|
Die Fanie-jagboeke sluit in:
Die Fanie-reeks is bekend by meeste. P.J. Schoeman se boeke oor Fanie en wat hy alles in die natuur beleef word steeds vandag gelees.

Fanie se vuurdoop jagboek deur P.J. Schoeman
En hier het ons nou FANIE SE VUURDOOP.
Oor die lengte en breedte van ons land met sy ewige blou berge en sy uitgestrekte vlaktes, is daar gewis min mense wat Afrikaans magtig is, wat hulle nie reeds verheerlik het in die FANIE SE VELDSKOOLDAE en FANIE WORD GROOTWILDJAGTER die voorgangers van hierdie verhaal nie.
En nou het Fanie ‘n bietjie ouer en ryper geword. Sy vuurdoop wag op hom – due vuurdoop van fluitende koeëls in die Vryheidsoorlog en die vuurdoop van sy liefdesbesluit tussen Soekie, met die blou rokkie en Jekki, die vurige dogter van major Carter.
Schoeman bly ons grootste virtuoos met sy beeldryke taal van die veld, die inboorling en… die hart. In hierdie roman vir oud en jonk neem hy die leser saam op kommando, saam in die eerste vuurdoop van Fanie, saam in die hart van die beminlike veldseun wat sy groot liefdesbesluit moet neem.
FANIE SE VUURDOOP is Piet J. Schoeman op sy beste.



Fanie se veldskooldae boeke in die Fanie-reeks deur P.J. Schoeman
Inhoud:
- Bewerasie in die wildevyeboom
- Die eerste aan by die skaapkraal
- Fanie skiet raak
- ‘n Goeie dag vir Fanie
- Vaarwel kommervrye jare
- ‘n Nuwe kameraadskap
- Nabetragtings en drome
- Nuwe spore
- Sy met die blou rokkie
- Afskeid is altyd seer
- ‘n Welverdiende vakansie
- Die berge in
- Verder die berge in
- Die grote onder die grotes
- ‘n Nag op sand
- Die pad terug
- Die lang pad lê nog voor
- Die deure staan oop
Lees ook W.A. Hickey se boeke oor diere
Lees ook die Hobson broers se diereboeke
Lees ook Blits van doc Immelman


Lees ook P.J Schoeman se ander jagboeke
Lees ook van P.J Schoeman se ander boeke
|