|
Fanus Rautenbach was ‘n bekende op die radio maar het ook ‘n heelpaar boeke geskryf, waaronder:
- Dertien gelukkige jare - deur Fanus Rautenbach
- Dis my mense dié - deur Fanus Rautenbach
- Fanus se grapboek - sêgoed vir alle geleenthede - deur Fanus Rautenbach
- Lach noch ‘n slach saam met Fanus Rautenbach - deur Fanus Rautenbach
- Liewe oom draadloos (Briewe van Woepsie) - deur Fanus Rautenbach
- My voet in ‘n visblik - deur Fanus Rautenbach
- Staal Burger - deur Fanus Rautenbach
- Staal Burger in warm water - deur Fanus Rautenbach
- Tiesj. Weerkaatsings vanmelewe - deur Fanus Rautenbach
- Vandag is More se Gister - deur Fanus Rautenbach
- Waar die die son lag - deur Fanus Rautenbach
- Fanus se grap-ensiklopedie - deur Fanus Rautenbach
- Dertien gelukkige jare, 1975 (‘n verhaal van Flinkveria)

Dertien gelukkige jare - deur Fanus Rautenbach

- Dis my mense dié , - deur Fanus Rautenbach, 1975
- Fanus se grapboek - sêgoed vir alle geleenthede, 1968, 1985, 1986, 1988
- Die Afrikaanse taal
- Afrikaner
- Afkoms
- Ambisie
- Aster
- Atletiek
- Apie
- Arabiere en Israelies verklaar oorlog
- Baba’s
- Banke
- Bangbroek
- Beeldradio
- Belasting
- Beroepe
- Besigheid
- Bleskoppe
- Boekbespreking
- Boemelaars
- Boerdery
- Bygelowigheid
- Chirurg
- Coligny
- De Aar
- Digters
- en ons trek nou maar eers op bladsy 33 met nog 105 bladsye om oor te lag


- Lach noch ‘n slach saam met Fanus Rautenbach
1990 uitgawe (Illustrasies deur Fred Mouton)
- Het jy al die een gehoor....
- Van die stadsmeisie wat gedink het ‘n olifant se slurp is st stert?
- Van die ou wat in die gholfbaan se bos ‘n behoefte gehad het?
- Van die gulp- en baadjieknope wat deurmekaar geraak het?
- Van die oom wat weet hoe jy mooi met ‘n donkie moet praat?
- Die boer en die bul se pile?
- Die onwillige duisendpoot?
- Oktu, die seekat?
- Die maar enkele lede van die “cast of thousands” in Fanus se boek, mooiste en snaakste grapboek. Dan is daar mense soos Koos Meyer, Leon Schuster, Frik du Prees, Naas Botha en Uys Krige, maar hulle seel almal kamee-rolletjies

- Liewe oom draadloos (Briewe van Woepsie) - deur Fanus Rautenbach, 1991
- Troues dit
- Snops, dit. Kitch dit
- Die parmantige Samaritaan, hy
- My kop, dit
- Vakansie, dit
- Vakansie, nog
- Kersfeespresente, dit
- Die liefde, dit
- Rooivleis, dit
- Fliek toe ry en uit kom die skeibriewe, dit
- Die kommunisme, dit
- My pa en die inbreker, dit
- Die opera, dit
- ons, hulle
- en nog baie ander stories van Woepsie....

Liewe oom draadloos Briewe van Woepsie geskryf deur Fanus Rautenbach
- My voet in ‘n visblik - deur Fanus Rautenbach, 1969
- Myself
- My word
- My kleinword
- My stoudword
- My politiek
- My musiek
- My kliek
- My werk
- My kerk
- My ete
- My gewete
- My siektes
- My sondes
- My mense
- My wense
- My verse
- My vroutjie-douwtjie
- My voet-in-’n visblik
- Staal Burger - deur Fanus Rautenbach , 1963
- Staal Burger in warm water - deur Fanus Rautenbach, 1966
- Tiesj. Weerkaatsings vanmelewe - deur Fanus Rautenbach, 2002
- Vandag is More se Gister - deur Fanus Rautenbach, 1972
- Waar die die son lag - deur Fanus Rautenbach, 1975
- Fanus se grap-ensiklopedie - deur Fanus Rautenbach, 1994 (Lekker is ‘n lag lank)

