http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Eleanor Baker

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Baker, Eleanor het verskeie boeke geskryf - onder haar eie naam sowel as onder twee skuilname. Sy het verskeie liefdesverhale die lig laat sien onder die naam Christine le Roux en dan is haar speurreeks - met die speurder Adriaan Kruger as die hooffigguur - onder die skrywersnaam, Alex Muller gepubliseer.

  1. As ‘n pou kon vlieg, 1980 - Eleanor Baker
  2. Die ander Marta, 2002 - Eleanor Baker.
  3. Die kwart-voor-sewe lelie, 1988 - Eleanor Baker
  4. Die nes, 1993 - Eleanor Baker
  5. Dossier van ‘n gyseling, 1985 - Eleanor Baker
  6. Groot duiwels dood, 1998 - Eleanor Baker Boek handel oor die Anglo-Boereoorlog
  7. In die middel van die Karoo, 1991 - Eleanor Baker
  8. Monica, 1978 - Eleanor Baker
  9. Morketiden, 1975 - Eleanor Baker
  10. ’n Geslote boek, 1981 - Eleanor Baker
  11. ‘n Ou begin, 2001 - Eleanor Baker
  12. Splinterspel, 1973 - Eleanor Baker
  13. Verbeelde werklikheid, 1996 - Eleanor Baker.            koop 'n boek 4
  14. WÍreld sonder einde, 1972 - Eleanor Baker
  15. Weerkaatsing : ‘n sprokie, 1984 - Eleanor Baker

Tienerboeke en jeugverhale:

EleanorBaker-grootduiwels dood

Groot duiwels dood - Eleanor Baker
(Die boek is ook in Nederlands vertaal)
Boek handel oor die Anglo-Boereoorlog

Sy weet sy moet iets sÍ, bemoedigende woorde, iets wat hom sal krag gee vir die stryd wat voorlÍ, maar sy kan aan geen woorde dink nie. Sy klou net aan hom vas. Pom-poms, dink sy, kartetse en kanonne. KoeŽls wat gaan maai onder al hierdie vlees en bloed en been.

Daar is gerugte van oorlog. Die mans opgewonde en oorgehaal, die vroue met kommer gevul. Dan is die werklikheid, en moet die jong boervrou Cornelia na haar man se vertrek op kommando die plaas bestuur en sorg vir haar mense se veiligheid - soos die meeste ander vroue in die Oranje-Vrystaat. Maar watter ontberings en vernedering nog vir Cornelia en haar mense sou voorlÍ, dit kon sy nie voorsien nie.

Hierdie aangrypende en epiese verhaal van ‘n Afrikanerfamilie se wedervaringe en stryd tydens die Anglo-Boereoorlog word met soveel oortuigingskrag vertel dat dit die leser meevoer en opnuut onder die indruk bring van hoe oorlog die gewone mens se lewe ingrypend en vir altyd verander.

Hierdie Eleanor Baker roman is gebaseer op werklike gebeure soos opgeteken in gepubliseerde memoires en boeke oor die oorlog, asook ongepubliseerde, outentieke bronne soos briewe en dagboeke.

Lees ook boeke van die Groot Trek deur F.A. Venter

Lees ook boeke van die Voortrekkers deur Wille Martin

Lees ook boeke van die Groot Trek deur Naomi Maree

 

eleanorbaker- Asn pou kon vlieg

As ‘n pou kon vlieg
geskryf deur - Eleanor Baker

Teheran sit vasgevang tussen twee pole - aan die een kant die aantrekkingskrag van die Westerse ontwikkeling en sofistikasie; aan die ander kant die aardse, alles-opeisende, verterende vuur van die Islam.

Hierdie konflik lei daartoe dat die lankmoedige, vriendelike Teheran verander in ‘n woedende, opstandige stad. Snags skreeu die mense van hul dakke af en in hul tuine in ritmiese inkantasie om die dood van die Sjah. Hulle ignoreer die pantservoertuie en gewapende soldate wat die strate patrolleer. Die volk het ontdek dat hy ‘n stem het en dat die stem kan protesteer.

