http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die versamelde gedigte wat in 1935 verskyn het is die eerste en enigste wat die heer Eugene Marais self nagegaan en persklaar gemaak het. In alle vorige uitgawes (behalwe wat met sy toestemming in skoolboeke verskyn het - sommige vir die doel verkort) kom daar storende foute voor wat vir die uitgawe deur die skrywer verbeter is. Ook het hy later varanderings, wat hy as verbeterings beskou, in verskeie stukke gemaak. Alle gedigte veskyn in die bundel in hul verbeterde vorm. Tot dusver is daar drie uitgawes van die gedigte van Eugene Marais. Een in die bloemlesing van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse digters in Nederland uitgegee, wat sonder die toestemming van die skrywer geskied het. Dan het daar twee agtereenvolgende uitgawes in Suid-Afrika verskyn, met medewete van die skrywer, maar ongelukkig nie deur hom persklaar gemaak of gekorrigeer nie. Hierin was verskillende foute. In “MABALêL” byvoorbeeld, is daar selfs ‘n aansienlike gedeelte foutief weggelaat.
In hierdie versameling verskyn ook al die latere werk van Eugene Marais asook ouere stukke/ gedigte, onder sy papiere gevind, wat nooit tevore in ‘n versameling verskyn het nie. Dit val op te merk dat onder die nuwe gedigte daar stukke voor kom wat die skrywer self as sy beste werk beskou. Die volgende gedigte wat nooit vantevore in ‘n versameling verskyn het en sommige waarvan nooit tevore gepubliseer is nie:
|