|
Volgens ‘n vriendin van Ena Murray het sy altesame 131 boeke geskryf. Hier volg ‘n alfabetiese lys van haar boeke (Boeke in blou dui aan dat daar nog meer inligting oor die boek beskikbaar is):
- Agter die masker (1974) - roman deur Ena Murray
- Altaarvure op Kanadavu - roman deur Ena Murray
- Anderkant die horison (1974) - Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
- Appelbloeisels en jasmyn (1990) - roman deur Ena Murray
- As die lied verstil (1984) - roman deur Ena Murray
- As die wiel draai - roman deur Ena Murray
- As die wind daaroor gaan (1985) ‘n Ena Murray roman
- Baas van Babilon - Ena Murray
- Bergwind oor Karma Ena Murray
- Bloeisels in die ryp, 1968 Ena Murray
- Boeie van goud - Ena Murray
- Bring dan jou offer (1972) - roman deur Ena Murray
- Bruid uit die vreemde - roman deur Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
- Bruid van Heerengracht - roman deur Ena Murray
- Daaglikse gesprekke deur Ena Murray,(Byblese dagstukkies)
- Die dae van ons nietigheid - Ena Murray
- Die despoot van Duiwelskloof (1978) - roman deur Ena Murray

- Die dieper droom (1986) - roman deur Ena Murray
- Die Geheim van Hercule Cordier (ou Kaapse verhaal)
- Die geleende bruid - roman deur Ena Murray
- Die gesin Verduin (1983) ook ‘n radiovervolgverhaal deur Ena Murray
- Die glimmende simitar (1969) Ena Murray (woestyn verhaal) en vervolgverhaal in tydskrif
- Die kleine kring - Ena Murray
- Die Kluisenaar van Abendruhe (1971) Ena Murray
- Die man met die geel oë (1985) - deur Ena Murray
- Die meisie van Klaradynstraat - roman deur Ena Murray
- Die Meissner-kliniek, (1990) - Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
- Die mense van Keerboomstraat (1985) Ena Murray
- Die merk van die skarabee, (1975) Ena Murray
- Die ongebore uur (1992) Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
- Die oujongnooi van Polkadraai (1990) Ena Murray
- Die pad terug huis toe (1977) - roman deur Ena Murray
- Die reëngod Tlaloc - roman deur Ena Murray
- Die ryper jare (1976) - roman deur Ena Murray
- Die spookvrou van Santa Catalina - roman deur Ena Murray
- Die tonnel- roman deur Ena Murray
- Die uurglas loop leeg (1986) Ena Murray
- Die vrou in die spieël (1992) Ena Murray
- Die Wit Koningin (1984) Ena Murray
- Diena van Die Eike - roman deur Ena Murray
- Dieplood - Ena Murray
- Dokter Julene (1991) Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
- Droster van Doringbaai - roman deur Ena Murray
- Eensaam op Wegdraai (1978) Ena Murray
- Eiland in die son - Ena Murray
- En die klippe sal uitroep (1993) Ena Murray
- En die verlange bly
- En die wind het gaan lê (opvolg op As die wind daaroor gaan) - roman deur Ena Murray
- Ena Murray op die lewenspad
- Ena Murray se verjaarsdagboek (1986)
- Erf dan my drome (1989) - ‘n liefdesverhaal deur Ena Murray
- Gasheer van Drakeneiland
- Groter liefde as dit (1979 - ‘n liefdesverhaal deur Ena Murray
- Haar grootste offer (1975) - Ena Murray
- Hartklop van Hawaii - Ena Murray
- Heerser van die Quinta - Ena Murray
- Helder is die nag - Ena Murray
- Huise van klei - Ena Murray
- Junior In Saal 7
- Kaalvoet Katryntjie (1980) - Ena Murray
- Keerkring van die Hart (1974) - Ena Murray

- Kinders van Kis
- Koning van die Kanaku - Ena Murray
- Koninkryk van Ricardo (1967) - Ena Murray
- Lied van die Campino's
- Lisé (1960) - Ena Murray
- Luidende simbale - Ena Murray
- Maanlig oor die Amasone (1979) - Ena Murray
- Maddie
- Martelmars van die noodlot (1974) - Ena Murray
- Meisie van Klaradynstraat
- Merk van die Skarabee - Ena Murray
- More lê Ver
- My afgemete deel
- 'n Bruid vir graaf Debussy - Ena Murray
- 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
- 'n Eiland in die son
- ‘n Malva in Vinkelstraat
- ‘n Stil oomblik saam met Ena Murray
- 'n Tyd om te ween - Ena Murray
- ‘n vrou soos Salome - Ena Murray
- Net na middernag - Ena Murray
- Nuwe Horison - Ena Murray
- Oase van geluk (1991) Ena Murray
- Ontsluit die grendels (1974) - Ena Murray
- Onrus op Oshakati (1975) - spanningsverhaal deur Ena Murray
- Oos na die son (1976) - Ena Murray
- Op pad na Kanaän - Ena Murray
- Paspoort na gevaar - Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
- Plekkie in die Son - Ena Murray
- Rabbedoe van Rietkuil (1975) Ena Murray
- Reënboog van koraal (1972) Ena Murray
- Regters oor gister - Ena Murray
- Roep van die Naguil (1980)- - Ena Murray
- Satan van Zimbabwe (1972) - Ena Murray
- Sê groete vir pappa (1990) Ena Murray
- Seile op die horison (1972) Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
- Senor die seerower (1987) Ena Murray
- Skaduwees van gister (1974) Ena Murray
- Skynglans van die maan (1973) Ena Murray
- Sluiers van die Nag (1976) Ena Murray
- Sluiers van wierook (1984) Ena Murray (woestyn verhaal)
- So leeg die moederhart - Ena Murray
- Soekers na die son (1988) Ena Murray
- Sondes van die vaders (1986) Ena Murray
- Sonneblomstraat 7 - Ena Murray
- Soos ons ook vergewe - Ena Murray
- Soveel blye dae (1972) Ena Murray
- Tahiti, verre land - Ena Murray
- Ter wille van ons drome (1987) Ena Murray
- Terug na Kolkbaai (1983) Ena Murray
- Tonge Van Vuur Ena Murray
- Tromme van Onheil (1984) Ena Murray
- Twee paaie na Khuana (1983) Ena Murray
- Tweestryd op Blye Vooruitsig (1971) Ena Murray
- Verwonde jare - Ena Murray
- Verworpe silwer (1983) Ena Murray
- Vlug van die albatros - Ena Murray
- Vreemdeling in Eden - Ena Murray
- Vrou uit die nag (1973) Ena Murray
- Vyf vir vreugde Ena Murray
- Waar die nagtegaal sing (1974) Ena Murray
- Waar die wilde besembos bloei - Ena Murray
- Wag-’n-bietjiebos van die liefde (1995) Ena Murray

- Wanneer die nuwe dag breek (1991) Ena Murray
- Waters van Siloa (1980) Ena Murray
- Weerklank van ons liefde - Ena Murray
- Wewenaar van groene weide - Ena Murray
- Zuleka Bordeau - Ena Murray

Die merk van die skarabee - geskryf deur Ena Murray Marcel Wiid, ‘n lugwaardin koop ‘n hangertjie by ‘n snuistery-stalletjie in Kairo. Die hangertjie is ‘n replika van die skarabee, ‘n Egiptiese kewer wat as heilig beskou word en as ‘n gelukbringer vir die draer daarvan dien. Marcel stuur die hangertjie aan haar suster, Elmarie, in Suid-Afrika, maar kort daarna kry die Wiids die skokkende tyding dat Marcel spoorloos verdwyn het in Kairo.
Marcel se verloofde, Deon Retief, en Elmarie vertrek uit Suid-Afrika na Kairo om self aan die soektog na Marcel deel te neem. Reeds tydens hulle rit vanaf die lughawe na hul hotel word hulle bewus van ‘n aantreklike, geheimsinnige Egiptenaar wat hulle agtervolg en word dieselfde donker Egiptenaar ook later die aand by hul hotel opgemerk. Dieselfde aand reeds word Elmarie se hotelkamer geplunder en word ‘n afbeelding van die skarabee op haar bedkassie gelaat.
Van hierdie oomblik af word die leser bladsy vir bladsy vol spanning deur die woestyn gelei tot in die hart van die Rooi See-berge waar aanhangers van die geheimsinnige skarabee-kultus hul hoofkwartier het. Aan die hoof van hierdie kultus staan ‘n vrou, ‘n mummie wat asemhaal, wat met at die oosterse geheimsinnigheid haar volgelinge regeer.
Sou Elmarie en Deon ooit weer vir Marcel lewend vind? En watter rol speel die geheimsinnige maar gesiene en hooggeagte Hussein Ahd-el-Rahman in die gebeure?
Diep in die donker hart van die Rooi Seeberge het Elmarie dikwels onder benouende omstandighede gewonder oor die geluk wat die skarabee-hangertjie dan kwansuis aan die draer sou bring.
Ena Murray ken die kuns om die leser se hare te Iaat regop staan en te laat sweet van spanning. Merk van die Skarabee sal nie teleurstel nie.
Lees ook ander Egiptiese verhale...kliek hier

Sluiers van wierook - geskryf deur Ena Murray (1984)
Ida Herbst gaan saam met haar pa na die woestynstad Rijaad, vasbeslote om hom en ‘n span geoloë te vergesel as hulle in die groot woestyn van Saodi-Arabië, die Roeb-al-Chali, na water gaan soek.
Georg Bolger. alias Al-Amin, enigmatiese vertroueling van die sjeiks, het egter ander planne. So ook die aantreklike prins Ibrahim Hazik al Yaman ibn Ahmed in sy weelderige sprokiespaleis.
Wanneer haar vriendin ontvoer word, beland Ida in ‘n maalstroom van ongelooflike avonture. Kort voor lank is sy in ‘n verbete stryd om selfbehoud gewikkel. Sy weet nie meer wie sy kan vertrou nie, en haar eie hart verwar haar nog meer. Want hoewel sy wéét Georg Bolger ‘n koelbloedige barbaar is, trek hy haar soos ‘n magneet. Dan is daar ook nog Dick Wilcocks, wat sê dat hy haar saam met hom wil terugneem na Amerika toe...
Die heldin se pad loop van Oosterse mark in Rijaad na die woestyn met sy oases en harems, sy honger woestynwolwe en rowerbendes.
Die vurige liefdesintriges en spammemde gebeure laat ‘n mens asem ophou tot by die laaste meesleurende bladsy. Sluiers van wierook is ‘n opwindende verhaal, vol vreemde misterie - ‘n verhaal van liefde en avontuur uit die pen van Ena Murray
Lees ook nog woestyn romanse deur Wille Martin
Lees ook nog woestyn romanse deur Chanette Paul
Lees ook nog woestyn romanse deur Annelize Morgan
Lees nog Woestynromanse deur Annelize Endres
Lees ook verhale van die Toearegs deur Wim Hartman


Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Die glimmende simitar - geskryf deur Ena Murray
By haar moeder se sterfbed belowe Rianne van Biljon dat sy nogeens ‘n poging sal aanwend om haar broer Herman op te spoor. Herman en ‘n doktersvriend Gerhard van Dyk, het agt jaar tevore ‘n toer deur Arabië onderneem en sedertdien is nog geen tyding of spoor weer van hulle verneem nie.
Ten spyte van sterk teenkanting van die kant van die owerhede in Kairo, gaan Rianne die Arabiese woestyn binne. Heel spoedig maak sy kennis met een van die magtigste sjeiks in Arabië, die jong sjeik Ahmed el Hadab. Maar dit is nie net sjeik Ahmed wat hierdie pragtige meisie in die ongerepte woestyn opgemerk het nie. Ook sjeik Hassan el Halem, bekend vir sy wreedheid, het Rianne se skoonlieid aanskou en haar vir sy harem begeer.
Tussen hierdie twee woestynmanne sou ‘n genadelose stryd ontstaan, waarin die onskuldige Rianne magteloos heen en weer geslinger sou word. Wie sou die stryd wen? Die wrede Hassan el Halem met sy sluwe ogies, of sjeik Ahmed wat met koue, donker oë en besliste optrede, die ontsag van al sy volgelinge afdwing? En sou Rianne in hierdie stryd haar broer ooit vind?
Deel twee van hierdie boeiende en treffende verhaal, is die verhaal van Henriëtte, die dogter van Rianne. Henriëtte wat van kleins af reeds ‘n onverklaarbare maar onbedwingbare begeerte in haar aanvoel na die geheimsinnige Saudi-Arabië, hoewel sy op ‘n plaas in Rhodesië (Zimbabwe) opgegroei bet.
Wanneer sy haar mediese graad behaal, besluit sy om eers te gaan reis alvorens sy met ‘n praktyk begin. Dit is op hierdie reis dat Arabië haar soos ‘n magneet trek, en Henriëtte besluit om sonder haar ouers se medewete ‘n besoek aan hierdie land van deinende wit sandduine en duistere geheimenisse te bring.
Watter gevolge sou hierdie impulsiewe daad van Henriëtte nie nog vir haar inhou nie? Waarom het die ou Arabier met soveel onverbloemde vrees na die ring aan haar vinger gestaar? Die ring met die gekruisde sabels wat die letter M vorm. En wat het die ou Arabier bedoel toe hy gesê het dat dit die merk van Marko is?
Maar toe het Henriëtte nog nie geweet van Marko, die Rowerprins, heerser van die duine; wat op sy vurige hings die verskrikking van die woestyn geword het nie.
Lees ook nog woestyn romanse deur Wille Martin
Lees ook nog woestyn romanse deur Chanette Paul
Lees ook nog woestyn romanse deur Annelize Morgan
Lees nog Woestynromanse deur Annelize Endres

Tromme van onheil - verhaal deur Ena Murray
Deur die skemer van ‘n reënwoud in Papoea Nieu-Guinee stap ‘n groepie mense moeisaam voort, terwyl doodsgevaar hulle elke oomblik omring.
Langs vreemde weë het die lede van die ekspedisie by mekaar uitgekom. Aan die hoof is Verona, die verleidelike antropoloog. Vir haar is ‘n belangrike lid van die span Christo, met wie sy jare vantevore byna getrou het, maar wat sy vir sy boesem vriend Laurence verlaat het. Laurence het egter kort daarna in die groen hart van die woud verdwyn. Cristo glo dat Laurence aI die jare nog lewe en gevind moét word; daarom het hy op hierdie “studiereis” van Verona saamgekom. En Tom, knap hanteerder van vuurwapens, en Barney, kenner van edelstene — waarom is hulle op die tog? Watter houvas het Verona op hierdie geharde manne?
Daar is ook Anka, die sekretaresse wat uit verre Suid-Afrika moes kom om te sorg dat Cristo sy eer behou. Haar tante, Cristo se stiefmoeder, het naamlik die leuen dat Cristo getroud is die wêreld ingestuur in die hoop dat dit Verona uit sy lewe sou verdryf. Om te verhoed dat hul blufspel aan die kaak gestel word, moet Anka nou die rol van Cristo se vrou speel, ook op hierdie tog... in die nagte wanneer Verona hul skadu’s teen die dun tentseile kan sien.
lewers agter die digte plantegroei wat hulle soos groen mure omsluit, is daar oë wat hul gang noukeurig volg, die donker oë van kannibale. Dan begin die tromme hol en dof te dreun, soos ‘n bose siddering wat oor die oerwoud trek.
Tromme van onheil sal elke bewonderaar van Ena Murray meer as tevrede stel.


