|
H.J. Vermaas het verskeie boeke geskryf wat die volgende titels insluit:
- Die groot steiltes - boek deur HJ Vermaas
- Die nors leeu, 1961 - boek deur HJ Vermaas
- Die perdedief, 1963 - boek deur HJ Vermaas
- Die reus van Doringberg, 1956 - boek deur HJ Vermaas
- Die swartwitpens, 1957 - boek deur HJ Vermaas
- Drietoon van die Vrystaat, 1964 - boek deur HJ Vermaas
- Gekrenkte trots - boek deur HJ Vermaas
- Grenswag, 1982 - boek deur HJ Vermaas
- Groot steiltes, 1969 - boek deur HJ Vermaas
- Oë oor die Einders, 1967 (Anglo-Boere-oorlog verhaal)
- Perdenooi, 1982 - boek deur HJ Vermaas
- Present, 1963 - boek deur HJ Vermaas
- Sonskyn en intrekreën, 1971
- Sy perd staan gereed - boek deur HJ Vermaas
- Vallei van die Skedels, 1965 - boek deur HJ Vermaas

Present Boek deur H.J. Vermaas
Toe die vyf man gewaar dat daar ‘n bende vyandige Zoeloes in die gras skuil, was daar net nog tyd om in ‘n skeur in ‘n krans skuiling te vind. Daar kon hulle die aanvallers van hulle weghou, maar terselfdertyd was hulle vasgekeer soos ‘n rot in ‘n vaI. Hulle het besef dat hul ammunisie weldra sou opraak, en dan sou die einde kom.
Daar was een kans om hulp te ontbied — Present, die hond wat reeds ‘n man van die dood gered het toe ‘n gekweste buffel hom gestorm het.
Salie het ‘n doek om Present se nek gebind en hom uitgestuur: ,,Huis toe! Laer toe! Roep vir Pa. Sê hy moet ons kom help!” Dit was veel gevra van ‘n hond, maar Salie het nie verniet geweier om hom vir dertig goue Engelse ponde te verkoop nie. Sy vertroue in sy hond was nie misplaas nie.
Soos al H.J. Vermaas se werke, getuig hierdie een ook van sy intieme kennis van die natuur en diere. Deur sy woordgebruik en doodnatuurlike vertelling van (die stryd om te bestaan en die heldemoed van vorige geslagte, skep hierdie skrywer ‘n besondere sfeer wat eie is aan sy werk.
Lees ook verhale deur Mikro
Lees ook verhale deur Wille Martin
Lees ook Voortrekkerverhale deur F.A. Venter

Die swartwitpens Boek deur H.J. Vermaas
,,‘N SWARTWITPENS word nie deur jagters as ‘n gevaarlike dier beskou nie. Dis ‘n bok. Tog is hy ‘n vegter duisend as hy sy lewe moet inboet. En hierdie dier is ‘n groot vegter.
Nog nooit het Tjaart soveel opwinding en vreugde uit die jag geput soos hierdie agtervolging van die swartwitpens nie.
Hy het hom voorgeneem om, kom wat wil, die bok in te haal en dood te skiet. Die pragtige dier het vir hom die verpersoonliking geword van alles wat mooi en edel is.
Hy is ‘n waardige teenstander. Nee, meer nog: hy is die versinnebeelding van die byna onmoontlike, soos die ontembare fabeldier wat die gedaante het van ‘n perd met ‘n horing op sy kop. Maar sy bok is geen fabeldier, nie. Hy leef, en is dáár in die bos.”
Lees verhale deur P.J . Schoeman
Lees diereverhale deur H.S. van Blerk
Lees die Hobson broers se diereverhale

