|
James Hadley Chase het verskeie boeke in Engels geskryf. Enkele boeke is egter in Afrikaanse vertaal wat die volgende titels insluit:
- Afspraak met die noodlot - boek deur James Hadley Chase
- As die jakkals evangelie praat - boek deur James Hadley Chase
- As jy dood is, is jy eensaam - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Behandeling vir Skok - boek deur James Hadley Chase
- Betaal of sterf - deur James Hadley Chase
- Bloudruk vir moord- deur James Hadley Chase
- Boei my asseblief - boek deur James Hadley Chase
- Daar’s ‘n hippie langs die grootpad - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Diamante van bloed - deur James Hadley Chase
- Die Aasvoel wag geduldig - boek deur James Hadley Chase
- Die afperser - boek deur James Hadley Chase
- Die Dood dra ‘n Dreigbrief - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Die geur van geld - deur James Hadley Chase
- Die Klou van die Aap - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Die troef is myne! - boek deur James Hadley Chase
- Die volgende drankie is myne - boek deur James Hadley Chase
- Die Wêreld is my Oester - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Dis loutere snert - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Dis net n kwessie van tyd - boek deur James Hadley Chase
- Een helder somersoggend - boek deur James Hadley Chase
- Elke ding op sy tyd - deur James Hadley Chase
- Eva - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Geel vir geld - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Geen ruiker vir die meisie - Eerste boek deur James Hadley Chase
- Geen stemme uit die graf - deur James Hadley Chase
- Gekneusde Orgideë - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Hoekom juis ek? - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- In Parys wag die Dood - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- Jou lykkleed wag - boek deur James Hadley Chase
- Kolskoot! - deur James Hadley Chase in Afrikaans
- Kom nou, my Skattebol - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Kontant of ‘n koeël - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Laat die lyk loop - boek deur James Hadley Chase
- Lê haar tussen die lelies neer - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Meisie, hier’s jou kans - deur James Hadley Chase
- Met jou oor teen die grond - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- ‘n Goudvis het geen skuiling nie - boek deur James Hadley Chase
- ‘n Lelie vir die lyk - deur James Hadley Chase
- ‘n Tier aan die stert - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- ‘n Verandering van Omgewing - boek deur James Hadley Chase
- ‘n Vinnige noot - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Raai net wie’s daar? - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- Rooftog!- boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- Sag in die middel - boek deur James Hadley Chase
- Sies tog, kyk hy’s dood - boek deur James Hadley Chase
- Sluipmoord is die doelwit - boek deur James Hadley Chase
- So Dodelik soos die Vrou - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans
- Soos die dobbelstene val - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Twee plus twee is vyf - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Uit die Vet — in die Vuur - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Van Laura - met haat... - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Veiliger dood - boek deur James Hadley Chase in Afrikaans
- Vuishou vir ‘n Dwaas - ‘n James Hadley Chase in Afrikaans / Vertaal deur Chris L Marx
- Wat’s beter as geld? - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
- Wat word dan van my? - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Elke ding op sy tyd In Afrikaans vertaal deur Ray Knox Oorspronklike titel - The things men do deur JAMES HADLEY CHASE
,,Kom saam met my Harry,” sê sy in haar lae hees stem. , ,Slaapkamer toe. Ek is verby die grense van teëpraat en volg haar willoos. Sy druk die deur agter ons toe en skakel die ligte aan. Pleks daarvan dat net die gloeilampe brand, flits ligte oral in die vertrek aan. Teen die plafon, teer die mure, langs die spieëls. Dit verlig die hele kamer, val oor die enorme bed. ,,Ek hou van ligte,” sé sy fluisterend, ,,ek wil jou sien Harry. En ek wil hê jy moet my sien. Dink jy ek is mooi, Harry?’ My mond is kurkdroog. ,,Jy is die mooiste vroumens wat ek nog gesien het.” ,,Maar jy het my nou nie gesien soos ek wil hê jy moet nie. So Vinnig, behendig maak sy die hakie aan haar middel los en die kimono val in ‘n bondeltjie aan haar voete. Ek staar verstar na haar, sien hoedat die laaste twee kledingstukkies met vinnige vingerbewegings verwyder word en dan staan sy voor my, sonder ‘n draad klere aan, die skerp ligte op elke duim van haar pragtige figuur. Sy glimlag stadig en lig haar arms en hou haar hande na my uit. ,,Kom. Harry” fluister sy hees, haar stem skor. ELKE DING OP SY TYD ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans

