http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Francois Alwyn Venter (27 November 1916 op Kimberley bebore) was 'n Afrikaanse skrywer gedurende die 20ste eeu in Suid-Afrika. Gebore op die dorpie, Hopetown, met sy ouers wat in die distrik Britstown geboer het. Hy ontvang skoolopleiding aanvanklik in plaasskole, daarna aan die Sekondêre Skool Strydenburg, maar matrikuleer egter 1934 aan die Hoërskool Hopetown. Hy studeer letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, maar moet weens finansiële redes sy studie vir sy M.A.-graad halfpad onderbreek. In 1938 begin hy 'n joernalistieke loopbaan en word aangestel in die redaksie van ‘n Kaapstadse Afrikaanse dagblad waar hy vorder tot parlementêre verslaggewer en nuusredakteur. In 1946 word hy redakteur van ‘n Afrikaanse weekblad in Suidwes. Van 1952 tot 1960 is die skrywer hulpredakteur van ‘n gewilde tydskrif. Die loopbaan in joernalistiek, waaraan hy vyf-en-twintig jaar van sy lewe aan wy, was onder andere in Kaapstad, Pretoria, Windhoek en Johannesburg.
Foto: FA Venter As enigste seun gaan vestig hy hom in 1959/1960 op die familieplaas, Constantia, in die distrik Kenhardt naby Vanwyksvlei, waarheen sy ouers in die dertigerjare verhuis het. In 1967 word hy weens gesondheidsredes genoodsaak om die Noordweste te verlaat en gaan woon hy in die Strand met die gedagte om voltyds te skryf. In 1970 word hy weer boer, dié keer wingerdboer by Vredendal in die Olifantsriviervallei, maar in 1976 verkoop hy, weer eens om gesondheidsredes, die boerdery finaal laat vaar en gaan tree af. Die Venters vestig hulle na die verkoop van die plaas in die Strand.
Foto: F.A. Venter
Lees meer van sy boeke
Die geheim van die berg (jeug verhaal) (1944/1958) Klik hier vir ‘n lys van F A Venter se boeke Hy het die gewilde reeks “Sahara-avonture” onder sy skuilnaam Meiring Fouché geskryf
Koop van die boeke van F A Venter
Foto : F.A. Venter Koop van F.A. Venter se gewilde boeke |