Lees meer oor Ena Murray omnibusse


Soekers na die son - verhaal deur Ena Murray Die verhaal begin eintlik by “Huise van klei”
Vir klein Nols Retief het daar ‘n mooi toekoms voorgelê: hy sou eendag die spogplaas Paradys erf. Hier sou hy en Hantie Hefer ná hul huwelik vir hulle ‘n lewe saam opbou. En die Retief-geslag sou voortgaan.
Maar toe, ná oupa Nols se dood, kom daar die skokkende onthulling: Die erfplaas kom die jonger kleinseun Janneman toe, want klein Nols is nie werklik ‘n Retief nie. Hy is ‘n aangenorne kind, ‘n buite-egtelike kind - en hulle weet nie eens wie of wat sy pa was nie.
Helgard en Elsa Retief was bereid om hom te aanvaar. Vir hulle was hy deel van die gesin, soos ‘n eie kind. En op die ander plaas, Ou Werwe, kan hy tog ook vir hom ‘n mooi toekoms bou.
Maar die Hefers sien nie meer kans vir die verbintenis nie. Hulle verbied die huwelik, en toe Hantie haar teen hulle verset, verbied hulle haar die huis.
Alhoewel sy in jeugdige oormoed haar lot by Nols op Ou Werwe wil gaan inwerp, is so ‘n toekoms vir hom óók nie meer moontlik nie. Sy wêreld lê aan stukke — en op ‘n dag verdwyn hy net spoorloos.
‘n Paar weke later kom die volgende skok: Hantie is swanger. En Janneman neem ‘n eed: As hy sy gewese broer kan opspoor, sal hy hom vermoor.
Vir die mense van Paradys breek daar ‘n hartseertyd aan, ‘n tyd van spanning en worstelling. Hul enigste troos is hul dogter Isabé. Sy het vir pa Helgard en stiefma Elsa nog nooit ‘n oomblik se leed besorg nie. Van háár lewe het sy ‘n sukses gemaak. By die privaathospitaal in Durban staan sy bekend as die beste operasiesuster wat hulle nog ooit daar gehad het.
Min wis die Retiefs van die probleem waarrnee sy worstel en dat sy ‘n besluit geneem het wat hul lewe nog verder uitmekaar uit sou ruk.
Soekers na die son is ‘n meeslepende verhaal oor die lotgevalle van mense op soek na geluk en vastigheid. Ena Murray skroom ook nie om hier die problematiek van ons Suid-Afrikaanse samelewing oop te vlek nie. Dit is ‘n verhaal wat jou dwing om opnuut te besin oor waardes wat dikwels so vanselfsprekend aanvaar word.

Die Retiefs van Paradys se verhaal begin by Ena Murray se Huise van klei Elsa se ma was nie tevrede om die vrou van ‘n plaasbestuurder te wees nie. Hoekom kon sy nie ook in weelde leef soos die baas van Paradys en sy kinders nie? Dáarom skei sy van sukkelaar Jan Vermaak en trek die voordeur van die eenvoudige huisie vir altyd agter haar toe. Sy en Elsa verruil die plaas vir Kaapstad. Dalk bied die stad alles wat die hart begeer.
Eers lok die disko’s en nagklubs Elsa. Later die skepe in die hawe. In skemer kajuite verkoop sy haar jong liefde aan seeman na seeman. Ses jaar lank doen sy dit. Totdat die jong mense wat snags hul lewens op die spel plaas om ander te red — straatwerkers soos Elske en Vegter — haar help om tot bekering te kom.
Nou sterf haar moeder en keer Elsa terug na Paradys - om dit spoedig weer te verlaat. Dreigend het Nols Retief, gevreesde eienaar van die spogplaas, in Jan Vermaak se voordeur gestaan en haar weggejaag. Want sy het dit gewaag om sy seun van haar verlede te vertel, Helgard wat met haar wou trou.
Elsa is egter bestem om terug te kom. Hierdie keer wit en móét sy die mense wat haar verwerp het, help. Die Retiefs, hulle wat in marmerpaleise woon, het haar oneindig nodig. Hulle is vasgevang deur ontrouheid, alkoholisme en dwelmmisbruik. Liefde en geluk ken hulle nie, wel afpersing en selfmoord.
Mater Elsa is ook maar net ‘n swakke mens...
Lees ook “Soekers na die son”


Lees meer oor Ena Murray omnibusse


Seile op die Horison verhaal deur Ena Murray (ou Kaapse verhaal) (Vervat in omnibus 3)
Die geheimsinnige markies Claud le Grand kom in die romantiese Kaap van die laaste helfte van die sewentiende eeu aan met sy ewe geheimsinnige skip, die Borsenburg; Hier in hierdie jong land waar maar kort te vore ‘n nedersetting tot stand gekom het, wil hy ‘n vrou soek wat aan hom bestendigheid sal gee na sy rustelose lewe en omswerwinge.
Dan ontstaan die onstuimige liefdeslewe van ‘n paar jong mense.
Op aandrang van die markies reël die goewerneur ‘n bal waarna al die jong meisies van die Kaap uitgenooi word sodat Claud vir hom ‘n vrou kan soek. Onder die gaste op die bal is die beeldskone diensmeisie, Angelique Viret, wat haar jong meesteres, Jeanette du Val, verteenwoordig om sodoende die markies om die bos te lei en ‘n man vir die onaantreklike dogter van gravin Du Val te probeer kry.
Maar sal die bedrog wat deur die gravin beplan word, uitwerk? Sal die roekelose Claud toelaat dat hy bedrieg word om met Jeanette in plaas van met die vrou van sy drome te trou? En sal Jeanette daarin slaag om met ‘n man uit die adelstand, soos van haar verwag word, te trou?
Die spanning loop hoog wanneer Angelique wat met die skip, die Schelde, na Frankryk op pad is deur die bemanning van die Borsenburg ontvoer word en sy dreig om Claud se seerowerslewe aan die goewerneur bekend te maak. Beteken dit dat Claud en die bemanning van die seerowerskip, die Nagswael, hulle einde aan die galgtou sal vind? Wat word dan van Angelique se onstuimige Iiefde vir die roeketose Claud en van Jeanette?
Lees ook ou-Kaapse verhalde deur Elmar Steyn
Lees nog Kaapse verhale deur Gerrie Radlof
Lees ook die seeheks reeks deur Kobus Snyman

Vreemdeling in Eden verhaal deur Ena Murray (vervat in Ena Murray omnibus no 5)
Asseblief, dame, ek soek ‘n man... gou en dringend!
Wanneer Karlien Steenkamp se nood op die ergste is, kom daar redding, in die vorm van Julius Schreider wat ‘n vrou ewe dringend nodig het. Hulle ken mekaar glad nie, en tog trou hulle dadelik en vertrek, met die paar maande oue klein Essie, na die Seychelles waar Julius een van die bestuurders is.
Dis nou te laat vir Karlien om aan die wysheid van haar besluit te twyfel, en in hierdie tropiese omgewing leer sy om die jong, onervare dogtertjie te ontgroei. In die tuin van Eden, word sy ‘n volwasse vrou wat liefhet. Maar hier leer sy ook die listige slang ken, en hoor sy van die verbode vrug, net soos in daardie eerste Eden, duisendejare gelede
Daphne Roderick word ‘n vertroude vriendin, en tog is dit eers aan die end dat Karlien haar geheim leer ken. Haar broer John, is ‘n goeie maat.. . totdat sy emosies daarby betrokke raak.
Malcolm Day is die man by wie Karlien opregte vriendskap vind, en dit is ook aan háár dat hy sy diepste geheim toevertrou. Sy vrou, Carroll, met die sagte blou oë en minsame houdinkies, leer Karlien ken as die adder. Die slang in Eden...
En Carrol se haat groei by die dag, haar voorneme om Julius vir haarself toe te eien versterk haar wraakgedagtes. Sy sal vir niks stuit nie. Selfs nie vir moord nie, as dit haar eie planne kan bevorder.
En Julius? Hy is die onbetwiste leier, die heerser hier. Hy is die man wat deur almal vertrou en gerespekteer word, maar hy is ook die man vir wie niemand in werklikheid ken nie. Die een wie se woord nooit in twyfel getrek word nie. Dat daar skinderpraatjies is omtrent hom en Carroll Day, weet hy. En omdat dit sy boesernvriend, Malcolm, se vrou is, is Julius se optrede soms ‘n bietjie misleidend. Misleidend vir ander op die eilande, en ook vir sy jong vroutjie by wie die lewensvreugde soms uitgedoof word.,.


Lees meer oor Ena Murray omnibusse


Senor die seerower ‘n Moderne seerowersverhaal op ‘n idilliese eiland deur Ena Murray
Andrea Smit was ‘n verpleegster met haar twee mooi voetjies stewig op die aarde geplant, maar haar pa, Dries, was ‘n dromer, immer op soek na ‘n verborge skat iewers. Toe hy die dag sê: dis nou die laaste keer, maar dat Andrea moes saam, op soek na ‘n seerowerskat op ‘n idilliese eiland naby Costa Rica, het sy ingestem. Buitendien, sy het pas honderd en vyftig duisend rand gewen in ‘n blokraaiselkompetisie en het al begin glo haar lewe is te saai en onromanties.
Op San,José, die hoofstad van Porto Rico, maak hulle kennis met die man namens wie Dries eintlik die skat moet soek: die adellike Alonso Juan Benito de Vitoria, maar Andrea en die aantreklike man — ‘n direkte afstammeling van die berugte seerower Benito — is dadelik haaks, hoewel sy tog toegelaat word om hom en haar pa te vergesel na die eiland Kokos, waar die skat eeue lank reeds versteek is.
Op die eiland maak Andrea ook kennis met Donna Teresa, Alonso se grootmoeder wat lank reeds beplan het dat hy met sy pragtige stiefsuster Miranda sal trou, met Miranda self, en met Alonso se neef Juan, wat heimlik op Miranda verlief is. Maar Alonso het ander planne — met die skat, met Miranda, met sy grootmoeder en met Andrea.
Señor die seerower is ‘n romantiese avontuurverhaal wat die bloed deur die leser se are sal laat tintel — Ena Murray op haar verrassende beste!
Lees ook Oloff die seerower (Gerrie Radloff)
Lees ook Wille Martin se seerower boeke

Erf dan my drome In Erf dan my drome verdiep die liefdesverhaal wat so romanties, wat byna speels in Appelbloeisels en jasmyn begin het deur Ena Murray
Vir die jong Erika was die eerste ses maande van haar huwelik met Philippe de la Buscagne ‘n sielsgelukkige tyd. Haar man, direkteur van ‘n groot hotelgroep op die Comoro-eilande, moet nou wel oordag dikwels van die huis af wees, maar wanneer sy ligte vliegtuig saans naby hul paleisagtige huis op Mayotte land, is sy altyd daar om hom te verwelkom.
Tot daar die dag ‘n noodoproep van sy neef kom: Daar is ‘n krisis by die hotel Coelacanth en sy moet asseblief kom help. Hy kan dit nie alleen hanteer nie.
Al weet Erika goed dat haar man ontevrede is oor Jean-Paul se afhanklikheid van haar, kan sy dit nie oor haar hart kry om te weier nie. Vandat Jean-Paul meer as ‘n jaar gelede in ‘n vliegongeluk was, is hy verlam en moet hy sy dae in ‘n rolstoel slyt. Buitendien is dit op haar aandrang dat Philippe hom, baie teësinnig, as bestuurder van een van sy hotelle aangestel het. En hy móét die kans gegun word om te wys wat daar in hom steek. Sy durf hom nie nou faal nie.
Toe Philippe daardie aand tiis kom en net ‘n briefie vind, ontstaan daar ‘n verwydering tussen hom en sy vrou — ‘n vervreemding wat nog groter word toe Philippe se eertydse verloofde, Jacqueline, oenskynlik onverwags op die toneel verskyn. Dis ook nie net Jacqueline nie. By die hotel is daar nog die geheimsinnige, blonde Louise wat nie met die ander gaste meng nie, maar tog dikwels in Philippe se geselskap is. En hy weier botweg om enige verduideliking van hierdie nuwe vriendskap te gee.
‘n Vreemde sameloop van omstandighede by die hotel dwing die drie vroue om daagliks saam te werk. En vir Erika word dit al hoe duideliker dat hier baie meer op die spel is as ‘n wedywering om Philippe se guns.
In Erf dan my drome verdiep die liefdesverhaal wat so romanties, wat byna speels in Appelbloeisels en jasmyn begin het, tot ‘n boeiende drama van verstrengelde menslike verhoudings. Die ontknoping kom eers nadat elkeen van die vyf hoofkarakters ‘n lang pad van hartseer, verydeling en misverstand afgelê het.
Lees ook: Appelbloeisels en jasmyn