Diamante van bloed / Meisie hier’s jou kans In Afrikaans vertaal deur Rina van Wyk Oorspronklike titel - In a vain shadow deur JAMES HADLEY CHASE
DIAMANTE VAN BLOED ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Die hunkering na haar begeerlike liggaam maak my rasend. ,,Ons moet van hom ontslae raak, Frank,” sê sy. Waar haar liggaam myne aanraak brand dit soos ‘n kool vuur. Om van hom ontslae te raak sal net soveel beteken as om ‘n hoender te slag voor aandete. My vingers krul om sy strot. Dit is asof hy van sy sinne beroof raak en hy spartel soos ‘n hoender wat se kop afgekap is. Hoe meer hy worstel hoe stywer druk ek sy Iugpyp toe. Skielik voel ek iets onder my vingers knak. Die slap lewelose Iiggaam trek my vorentoe. ,,Jy het hom vermoor, Frank.”
MEISIE, HIER’S JOU KRANS ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Ek kyk oral behalwe na die bed — ek weet sy sal daarop Iê. Uiteindelik skraap ek al my moed bymekaar en draai na die bed. Die wit laken rooi bevlek met haar bloed — span styf oor haar gesig en liggaam. Vanwaar ek staan kan ek die klein heuweltjies van haar voete, knieë, bors, kop en neusvorm duidelik uitmaak. Die vorm van haar eens lieflike liggaam.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Die geur van geld / Een helder somersoggend In Afrikaans vertaal deur Rina van Wyk Oorspronklike titel - The whiff of money deur JAMES HADLEY CHASE
DIE GEUR VAN GELD ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Rosnold verdwyn in die skaduwees van die tuin. Skielik word ‘n soeklig op die dak van die kasteel aangeskakel. Dit val oor hom waar hy deur die tuin vlug. Van uit die donker kom ‘n wolfhond te voorskyn, Rosnold kom tot stilstand en draai om net toe die hond hom bespring. Hy swaai die byl en kloof die dier se kop oop. Rosnold begin weer hardloop, dan verskyn ‘n tweede hond. Die byl word weer geswaai, die hond tjank en hap-hap na sy beseerde been voor hy omrol en neerslaan. Rosnold het nog die bloedbevlekte byl in sy hand en hardloop na links. Vir ‘n oomblik is hy uit die soeklig se strale, maar dan vind dit hom. ‘n Skoot knal en Rosnold tol in die lug soos ‘n haas toe die koeël hom tref en hy slaan neer.
EEN HELDER SOMERSOGGEND ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Die afgryslike gesig, blink van die sweet en vertrek van wellus, laat hulle versteen. Carrie is nader aan hom as Zelda. Sy kan die vuilheid aan hom ruik. ,,Trap hier uit!” skree sy. Riff se linkerarm skiet uit— dit tref Carrie teen haar kop met ‘n knalgeluid. Dit is asof sy deur ‘n tornado getref is. Sy tol om en om, slaan dan neer, half bewusteloos. Sy is vaagweg bewus daarvan dat Zelda gil, Sy probeer opstaan, maar haar bene weier. Zelda is magteloos. Riff tel haar op en dra haar die vertrek uit. Haar geskree weergalm deur die huis. Hy stap na haar kamer, gooi haar op die bed neer en sluit die deur. Toe hy na haar gryp, begin sy weer gil. Na ‘n rukkie raak dit stil...

Kolskoot! ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Uitgegee deur Brandwagpers
James Hadley Chase is die skuilnaam van René Brabazon Raymond

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Lees ook Len Anthony se boeke
Lees ook Wilbur Smith se boeke (Afrikaans)


Afspraak met die noodlot ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Uitgegee deur Brandwagpers

Geen stemme uit die graf ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Uitgegee deur Brandwagpers
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

As jy dood is, is jy eensaam ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans Oorspronklike Engelse titel: Your’e lonely when you’re dead Uitgegee deur Brandwagpers

James Hadley Chase is die skuilnaam van René Brabazon Raymond
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


