http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Ontmoet Henry Paylen Hy is die skrywer van boeke soos Anoesjka, meisie uit Toroesk en Noodlanding in Tiflis. Vir diegene waarvoor die leidrade nie voldoende is nie, sal byna verseker meer baat indien ek ‘n kort beslrywing van die boeke gee. Hier volg dus ‘n kort beskrywing van Anoesjka, meisie uit Toroesk: Die verhaal van ‘n liefde wat nie deur die Bamboesgordyn of selfs nie deur die Ystergordyn gestuit kon word; die liefde tussen Anoesjka Toerganow, dogter van die pelsjagter Pawel Andrejewitsj Toerganow en Martin Abels, ‘n Duitse krygsgevangene in Rusland. ‘n Verhaal van afgryslike ontberinge in die onmeetlike sneeuvlaktes van Siberiese taiga,”... waar net die rook uit die skoorstene die weg in die sneeu na die mense aandui, en waar die wolwe huil en tjank van die honger”
Kort beskrywing van Noodlanding in Tiflis: ‘n Duitse passasiersvliegtuig dwaal tydens ‘n kwaai storm van koers af en stort dan op Rusiese gebied neer. ‘n Oorlewende lugwaardin verdwyn spoorloos in uiters geheimsinnige omstandighede.... ‘n Onvergeetlike verhaal. Vergelyk gerus bo-staande met die beskrywing van die volgende boeke : Vir ‘n alkolis wat dit reggekry het om drank te laat staan, is één drankie te genoeg om terug te gly in die moeras in. Dr. Konrad Lingen wat deur alkoholisme tot in die dieptes van die groot stadmoerasse gesink het, het dit sover gebring dat hy weke lank nie meer drink nie. Toe bevind hy hom in die posisie waar ‘n man se lewe van hom afhang, van die vernuf van sy vingers. Maar die beroemde sjirurg se vingerpunte is heeltemal gevoelloos tensy hy alkohol drink. Wat moet hy doen? Moet die man sterf? Moet Lingen hom vrywillig weer an die helse marteling onderwerp? Dit is een van die pakkende hoogtepunte van die boek Bedwelming. Die lesers wat geraai het dat Henry Paylen die skuilnaam van die gewilde skrywer, Konsalik is sal nie teleurgestel word nie. Net soos konsalik se boeke deur duisende gelees en versamel was en self vandag nog gelees en versamel word, net so kan die lesers oop Henry Paylen se boeke bymekaar maak en lees. Klik hier om meer van Konsalik te lees asook om ‘n lys van sy boeke te besigtig
Die erfgename - Heinz G Konsalik
Lelie van die Nyl - Heinz G.Konsalik Nog paar boektitels van Heinz G Konsalik Diagnose kanker klik hier om al Konsalik se boeklys te sien |