Lees meer oor Ena Murray omnibusse
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees


Terug na Kolkbaai liefdesverhaal deur Ena Murray (vervat in Ena Murray se Omnibus 19)
Na elf jaar in die stad keer Hannelore terug na Kolkbaai, die dorp van haar jeug.
Kolkbaai is nie meer die gehuggie van vroeër nie. Moderne huise het teen die sandheuwels bygekom, asook ‘n kerksaal en nuwe poskantoor waarop die dorp se naam pryk.
Tog is baie van die mense wat sy as jong meisie geken het, nog daar. Onder andere haar jeugIiefde, Oloff Bernhardi, van wie sy destyds weggevlug het stad toe.
Die herontmoeting maak ou herinneringe wakker, en Hannelore besef dat die tyd nie die argwaan tussen hulle laat verdwyn het nie. Dit word spoedig vir haar duidelik dat sy die onvermydelike botsing waarop hulle afstuur, nie sal kan voorkom nie.
In Terug na Kolkbaai vertel Ena Murray, soos net sy kan, die verhaal van ‘n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en geluk. ‘n Liefdesroman uit die boonste rakke.
Op pad na Kanaan - Ena Murray
Toe Pauli van der Merwe, vrou van die ambisieuse, vooruitstrewende jong regsman Jan van der Merwe, die dag moet hoor dat haar man ‘n ander vrou liefgekry het, voel dit vir haar asof haar hele wêreld ineentuimel. Dit waarvoor sy en Jan so hard gewerk het — hul mooi, imposante huis, hul duur nuwe meubels, die luuksemotor, al die dinge waarna hulle saam gestreef het —was dit dan alles verniet? Waarvoor het sy dan die jare van haar jonkheid opgeoffer?
Verpletterd vlug sy, sonder om Jan te laat weet waarheen sy gaan. Sy het self geen benul waarheen sy haar moet begeef nie.
Maar die nooddot is goed vir Pauli, want sy kom uit by ‘n plek wat enig in sy soort is: Môrestond, waar mense wat deur die lewe geknou is, die kans kry om ‘n nuwe toekoms te vind, om die foute wat hulle gemaak het, uit te stryk en die lewe van voor af aan te pak.
Dis egter nie as pasiënt, as Pauli van der Merwe, dat sy haar daar bevind nie. Dis as verpleegsuster Pauline Grobbelaar, een van die span wat die terneergeslane, rigtinglose mense om haar moet help om weer hul voete te vind.
Sal sy haar eie probleme te bowe kan kom en haar aan die welsyn van die mense om haar kan wy? Of sal sy in die aangesig van soveel ongeluk weer op die vlug slaan? En wie is Wilbur Vlok eintlik — die man met die grys aan sy slape en die skaduwee in sy oë? Wat het in sy verlede gebeur dat hy nog steeds alleen deur die lewe gaan?
Met al hierdie vrae worstel Pauli, tot sy op ‘n dag met ‘n skok besef dat daar ‘n ingrypende verandering gekom het in haar lewe.
Op pad na Kanaan is ‘n diep geestelike verhaal, op die waarheid gebaseer, van ‘n handjievol mense wie se lewens onherroeplik ineengestrengel raak. Met ‘n deurvorsende oog word gekyk na die waardestelsels wat mense aanhang, na hul soeke na geluk en bevrediging, na hul hoop en wanhoop. Maar uiteindelik gaan dit om die Iiefde, wat alles bedek, alles glo, alles hoop, alles verdra.
Lees meer oor Ena Murray omnibusse

As die lied verstil Liefdesverhaal deur Ena Murray
Chrissie is doodgelukkig by Ouma in die klein, eenvoudige huisie op Dennedal. Hier kan sy in rus en vrede klavierspeel, na haar plate luister, en sy is vry om drome te droom; drome wat so onbereikbaar is .
Dan maak sy kennis met Ferdi en James, en skielik lyk dit asof haar drome tog vervul kan word. Maar sy sal moet opofferings maak wat haar wegneem van Ouma en Dennedal, en haar hele lewe drasties verander.
Chrissie ervaar ongekende geluk, totdat Velma terugkeer van die buiteland, en haar drome stadigaan begin uiteenspat .
As die lied verstil is ‘n tere liefdesverhaal wat geen Ena Murray-bewonderaar mag misloop
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees




Anderkant die horison ‘n boeiende Kaapse verhaal geskryf Ena Murray (vervat in Ena Murray se Omnibus 19)
,Jy gaan nie op hierdie perd ry nie, Mam’selle. Ek verbied jou!”
Hy was Philippe Fouché, die staljonge; sy was Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, eienaar van die RueIle-landgoed en -kasteel in die suide van Frankryk. Sy het die peits geswaai na die jong gesig voor haar, en ‘n oomblik later het die bloed vrylik gevloei uit die kloof op sy wang.
,,Jy vergeet jouself, M’sieur,” het sy kil geantwoord. ,,Ek gehoorsaam geen bevele van ‘n kneg nie ...
Maar dis die jaar 1789. die jaar van die Franse Rewolusie, en enkele weke later word die trotse kasteeldogter tog genoodsaak om die stalkneg se bevele te gehoorsaam en sy is verplig om met hom te trou om van die valbyl te ontsnap.
Philippe en Loanne Fouché vlug na die Kaap de Goede Hoop, weg van die afgebrande bouvalle van die Ruelle-kasteel, weg van die verkoolde lyke van hul ouers — Loanne ook weg van haar verloofde. die comte Louis De Ia Fay Dupont. Loanne glo dat Philippe haar ouers vermoor het, en hy hou die comte Louis daarvoor verantwoordelik.
Die verlede sterf nooit werklik nie en op ‘n dag vaar drie skepe Tafelbaai binne — en word die sluier oor die verlede oopgetrek
Anderkunt die horison is weereens ‘n boeiende Kaapse verhaal uit die vaardige pen van Ena Murray; ‘n verhaal wat bruis en tintel van romantiek, spanning en avontuur.

Lees meer oor Ena Murray omnibusse
Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Bloeisels in die ryp - Ena Murray
‘n Aangrypende en roerende verhaal, van die leed en smart van ‘n jongmeisie wat onskuldig en ongewapend die buitewêreld tegemoet gaan, nadat sy sedert haar vroegste dae slegs aan die beskermende lewe van die weeshuis waar sy opgegroei het, gewoond was.
Eers toe sy die onskuldige prooi van ‘n hartelose en selfsugtige jongman word, word Renske Conradie bewus van ‘n ander sy van die lewe, wat dusver vir haar onbekend was.
Renske was egter skaars bewus van die smart en verguising wat nog op haar gewag het, daardie dag toe sy besluit het om vir goed alle bande van die verlede te verbreek, wat haar aan die weeshuis gebind het.
Vol vertroue besluit sy om die bekende advokaat Brand Laubscher te besoek. Hy is Desmond se broer en by sal haar van Desmond se adres voorsien. Desmond sal mos met haar trou, hy het haar mos ook lief, soos wat sy hom met oorgawe liefhet!
Maar Renske se hele wêreld tuimel in duie wanneer sy voor die genadelose en beskuldigende bilk van Brand Laubscher ineenkrimp — wanneer sy woorde soos swaardsteke deur haat priem: ,,Jy is nou die vyfde meisie wat my om sy adres kom vra. Watter hartroerende storietjie kom jy my vertel’
En soos soveel kere daarna nog sou gebeur, strompel Renske sonder doel of rigting, haweloos en reddeloos in die nag deur die verlate strate van die groot pad.
Maar later wanneer die onverbiddelike, geharde Brand Laubscher vind dat by die bleek, verwese gesiggie van die meisie nie uit sy gedagtes kan weer nie, dan begin sy haas vrugtelose soektog na haar— fynkam hy die strate van die groot stad, speur sy oë tussen die massas wat daagliks die sypaadjies bewandel. Want bedags kan hy sy werk nie meer behoorlik doen nie, en snags laat die beeld van haar geskokte gesiggie die slaap van hom wyk.
Anders as Ena Murray se bekende spanningsromans, lewer hierdie gewilde skryfster vir ons hier ‘n suiwer en hartroerende liefdesverhaal.




Satan van Zimbabwe deur Ena Murray (Vervat in omnibus 3)
Op die vakansieplaas by die Zimbabwe-ruine wag almal. Almal wag dat die onheil weer moet toeslaan. Want dinge gebeur... meer as wat vir die blote oog sigbaar is...
Gustaf glo dat hy op die regte spoor is, maar dan gebeur soveel onverklaarbaarhede: Nina verdwyn snags na die ruine. Phil het ‘n verhouding met Dianne. Vlêrmuise val mense aan. En die Satan van Zimbabwe eis nog ‘n sbagoffer.
Wat skuil agter die geheimsinnighede by die Zimbabwe-ruIne?
Buitengewone gegewe word in SATAN VAN ZIMBABWE ineengeweef tot ‘n boeiende roman. Ena Murray hou die leser in spanning en afwagting tot by ‘n verrassende ontknoping.

Die ongebore uur liefdesverhaal deur Ena Murray
Een nag van hartstog baar nie ‘n leeftyd van huweliksgeluk nie. So waarsku dokter Gunther Meissner die pragtige Inge Buchner daar in die verre Duitsiand. Maar in die ydel geloof dat sy haar eie toekoms kan bepaal, soebat sy hom om met haar te trou — en sy vra nie met woorde alleen nie, maar ook met haar liggaam. Dat daar veel, veel meer op die spel is as huweliksgeluk, sal Gunther eers later in Suid-Afrika uitvind. En ook Inge moet ontdek: oor die toekoms het sy geen seggenskap nie, al het sy alles haarfyn beplan.
Magteloos moet sy toekyk hoe dokter Annari Murad alles vir haar man word wat sy self begeer om vir hom te wees.
Die ongebore uur is Ena Murray se derde roman oor die lewens en lotgevalle van die Meissner-kliniek se mense.
Familie rondgeslinger deur die storms van die lewe, maar een wie se verhaal duur verworwe wysheid inhou, en leesgenot uit die boonste rakke bied.
Lees meer oor Ena Murray omnibusse
Lees meer oor Ena Murray omnibusse
Lees meer oor Ena Murray omnibusse
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees

En die klippe sal uitroep liefdesverhaal deur Ena Murray
Haar naam mag onskuldig klink, maar Miempie Rust laat haar deur niemand soos ‘n stoetdier deurkyk nie - allermins deur ‘n pierewaaier soos Emile de Jongh van La Rhone, die spogplaas van die omgewing.
En buitendien: sy het veel ernstiger sake op die plaas as om nog een van Emile se kortstondige metgeselle te word.
Miempie is distriksverpleegster en iemand met ‘n oop hart vir die nood van die plaaswerkers. Sy skroom nie om betrokke te raak nie, en om haar sê oor die toestand op sommige plase te sê nie - al maak dit haar soms ongewild.
Emile kán homself nie keer nie: die dapper en reguit meisie imponeer hom. Méér nog: hy kan haar nie weerstaan nie. Maar hoe meer haar pleidooie om menslike bedeling vir plaaswerkers veld wen, hoe meer lyk dit of sy buurman, Manie Bredenkamp, by Miempie veld wen.
Miempie word egter minder deur troukoors gepla as die twee manne. Sy gaan voort met haar selfopgelegde taak. lewers moet sy byvoorbeeld twintigduisend rand vandaan kry sodat Maria Vaaltyn, ‘n skrander werkerskind van La Rhone, met haar mediese studie kan begin.
En die klippe sal uitroep is ‘n werklik meesleurende verhaal van geloof wat oor alle struikelblokke triomfeer - en nie net die geloof nie. Want uiteindelik oorwin ook die liefde, en dIt juis omdat Miempie so hardkoppig vir minderbevoorregtes in die bres tree.

Oase van geluk liefdesverhaal deur Ena Murray
Martina Celliers kom een aand met sterre in haar oë op haar suster se bed sit. “Sus, hoe weet ‘n mens wanneer jy werklik verlief is? Ek bedoel, hoe kan jy seker wees jy het die éé man vir jou in die lewe raak geloop?” Isolde kan haar suster net verslae aankyk en haar oë laat sak. Want sy weet nie. Op 26 weet sy nie hoe dit voel om iemand lief te hê nie. Haar suster se oë vertel haar dat Martina iets ervaar wat sy nie ken nie, en hoe beny die oujongnooi haar sussie nie...
As Martina kom pleit dat Isolde haar en haar geliefde uit ‘n groot penarie moet help, weet Isolde dat daar ‘n groot slang in die gras is, maar haar hart word week. As hul ouers nog geleef het, sou Martina haar na hulle kon wend. Maar nou het sy net haar suster.
So beland Isolde op die pragtige Karooplaas Rocklands waar Zak Coetzenbergh met ‘n ysere wil en ‘n seekoeisambok regeer. En van die eerste dag af weet sy haar maskerade gaan op ‘n breekspul uitloop, want in die baas van Rocklands het sy vir die eerste keer in haar lewe ‘n man ontmoet wat nie vir rooi hare en ‘n onafhanklike persoonlikheid skrik nie. Die feit dat sy hom onder die valse indruk bring dat sy Martina is, kompliseer dinge verder.
Oase van geluk, vol humor en romanse, is die verhaal van ‘n boer wie se woord wet is — op sy grond, en in die liefde. En van ‘n halsstarrige rooikop met blitsende groen oë, wat byna te laat uitvind dat sy “die één man in die lewe vir haar” raak geloop het.



Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees


Die Meissner-kliniek verhaal deur Ena Murray
Elke Meissner het jare lank gestudeer en later gespesialiseer om één doel te bereik: die Meissner-kliniek. Om volwaardig lid te word van die sogenaamde Meissner-mafia - die span dokters wat haar oupa in sy beroemde kliniek opgebou het.
Haar moeder het haar egter gewaarsku oor die dag wanneer sy as pediater sou gaan staan voor die oupa wat sy in haar nege-entwintig jaar nog nooit gesien het nie. “Jou oupa het sy enigste kind se naam uit die geslagsregister van die Meissners geskrap. Jou pa en sy nageslag bestaan nie meer vir Albert Meissner nie. Hy gaan jou nie aanvaar nie.”
Maar dis nie teen haar oupa Meissner dat Elke te staan kom nie. As sy by die Meissner-kliniek instap, word sy gekonfronteer deur Julene Meissner - Albert Meissner se “enigste kleindogter”.
Elke en haar moeder is verstom, ontgogel. Elke is tog Albert Meissner se enigste kleindogter! Hulle besef daar is ‘n bedrogspul aan die gang, maar Albert Meissner lê ernstig siek ná ‘n hartaanval en hulle durf dit nie waag om hom met die waarheid te konfronteer nie.
‘n Sielsbekommerde moeder moet toesien hoe haar hoogs geleerde dogter haar voordoen as ‘n astrante tiener met boksterte en sproete! As trolliejoggie wat waslappe en seep van saal tot saal verkoop, probeer sy om Julene Meissner se geheim te ontrafel.
Op haar rondtes ontmoet Elke vir dokter Horst Buchnet Sy vind hom ‘n gawe man, maar wonder wat hy in die hartelose Julene sien. Die moeder besef dat haar dogter die eerste keer ‘n man ontmoet het wat sy waardig genoeg ag om op ‘n voetstuk te plaas.
En dan verskyn Jan Swanepoel, ‘n klasmaat van Elke, op die toneel en sake raak net ingewikkelder.
Die Meissner—kliniek is ‘n lekker hospitaalstorie vol egte drama en Iiefdesintrige, afgewissel met heerlike, komiese insidente — boek so reg na die smaak van duisende Ena Murray-lesers.
Lees ook hospitaalverhale deur Nan Henning
Lees ook hospitaalverhale deur Ela Spence (Florence Nightingale)

Zuleka Bordeau verhaal deur Ena Murray Seerower verhaal - lees ook Oloff die Seerower van Gerrie Radlof
Die trotse Zuleka Bordeaux vergesel haar jonger suster, Suzanne, na Batavia. Die doel van die reis is ‘n poging van haar ouers, afstammelinge uit ‘n ou adellike familie, om Suzanne oor haar liefdesteleurstelling te laat kom, nadat haar verhouding met die jong tuinier, Francois, deur hulle toedoen beëindig is. Op pad word die Neptunus deur die Seeleeu, seerowerskip van kaptein Juan Costeaux, tot oorgawe gedwing en die oorlewende gevangenes op Madagaskar aan wal gesit.
Twee jaar later, na maande op die eiland, is Zuleka en Suzanne weer in Frankryk terug. Zuleka gee kaptein Juan die skuld vir haar ouers se dood wat gevolg het op die tyding van die Neptunus se lot. Sy besluit haar op Juan te wreek en koop self ‘n skip, die Bordeaux. As kaptein van die skip dwing sy bewondering af, oorwin selfs die gevreesde Bara.
In Rahola ontmoet Suzanne vir Francois wat intussen lid van the Seeleeu se bemanning geword het.
Zuleka wil haar nog steeds op Juan wreek, -maar in die daaropvolgende geveg word die Bordeaux nie alleen tot oorgawe gedwing deur die Seeleeu en sy deur Juan gestraf nie, maar moet sy ook onmiddellik nadat sy hom verneder het, aan hom die belofte doen om vir hom ‘n opvolger in die wêreld te bring ten einde sy samewerking te hê as hulle deur skepe aangeval word. Juan help, maar in ‘n digte mis ontsnap die Bordeaux die Seeleeu en Zuleka vir Juan.
Uiteindelik vind Juan Zuleka aan die Kaap, herinner haar aan haar belofte, dwing haar na Rahola, waar sy met hom trou .
Na die geboorte van haar seun neem Juan hom van haar weg .
‘n Verhaal waarin trots tot op die laaste dreig om die liefde wat daar tussen mense bestaan te vernietig.

Roep van die naguil verhaal deur Ena Murray
OMTRENT HIERDIE STORIE . . . Die balsaal van die Kasteel is gevul met musiek en die belangrikste inwoners aan die Kaap van Goeie Hoop. Skielik staan hy daar, met ‘n breë glimlag op sy gesig, die gemaskerde dief wat al geruime tyd aan hierdie halfwegstasie tussen Wes en Oos ‘n skrikbewind voer. SeIfs Sy Eksellensie, die Goewerneur, is magteloos om te verhoed dat sy belangrike gaste oop en bloot van hul kosbare juwele beroof word, en die buit dan nog wegedra word in Graaf Levaux se broek.
Die dief wat deur inwoners van die Kaap Naguil genoem word, beledig ook die mooiste dame aan die Kaap, Marlaine Fouché, wet hierheen gevlug het om haar oom weg te kry uit Frankryk en die slegte geselskap waarin hy daar verval het, nadat hy al sy eie en so te sê ook haar erfgeld uitgedobbel het. Ongelukkig herberg die Kaap van Goeie ook nie net van die room van die vasteland nie, maar ook baie skuim van oorsee het hier teen sy wit strande kom uitspoel. Marlaine moes vind dat daar selfs aan hierdie verre Suidpunt ook mense is wat haar oom verlei en sodoende ook vir haar, al dieper die afgrond insleep.
Daar is veral een man wat sy grootliks verantwoordelik hou hiervoor ... Sar le Sueur. Sy konfronteer hom en kom die slegste daarvan af. Dan word sy voor die keuse gestel: Of sy betaal haar oom se dobbelskuld aan hom, of sy delg die skuld deur met hom te trou.
Sy is noodgedwonge verplig om haar na Graaf Levaux te wend . . . ‘n man wat sy weet haar begeer maar in wie sy ‘n instinktiewe weersin het.
Sy word die speelbal tussen twee mans se drifte en hartstogte. Maar meer nog . . . sy bevind haar skielik te midde van intrige . . . die intrige wat die Naguil omgeef. Daar is beslis ‘n verband tussen Graaf Levaux, Sar le Sueur en die Naguil, die dief aan die Kaap. Op ‘n dag moet sy uitvind dat sy as ‘n medepligtige van die Naguil beskou word . . . en sy doen ‘n skokondekking . . .
Lees ook “die Buiter “ deur Gerrie Radlof
Lees meer van ou-Kaapse verhale
Lees ook verhale deur Elmar Steyn
Lees ook verhale deur Rein Pretorius
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees

Onrus op Oshakati verhaal deur Ena Murray
Terwyl sy met haar klein motortjie deur die versengende Suidwesdag aansukkel, moet Linda Maartens haarself telkens keer of haar gedagtes sit met haar op loop. Sy mag nie, sal nie weer aan die afgelope maande dink nie, besluit sy, dis verby. As sy haar sinne wil behou en op die een of ander manier weer ‘n toekoms vir haar wil opbou, moet sy vergeet van wat agter lê. Op Oshakati, die sendinghospitaal in die verste uithoek van Suidwes waarheen sy op pad is, gaan sy bly. Dit het sy reeds vas besluit. Daar sal sy haar met hart en siel in haar werk as dokter kan stort, daar waar niemand sal weet dat sy in ‘n opspraakwekkende hofsaak betrokke was nie.
Daar wag ‘n ontnugtering op haar. Louw Hoffmann, die superintendent van Oshakati, is ‘n verstokte vrouehater wat heeltemal uit die veld geslaan is om te sien dat sy nuwe assistent ‘n vroumens is. Hy weier om te glo dat sy opgewasse vir haar taak sal wees, en maak dit duidelik dat hy sy bes gaan doen om so gou moontlik van haar ontslae te raak.
Maar dit blyk gou dat Louw Hoffmann nie die enigste van Linda se probleme gaan wees nie, want die geheimsinnige Garth Jackson en ander mense, wat veel meer van haar weet as wat sy ooit vermoed het, verskyn op Oshakati.
Onrus op Oshakati is nie net ‘n boeiende verhaal nie. Dis ‘n verhaal waarin die spanning nooit ‘n oomblik lank verslap nie, want die verwikkelinge volg mekaar so vinnig op dat dit die leser as’t ware uit-asem het. Met die verhaal het Ena Murray weer eens bewys dat sy intriges kan skep wat ‘n mens nie maklik vergeet nie.



Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees


Die gesin Verduin verhaal deur Ena Murray
“Hulle is ‘n klomp vreemdelinge wat saam onder een dak woon. Hulle dra net dieselfde van. Dis al”. Aan die hoof van die gesin Verduin staan Rolf Verduin — die simbool van gesag, mag en gepaardgaande korrupsie. Hy het homself aangestel as die beskikker van elkeen van sy kinders se lot. En hul lot wil by deur middel van geld bepaal — soos by met alles om hom probeer doen.
In die lewe van Noort, sy oudste seun, wil hy God speel, hom na sy eie beeld vorm, sodat Noort eendag Verduin en Kie. waardig sal wees. En Simon, die dromer, wie se lewensbegeerte dit is om eendag ‘n skrywer te word, word deur hom gedwing om die hoofrekenmeester van Verduin en Kie. te word — onredelike verwagting wat die gefrustreerdë Simon na dwelms laat gryp.
Hy manipuleer selfs sy skoondogrer deur haar te dwing om haar vervreemde man ‘n erfgenaam te gee — al is die nie in staat om ‘n kind te verwek nie. En dan gebruik hy haar dwase poging om aan sy eis te voldoen, as middel om haar pa af te pers.
In hierdie gesin is die wortel van die kwaad inderdaad so diep begrawe dat dit lyk asof dit nooit verwyder kan word nie. . . Totdat Rolf Verduin hom vasloop teen iets wat met geen geld ter wêreld omgekoop kan word nie — die noodlot. Wanneer die noodlot ingryp, word selfs hy gedwing om daarvoor te swig en die groot lewenswaarheid aan die lyf te voel: “. . . kommer, ontnugtering, teleurstelling, hartseer, verlange.. kies hul woonpiek anders as die mens, en is nie afhanklik van wat geld kan koop en voorsien nie. Kommer maak sy tuiste binnekant, waar uiterlike vertoon nie tel nie, waar almal eners is . . . in die hart.”
Hierdie boeiende verhaal deur Ena Murray het reeds as vervolgverhaal in ‘n nasionale tydskrif verskyn.

Bring dan jou offer verhaal deur Ena Murray hierdie is die voorblad van die GROOTDRUK uitgawe in1997
Sonder kwalifikasies na haar pa se skielike dood, soek.. Ninon feitlik dag en nag na werk — enige werk. Onverwags kry sy ‘n pos as kelnerin by ‘n groot winkelgroep, waar sy terstond van Sarah Swanepoel, een van die vennote, ‘n vyand maak. Toe Sarah se seun, die bedorwe Tinus, boonop op Ninon verlief raak, is daar vir haar meer probleme as wat sy kan oplos. Haar baas hou haar ook met ‘n arendsoog dop en toe haar ma siek word en ‘n duur operasie moet kry wat net in Amerika gedoen kan word, voel dit vir Ninon asof dit nag geword het in haar lewe. Hoe en waar moet sy die geld vandaan by? Haar ma is al wat sy het. . . vir haar sal sy alles op die altaar sit . . .

Die vrou in die spieël verhaal deur Ena Murray
Dis of sy uit ‘n diep, lang slaap wakker word. Net met groot inspanning skeur sy haar los van die donker newels om haar... om nie weer salig weg te sak in die swart leegheid waarin sy wie weet hoe lank was nie.
Maar toe bevind sy haar soos verdwaalde kind in ‘n totaal vreemde wêreld. Niks is bekend nie, nie eens die beeld van haar eie gesig in die spieël nie. Die identiteitsboekie langs haar sê sy is 27 jaar oud en haar naam is Anna Maria Magdalena van der Merwe, ‘n naam volslae onbekend aan haar.
Wie is sy dan? ‘n Mens sonder verlede - en ook sonder toekoms?
Dan stap dr. Lochner Botha haar verwarde wêreld ferm binne. Hy neem haar na sy Bosveldplaas; maar is hy haar neef, soos hy beweer?
Op Friedesheim vind sy vreedsaamheid, maar nie berusting nie. Sy wil weet wie en wat sy is, maar Lochner help haar in geen opsig nie. Dis of hy toeklap wanneer daar oor die verlede gepraat word. Hy sê net dat sy haar geheue nie sal terugwen deur haarself te probeer dwing nie; dit sal vanself gebeur.
So sleep die maande verby, en niks gebeur nie. Totdat Lochner haar die dag verbied om na die buurplaas te gaan waar ‘n filmspan aan ‘n rolprent werk. Lochner, wat hom altyd so eerbaar voordoen, wat altyd net van mense verwag om eerlike en reguit pad met hom te stap — hy loop nou skielik met háár jakkalsdraaie.
Wat gaan by die flimmakery aan? Hoekom wil hy haar nie daar hê nie? Het dit iets te doen met wie sy is? Die vrae stapel op en die antwoorde bly uit. Totdat sy besluit om teen Lochner se strengste bevele in na Hunters’ Lodge te gaan, oortuig dat sy daar die pad na haar verlede sal vind. Maar elke dag raak sy benouder: Sal sy hou van die mens wat sy was? Of sou sy dalk die vreemde vrou in die spieël verkies...?