So ontvlam die “heilige oorlog” - ‘n oorlog wat meer as net die pou-troon, meer as net individue vernietig. ‘n Stad, ‘n land, ‘n leefwyse word bedreig.

Dit is hierdie stad, hierdie leefwyse wat Eleanor Baker aan die leser bekend wil stel - die Teheran wat haar eers uitgestoot en afgestoot het, maar waaraan sy gedurende die drie en ‘n halwe jaar van haar verblyf verknog geraak het.

Sy skets Teheran as ‘n vreemde, vuil, grou stad, maar ook as ‘n stad van weelderige Persiese tuine, mooi en vriendelike mense, kloppende, kleurryke Iewe. ‘n Mens leer die IraniŽr ken in sy eenvoud van hart, sy ongeordendheid, opvlieŽndheid, oordrewe hoflikheid en lankmoedigheid. Sy algemene lewenshouding is:
“We fix.” Niks is onoorkomelik nie. Hy is ‘n opportunis, koppig, eiewys.
Maar bowenal is by Islamiet.
As ‘n pou kon vlieg vang die essensie van Teheran vas; van die IraniŽr en sy leefwyse. Dit beeld die menslike agtergrond van ‘n bloedige politieke omwenteling.

eleanorbaker- weerkaatsings

Weerkaatsings (‘n sprokie) geskryf deur - Eleanor Bakerdeur Eleanor Baker
Ontvang die FAK-toekening en is ook in Engels, Sweeds, Hebreeus, deens en Fins vertaal

 

Eleanor Baker-die kwartvoor sewe lelie boek   eleanorbaker- die kwart-voor-sewe-lelie afrikaanse boek

Die kwart-voor-sewe-lelie
boek geskryf deur - Eleanor Baker

Ek hetjou al vertel van my naam,’ SÍ Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman,. . . “ek glo ek sal eendag blom.” Eleanor Baker skryf hier met ‘n Iigte, satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en weŽ van ‘n gesin, plus hardgebakte huishulp, plus “Hollandse” hond, plus beskermengel wat self nie sonder ‘n humorsin is nie.

Dis karakters wat leef hierdie. Mens glo nie net aan hulle nie, jy hou van hulle. En in hul doen en late sien jy, met ‘n glimlag, baie van jouself en die tyd waarin ons ons bevind.

Die kwart-voor-sewe-Ielie is ‘n knap gestruktureerde werk en een van die genotvolste Afrikaanse romans in jare.

 

eleanorbakerboek- In diemiddelvandieKaroo roman

  In die middel van die Karoo
boek deur Eleanor Baker

“Ek is nou gelukkiger as wat ek ooit tevore in my Lewe was.”
Anna, ‘n stadsvrou wat Karoo toe gevlug het nŠ haar egskeiding, verduidelik aan ‘n nuwe kennis, Danie, hoekom hy moet wegbreek van die dinge wat hom aan die verlede bind.

Vir Anna bied haar nuwe tuiste in die Karoo ‘n kans om haar lewe te suiwer van dinge wat haar altyd gehinder het, en weer die dinge te vind wat vir haar werklik waarde het.

Danie is weer op soek na ander verrniste skakels: sy reis na die Karoo is ‘n soektog na sy ouma, ‘n poging om in die geskiedenis van sy voorouers antwoorde te vind op die vrae van die hede.

Albei kom te staan voor die valsheid, trauma en verydeling wat mense se lewe raak. Deur hul soeke en reaksies toon Eleanor Baker opnuut haar groot aanvoeling vir die delikate spanninge in menseverhoudings en die ontwykende psigologiese motiewe wat menslike gedrag bepaal.