‘n Lelie vir die lyk ‘n JAMES HADLEY CHASE boek in Afrikaans
Dis twintig oor twee. Die kolonel het pas klaar geëet en hy knoop sy baadjie met dik, bewende vingers los, trek die uit en gooi dit oor ’n stoel. Daarna stap hy na die deur, ruk dit oop en stap doelgerig op die staaltafel af waar die meisie steeds vasgemaak lê.
Die twee laksmanne hurk geduldig langs haar.
Met ’n beweging van sy kop, jaag hy hulle uit.
Die lig klik aan en ’n oomblik lank verblind die helder lig die meisie. Dan kyk sy op, vas in die wrede ogies van die kolonel wat op haar neergluur. Die uitdrukking op sy gesig laat mislikheid in haar opwel, mislikheid wat maar net angs is.
O Steve, dink sy paniekbevange, kom help my, kom red my.
Maar sy weet Steve sal nie kom nie.
En ineens weet sy, sy sal nie ingee nie. Hy kan aan haar doen wat hy wil, hierdie waansinnige man by haar, maar sy sal nie ingee nie. Sy het die wilskrag om stil te bly, tot op die einde.
Sy kyk weer na die tronende figuur oor haar.
Hy buk oor. Hy steek sy hand uit na haar toe en die oomblik as sy die harde, grypende vingers op haar voel, begin sy skreeu. Gil op gil baars oor haar lippe, onwillekeurig, snakkend…
‘N LELIE VIR DIE LYK, dis James Hadley Chase, soos net hy dit kan skryf.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Betaal of sterf Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf
Verskuil in die skaduwees van die weelderige tuin, staan Shapiro, sweet blink teen sy gesig. In sy hand hou hy die breëlem mes… “BETAAL OF STERF!” – was Die Skilpad se boodskap aan die man in die huis hier voor hom. Die man het nie betaal nie.
Shapiro lek koorsagtig oor sy lippe. Die ligte gaan meteens uit en die huis is stikdonker – net soos hulle aan hom gesê het, dit sal gebeur. Sy vingers vat-vat senuweeagtig aan die vlymskerp lem.
Dan word die gordyne oopgetrek en die figuur van ’n man staan wyd afgeteken voor hom – net soos Die Skilpad gesê het.
Shapiro snak na sy asem. Sy oë word hard en sy hand skiet vorentoe, vinniger as die pik van ’n mamba. Die mes vlieg deur die lug, dodelik, dodelik…
BETAAL OF STERF deur JAMES HADLES CHASE!

Bloudruk vir moord Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf
“WAG! LUISTER!”
Daar is angs in Helen se stem en in haar groot bang oë.
Ons staan aan die bopunt van die trap en in die nag se stilte luister ek na die gekreun van die hysbak soos dit boontoe kom.
“Ek is bang, Steve,” fluister Helen sag.
Ek staan bewegingloos, starend na die ligte van die hysbak wat nader aan hierdie vloer beweeg. My mond is droog.
Dan hoor ons dit weer. Die lang pyngevulde gekreun van ’n mens. Dit trek skrikwekkend in die skag van die hyser op, vul die hele gebou, skeur deur my vel en bene en murg.
Die gekreun klink weer op, dan ’n dowwe slag. Iemand in die hysbak het geval.
Sonder dat ek weet hoe dit gebeur het, is my rewolwer ineens in my hand, die lig van my flits op die hyser waarvan die traliedeur stadig oopskuif.
Helen uit ’n gesmoorde kreet en ek volg haar blik. Bloed vloei uit die hyser, tussen die traliewerk van die ysterdeur deur en begin in ’n poel stol, reg voor ons…

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Diamante van bloed Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf Uitgegee deur Brandwagpers
Die volmaakte moord…
Ja, dit sou die volmaakte moord wees – maar Rita en haar minnaar het nie met die dodelike aantrekkingskrag van ’n pakkie blink klippies rekening gehou nie….
Dis weer Chase uit die hoogste rakke!

Raai net wie’s daar Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf
Sy staan stadig op – “Kom, loseerder. Jy begeer my en ek het ’n man nodig…” Daar is net een toneel wat Chase beter as aksie kan beskryf, en dit is ’n liefdestoneel!

Wat’s beter as geld Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf Uitgegee deur Brandwagpers
Rima was jonk en beeldskoon en geheel en al korrup…
Toe sy daardie aand in die kroeg instap, het die noodlot saam met haar ingestap. En Jeff het dit geweet! Maar hy was verlore en eensaam en honger – met ’n sug na geld… en hy het gedag sy kon dit vir hom verdien. Inplaas daarvan het sy hom in die moeilikheid laat beland. Regte moeilikheid… Die soort wat hom aan die pen kan laat ry vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie! Dis nog ’n aksiebelaaide verhaal deur die meester van die spanningsverhaal – nou in Afrikaans aangebied deur Brandwagpers.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


‘n Verandering van omgewing Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf
Daar het ’n koue rilling deur sy liggaam gegaan en iets het hom gewaarsku…
Maar hy het die gevoel van gevaar onderdruk want sy was te tintelend, te aanloklik.
En tog het hy geweet dat sy nie net hartstog bring nie, maar ook die dood!

