http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Hennie Aucamp (Hendrik Christoffel Lourens) (1934- ) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en digter. Hy is ‘n boorling van Dordrecht, in die Oos - Kaapland en het grootgeword op die plaas Rust-mijn-ziel, Jamestown, Suid-Afrika. Hy studeer vanaf 1952 aanvanklik aan die Universiteit Stellenbosch, en behaal sy B.A. asook M.A. graad asook die S.O.D. -diploma. Hy het later ook aan verskeie ander universiteite studeer: Leuven (België) en New York. In die laat 1960’s was hy ‘n lektor by die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. In 1959 - 1960 bring hy sowat tien maande in Europa deur. Van Oktober 1963 - Junie 1964 is hy op ‘n studiereis in België om jeuglektuur en literatuuronderwys op skool te ondersoek. Hy het ‘n aansienlike bydrae op die gebied van die kortverhaal, en reissketse en die essay, gemaak. in 1963 verskyn Een Somersmiddag, ‘n sensitiewe bundel sketse, en in 1964 Die Hartseerwals. Daar was ook verskye bydrae in versamelbundels, naamlik Windroos, Rooi Mosaik en Kompas Hier volg ‘n lys van titels van sy boeke: Een somermiddag: landelike sketse en vertellings (1963), sy debuut.
|