elkeen toon duidelik dat hy met ‘n eerstehandse kennis van sake sy boeiende verhale vertel.
Hierdie kennis kan alleen geput word uit ‘n persoonlike en intiem-onmiddellike kontak met die klein mensies van die veld. Gevolglik is sy boeke dan ook ‘n unieke bydrae tot die Suid-Afrikaanse verhaal oor ander rasse.
Kwai, Vegter van die Dame bewys dat die skrywer nog nie sy pylkoker met sy vorige werke leeg geskiet het nie. Met hierdie verhaal breek hy weg van die uitbeelding van die verwarrende wéreld wat daar tussen Boesman en witman, of omgekeerd, bestaan. Hierdie keer bepaal hy hom by die stryd tussen die klein mensies van die veld en die swartmense wat oor die duinewêreld heen die spore’ van die klein mensies volg. Hulle word gejag, gedood, hulle vrouens en kinders ontvoer...
Ver van hulle natuurlike tuiste lei Kwai ‘n groepie oorblywendes na ‘n berg waar hulle redelik veilig kan wees en waar daar baie wild is. Maar ook hier word hulle geen rus gegun nie. Kwai wil nie verder vlug nie, moeg om soos ‘n dier gejag te word. Hulle moet die swartmense se aanval afslaan. Maar hoe kry so ‘n groepie klein mensies van die veld dit reg?
Dit word ‘n spannende, grimmige stryd, wat met simpatie en oortuigingskrag vertel word. Hierdie boek is uit ‘n suiwer-tegniese oogpunt beskou waarskynlik die skrywer se knapste werk.


Witman van die duine Deel van die Duine-reeks boeke deur Jan J van der Post


Tjeb, die spoorsnyer Jan J van der Post (soos al sy boeke, is die boek op werklike gebeure gebaseer)
,,Skielik steek die spoorsnyer vas. Hy vryf sy oë en kyk weer. Kan dit wees dat hy to veel aan die witman se stories gedink het en dat die maan nou die witman help om hom te terg? Hy loer oor sy skouer en sien die glimlag op die groot jagter se gesig. Toe kyk hy weer voor horn. Tjeb voel seker dat die maan hom uitgesoek het om aan hom te wys dit wat geen mens van die veld nog gesien het nie.”
Tjeb, baasjagter van die Duine, word ‘n grootwildjagter se spoorsnyer. Olifante, Ieeus en buffels ken hy, maar vroeg-vroeg leer hy dat dit veiliger vir ‘n spoorsnyer is om in ‘n hoë boom te klim as om op die grond te bly wanneer die groot wit jagter met hierdie diere slaags raak. ,,Tji! Boet!”dink hy,,,jy ry op ’n sebra wat miskien vinniger as die olifant kan hardloop, maar ek kan nie so vinnig wegkom nie!
Baklei julle klaar, dan vat ek kom kyk wie se bloed op die veld geloop het!”
Maar dis eintlik in die omgewing van die Okavango-rivier dat hy nuwe dinge sien en vreemde avonture beleef. Daar is die groot Iikkewane wat hulle gaan jag — en dit nogal in die middel van die nag; daar is ook die waterdiere met die baie vet; en Tjeb ontmoet ook die kriekmense, mense soos hy, maar wat nou in die riete langs die water woon.
Hierdie interessante gebeurtenisse word deurgaans deur Tjeb se oë gesien. Sodoende verkry hierdie boeiende gegewe ‘n suiwer perspektief en word die baie lagwekkende situasies waarin Tjeb hom kort-kort bevind, besonder humoristies weergegee.
En dan is daar nog Tjeb se heldedaad wat ‘n treffende hoogtepunt in hierdie boek vorm
Lees ook Doc Immelman se boeke oor Suidwes / Namibië
Lees ook Duin Drie van Johann Bekker


Dai - ‘n kind van Kaapstad- deur Jan J van der Post
“Aghie! Aghie!” Dai moet sy skreeu ken om bo die suidooster gehoor te word. En as Groot Dai hom eers van die oorkant van die straat begluur, dan voel Dai die koue rillings langs sy rug af en sy stem word net so ‘n bietjie skriller van angs.
Dai is ‘n kind van Kaapstad. Soos meeste kinders van die Distrik moet hy koerante verkoop om te sorg vir ‘n ekstra inkomste, want Groot Dai dreig kort-kort om hom weg te gee as hy nie sy deel tot die huishouding by te dra nie.
Dai is ‘n los kind. Vandat hy kan onthou, bly hy by Groot Dai en Enn. Aan ouers het hy nog nooit gedink nie, maar toe Dai in die hof beland, hoor hy vir die eerste keer sy volle naam: Daniël Johannes Pieterse; en Dai begin besef dat die wêreld groter is as die Distrik. Baie, baie groter.
Skat van die duine Deel van die duine-reeks deur Jan J van der Post 1968 uitgegee deur Tafelberg-uitgewersInhoud:
Inhoud
- Nembu
- Die wittes
- Namib
- Die dooie land
- Water
- Tjena
- Die dooie volk
- Slange en klippe
- Die skoenmaker
|