Kom nou my skattebol Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf
Sy’t nie geweet hy ken die wreedste manier om ’n meisie dood te maak nie – en dat sy die dood saam met haar in haar handsak dra nie!
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


In Parys wag die dood Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf Uitgegee deur Brandwagpers
“Ek het jou gevra om dood neer te slaan. Hoekom kan jy nie dood bly nie?”
Dit is Mark se reaksie wanneer Dorey hom vra om nog ’n taak vir die CIA in Parys te gaan doen. Maar – hierdie keer is die beloning groot en hy kry boonop ’n pragtige Skandinawiese meisie om hom as sy “vrou” te vergesel. In Parys wag opwinding, groot geld, sensuele plesier… en die dood!

Geen ruiker vir die meisie Afrikaanse boeke uit Engels vertaal deur James Hadley Chase geskryf Uitgegee deur Brandwagpers
Vandag nog word “No Orchids for Miss Blandish” beskou as die klassieke misdaadverhaal. Dit is in tientalle tale vertaal, verfilm, op die verhoog aangebied en het miljoene eksemplare verkoop. Danksy Brandwagpers kan u hierdie eerste spannende verhaal van Chase nou ook in Afrikaans lees. Hy het die spesiaal verwerk en aangepas by die skryftrant van die sewentiger-jare.
Maar dis goeie, ou wyn…
Die eerste Chase – en steeds die beste.