Groter liefde as dit Liefdesverhaal deur Ena Murray
‘n Vriendskap soos die van Ben Woudberg en Dawid Booysen is ‘n rare verskynsel. Vanaf hul kleuterjare totdat hulle volwasse mans geword het, kon niks of niemand tussen hierdie twee kom nie. Maar toe, op ‘n dag, verskyn Hepsibah de Villiers, die pragtige dogter van die nuwe skoolhoof, op die toneel, en omdat die twee vriende se smaak in alle opsigte presies dieselfde was, het hulle albei vir Hepsibah liefgekry. En omdat die twee vriende so eenders was het Hepsibah vir albei lief geword, maar sy kon slegs met een trou — en die keuse het vir haar slapelose nagte besorg.
Skaars ‘n week na hul troue moes Hepsibah se man en sy vriend hul vir grensdiens aanmeld. Saam het hulle vertrek — maar net een sou terugkeer. En die een wat teruggekeer het, het ‘n verskriklike las met hom saamgedra — las wat met die jare eerder swaarder as ligter geword het, ‘n las wat hom in die nagte geen rus gegun het nie, want hy was nog ‘n man met ‘n gewete ... Toe die ou boemelaar op ‘n dag op Hammanshof aangestap gekom het, was sake naby ‘n krisispunt. Die boemelaar se teenwoordigheid het die krisis onafwendbaar na ‘n klimaks gevoer.
Groter liefde as dit is ‘n aangrypende verhaal deur ‘n skryfster wat daarvoor bekend is dat sy baar lesers end-uit boei. Liefhebbers van Ena Murray se werk sal ook bierdie verhaal nie maklik neersit voordat die laaste bladsy gelees is nie.

Groter liefde as dit (GROOTDRUK) Liefdesverhaal deur Ena Murray
Daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer…So staan dit in die Bybel — en so was dit met Ben en Dawid. Selfs nadat die nuwe skoolhoof se mooi dogter deel van hulle vriendskap geword het. Die tweemanskap het doodeenvoudig ‘n driemanskap geword — oral saam, deel van mekaar se lewens. Was dit nou reg? het die mense van Hammanshof bespiegel. Dit kan mos nie so aangaan nie — dis onnatuurlik!
En op ‘n dag het die liefde vir Hepsibah gedwing om ‘n keuse te maak. Die sprokieshuwelik is skaars voltrek toe die twee mans vir grensdiens opgeroep is. En die verval het begin…Wat sou lei tot verskriklike dinge…Diep verborge dinge…Kan liefde in haat omsit? Kan jy haat en afguns onder die dekmantel van die liefde verberg?
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees

Die uurglas loop leeg (1986 uitgawe) ‘n Liefdesverhaal deur Ena Murray
Die aantreklike dokter Arnold Lutz met sy kenmerkende Don Juan-glimlag, is die eerste man wat daarin slaag om deur suster Karien Saayman se professionele pantser te dring. Hy laar haar goed voel oor haarself, en sy geselskap bring ‘n welkome verandering in haar saai hospitaalroetine.
Is dit regtig so erg dat hy getroud is? Hulle is tog net vriende, en sy huwelik met Odelia was reeds op die rotse vóór die ongeluk waarin sy verlarn is... So verseker Arnold vir Karien, en sy glo hom — tot die dag dat Hannes Eksteen, die welvarende boer van Franskraal, haar laat besef hoé gevaarlik haar vriendskap met die hartebreker-dokter is.
Karien gryp Hannes se huweliksaanbod met albei hande aan desperaat om uit die benouende hospitaalomgewing te ontsnap. Dat sy Hannes nie met haar hele hart liethet nie, beskou nog hy nog sy as ‘n onoorkomelike probleem. Waar vriendskap en respek is, kan liefde tog ook begin groei...
Maar ‘n jaar later word hul verhouding aan die wreedste toets moontlik onderwerp toe Hannes in ‘n fratsongeluk feitlik in twee gekloof word. Vir die eerste keer sedert haar troue kruis Karien se paadjie weer met die van dr. Arnold Lutz, en die keer weet sy hoe dit voel om in ‘n verminkte huwelik vasgevang te wees, want al leef Hannes, sal by nooit weer werklik man wees nie...
Die uurglas loop leeg is ‘n aangrypende roman waarin die liefde, en veral genade, triomfeer. Dit is met ‘n deurleefde mensekennis dat Ena Murray die verhaal wat op die werklikheid gegrond is — aanbied, en een van die groot lewenswaarhede opnuut beklemtoon: Elkeen se porsie lewenstyd is sorgvuldig afgemeet, en die uurglas loop te vinnig leeg om die gawe van die lewe te vermors.



 Verworpe silwer Roman deur Ena Murray
Toe Santie en Louis Mocke op die strand oor mekaar se voete val, struikel sy in meer as een opsig. Skielik voel sy haar magteloos gebonde aan die wildvreemde man, en een ding lei tot die volgende. Kort voor lank is sy mevrou Mocke. En daarmee saam struikel sy ‘n nuwe lewe op Eloffsdal binne, salig onbewus van wat voorlê. Maar weldra vind sy uit wat haar nuwe lewe behels: Daar is rykdom — sy het nie geweet dat Louis ‘n groot erfporsie sou ontvang die dag dat hy trou nie. Maar daar is ook twis — want Louis se broer, Darius, vertrou nie die vrede nie.
Darius, self ‘n welgestelde sakeman, glo vas dat Santie oor die erfporsie met Louis getrou het. Sy word ‘n speelbal in die onverkwiklike onenigheid tussen twee broers. Dit terwyl sy saam met haar man in Darius se weelderige huis moet woon, en begin wonder by wie van die twee broers haar liefde eintlik lê...
‘n Groot ramp tref die dorp boonop. Verskrikking, onsekerheid en menslike lyding vier hoogty. Totdat die dorp en sy mense besef: daar is maar een weg, en dit is vorentoe; één taak, en dir heropbou.
So kom daar uit gebrokenheid ook vir Santie nuwe lewe, en uit verydeling ontspring nuwe liefde. Verworp silwer is die bemoedigende verhaal van hoop en redding waar alles verlore lyk.

Die dieper droom Roman deur Ena Murray
Dood is ‘n woord wat nie vir Midas Hammond met sy plesierstad vol dobbelsale en nagklubs bestaan nie. Maar ‘n hartaanval ruk die magnaat uit sy klaterdroom en bring hom voor die werklikheid te staan: Wie gaan oor Babel heers wanneer hy sterf?
Erens in sy verlede was daar twee kinders. Waar hulle nou is, weet hy nie. Maar ‘n erfgenaam vir Babel moét gevind word.
Al een wat hom sou kan help, is Vegter. Hy weet waar Sean en Zia Hammond is, hy wat die agterstrate, die dwelmhole en die wêreld van die hawehoer en nagklubprostituut ken soos die palm van sy hand. Maar Vegter wil nie praat nie... En die raaisel verdiep. Wie en wat is Sean Hammond? Waar moet Midas hom soek? Sal die koning van Babel ooit sy seun vind: die troonopvolger wat sy goue droom sal laat voortleef?
Die dieper droom is ‘n verhaal van hoop en liefde — ‘n liefde wat mure afbreek en brue bou, groot genoeg is om alles te vergewe en dieper brand as die vlam van hartstog.



Appelbloeisels en jasmyn (1989) Liefdesverhaal deur Ena Murray lees ook “Erf dan my drome”
Tydens ‘n hartseer alleen-vakansie iewers aan die Suidkus tel Erika Hough ‘n bottel op wat deur die see uitgespoel is. Dit is nie sommer gewone bottel nie. Dit is stewig toegekurk en binne-in is daar ‘n opgevoude stukkie papier met die adres van ene Philippe de la Buscagne van die Comoro-eilande. Net die adres — sonder enige aanduiding van hoe en waarom die bottel in die see beland het.
Daardie aand, op die ingewing van die oomblik, besluit Erika om aan die adres te skryf. Teenoor iemand moet sy tog haar hart uitpraat — en wie sal nou beter geskik wees vir die doel as ‘n wildvreemdeling wat sy nooit in lewende lywe sal ontmoet nie?
Vel na vel word volgeskryf. Sy vertel openhartig van haar eensame kinderjare, van haar verloofde wat haar drie weke voor hul troue in die steek gelaat het, haar wanhoop en vernedering. Sy bespiegel sommer oor haar troostelose toekoms alleen.
Toe sy uiteindelik haar naam onderaan teken, voel sy verlig. Die uitpraat het haar goed gedoen. En daarmee is die saak afgehandel.
So het sy altans gedink. ‘n Paar dae later laat weet die plaaslike sentrale dat daar om vieruur die middag ‘n oproep van die Comoro’s sal kom vir mej. Erika Hough. En toe die telefoon op die bestemde tyd lui, luister sy verslae na ‘n onbekende manstem wat koud en saaklik vir haar opdragte gee.
So begin daar vir die jong, onervare meisie ‘n avontuur waarvan sy nooit eens vaagweg kon droom nie. Sy beland op ‘n eksotiese eiland, in ‘n Oosterse paleis van ‘n huis. Sy ontmoet die mooiste man wat sy nog gesien het — ‘n ware kunswerk op twee bene — en ‘n ander jong man wat sy lewe in verbittering in ‘n rystoel slyt. Teen haar gesonde verstand in word sy betrek by die lotgevalle van die twee mans, en by die van die hartelose Jacqueline.
Appelbloeisels en jasmyn is ‘n romantiese, lighartige, byna speelse liefdesverhaal. Tog bevat dit ook daardie kern van gesonde Iewenswysheid wat so eie is aan elke Ena Murray-roman.
Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees


Koning van die Kanaku boek deur Ena Murray Eerste uitgawe in 1980
Olga en haar suster Namein, was totaal vervreemd van mekaar as gevolg van hul ouers se egskeiding toe hulle nog jong kinders was. Olga het by haar vader agtergebly en Namein is saam met haar moeder oorsee. Laasgenoemde is later weer getroud in ‘n skatryk Spaanse familie in.
lntussen is Olga se vader oorlede en op ‘n dag kry sy ‘n onverwagse brief van haar onbekende suster wat haar uitnooi na haar huwelik in Guiana in die Noorde van Suid-Amerika. Olga besluit ná lang oorweging om tog te gaan en sy word ontmoet op die lughawe deur die aanstaande bruidegom . . . Pablo de Quero . . half-Spaans, half Rooi lndiaan . . . - en op beide trots. ‘n Lang, lenige donker man met blas vel, met die lui, bedrieglike stap van ‘n groot kat. lets onverklaarbaars gebeur op daardie oomblik met die meisietjie uit Suid-Afrika.
Maar dis maar die eerste van baie snaakse, onverklaarbare, onverstaanbare dinge wat met Olga gebeur vandat sy van die vliegtuig op Cayenne se lughawe afstap. ‘n Tweede is dat sy tot haar grootste verbasing baie gou na haar ontmoeting met haar suster tot die ontdekking kom dat Namein nie ‘n stralende bruid is nie. Dit slaan haar dronk. Enige meisie wat Pablo de Qoero as man gaan kry, behoort in die sewende hemel te wees. Behoort ...
Maar die hart laat hom nie voorskryf nie. Ook dit is een van die baie dinge wat Olga op haar besoek aan die Kanako uitvind. En hierdie donker man met die donker oë wat die een oomblik vir haar lag en die volgende oomblik so ysig kan vertoon soos die sneeubedekte bergpieke wat die Villa del Rosa omring . . . hierdie man wat deur almal so hoog gerespekteer word dat hy bekend staan as die Koning van die Kanáku . . . hoeveel weet hy van wat werklik aangaan in sy eie huis . . . of ‘n jong Suid-Afrikanertjie se hart?

As die wind daaroor gaan ‘n Ena Murray roman
Dis met ‘n gevoel van beklemming dat Marie Buys na die koerant voor haar staar. Die opskrif, in groot, vet swart letters: Al meer hoërskoolleerlinge swanger. En dan die berig daaronder: Die toename van swangerskappe onder skoolmeisies het reeds kommerwekkende afmetings in veral ons land se groot stede aangeneem ...
Sy laat sak die koerant, staar voor haar uit. Nickey ...
Haar dogter se beeld verskyn voor haar geestesoog. So jonk. So ongeskonde. Soos ‘n blom van die veld. As so iets met haar moet gebeur ... Dit is sekerlik genade wat haar tot dusver van dié lot bewaar het.
Wanneer Nickey daardie middag tuis kom, is dit asof Marie ietwat skerper na haar kyk as ander dae. Met skrik in haar hart besef sy dat Nickey die laaste tyd nie alleen besonder stil geraak het nie; sy is ook bleek, met donker kringe onder haar oë. Is dit omdat Terence Basson, die eerste liefde van haar jong lewe, grens toe gestuur is? Of is daar ‘n ander rede?
Uiteindelik bieg Nickey, en dis asof ‘n hand van yster om haar moeder se hart vou. Nickey is pas klaar met skool, het pas begin studeer. Al die jare dat sy moes sukkel om vrou-alleen die kind groot te kry, het dit meet en pas en kopkrap gekos. Hoe op aarde gaan sy nóü regkom, noudat daar nog ‘n tweede mond bykom wat gevoed moet word?
Uit desperaatheid wend sy haar tot Christian Basson, gesiene sakeman en Terence se pa. Maar dan kom die nuus dat Terence vermis word. En kort daarna gee haar hart die eerste aanmanings ...
Wat sal van Nickey word as sy moet wegval? Sal Basson werklik na haar omsien? En kan sy die man se motiewe ten volle vertrou? Nickey is so ‘n pragtige kind .
As die wind daaroor gaan is so aktueel soos ‘n koerantberig, ‘n verhaal wat vandag met enige jong meisie kan gebeur. Dit is een van Ena Murray se aangrypendste romans. U sal ook die vervolg hierop, En die wind het gaan lê, wil lees.



Twee paaie na Khuana ‘n spanningsverhaal / spannings roman deur Ena Murray 1983 uitgegee
Anel Bredenkamp was altyd onder die indruk dat Khuana nie veel werd is nie, maar toe begin die huurder op die Bosveldplasie en die eienaar van die aangrensende safariplaas mekaar oortref in hul aanbiedinge om dit te koop. Ondanks verskeie waarskuwings besluit Anel om self te gaan kyk wat die plekkie so begeerlik maak. In die gevaarlike boswêreld aan die grens tref sy allerhande ongerymdhede aan. Daar word gewetenloos met ivoor gesmokkel, en nóg onheiliger handel word gedryf…
Anel voel vasgekeer in die situasie en weet nie wie om te vertrou nie - die galante Gus Guthrie van die safariplaas is tog sekerlik meer geloofwaardig as die buffelagtige huurder van Khuana, maar tog twyfel sy.
Twee paaie na Khuana is ‘n boeiende spanningsverhaal wat weer bewys lewer van Ena Murray se vermoê om intrige en romanse ineen te vleg in ‘n verhaal wat van die begin tot die onverwagte slot louter leesgenot verskaf.