 

Lucas Malan skryf oor die boek...”In die middel van die Karoo”

“Danie en Anna, twee mense met verskillende agtergronde, breek om uiteenlopende redes van hul vertroude omgewings en roetine weg na ‘n minder gebonde plattelandse bestaan.

“Die gebroke legkaart van ‘n lewe word nie so maklik herstel nie, want ook daar, en in die geskiedenis van voorouers, is daar valsheid, trauma en verydeling: Die Tien Gebooie word in meer as een konteks, en deur die eeue heen, steeds verontagsaam en verbreek. Die soekendes, die vermiste skakels, word in die middel van die Karoo aangetref.

Eleanor Baker het ‘n besondere vermoŽ om deur innerlike dialoog te vertel, en treffende rekonstruerende effekte te bereik.

“In die middel van die Karoo is ‘n interessante en waardige toevoeging tot Baker se oeuvre.”

 

eleanorbakerboek- verbeelde werklikheid roman

Verbeelde werklikheid
boek geskryf deur - Eleanor Baker

Waar hou verbeelding op? Waar begin werklikheid? Baie romans ontlok die vrae, maar dis selde dat interaksie tussen “feit en fiksie” so vernuftig en skeppend hanteer word as in Verbeelde werklikheid,Eleanor Baker se twaalfde roman.

Sophia is vasgevang in die sleur van huis-en-man-en-kinders, wasgoed, ‘n stukkende garagedeur, ‘n lekkende swembad . . . Die enigste een wat haar kan red, is Elizabeth — en wie Elizabeth is, is die verrassing en mirakel van die meevoerende werk.

Wat begin as ‘n populÍre ontvlugtingsroman, word weldra veel meer. Ernstige verhoudingsprobleme en lewensvrae kom aan die bod, maar telkens so fyn en met soveel humor en balans dat dit die gewone leser sal behaag en die fynproewer uitdaag en bekoor.

“Verbeelde werklikheid is ‘n skitterende roman en ‘n hoogs bevredigende leesondervinding van begin tot einde. Dit is ‘n wenner.”
Andrť P. Brink

 

Monica - Eleanor Baker groot

Voorblad van Monica wat in 1978 uitgegee was en geskryf deur Eleanor Baker

Monica is ‘n onvergenoegde huisvrou - slagoffer van haar huishoudenheid en haar gedweŽ geaardheid. Sy weet: alles wat sy vandag doen, sal more weer gedoen moet word. “Dit hou nooit op nie en dit sal nooit ophou nie. Dit sal aanhou van nou af tot in ewigheid, amen. en aan die einde sal daar niks wees om te wys nie en niemand sal ooit weet hoe sy dit gehaat het nie.”

Eleanor Baker beeld op outentieke wyse die vrou Monica uit wat soms met ontnugtering aanvoel dat iets sinryks in die lewe aan haar verbygaan. Sy tas skugter daarna, maar is beskroomd om haar werklik bloot te stel.

 

eleanorbaker- straatsonder einde

WÍreld sonder einde -Eleanor Baker

bakereleanor-Daar is spore op die maan

Daar is spore op die maan - ‘n Tienerfiksie deur Eleanor Baker

Die eerste uitgawe was in Junie 1991 en die tweede uitgawe in Maart 1995 en geskryf deur Eleanor Baker

Vir Tom was die lewe na sy ma se dood tog hanteerbaar, al het sy pa stroef en afsydig geword. Immers het hy sy geliefde ouma gehad. En die Minnaars, natuurlik - veral Emma, al het sy hom goed laat verstaan dat die kaalbas-modderkoekies-bak-dae van hul kleintyd enige verhouding tussen hulle, behalwe platonies, uitsluit. Origens het hy Emma se boetie nogal vermaaklik gevind: klein Dawid wat Dawid die Minnaar geword het namate sy belangstelling in die “volwasse” leesstof op die CNA rakke toegeneem het.