Die dood dra ‘n dreigbrief Afrikaanse boeke uit Engels vertaal oorspronklike Engelse titel: Want to Stay Alive? - vertaal deur Johan Bloem deur James Hadley Chase geskryf Uitgegee deur Olympos
Poke het ’n waterdigte plan beraam om geld te maak. Hy saai verskrikking in Paradise City, veral onder die rykes – en wanneer die hele stad paniekbevange is, begin hy hulle afdreig. Saam met Poke is ’n hippie en sy beatnik-meisie wat vasgevang word in ’n spinnerak van angs en moord. Poke ken geen genade nie. Hy maai die een na die ander slagoffer genadeloos ag…
Dis ’n James Hadley Chase wat van die eerste bladsy af jou aandag vasvang – tot by die verskriklike slot!
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Sies tog, kyk hy’s dood - boek deur James Hadley Chase Oorspronklike title - Believed violent In Afrikaans vertaal deur Rian van Wyngaardt
Geel vir geld - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans Vertaal deur Johan Strydom Oorspronklike Engelse titel - Twelve Chinks and a woman Uitgegee deur Olympos
Die volgende drankie is myne - ‘n James Hadley Chase boek in Afrikaans Vertaal deur André Malan Oorspronklike Engelse titel - Have this one on me Uitgegee deur Brandwagpers
Vuishou vir ‘n Dwaas ‘n James Hadley Chase in Afrikaans In Afrikaanse vertaal deur Chris L Marx Uitgegee deur Brandwagpers Oorspronklike Engelse titel - The sucker punch
Behandeling vir Skok boek deur James Hadley Chase Vertaal deur Piet Roodt Oorspronklike Engelse titel - Shock treatment Uitgegee deur Olympos
Met jou oor teen die grond boek deur James Hadley Chase in Afrikaans Oorspronklike Engelse titel - An ear to the ground In Afrikaans vertaal deur Dewald Louw Uitgegee deur Brandwagpers
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Hier volg ‘n lys van Boeke deur James Hadley Chase (Engelse titels)
- No orchids for Miss Blandish 1939 by James Hadley Chase
- The dead stay dumb 1939 by James Hadley Chase
- He won't need it now 1939 by James Hadley Chase
- Lady - Here's your wreath 1940 by James Hadley Chase
- The doll's bad news (Twelve chinks and a woman) 1941 by James Hadley Chase
- Miss Callaghan comes to grief 1941 by James Hadley Chase
- Get a load of this (Short Stories) 1941 by James Hadley Chase
- Just the way it is 1944 by James Hadley Chase
- Eve 1945 by James Hadley Chase
- I'll get you for this 1946 by James Hadley Chase
- Blonde's requiem 1946 by James Hadley Chase
- Make the corpse walk 1946 by James Hadley Chase
- More deadly than the male 1946 by James Hadley Chase
- Trusted like the fox (Canada: Ruthless) 1946 by James Hadley Chase
- No business of mine 1947 by James Hadley Chase
- Last page (Play in 3 acts) 1947 by James Hadley Chase
- The flesh of the orchid 1948 by James Hadley Chase
- Miss Shumway waves a wand 1949 by James Hadley Chase
- You never know with women 1949 by James Hadley Chase
- The paw in the bottle 1949 by James Hadley Chase
- You're lonely when you're dead 1949 by James Hadley Chase
- Figure it out for yourself 1950 by James Hadley Chase
- Lay her among the lilies 1950 by James Hadley Chase
- Mallory 1950 by James Hadley Chase
- In a vain shadow (Never trust a woman) 1951 by James Hadley Chase
- But a short time to live (Canada: The pickup) 1951 by James Hadley Chase
- Why pick on me 1951 by James Hadley Chase
- Strictly for cash 1951 by James Hadley Chase
- The fast buck 1952 by James Hadley Chase
- The wary transgressor 1952 by James Hadley Chase
- The double shuffle 1953 by James Hadley Chase
- The things men do 1953 by James Hadley Chase
- This way for a shroud 1953 by James Hadley Chase
- I'll bury my dead 1953 by James Hadley Chase
- The sucker punch 1954 by James Hadley Chase
- Tiger by the tail 1954 by James Hadley Chase
- Safer dead 1954 by James Hadley Chase
- Mission to Venice 1954 by James Hadley Chase
- Mission to Siena 1955 by James Hadley Chase
- You've got it coming 1955 by James Hadley Chase
- You find him - I'll fix him 1956 by James Hadley Chase
- There's always a price tag 1956 by James Hadley Chase
- The guilty are afraid 1957 by James Hadley Chase
- Hit and run 1958 by James Hadley Chase
- Not safe to be free 1958 by James Hadley Chase
- The world in my pocket 1958 by James Hadley Chase
- Shock treatment 1959 by James Hadley Chase
- What's better than money 1959 by James Hadley Chase
- Come easy - go easy 1960 by James Hadley Chase
- A lotus for Miss Quon 1960 by James Hadley Chase
- Just another sucker 1961 by James Hadley Chase
- I would rather stay poor 1962 by James Hadley Chase
- A coffin from Hong Kong 1962 by James Hadley Chase
- Tell it to the birds 1963 by James Hadley Chase
- On bright summer morning 1963 by James Hadley Chase
- The soft centre 1964 by James Hadley Chase
- The way the cookie crumbles 1965 by James Hadley Chase
- This is for real 1965 by James Hadley Chase
- Cade 1966 by James Hadley Chase
- You have yourself a deal 1966 by James Hadley Chase
- Well now, my pretty... 1967 by James Hadley Chase
- Have this one on me 1967 by James Hadley Chase
- An ear to the ground 1968 by James Hadley Chase
- Believed violent 1968 by James Hadley Chase
- The vulture is a patient bird 1969 by James Hadley Chase
- The whiff of money 1969 by James Hadley Chase
- There's a hippie on the highway 1970 by James Hadley Chase
- Like a hole in the head 1970 by James Hadley Chase
- Want to stay alive? 1971 by James Hadley Chase
- An ace up my sleeve 1971 by James Hadley Chase
- Just a matter of time (Simple question de temps) 1972 by James Hadley Chase
- You're dead without money 1972 by James Hadley Chase
- Knock, knock! Who's there? 1973 by James Hadley Chase
- Have a change of scene 1973 by James Hadley Chase
- So what happens to me? 1974 by James Hadley Chase
- Goldfish have no hiding place 1974 by James Hadley Chase
- The joker in the pack 1975 by James Hadley Chase
- Believe this - you'll believe anything 1975 by James Hadley Chase
- Do me a favour - drop dead 1976 by James Hadley Chase
- I hold the four aces 1977 by James Hadley Chase
- My laugh comes last 1977 by James Hadley Chase
- Consider yourself dead 1978 by James Hadley Chase
- A can of worms 1979 by James Hadley Chase
- You must be kidding 1979 by James Hadley Chase
- You can say that again 1980 by James Hadley Chase
- Try this one for size 1980 by James Hadley Chase
- Hand me a fig-leaf 1981 by James Hadley Chase
- Have a nice night 1982 by James Hadley Chase
- We'll share a double funeral 1982 by James Hadley Chase
- Not my thing 1983 by James Hadley Chase
- Hit them where it hurts 1984 by James Hadley Chase +
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|