|
Huppelkind-boekies / Huppelkindreeks geskryf deur W.O. Kuhne
Die Huppelboekies is die mooiste boekies. die eerste een is gou bemind, Sy naam is HUPPELKIND Toe kom weer een daarvan, Sy naam : HUPPEL MAAK ‘N PLAN ‘n Derde kom paraat en stip, Sy naam: WIP-HUPPEL-WIP. Die vierde in die groen en geel gebind, Sy naam: VROLIKE HUPPELKIND. Die vyfde bietjie later heet: HUPPEL BY DIE WATER. Die sesde een in HUPPEL VERJAAR En hiermee is die reeksie klaar
- Huppelkind (1958)
- Huppel maak 'n plan (1958),
- Wip-Huppel-Wip (1959),
- Vrolike Huppelkind (1959),
- Huppel by die water (1960) en
- Huppel verjaar (1960) wat almal by Tafelberg verskyn het.

Wip-Huppel-Wip - deel van die huppelkind reeks Die derde boek in die Huppel-reeks



Die verhale word in versamelbundels opgeneem in 1976 (Vrolike Huppelkind), 1982 (Huppel en sy maats, herdruk in 1988), en in 1995 in 'n tweede hersiende uitgawe. Kühne was die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekenning vir Huppel verjaar. Dorothy Hill, sy vrou, het al die publikasies geïllustreer, behalwe die 1995-uitgawe met illustrasies van Alida Bothma.
Hoera vir Klaas Jas! (1975), Piet-'n-Jan (1975), Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981), Pot, graaf en houtvurk (1983) en Die verstommende avonture van PIP - Pip in Otterland (1982 uitgegee deur Daan Retief Uitgewers) en Eendag was daar 'n witborskraai: 'n fantasieverhaal (1985) is ook op die jonger kind toegespits. In 1960 publiseer Kühne sy eerste jeugboek, Kassie Krog in die knyp.
Die kring van Keerom (1962) was medewenner saam met Die goue protea van Mikro van die eerste prys in die wedstryd vir jeugverhale wat die Nasionale Boekhandel in 1961 uitgeskryf het om die verskyning van die eerste Afrikaanse boek in 1861 te herdenk. Dit het twee uitgawes en twaalf herdrukke beleef.

Huppel en sy maats, geskryf deur W.O. Kuhne met illustrasies deur Alida Bothma en nie (soos gewoontlik) deur sy vrou, Dorothy Hill, nie


Kühne het ook 'n aantal kleuterboeke vertaal of oorvertel, soos Die flukse kabouters van Keulen (1969), My prentepoetseboek (1976) met verse en manupileerbare prente, en vier boekies in die reeks Bybelstories vir die kleinspan, naamlik Die geboorte van Jesus, Moses in die mandjie, Dawid en Goliat en Die kindertyd van Jesus, almal uit 1982.
Lees ook ander Bybelverhale:

Wip-huppel-wip - Huppelkind reeks kinderboeke geskryf deur W.O. Kuhne Dit is die derde boek in die Huppel reeks



Huppel by die water - deur WO Kuhne Dit is die vyfde boek in die Huppel reeks



Huppel verjaar- deur WO Kuhne Dit is die sesde boek in die Huppelreeks



Huppel en sy maats (Tweede druk 1988 - Tafelberg uitgewers) deur WO Kuhne
Inhoud:
- Huppelkind
- Huppel maak ‘n plan
- Wip-Huppel-Wip
- Vrolike Huppelkind
- Huppel by die water
- Huppel verjaar


Lees ook Liewe heksie - (Dorothy Hill was ook verantwoordelik vir die illustrasies van die liewe heksie-reeks boekies)



Die verstommende avonture van PIP - Pip in Otterland 1982 uitgegee deur Daan Retief Uitgewers Geskryf deur W.O. Kuhne Volkleur illustrasies deur Renate Schwartz konsep deur Rightford Searl-Tripp & Maskin
Hierdie reeks kinderboeke was spesiaal deur die Ceres Vrugtekwekers kooperasie geborg om kinders se belangstelling en liefde vir hulle natuurlike omgewing te bevorder.
 
Omring deur ‘n kom van berge, pryk ‘n pragtige Godinsvallei. Vanmelewe, toe die eerste landbouers hier kom woon het, vind hulle die grond so geil en goed dat hulle die vallei vernoem na die Romeinse godin van vrugbaarheid - Ceres.
Die vrugte groei so groot en soet en sappig hier, mens kan amper sê dis toweragtig. Miskien is daar ‘n natuurwonder omtrent Ceres, die Godinsvallei. Net Pip, die klein knapie in hierdie boek sal weet.



Lees ook verhale deur Helena J.F. Lochner
|