http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
H. J. Vermaas is in 1922 in Transvaal gebore. Later verhuis sy gesin na Vrede in die Vrystaat en hy bring sy jeugjare op die plaas Hartebeesvlakte deur. In 1941 martikuleer hy aan die Hoërskool Voortrekker, Bethlehem. Hy aanvaar ‘n betrekking in die Departement Landbou, Pretoria en is later verbonde aan die afdeling veevoeding van ‘n groot sakeonderneming in Johannesburg. Hier het hy die geleentheid gehad om die land te deurreis en waardevolle kennis omtrent boerdery in te win. Daarna was hy verbonde aan die A.T.K.V. in Johannesburg. Later het hy ‘n betrekking in Middelburg (die ou Transvaal ) aanvaar, waar hy ook in die distrik begin boer het. Sy werke in in 1966 deur die S.A. Akademie bekroon met die Scheepersprys.
1971 - Sonskyn en Intrekreën (TAFELBERG) |