Bruid uit die vreemde ‘n Ena Murray roman ou Kaapse verhaal
Jaqueline de Savoye se bekommernis oor haar broer laat haar besluit om net na middernag die koets te neem en na hom te gaan soek. Oral om haar is daar feesviering, want dit is Nuwejaar, 1683, maar haar groot onrus laat haar nie toe om deel te neem aan die vrolikheid nie. Haar soektog is egter vrugteloos en sy keer uiteindelik terug na die kasteel, om te ontdek dat haar vader gedurende haar afwesigheid vermoor is. In die dae wat volg raak sy oortuig dat dieselfde lot ook haar broer oorval het.
Die enigste persoon wat sy kan verdink van hierdie gemene spel, is Etienne de Savoye, wat al vir jare lank beweer dat hy die regmatige aanspraakrnaker op haar vader se titel is. Bowendien het hy ook spoorloos verdwyn die dag nadat haar vader vermoor is.
En toe ontvang sy ‘n brief van haar broer van Kaap de Goede Hoop. Soos so dikwels in die verlede, moes sy haar na hom haas om hom uit die moeiIikheid te red. Op ‘n wyse wat sy haarself nooit sou kon voorgestel het nie, vind sy hom, om dan eers te besef dat as sy hom help, sy die eerste ware liefde wat sy ooit ondervind het, sal versaak.
In hierdie werk lewe die Kaap in Simon van der Stel se tyd weer opnuut. Veral lesers wat hou van ‘n spannende maar terselfdertyd tere verhaal wat afspeel teen ‘n geskiedkundige agtergrond, sal hul in hierdie boek verlustig.



Die Kluisenaar van Abendruhe verhaal deur Ena Murray
Elke Ena Murray-verhaal is ‘n belewenis van sy eie; dit is altyd nuut, altyd opwindend en selfs ook meer spannend as sy voorgangers.
Magriet Marais en haar niggie Thero van Zyl het in verskillende wêrelde opgegroei. Magriet is maar net ‘n doodgewone tikstertjie, terwyl Thero gewoond is aan die gemak en weelde wat ‘n oorvloed geld kan bring; en ook daaraan gewoond orn in alles haar sin te kry. Thero die beeldskone se gesondheid laat egter veel te wense oor, en Magriet word gevra om haar niggie na die afgesonderde hospitaal Abendruhe, te vergesel vir behandeling onder die bekwame dr. Emile Fraser.
Vir die eerste keer in haar bestaan, kry die eiesinnige en bedorwe Thero te doen met iemand op wie selfs haar magnetiese skoonheid geen indruk maak nie en loop sy en Magriet hulle tromp-op vas in die onverbiddelik een ongenaakbare dr. Emile Fraser. Selfs die gelykmatige en minsame Magriet se geduld word tot die uiterste beproef na hul ontmoeting met die kluisenaar-dokter van Abendruhe. Want op Abendruhe is Emile Fraser koning en heerser en waag niemand om hom te weerspreek of te probeer beinvloed nie.
Toe Emile Fraser eindelik besluit om vir Thero te ondersoek, tref sy bevinding die twee niggies soos ‘n oordeel — dat hulle dalk selfs vir maande genoodsaak sal wees om by die eensame hospitaal in die berge te moet bly. Maar Thero, gewoond om deur elke man bewonder te word, vind dan ook dadelik die eksentrieke dr. Fraser ‘n interessante prooi, al is dit dan net om die tyd hier in die afgesondering van Abendruhe te verwyl. Maar sou die kluisenaar oujongkêreldokter van Abendruhe vatbaar wees vir Thero se onweerstaanbare skoonheid en sjarme? En Magriet, watter omwenteling sou hulle verblyf op Abendruhe in haar lewe veroorsaak? Hoe bitterlik ontstoke word Magriet nie as sy merk hoe al wat vrou is, vanaf die matrone van die hospitaal, tot haar wêreldwyse niggie hulle attensies op Emile Fraser afdwing, terwyl hy, grote heer met sy koue groen oë, skynbaar geheel onaangeraak, al sy aandag net aan die hospitaal en sy pasiënte wy.
Hoe het dit gebeur dat Magriet so geheel en al sonder haar eie wil en begeerte in die doen en late en lewens van verskeie mense op Abendruhe verstrik geraak het?
Om saam met die inwoners van Abendruhe, hoog tussen die berge te vertoef, is om heeltemal van die buitewêreld te vergeet.

Huise van klei verhaal deur Ena Murray



Agter die masker roman deur Ena Murray
‘n Fassinerende tappisserie van hartstogte weef Ena Murray in hierdie sterk roman van ‘n vrou se verbryseling, verbittering, verydeling…en selfontdekking.
Die viertal wat huI studentetyd saam afgesluit het met ‘n gesellige vleisbraai se lewens sou verder onlosmaakbaar verwikkeld saamvloei. Tania en Ken was vir mekaar bedoel, so het dit gelyk. En die ander twee het ‘n geheim gedeel: dat Kempen vir Tania bemin en dat Lorna ‘n hopelose Iiefde koester vir Ken, die onbestendige lewensgenieter.
Met een felle slag word al vier se lewens drasties geskommel. In ‘n motorongeluk word Tania grusaam vermink, haar skoonheid geskend, haar soepele pianistehande verkreupel. Kempen se ernstige beserings Iaat hom byna ‘n been verloor en hy sou voortaan mank wees.
Dat Lorna toe haar hartsverlange om met Ken te trou, verwesenlik, het ‘n bitter ironiese gevolg. Maar dit is Tania wat die meeste ly, wat so spoedig moontlik uit die hospitaal vlug met ‘n sluier-masker voor ‘n geskende gesig om in eensaamheid haar bitter beker te ledig. Dis Tania wat die paadjie loop van selfbejammering deur skuldbesef tot, uiteindelik, by ware Iiefde.
Agter die Masker gee ‘n skrikwekkend beeld van die skade wat verwyt en selfverwyf en skuldlaste in mense se lewens kan aanrig. Maar dit bring ook ‘n verheffende boodskap.

Maanlig oor die Amasone roman deur Ena Murray
Hier is — Ena Murray op haar beste!
Annalie ontvang ‘n geheimsinnige boodskap dat haar vader, prof. Heinrich du Plooy en haar verloofde dr. Jansen Retief in groot gevaar verkeer in die onherbergsame Amasone-oerwoud, waar hulle na ‘n oervolk soek. Saam met haar vriend Rudolf vertrek sy sonder verwyl daarheen.
Koue angssweet sal u ook afrol wanneer u saam met Annalie en Rudolf die ruie oerwoude van die Amasone-gebied aandurf.
Hulle angs sal ook u angs word wanneer hulle in aanraking kom met die klein maar dappere pigmeë, die bloeddorstige Indiaanstamme en die meedoënlose Amasonevroue.
En bokant hulle in die digte oerwoudlower swaai ‘n gespierde oerwoudman, wat hulle elke beweging met intense belangstelling volg. Agter sy tiervelmasker volg sy gretige oë elke soepele beweging van die beeldskone Annalie se figuur.
En toe Annalie hom later beter leer ken, en die ongetemde emosies van die ongerepte oerwoud ook in hulle harte weerklank vind, wonder Annalie…Wat is die geheim wat Rex agter sy masker verberg?
‘n Verhaal wat u met die beste wil ter wêreld nie sal kan neersit alvorens u nie die laaste spannende bladsye gelees het nie.
Lees ook Vera Wolmarans se roman Lees ook Tarzan - koning van die oerwoud


Paspoort na gevaar roman deur Ena Murray
Toe Nicolette de Lille na die Kaap van Goeie Hoop toe gekom het, het sy met ‘n paspoort na gevaar gereis, maar presies hoe avontuurlik dit vir haar sou wees, het sy nie kon dink nie. Sy, ‘n fyn opgevoede meisie uit die adelstand, moes met een van die ruwe vryburgers trou om uit ‘n penarie te kom, maar dit sou ‘n huwelik net in naam wees, en na die troue sou sy terugkeer Frankryk toe. So het sy gedink, maar toe haar ruwe vryburgerman haar vasberade oor sy skouer gegooi het om haar na sy koets toe te dra, het sy magteloos besef dat hy haar desnoods met geweld — sou dwing om in die volste sin van die woord sy vrou te wees, en haar hart het onstuimig geklop.
René la Porte, wat hom vir die saak van die vryburgers beywer het, het haar as ‘n verraaier beskou en die hele boeregemeenskap het haar verag, veral toe René in hegtenis geneem is. Maar toe het die geheimsinnige ruiter wat homself die Rooi Vlag genoem het, sy verskyning gemaak en vir die saak van die burgers geveg. Wie was hierdie skraal mannetjie aan wie se briewe die geur van ‘n vrou se parfuum was?
Hierdie uiters boeiende romantiese Kaapse verhaal van die altyd gewilde Ena Murray sal die leser tot op die laaste romantiese bladsy boei — totdat Nicolette ontdek dat die brute krag waarmee sy aan ‘n man se wil onderwerp is, tog vol teerheid was — en toe was haar oorgawe haar vreugde.
Lees ook die Buiter reeks van Gerrie Radloff
Die pad terug huis toe roman deur Ena Murray
Vir Karina het die pad na haar tuisdorp en sy mense reeds onbekend geword. Vir haar moeder het sy ‘n vreemdeling geword; haar jeugvriend, De Waal, se beeld het reeds vir haar vervaag. In die stad waar sy as gesogte, beeldskone model gewoon het, was die lewe opwindend en die dae te kort om aan haar beskeie herkoms te dink. Karina het vergeet dat die lewe uit veel meer as net die dolle najaag van rykdom en plesier bestaan, dat enige mens ook behoefte het aan daardie stil oomblikkies wanneer die dieper waardes op die voorgrond tree. Eers toe sy blind en verlam in die hospitaal gelê het na ‘n ernstige motorongeluk, toe sy gewelddadig deur omstandighede tot stilstand geruk is, het sy besef van hoe min waarde die dinge was wat haar ure en dae in die stad gevul het.
In hierdie tyd was sy verplig om die pad terug huis toe te loop, na haar moeder en De Waal toe, want hulle was die enigste mense in die hele wêreld wat werklik vir haar omgegee het. Maar haar moeder was oud en nie gesond nie, daar waar sy in haar armoedige skakelhuisie gewoon het, en De Waal was verloof aan ‘n ander meisie…
Ena Murray ken die kuns om haar lesers mee te voer sodat hulle binne-in die verhaal staan en die lief en leed van die karakters meeleef. So ‘n verhaal is DIE PAD TERUG HUIS TOE.



Lees ook boeke van Tryna du Toit



Sonneblomstraat 7
Sonneblomstraat 7 is die eenvoudige baksteenhuisie van tant Bes wat elke dag vir talle mans, vrouens en kinders van die mindergegoede voorstad Jan Hofmeyr (Jan Blom soos almal dit noem) etes verskaf, Hier wy tant Bes en haar paar vrywillige werkers hulle hele lewe daaraan om die nood van hulle medemense te verlig.
Wanneer die ryk, vooraanstaande Niel Cloete weens bedrog in die gevangenis beland, is sy vrou Wanya so ontsteld dat sy haar toevlug op ‘n aand na drank neem, ‘n straatkind doodry en as gevolg daarvan ‘n vonnis van vyftien maande gemeenskapsdiens by tant Bes, onder toesig van Roelof Rossouw, die maatskaplike werker, moet uitdien. Hier leer Wanya wat selfopoffering, onselfsugtigheid, ware vriendskap en naasteliefde is. Hier vind sy, met die hulp en onderskraging van Roelof, vir die eerste keer in haar lewe ware sielsgeluk.
Maar kan daar nie vir haar, met al haar verdriet, en Roelof met die groot verdriet ook in sy lewe, dan nie saam geluk wees nie? Maar nie een van hulle twee is vry om hierdie geluk aan te gryp nie. Die toekoms is vir albei donker, en tog...

Rabbedoe van Rietkuil roman deur Ena Murray
Vir ‘n liefhebber van ENA MURRAY se boeke (en watter boekgeesdriftige is níe ‘n liefhebber van haar verhale nie?) hoef ’n mens nie te vertel waaroor ‘n nuwe roman van haar gaan nie.
Jy hoef maar net te sê: “Dis’n ENA MURRAY”, en jou leser lag van oor tot oor.
RABBEDOE VAN RIETKUIL is ‘n luimige verhaal, wat eintlik begin het die dag toe Wynand Hechter vir Nic Bezuidenhout as sy nuwe plaasvoorman aangestel het.
Wynand het ‘n harde liefdesknou agter die rug en die laaste van sy belangstellings op die oomblik, is meisies. Trouens, enigiets wat net lyk na rokdra, moes liewer uit sy pad bly.
Toe stel hy persoonlik vir Nic Bezuidenhout aan op grond van die baie goeie kwalifikasies en omdat hyself die aanstelling gedoen het, kon hy vir niemand kwaad wees toe dit blyk dat die nuwe voorman inderwaarheid Nicolette Bezuidenhout is nie. Alles behalwe ‘n man.
Vir Herman Marais, Wynand se buurman, en oom Fasie, wat al die jare nog saam met Wynand bly, was dit eers snaaks. Vir Wynand nie. En toe Nicolette kordaat sê dat sy alles kan doen wat enige man kan doen, en dat sy skriftelik aangestel is en dat sy nie in die minste van plan is om weg te loop of afgedank te word nog voordat sy behoorlik begin werk het nie, was die gort gaar.
Wynand het ’n antwoord gehad daarvoor. Sy wil haarself soos ‘n man gedra. Sy gaan òf ’n mán se werk doen, of trap. Hy het laasgenoemde verkies.
In sy agterkop was die ondervinding met Melodie onuitwisbaar gebrand. Lieflike Melodie wat toe op die end Wynand se broer bo hom verkies het.
Dit is die agtergrond van RABBEDOE VAN RIETKUIL— ‘n verhaal wat so heerlik gehanteer word dat die mees skeptiese leser vroeg-vroeg al besef waarom Ena Murray vandag ons land se gewildste romanskryfster in Afrikaans is.