Toe trou Tom se pa weer -met Helen, die koel, korrekte wetenskaplike wat hy oorsee ontmoet het. Maar anders as wat Tom verwag het, het sy nuwe stiefmoeder hom met rus gelaat sodat hy sy eie gang kon gaan - in so ‘n mate dat hy naderhand gevoel het hy kon net sowel die tweede yskas in die kombuis gewees het.

Al meet het Tom sy toevlug tot die Minnaars geneem, en algaande groter probleme met Karel, Emma se kÍrel, ondervind. Tot daardie reŽnerige Saterdagmiddag wat Emma wou leer bestuur en die ongeluk alles vir almal verander het....

eleanorbakerboek- Splinterspel roman

Splinterspel
boek geskryf
deur Eleanor Baker

Sy het haar identiteit van haar voel weggly - haar bestaan sien versplinter tot leegheid. Sy was bang vir die lang spieŽl waarvoor sy dikwels gestaan het - die spieŽl wat haar soms omskep tot ‘n slanke, wellustige vrou, die spieŽl wat haar uitgelig het uit die vaal landskap van haar bestaan en weg van haar moeder...

Sy het altyd geweet dit kon gebeur en sy het die dag gevrees dat dit wel sou plaasvind - dat sy in die spieŽl sou kyk maar haarself nie daarin sou sien nie.

Sy wou die spieŽl met ‘n kleed toedek, maar ook die kon sy nie - want sy moes daarin kyk om haar hare netjies te hou. Met haar vrees moes sy saamleef.

En toe het daardie vreeslike dag aangebreek! Sy het in die spieŽl gekyk, haar gesig teen die glas gedruk, maar daar was niks heeltemal niks! Was dit die einde van haar splinterwÍreld waar in, waansin, werklikheid en hallusinasie in so ‘n warspul vermeng was dat sy nie langer die skimbeeld van die werklikheid kon onderskei nie? Van niks was Johanna meer seker nie - net van haar haat vir haar tirannieke moeder. Maar dit was ‘n frustrerende haat omdat die vrou wat sy verafsku het tegelyk ook die enigste vastigheid in haar ewe was.

SPLlNTERSPEL is die aangrypende. tragiese verhaal van die geestelike versplintering van ‘n jong vrou soos deur haarself vertel en iets verfrissend nuuts in die Afrikaanse verhaalkuns.

 

 eleanorbakerboek- Dossier vanngyseling afrikaanseroman  eleanorbakerboek- Dossier vanngyseling roman

Dossier van ‘n Gyseling
1985 uitgawe asook 1988 uitgawe
boek deur Eleanor Baker

Na byna n jaar van kommervrye omswerwinge in Europa besluit Christien van den Berg dat dit tyd geword het om huis toe te gaan. Terwyl sy in ‘n reisburo haar beurt afwag om haar terugvlug na Suid-Atrika te bespreek, gebeur die ondenkbare: sy word saam met ‘n paar ander onskuldige mense deur terroriste ontvoer.

Vir Christien bring diť gebeurtenis ‘n totale omwenteling mee. Binne dae verander sy van ‘n onbetrokke, byna afsydige jong meisie in ‘n persoon wat leiding aan ander moet gee en begrip vir haar medemens kry - selfs vir ‘n moordenaar - maar in die proses ondergaan sy ‘n diep emosionele skok.

Soos in al haar vorige romans, slaag Eleanor Baker in Dossier van ‘n gyseling uitmuntend daarin om ‘n verhaal van delikate menslike verhoudinge te weef wat die leser end-uit boei.

 

eleanorbakerboek- Die ander Marta

Die ander Marta
geskryf deur Eleanor Baker

Nou het ek geleer daar is twee maniere van liefhÍ. Jy klou vas of jy laat los.

Na jare se onderdrukte vrese en verlangens klim Marta op ‘n dag in haar motor en ry weg. Weg van haar man, Hendrik, weg van haar lewe op die plaas. Aan die Weskus vind sy ‘n tydelike heenkome in ‘n klein vissersgemeenskap. Die genesende waarde van die eenvoudige lewe by Koster en sy mense, die herwinning van selfvertroue en eiewaarde, maak van Marta ‘n ander mens. En selfs Hendrik kom geleidelik tot nuwe insigte deur die ontydige besoek van ‘n jong familielid.

