|
Hester Heese het verskeie kinderboeke geskryf. Die lys van boeke (alfabeties) sluit die volgende boeke in:
- Aljander aljander so deur die bos
- Boertjie word ryk
- Bokmakierie sing
- Daar diep in die see
- Die blou duif
- Die geluid van wakker.
- Die huis op pale
- Die klein pasella
- Die peperboom
- Die wildsbok van Ver-eiland
- Dwars-in-die-weg
- En daar is lig - verhale uit die Bybel
- Ek en jy, Grootbroer
- Ek gooi my luike oop - (outobiografiese vertelling vir volwassenes)
- Frans se vyf dae in Desember
- Hierdie lente
- Hokaai
- Jeugland I - Die geheim en ander lekkerlees-stories
- Josef is 'n jong vrugteboom
- Kinders van die Konka-hut
- Kobus het 'n blom
- Kompatjierie is my liedjie
- Loekie die rondlopertjie
- Moks van Ver-wêreld
- Miekel, die koerantjoggie
- Op die vensterbank in April
- Opsêgoed vir kleingoed
- Oustryk
- Piet Vrolik en Ben Verstrooi
- Polka-masurka
- Sêra Madêra
- Sonder jou, (Digbundel)
- Steweltjies na Wonderland
- Sy wat die soen op haar voorkop dra
- Waarom is die reënboog krom?
- Wannelas
- Wat is daai - hè Pappa? - Ontvang Tienie Holloway-medalje 1976 vir die boek
Haar kinderboeke gelys in jaar van uitgawe sluit in:
- Aljander, Aljander so deur die bos (1966) - Hester Heese
- Loekie die rondlopertjie (1966) - Hester Heese
- Opsêgoed vir Kleingoed (1966) - Hester Heese
- Moks van Ver-Wêreld (1966) - Hester Heese
- Miekel die koerantjoggie (1967) - Hester Heese
- Kinders van die Konka-hut (1967) - Hester Heese
- Die klein pasella (1968) - Hester Heese
- Hierdie lente (1969) - Hester Heese
- Ek en jy, Grootbroer (1970) - Hester Heese
- En daar is lig - verhale uit die Bybel (1971) - Hester Heese
- Wat is daai - hè Pappa? (1972) - Hester Heese
- Die blou duif (1972) - Hester Heese
- Polka-masurka (1972) - Hester Heese
- Die huis op pale (1973) - Hester Heese
- Oustryk (1973) - Hester Heese
- Die wildsbok van Ver-eiland (1974) - Hester Heese
- Die peperboom (1975) - Hester Heese
- Piet Vrolik en Ben Verstrooi (1975) - Hester Heese
- Die peperboom (1975) - Hester Heese
- Bokmakierie sing (1975) - Hester Heese
- Josef is 'n jong vrugteboom (1976) - Hester Heese
- Frans se vyf dae in Desember (1977) - Hester Heese
- Hokaai (1977) - Hester Heese
- Wannelas (1978) - Hester Heese
- Dwars-in-die-weg (1979) - Hester Heese
- Sêra Madêra (1979) - Hester Heese
- Boertjie word ryk (1980) - Hester Heese
- Sy wat die soen op haar voorkop dra (1980) - Hester Heese
- Kompatjierie is my liedjie (1981) - Hester Heese
- Die geluid van wakker (1981) - Hester Heese
- Kompatjierie is my liedjie (1981) - Hester Heese
- Jeugland I - Die geheim en ander lekkerlees-stories
- Kobus het 'n blom (1982) - Hester Heese
- Waarom is die reënboog krom? (1983) - Hester Heese
- Op die vensterbank in April (1983) - Hester Heese
- Daar diep in die see (1991) - Hester Heese
- Steweltjies na Wonderland (1998) - Hester Heese
Lees meer oor Hester Heese die skryfster
Hester Heese was ook ‘n ondwerwyseres soos Topsy Smith (Bettie Naudé) van Trompie en Saartjie-faam asook C.S. Badenhorst wat ook verskeie kinderboeke geskryf het.


Die klein pasella - Hester Heese
,,Dit het voorheen al gebeur dat sy ore oopgaan en hy geluide kan hoor, maar vanoggend kan hy selfs die werkmense onder in die wingerd vir mekaar hoor skree. Oomblikke lank sit Fanus roerloos op die klip en draai sy kop van kant tot kant. Toe klap sy ore toe en net die suising wat hy so goed ken, bly agter. Donker kom die stilte. . “
Fanus du Toit, ‘n standerd nege leerling (deesdae graad 11) het pas sy klein pasella ontvang: Die oomblikke dat hy as hardhorende seun elke geluidjie om hom kan hoor. Die Klein Pasella is die verhaal van Fanus se laaste twee jaar op skool. Daar is die naweke en die vakansies op hul plaas, sy lewe by die goeie tant Anna op die dorp, en sy ontluikende gevoel vir Rina le Roux. Maar bo alles is daar Fanus se stryd om sy eie hardhorendheid — en die klein pasella — te aanvaar. Hiermee saam val sy begeerte om veearts te kan word in weerwil van sy vader se eis dat hy moet kom boer. En eindelik is daar die begrip deur sy mede-skoliere.
Hierdie verhaal gee ‘n duidelike beeld van die probleme waarmee so ‘n seun te kampe het. Maar veral munt dit uit deur die pragtige skildering van ‘n volwaardige karakter teen die agtergrond van die skool- en plaaslewe. Daarom is Die Klein Pasella so ‘n lesenswaardige boek.
Lees ook van haar bydra by die skoolleesboekies- Jeugland-reeks


|