Skaduwees van gister 1974 uitgawe verhaal /roman deur Ena Murray
Vyf jaar lede het Anmar Cloete op Kruisrivier kom wegkruip, haar eie hart toegemaak vir die wêreld daar buite, en slegs geleef vir haar hospitaal. Ja, dit was háár hospitaaltjie. Hier kon sy regeer as Matrone, hier het sy haar hand op elke afdeling gehou en hier was sy nodig.
Maar nou het Ou Dokter siek geword. So siek dat by nooit weer sal kan praktiseer nie. En twee dokters is te min vir die gemeenskap. Op ‘n oggend staan Paul van Drüten voor haar, sy groen oë priemend op haar. Kortaf sê hy dat hulle sonder haar in die teater kan klaarkom en dat sy maar na haar kantoor kan teruggaan…
In vyf jaar het niemand ooit so opgetree nie, en half willoos gehoorsaam Anmar. In die weke wat kom, leer sy dat dokter Paul van Druten, Ou Dokter se seun, geen teëstand duld nie. Hy neem oor as Superintendent, en hy verontagsaam al háár reels en regulasies. Skielik is sy nie meer in bevel van die ganse hospitaaltjie nie en skielik dreig die wêreld om onder haar voete pad te gee.
Om sake te vererger. daag haar eertydse verloofde, Clive Coertse, met sy vrou ook daar op. Vyf jaar gelede het hy vir Anmar, op die vooraand van hul huwelik, gelos, om met Louise te trou. Nou kom vestig hulle hul op Kruisrivier en deel by die vennootskap met die ander drie dokters.
Vir Anmar is daar geen genade nie, sy sal hier moet wegkom. Maar hoe kan sy, as Paul van Drüten haar bedankingsbrief koel-spottend opskeur en beweer dat die tyd dáárvoor nog nie ryp is nie..?
Bewonderaars van Ena Murray gaan SKADUWEES VAN GISTER geniet omdat dit ‘n Ena Murray-verhaal is van begin tot einde.

Reënboog van koraal (1972) Ena Murray
Eintlik behoort Estelle dankbaar te wees vir die onmoontlike situasie waarin haar identiese tweelingsuster haar Iaat beland het: om haar voor te doen as iemand anders. Op dié manier ontdek sy die Iiefde.
Maar hierdeur leer sy ook die haat en afguns van ‘n meedoënlose vrou ken wat selfs nie vir moord sal terugdeins nie. Die geheimsinnigheid wat James Turner se duikongeluk omhul, Hilda se vyandiggesindheid en Chris se kil houding versomber die idilliese eilandbestaan. Die skok reaksie wanneer Estelle verwys na Olifanteiland verskerp die vreemde atmosfeer wat oor die eilandwoning op Inhaca hang.
In Reënboog van Koraal word die sonderlinge eiland atmosfeer as agtergrond gebruik vir die Iotgevalle van die Albrechts, die Turners en Estelle. Wanneer Hilda in die kake van ‘n klemskulp beland, bereik die spanning sy hoogtepunt, maar dit veroorsaak ook die keerpunt in Estelle se lewe. Saam met haar sal die leser baie teësinnig afskeid neem van die Albrechts van Inhaca en dit moeilik vind om hom te onttrek aan hierdie betowerende wêreld.



Wewenaar van groene weide - Ena Murray
Nog’n boek van Ena Murray! Dit is die uitroep waarmee ons land se verhaalliefhebbers verhaal na verhaal van dié skitterende skryfster begroet het.
Eintlik is dit heeltemal verstaanbaar, want met jare se ervaring en met haar onoortrefbare aanvoeling vir wat ‘n goeie storie sal uitmaak en wat nie, het Ena Murray ‘n skryfstyl ontwikkel wat jonk en oud vasgenael op hul stoele kan hou totdat die verhaal deurgelees is.
WEWENAAR VAN GROENE WEIDE is net ’n stap verder op die suksespad waarop Ena nou al jare vorentoe beweeg. Dis die verhaal van miljoenêr Rocco de la Harpe en sy balhorige, 18-jarige niggie, Jeanette wat al die jare nog te veel geld en te min slae gekry het.
En van Manda Maree, die joernaliste wat vir ‘n ruk die probleme-rubriek van ‘n tydskrif moes oorneem en in haar wildste drome nie sou kon dink wat dit gaan veroorsaak nie! Manda het ewe hulpvaardig raad gegee toe sy per brief daarvoor gevra is. Maar die dag toe die kantoordeur sonder seremonie oopgestamp is, en die jong, woedende man voor haar lessenaar stelling kom inneem het, het die lewe meteens ‘n ander kleur gekry. Sy het begin besef dat sommige mense net die vermoë het om bevele te gee wat ander uitvoer, of hulle wil of nie.
En dan is daar nog Steve Bekker, die groot vlieg in Rocco de la Harpe se salf omdat hy wéét dat die jongman bloot in Jeanette belangstel omdat sy eendag ryk gaan erf. Dat hy dalk verkeerd kan wees is iets wat die miljoenêr nie eens oorweeg nie. ‘n Eienskap wat Manda hoofbrekens besorg.

Weerklank van ons liefde roman geskryf deur Ena Murray
Wat maak ‘n man as jy deur jou amper-verloofde gekonfronteer word met die stelling dat daar ‘n vreemde vrou in jóú pajamas in jóú bed in jóú woonstel lê en slaap?
Hierdie probleem was die van dokter Rudolf van der Merwe, en hy het sy eie vreemde wyse gekies om daaruit los te kom — so vreemd, dat dit hom toe ‘n sogenaamde vrou besorg, ‘n vrou wat in sy woonstel bly, nie kan verstaan hoekom haar man nie meer liefdevol teenoor haar optree nie, wat geen antwoord het op tergende vrae in haar binneste nie.
Madie, soos hy haar genoem het, beland in ‘n motorongeluk en ly vir baie weke aan geheueverlies. In hierdie tyd gee Rudolf en sy tante voor dat sy sy vrou is, maar dit skep allerlei probleme, wat opstapel en later ‘n onoorkomelike massa word. Catherine Huysamen, die meisie wat lankal besluit het dat sy mevrou dokter Van der Merwe sal word, neem glad nie genoeë met hierdie speletjie nie, en sy toon dit ook duidelik.
Deur hom oor hierdie meisietjie te ontferm, het Rudolf vir homself ‘n reuse probleem op die hals gehaal, veral omdat sy eie gevoelens glad nie so heeltemal neutraal bly teenoor Madie nie. Maar hy sien geen uitweg nie. Na alkante toe is daar versperrings.
Ena Murray het geen bekendstelling nodig nie, en in hierdie verhaal slaag sy nogeens daarin om te boei van begin tot einde. Rudolf, Madie, tant Kitty, Catherine, almal is bekende, alledaagse mense. Hulle kon net sowel oorkant die straat gewoon het. Maar in Ena Murray se hande word hulle karakters wat jy net nie uit jou gedagtes kan kry nie.


Waar die wilde besembos bloei spanningsverhaal deur Ena Murray
Melinda Maree het geen aangename herinneringe aan haar moeder gehad nie. Inteendeel. sy het deur die jare ‘n wrok en haat opgebou jeens die vrou wat haar vader en vir haar op agtjarige ouderdom verlaat het vir haar loopbaan as filmster.
Vir haar vader het Melinda ‘n buitengewone liefde en verering gehad, en toe sy agterkom dat haar vader se gesondheid geleidelik verswak en sy verlange na sy vrou hom uitmergel, het Melinda besluit: Sy sou na Engeland gaan en hierdie ontroue, selfsugtige vrou wat haar moeder is tot verantwoording gaan roep.
In haar soektog na haar moeder beland Melinda op die Kanariese Eilande waar sy tot haar verdere ontsteltenis verneem dat haar moeder reeds aan n Spaanse Markies verloof is.
Melinda se verblyf op Teneriffe in die fabelagtige hotel, Casita del Labrador wat aan die Spaanse Markies, Lorenzo Ia Blanca, behoort, sou haar hele lewe verander.
Sy ontrnoet die beroemde aktrise Ursula Liesching, haar moeder, wat sy dertien jaar gelede laas gesien het en vir wie sy ten alle koste na die sterfbed van haar man wil neem. Sy onthou ook die belofte wat sy voor haar vertrek uit Suid-Afrika aanhaar vader gemaak het, dat sy na haar moeder sal omsien en haar teen haarself sal beskerm. Hierdie belofte val haar veral rnoeilik, as sy haar moeder se verhouding met die aantreklike Markies in ag neem. Die Markies is jare jonger as die aktrise en Melinda kom dan ook sommer uit die staanspoor in botsing met hom. Sy besef dat haar moeder haarself eintlik belaglik maak in haar verhouding met die jong en invloedryke Markies, rnaar hoe gaan sy wat nog maar self jonk en onervare is, hierdie netelige saak hanteer? En tuis lê haar geliefde vader wat haar so na aan die hart is, gretig en wag op nuus van sy vrou.
Min skrywers het die vermoë van Ena Murray om ‘n verhaal so propvol spanning en intrige to lewer.

Vlug van die albatros deur Ena Murray
Nadia staan asof gehipnotiseerd. Op haar bed, net langsaan waar sy haar toiletsakkie en handdoek ‘n oomblik gelede neergesit het, lê ‘n opgekrulde slang, sy voorlyf omhoog gelig, die tongetjie sissend in en uit, gereed om te pik. Vasgenael sien sy hoe die swaaibewegings van die dier al heftiger word, al nader na haar verlamde liggaam beweeg.
Dan gil sy hard en dringend sonder dat sy daarvan bewus is...
Dis Amir wat eerste die swaar stilte verbreek: “‘n . . . Indiese kobra!”
Waar kom die kobra vandaan, terwyl Amir meen dat die eilande skoon is van slange? En hoe kom hy hier in haar toe woonwa? Wie is daar dan op hierdie eiland wat haar soveel haat dat hy ‘n giftige slang in haar woonwa inbring?
Dit is maar een van die onverklaarbare dinge vir Nadia hier op Maledive. Ewe onverklaarbaar is die sluipende figure wat sy snags sien. Nadia-hulle is hier op die koraal-eilande om ‘n groot dam te bou, en onverklaarbaar is die masjinerie wat nie wil werk nie, of wat sommer die dieptes instort.
Kan dit Amir se werk wees? Hy het self gesê: Dis ‘n slegte teken…‘n dooie kobra…Dis ook wat hy gesê het die dag op die boot op pad na Maledive, toe die dooie albatros uit die bloute byna op Nadia geval het — ‘n dooie albatros voorspel niks goeds nie.
Maar Amir, hoewel ‘n Indiër, is haar beste vriend hier op die eiland. Hulle twee kom byna beter klaar as sy en haar broer, Rudy — haar broer, wat hom hier op die ejland voordoen as haar man. Omdat Kurt Gerlach, hoofingenieur en Rudy se baas, slegs getroude mense wou hê om vir hom te werk, moes die geskeide Rudy vinfig ‘n “vrou” vind — en die maklikste was om sy suster se hulp te kry in die bedrogspul. Die werk saam met Kurt Gerlach was ‘n kans in ‘n leeftyd en Rudy wou dit nie misloop nie. Nou leef hulle twee voortdurend in spanning, want hulle weet nie wanneer hulle geheim ontdek sal word nie, en wat Kurt se reaksie daarop sal wees nie.
Dan is daar Aja, die beeldskone suster van Amir. Sy wil graag Kurt se aandag trek, rnaar sien in Nadia ‘n teenstander. Kan sy haar soveel haat dat sy vir Nadia wil leed aandoen?
Wat van Kurt, die briljante ingenieur, self? Hy is so ‘n eienaardige mens — gee gedurig vir Rudy en Nadia raad oor hoe om hulle “huwelik” te red, tog is hy self sonder sy vrou daar, praat nooit oor haar nie, en gee eintlik te veel aandag aan Aja en Nadia. Is daar dalk ‘n verband tussen hom en die sabotasies? Wil hy om een of ander rede die werk vertraag?
Ena Murray se verhaal speel af op die skone Maledive — ‘n groep ongeskonde koraaleilande in die Indiese Oseaan. Kom ontrafel saam die geheime wat die twee Suid-Afrikaners in die verre omring, en word, soos altyd, meegevoer deur Ena Murray se boeiende styl.



Verwonde jare Ena Murray Oorspronklik uitgegee in 1986 - hierdie GROOTDRUK uitgawe was in 1997
Daniel Pohi word ‘n gevangenisstraf van tien jaar opgelê vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. Die getuienis teen hom is so verdoemend dat selfs sy vrou en sy oudste dogter, Delia, glo dat hy skuldig is. Dis net sy twee jongste kinders, Maryke en Johan, wat oortuig is dat hulle pa nooit so ‘n gemene daad sou pleeg nie.
Kan die lewe vir hierdie veronregte mens, na al die verwonde jare — vyf lange jare in die gevangenis — nog enige geluk inhou?