‘n Meesleurende roman waarin die metamorfose van ‘n emosioneel verwaarloosde vrou met menslikheid en humor weergegee word.

eleanorbakerboek- n Geslote boek roman

‘n Geslote boek
deur Eleanor Baker

Mense kan baie onvoorspelbaar wees. Soos wonderboontjies wat uit jou hand spring wanneer jy dit nie verwag nie.

Dit is die slotsom waartoe Magdaleen kom wanneer sy as sosiale sekretaresse in ‘n vreemde, oorsese stad met karakters van elke denkbare soort te doen kry: chroniese praters, kwaadpraters, uitspattiges, teruggetrokkenes, gesaghebbendes, gefrustreerdes. . . En of dit nou vet vriendin is wat op haar senuwees leef, of ‘n belangrike besoeker wat bang is vir kieme, Magdaleen is altyd op haar pos as biegmoeder of hulp in nood. Komkommerkoel hanteer sy die een absurde situasie nŠ die ander — totdat daar iets gebeur wat beslissend ingryp in haar lewe.

Eleanor Baker openbaar in hierdie roman weer haar vermoŽ om verborge dieptes ůnder die saaie oppervlak bloot te lÍ. Voortdurend stel sy die een “geslote boek” teenoor die ander; kaats met ‘n fyn ewewig van satiriese sinisme ,en deernis oor die oppervlak van alledaagse gesprekke en gebeurtenisse, om uiteindelik die wesenlike vreemdheid van menswees te onthul.

Die stadige ontplooiing van ‘n liefdesverhouding is met besondere beheersing en finesse gehanteer, en teen die einde kom dit tot ‘n sensitiewe aanbieding van liefde en aanraking teenoor die wÍreld van vlakheid en onbegrip.

‘n Geslote boek toon aan hoe buitengewoon die gewone is.

 

 

 Liefdesverhale deur Eleanor Baker wat sy onder haar skuilnaam Christine le Roux uitgegee het, sluit in:

  1. Bewys van liefde - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  2. Bitter hartstog, 1996
  3. Bosnimf, 1998
  4. Deel van die pakket, 1993 geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  5. Diana - verwarde liefde, 1996 geskryf as Chritine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  6. Die blou uur - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  7. Die glasappel, 1997 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  8. Die groen maan, 1995.
  9. Die honger hart, 1995
  10. Die lente kom weer, 1982
  11. Die ontbrekende helfte, 1995
  12. Geskenk uit die hemel
  13. Kosbaar soos die lewe, 1981
  14. Liefdesvallei, 1995
  15. Liefde uit die stormnag, 1993 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  16. Liewe onskuld, 1997.
  17. ‘n Hele nuwe mens
  18. ‘n Kwessie van tegniek
  19. ‘n Vonk van liefde, 1992.
  20. n Velige hawe, 1980
  21. ‘n WÍreld sonder hom, 1995 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  22. Om lief te hÍ,
  23. Skynglans van geluk, 1981
  24. TeŽsinnige erfgenaam
  25. Tot in ewigheid (Tydskrifverhaal)
  26. Tweede beste
  27. Uitdraai na Ukhuthula (Tydskrifverhaal)             koop 'n boek 4
  28. Verborge liefde, 1997.
  29. Verskuilde liefde, 1996.
  30. Verlore dekade - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)

 

Speurverhale van Eleanor Baker wat onder haar skuilnaam Alex Muller, uitgegee was, sluit in:

  1. Bloedbande, 2000
  2. Die rooi angelier, 1999
  3. Die 5 susters, 1998.
  4. Drie Misdade in ‘n knoop, 2001
  5. Hotel Bergsig, 2002.