My voet in ‘n visblik ‘n stoutobiografie deur Fanus Rautenbach



Lekker is ‘n lag lank Fanus se grap-ensiklopedie deur Fanus Rautenbach
“Faan is vyf in een: skerp soos ‘n tradisionele wapen, slim soos ‘n ‘Aspro Clear’-advertensie, diep soos Paulus, deernisvol soos FW in Mitchellsplein en ná al die jare so gewild soos ‘n lamppaal in verkiesingstyd.
Laat Fanus regeer! Die President van Flinkveria vir Staatspresident! Stel jou voor: ons toi-toi soggens op maat van die penniefluitkwela, gooi sjeef innie koffie van die halsstarriges, kies Naas as die ‘goalie’ van Egoli en kommandeer aI die verlore Dobermanns op vir die vredesmag. Ons bop in Bophuthatswana, rock in Rocklands, volk in die Volkstaat en mas die nuwe vlag in Kakamas.
Faan, dankie vir iou massabydrae tot die massamense in die massamoeras. Jy’s ‘n legende, jou stories liegende en jou siel ‘n lagende.” Leon Schuster
“Fanus is nooit rêrig ongelukkig nie — hy bêre net sy plesierigheid vir later.” Douwlina Grobler (Fanus Rautenbach se vrou - oftewel Douwtjie vroutjie)
“Fanus is hier op sy mooiste. Party van die stories is so lekker dat ‘n mens sou sweer dis waar.” Koos Meyer
“Fanus deel met ‘n mens, dan lag jy baie, jy bêre sy kostelikhede en weet jy wil weer en weer by hom wees vir aI die plesierigheid.” Helen Naudé, Jakaranda Stereo
“Elke keer as ek Fanus hoor, sien, ervaar . . . weet ek sy humorsin is sestien, al is hy honderd jaar.” Henk Bierman

Liewe oom draadloos- Briewe van Woepsie geskryf deur Fanus Rautenbach en in 1991 uitgegee

Waar die son lag Boek deur Fanus Rautenbach
Net die mooiste meisies, die beste wyn, ‘n peperduur motor, ‘n weelderige huis, die voorkoms van ‘n rolprentster Wentzel Jordaan is in alle opsigte ‘n baie suksesvolle man.
Maar is alles werklik soos dit oppervlakkig lyk? Is hy die man wat hy voorgee om te wees, wat hy graag wil wees? Het hy werklik sy droewige verlede uitgewis? Of bly hy maar die smouskind uit Johannesburg se agterstrate . .
Sy strewe na die heel beste, die allerduurste . . . ? Is dit nie maar gejaag na wind nie?
En sy voortdurende soeke na ‘n vyfstervrou? Was dit reg om die dierbare klein Pennie so te behandel? En wat van die lieflike, intelligente Heleen . . . ?
Is hy nie dalk op ‘n dwaalspoor met sy oortuiging dat hy geen voorgeslag het nie, ,,want my nageslag begin hier”?
Skielik en geheimsinnig sterf sy beste vriend, Janneman. Wentzel se hele lewe word tot stilstand geruk. Vir die eerste keer begin hy sy bestaan deurvors, kom al die vrae by hom op.
Willemien, Marinda, Petrus, Izak, Pennie, Kasper, Dru, Heleen, Janneman . . Wat het hy met hul lewens aangevang — en hulle met syne?
En was hy daadwerklik vir sy vriend se dood verantwoordelik?
In twaalf eindelose ure soek Wentzel na die sin van sy bestaan. Sal hy ooit die plek bereik waar die son skyn en die mense lag . . .?
Fanus Rautenbach het met Dis my mense die en Vandag is die eerste dag van die res van my lewe onbetwyfelbare rekenskap gegee van sy talent as ernstige skrywer. In Waar die son lag bereik hy ‘n hoogtepunt met een van die spannendste en boeiendste soektogte in ons letterkunde — die mens se soeke na homself...

Lees van Staal Burger se verhale (ook ‘n radiovervolgverhaal) - klik hier
|