Die geleende bruid Ena Murray
Daar is beslis min verhale waarin soveel spanning, intrige, liefde en al daardie eienskappe wat ‘n suksesverhaal nodig het, saamgeweef is as in hierdie verhaal van Ena Murray. Elke bladsy van Die Geleende Bruid is gelaai met insidente wat die leser met ingehoue asem laat lees; sonder ophou laat lees, uit vrees dat daar straks intussen iets met die karakters sal gebeur wat mens sal misloop.
Op die spogplaas Berg-en-dal, die erfplaas van die Van Rhijns heers daar ‘n feestelike atmosfeer wanneer Charmain die aand met haar effens verweerde tas in die hand, aan die voordeur van die pragwoning klop. Die opgewekte stemming onder die vooraanstaande gaste word egter soos met ‘n onsigbare hand gedoof, wanneer Charmain op die vraag van die deftige bediende antwoord, dat sy mevrou Van Rhijn is.
Waarom sou die gaste haar met soveel openlike verbasing en ongeloof aanstaar? Sy hoort mos hier tuis; dit is mos die spoglandgoed van haar man, Arnold van Rhijn.
Charmain se verwarring neem toe, wanneer die forse gestalte van ‘n onbekende man met ‘n uitdrukkinglose gesig op haar afstap, sy arm beskermend om haar skouers plaas en die gaste tot kalmte maan met die aankondiging dat hy hulle aan sy vroutjie sal voorstel sodra hulle geleentheid gehad het om ‘n oomblik alleen te wees. Asof in ‘n nagmerrie-droom luister Charmain na die intense woorde van Ewert van Rhijn, wanneer hy haar dwing om saam met hom na die gaste terug te keer en haar as sy vrou voor te doen. Steeds asof in ’n droom luister Charmain na die opgewonde begroeting van die menigte gaste… totdat sy eindelik voor ‘n bleek en gespanne Arnold van Rhijn te staan kom. In ‘n waas van onwerklikheid hoor sy hoedat die man aan haar sy haar aan sy broer Arnold en aan Esther sy verloofde, voorstel; dat die geselligheid eintlike die viering van Arnold en Esther se verlowing is!
U sal saam met Charmain elke oomblik van hoop en wanhoop beleef, wanneer die noodlot telkens meewerk om haar al vaster in die net van vertwyfeling en verwarring te verstrengel. Wanneer sy daagliks moet aanskou hoedat Arnold en Esther se reëlings tref vir hulle voorgenome huwelik. Wanneer sy die agterdog in die koue oë van Francis van Rhijn, niggie van Ewert en Arnold moet trotseer. Wanneer die vriendelike en liefdevolle moeder van Rhijn alles inwerking stel om haar, Charmain in die familiekring te laat tuis voel – hierdie ou dame wat so opgenome met haar oudste seun se onverwagte bruidjie is; wat aan ‘n verswakte hart ly en onder geen omstandigheid ontstel moet word nie! Wanneer sy besef dat sy nou geen ander keuse meer het as om met Ewert van Rhijn aan hierdie klugspel deel te neem nie en sy elke dag meedoënloos dieper in die draaikolk van omstandighede meegesleur word.

Droster van Doringbaai verhaal deur Ena Murray
Doringbaai. ‘n Tipiese vissersdorpie.
Eenkant, in ‘n massiewe ou kasteel, woon die eienaar daarvan. Sebastiaan Stadler, ‘n eensame ou man, wat pas uit die hospitaal ontslaan is na ‘n hartaanval. Saam met hom bly sy suster, Cornelia Landman, en haar seun, Eghardt wat tydelik die bestuur van die fabriek en vissersbedryf waarneem. Petra Pelser neem ook haar intrek in die ou plek, haar enigste taak is om Sebastiaan te verpleeg.
Maar twee nuwelinge kom na Doringbaai. Die droster wat asof van nêrens verskyn en sê hy is Koos van der Merwe, en die skilderes, Zuna Steyl, om wie daar ook ‘n geheimsinnigheid kleef. Eienaardige dinge gebeur op die dorpie en Petra kom agter dat ‘n vreemde atmosfeer onder die fabriekswerkers ingesluip het. Snaakse ongelukke gebeur en alles dui daarop dat Koos van der Merwe die skuldige is.
Immers, hierdie dinge het eers begin plaasvind vandat hy op Doringbaai gekom het, en buitendien weet g’n mens iets van sy agtergrond nie.
Om alles te kroon, ontdek Petra dat Sebastiaan soms in die nag verdwyn en as sy eenkeer ondersoek instel vind sy haarself meteens die gevangene van twee gewetenlose mense. In die ander deel van die kasteel waar niemand ooit kom nie, word sy nou opgesluit saam met nog ‘n vrou. Eghardt Landman se vrou, teen wie sy vantevore gewaarsku is, omdat sy kranksinnig is.
ENA MURRAY slaag weer daarin om rondom hierdie karakters ‘n boeiende roman te skryf soos net sy dit kan doen. DROSTER VAN DORINGBAAI is ‘n verhaal wat die leser van bladsy een tot die einde gevange sal hou en omdat dit ‘n boek is wat met vrymoedigheid in enigeen se hande gelaat kan word.




Sê groete vir pappa verhaal deur Ena Murray
In Sonop is daar nie probleemkinders nie, net kinders wat baie liefde nodig het. Só meen Reino Vos, hoof van die kinderhuis. En hy behoort immers te weet van ‘n behoefte aan liefde, want ook personeellede is deur die lewe geknou.
Hy self, destyds predikant op ‘n ander dorp toe sy mooi jong vrou hom skielik verlaat; en huismoeder Rita Venter, wie se man met mevrou Chrisma Vos weggeloop het. Die hoofdiaken met die dominee se vrou!
Hulle is egter nie deur die lewe hierheen gevoer om hul eie wonde te kom salf nie. Trouens, hulle het albei weer uit hul dop begin kruip en bring al hoe meer tyd in mekaar se geselskap deur. Maar hulle het stukkende kinders om te versorg, verstote kinders, mishandelde kinders. En party van hulle het nog méér liefde nodig — soos Madelyn le Roux, wat met niemand praat nie, geen aanraking verduur nie.
Wie is die kind wat eintlik net by haar pa in die hemel wil wees, haar pa wat sy nooit geken het nie? En hoe kruip sy dan so ekstra diep in sy hart in?
Dis wanneer hy haar alkoholismoeder gaan opsoek dat baie sekerhede weer onseker raak, ook wat sy gevoelens vir Rita betref.
Maar dan gebeur die ergste: drie van die meisies word ontvoer. Niemand weet waar hulle is nie, wat met hulle gebeur nie… of hulle nog lewe nie. ‘n Mens lees berigte in die koerante…
Sonop se gemeenskap is in ‘n krisis gedompel, maar daar is ondersteuning van ou vriende en genade van Bo.
Sê groete vir Pappa, een van Ena Murray se hartverskeurende verhale, staan diepgewortel in die gebrokenheid van ons wêreld, maar ewe diep in die soort menslike ruimhartigheid wat dit moontlik maak om ‘n kinderhuis die naam Sonop te gee.

Die man met die geel oë verhaal deur Ena Murray
Brand Böhm, voorheen van die Weermag, speel nou ‘n meedoënlose skaakspel met die dood. In die oë van die klompie mense wat hom ken, het hy onverklaarbaar van die aardbol verdwyn, want met ‘n liggaam soos ‘n Michelangelo-beeld en sy besondere intellektuele vermoëns is hy spesiaal vir ‘n taak uitgekies waarvoor hy gebrei moes word tot die toppunt van volmaaktheid in oorlewing en vermomming.
Sy taak: om te verseker dat ‘n veiligheidsberaad van twaalf staatshoofde êrens in Afrika nie misluk nie, omdat mislukking ‘n bloedbad sal ontketen soos die wêreld nog nie gesien het nie. Dit sou die laaste oorlog wees. En natuurlik is daar magte wat dit probeer bewerkstellig dat die beraad nié sal slaag nie…
Hierdie verhaal, geskryf in Ena Murray se beste tradisie, sal ure van heerlike leesgenot verskaf en die loser end-uit boei.
Hier volg ‘n lys van Ena Murray se boeke volgens datums uitgegee:
- 1960 - Lisé deur Ena Murray
- 1965 - Zuleka Bordeau deur Ena Murray
- 1967 - Koninkryk van Ricardo (1967) deur Ena Murray
- 1968 - Bloeisels in die ryp deur Ena Murray
- 1969 - Die Glimmende Simitar deur Ena Murray
- 1969 - Die geleende bruid - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1971 - Die Kluisenaar van Abendruhe deur Ena Murray
- 1971 - Tweestryd op Blye Vooruitsig deur Ena Murray
- 1972 - Bring dan jou offer deur Ena Murray
- 1972 - Seile op die horison deur Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
- 1972 - Satan van Zimbabwe deur Ena Murray
- 1972 - Reënboog van koraal deur Ena Murray
- 1972 - Soveel blye dae deur Ena Murray
- 1973 - Skynglans van die maan deur Ena Murray
- 1973 - Vrou uit die nag deur Ena Murray
- 1973 - Waar die wilde besembos bloei - spanningsverhaal deur Ena Murray
- 1973 - Weerklank van ons liefde - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1974 - Agter die masker deur Ena Murray
- 1974 - Anderkant die horison deur Ena Murray
- 1974 - Keerkring van die hart deur Ena Murray
- 1974 - Skaduwees van gister deur Ena Murray
- 1974 - Waar die nagtegaal sing deur Ena Murray
- 1974 - Ontsluit die grendels deur Ena Murray
- 1974 - Martelmars van die noodlot deur Ena Murray
- 1975 - Merk van die Skarabee deur Ena Murray
- 1975 - Rabbedoe van Rietkuil - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1975 - Haar grootste offer deur Ena Murray
- 1975 - Onrus op Oshakati - spanningsverhaal deur Ena Murray
- 1975 - Wewenaar van groene weide - Ena Murray
- 1976 - Sluiers van die nag deur Ena Murray
- 1976 - My afgemete deel deur Ena Murray
- 1976 - Oos na die son deur Ena Murray
- 1976 - Die ryper jare - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1977 - Die pad terug huis toe deur Ena Murray
- 1977 - Droster van Doringbaai - Ena Murray
- 1977 - Oase van geluk (1991 her-uitgegee deur Tafelberg) - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1978 - Die despoot van Duiwelskloof deur Ena Murray
- 1978 - More lê Ver - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1978 - Eensaam op Wegdraai - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1979 - Maanlig oor die Amasone liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1979 - Groter liefde as dit liefdeEna Murray1sverhaal deur Ena Murray
- 1979 - Vlug van die albatros - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1980 - Koning van die Kanaku deur Ena Murray
- 1980 - Roep van die Naguil - Ena Murray
- 1980 - Waters van Siloa - Ena Murray
- 1980 - ‘n Malva in Vinkelstraat - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1980 - Kaalvoet Katryntjie - Ena Murray
- 1983 - Verworpe silwer - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1983 - Terug na Kolkbaai - Ena Murray
- 1983 - Twee paaie na Khuana - spanningsverhaal deur Ena Murray
- 1983 - Die gesin Verduin - Ena Murray
- 1984 - Liefste Koos - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1984 - As die lied verstil - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1984 - Tromme van Onheil - Ena Murray
- 1984 - Die Wit Koningin - Ena Murray
- 1984 - Bergwind oor Karma - Ena Murray
- 1984 - Net na middernag - Ena Murray
- 1984 - Op pad na Kanaän - Ena Murray
- 1985 - As die wind daaroor gaan (1985) Ena Murray
- 1985 - Die mense van Keerboomstraat (1985) Ena Murray
- 1985 - Die man met die geel oë (1985)
- 1986 - Sondes van die vaders - Ena Murray
- 1986 - Die uurglas loop leeg - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1986 - Ena Murray se verjaarsdagboek (1986)
- 1986 - Verwonde Jare - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1987 - Senor die seerower - Ena Murray
- 1987 - Daaglikse gesprek deur Ena Murray
- 1987 - Ter wille van ons drome - Ena Murray
- 1988 - Soekers na die son - Ena Murray
- 1989 - Erf dan my drome - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1989 - Appelbloeisels en jasmyn - Ena Murray
- 1990 - Sê groete vir pappa - Ena Murray
- 1990 - Die oujongnooi van Polkadraai - Ena Murray
- 1990 - Die Meissner-kliniek - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1991 - Wanneer die nuwe dag breek - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1991 - Dokter Julene - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1992 - Die vrou in die spieël - Ena Murray
- 1992 - Die ongebore uur - Ena Murray
- 1993 - En die klippe sal uitroep - liefdesverhaal deur Ena Murray
- 1995 - Wag-’n-bietjiebos van die liefde - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Altaarvure op Kanadavu - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Baas van Babilon - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Dieplood - Ena Murray
- Eiland in die son Ena Murray
- Gasheer van Drakeneiland - Ena Murray
- Plekkie in die Son - liefdesverhaal deur Ena Murray
- En die wind het gaan lê - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Vreemdeling in Eden - Ena Murray
- Tahiti, verre land - Ena Murray
- Hartklop van Hawaii - Ena Murray
- Tonge Van Vuur- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die Geheim van Hercule Cordier - Ena Murray
- Paspoort na gevaar - Ena Murray
- 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
- Heerser van die Quinta -Ena Murray
- Luidende simbale - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die spookvrou van Santa Catalina- Ena Murray
- 'n Bruid vir graaf Debussy - Ena Murray
- Lied van die Campino's- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Boeie van goud- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Regters oor gister - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Diena van Die Eike - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Helder is die nag - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Meisie van Klaradynstraat - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Junior In Saal 7 - liefdesverhaal deur Ena Murray
- ‘n vrou soos Salome - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Nuwe Horison - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die dieper droom - Ena Murray
- Huise van klei, - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die tonnel - liefdesverhaal deur Ena Murray
- So leeg die moederhart - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Bruid uit die vreemde - Ena Murray
- Bruid van Heerengracht - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die meisie van Klaradynstraat - Ena Murray
- 'n Tyd om te ween- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die reëngod Tlaloc - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Soos Ons Ook Vergewe - Ena Murray
- As die wiel draai- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die kleine kring - Ena Murray
- Maddie - liefdesverhaal deur Ena Murray
- ‘n Stil oomblik saam met Ena Murray
- Ena Murray op die lewenspad - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Die dae van ons nietigheid - Ena Murray
- Kinders van Kis- liefdesverhaal deur Ena Murray
- Vyf vir vreugde - liefdesverhaal deur Ena Murray
- En die verlange bly - liefdesverhaal deur Ena Murray
- Sonneblomstraat 7 - Ena Murray
- ’n Eiland in die son- liefdesverhaal deur Ena Murray





Ena Murray se verjaardagboekie- met gedagtes vir elke dag. Aanhalings kom uit die volgende roman van Ena Murray:





Wil u ‘n boek publiseer?
Ons kan help!
Kliek hier om meer te lees


|