Die perdedief Boek deur H.J. Vermaas

Grenswag Boek deur H.J. Vermaas
Kemp Roux slaags met terroriste in die wrede Operasionele Gebied van Suidwes - dit is die tema van Grenswag.
Dit is die verhaal van ‘n plaasseun en sy liefde vir perde. Dit vertel hoe die seun ‘n man en die man ‘n soIdaat word. En die sodaat ‘n held in die stryd waar gestelde plofgoed, lokvalle of ‘n hinderlaag ‘n soldaat se einde kan beteken.
Hier is ‘n moderne baasverhaal deur ‘n baasskrywer van jeugverhale oor ‘n wêreld waarmee elke Suid-Afrikaanse seun deesdae te doen kry.
Grenswag neem die leser saam na waar die hele falanks terroriste in die skemer oor die rivier aankom; saam in agter die R1 se witgeplakte korrel waar elke skaduwee ‘n invaller en elke stewelspoor die dood kan beteken.
Dit is die verhaal van Kemp Roux se avonture. Sy eensaamheid, liefde vir perde, romanses - en op ‘n ander vlak, kameraadskap gebore in die dae toe die wilde wit merrie so onverwags verskyn het...
Lees ook grensoorlogverhale deur Bertrand Retief
Lees ook bos-oorlog verhale deur Pieter Pieterse
Lees ook Johan Coetzee se “Verby die wit brug”
Lees ook verhale deur H.S. van Blerk

Die reus van Doringberg Boek deur H.J. Vermaas
,,Soos hy daar staan, fier en trots, boesem hy vrees by elkeen in. En elkeen weet dat hy sy eie doodvonnis gevel het. Doringberg Wouter is ‘n bedorwe bul. Nou wag daar net die koeël... Maar ‘n vereensaamde kruppel kind, Woutertjie Volschenk, het die magtige Afrikanerbul vereer as die getrouste en verdraagsaamste vriend wat hy ooit geken het. Dit het sy dierbares op die Vrystaatse plaas almal geweet.
Sy ouers, sy broers, sy onderwyseres en selfs sy kruppel maatjie Driekus, kon nie die gemis in Wouter se lewe aanvul soos slegs die Doringbergse reus dit kon doen nie.
Maar Doringberg Wouter, die kampioen en trotse heerser oor die Doringbergse kudde, was nie meer die astrante kalfie wat Woutertjie hans grootgemaak het nie. Hy was ‘n verpletterende kolos wie se uitbundige krag ‘n bedreiging vir iedereen was.
Doringberg Wouter moes sterf.
Die Reus van Doringberg is ‘n uitsonderlike vertelling wat in die smaak van elke jongmens sal val.

Sy perd staan gereed Boek deur H.J. Vermaas
Dit is die aangrypende verhaal van Giel Snetlage, die onverskrokke perdetemmer, van Nita, sy nooientjie, wat intussen aan ‘n ander gegee is, en van Pêrel, sy vurige Arabiese hings. Van die agtergrond van hierdie verhaal, so vol spanning en avontuur, sê die skrywer:
“In die Witkoppe, waar die mense van ons kontrei altyd Nuwejaarsfeeste gevier het is die klofie. Teen die grou wand van die rots waaronder die perdetemmer volgens oorlewering vir die laaste keer met sy gesteelde bruid geskuil het, is die letters G.S. en N.S. uitgebeitel. Die oumense het vertel dat hy dit met sy bajonet gedoen het. Gedurende Nuwejaarsfeeste het verliefde paartjies ook hulle name daarop uitgekrap en met die loop van die jare het die rots die naam Minnaarsrots gekry.
“Op ‘n middag het ‘n klomp van ons jong seuns ‘n verslyte en verroeste hoefyster in die kloof opgetel. Ek het die hoefyster in my hande geneem, na die rots gekyk, en gewonder…Sou ek ooit eendag die aangrypende saga van die perdetemmer se vlug met sy beminde aan die vergetelheid kan ontruk deur dit te boek te stel?
“Verlede jaar het ek ‘n vlugtige besoek aan die ou feesplek met sy wonderlike natuurskoon gebring. Twintig jaar het verloop sedert daardie dog toe ons die hoefyster opgetel het. Ek het ook na die minnaarsrots gaan kyk…Die Nuwejaarsfeeste is vergoed verby; die rots met sy sondenlinge bekoring wat dit altyd vir oud en jonk ingehou het, is vergete en geen nuwe naam word nou meer daarop aangebring nie…Die tyd het ryp geword…”
|