 

mulleralex-drie susters -adriaan krugerspeurverhaal   mulleralex-die rooi angelier -adriaan krugerspeurverhaal 

Die Vyf susters en Die rooi angelier albei geskryf deur Alex Muller is deel van die Adriaan Kruger speurreeks

Die skrywer Alex Muller, is ‘n alias van Eleanor Baker

 

Omnibusse :

Die tiende omnibus van hierdie geliefde skrywer bevat twee verhale en drie tydskrifverhale. Die twee verhale is: Verborge liefde en Liefdesvallei en die drie tydskrifverhale is: Tot in ewigheid, Uitdraai na Ukuthula en 'n Hele nuwe mens.

Klik hier vir ‘n beknopte biografie van Eleanor Baker

 

koop 'n boek 4

 

 

 

deel van die pakket -Christine le Roux gr

 

 

  n wereld sonder home christine le roux- eleanor baker

 

 

christineleroux-die ontbrekende helfte  chritineleroux-ontbrekebehelfde

Die ontbrekende helfte - 1991
uitgegee asook die grootdruk uitgawe wat 1995 /2006 deur LAPA uitgegee was en geskryf deur Christine le Roux

“Ek is lief vir jou, Yvette. Niks kan dit verander nie. Ek het nooiit daaraan gedink dat ons.... samesyn kon lei tot die verwekking van - “

“Hou op!” waarsku sy, haar stem hoog.

“Al wat ek as verweer kan aanbied, is dat ek jou met soveel intensitiet liefgehad het dat ek blind en doof was vir die praktiese aspekte.”

Christine le Roux skryf ‘n sensitiewe verhaal oor twee mense wie se liefde op ‘n vreemde kontinent begin. Deur ‘n ou, intieme ritueeltjie en in ‘n rasegte Suid-Afrikaanse spinnekop se teenwoordigheid, herken die ontbrekende helftes mekaar op eie bodem...

 

 

Christine le Roux-nveiligehawe

‘n Veilige hawe deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Madelein en Johan, goeie ou Johan, gaan al drie jaar lank saam uit toe Madelein uit verveling eendag besluit om ‘n naweek in Durban te gaan deurbring. Daar ontmoet sy die ouer, aantreklike Colin Viljoen. Maar ... een aand op ‘n uitstappie word hulle in die donker aangeval. Na haar ontslag uit die hospitaal, probeer sy vergeefs met Colin in aanraking kom. Sy sien hom nie weer nie - tot veertien dae voor haar troue .. en toe weer tydens haar wittebroodsreis ....

Sy verskyning laat die poppe behoorlik dans en krap almal se sake goed deurmekaar. ’n Veilige hawe” was Christine le Roux se eerstelingverhaal.

 

Christine le Roux-diana verwarde liefde

Diana - verwarde liefde van Christine le Roux het in 1996 die erste keer verskyn.

“Eendag gaan jy die regte man ontmoet.”

Nicky kan maar net sug, ‘n grap onderdruk en dink : miskien.

Wie is hierdie man in elk geval om vir haar oor liefde te preek? Hy leef soos ‘n priester en hy beweer siy is onvolwasse en dat sy dom dinge aanvang...

En hy sal nooit van haar hou as sy aanhoudend soos ‘n histeriese tiener uitbars nie. Maar sy kan dit nie help nie. Hy maak haar irrassioneel. Andrew, haar voog, die man wat binnekort van haar ontslae sal wees wanneer sy mondig word...

 

 

christineleroux-bitterhartstog

Bitter hartstog - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Hy buk oor haar, tel haar vinger op en bekyk die punt. “My ma het altyd gesÍ jy lek dit sommer skoon,” sÍ hy en voor sy hom kan keer, sit hy die vingerpunt in sy mond en suig liggies daaraan.

Sy voel heeltemal duiselig. Haar bene word lam, ‘n vreemde warmte brand deur haar lyf, maar sy ruk nie haar vinger weg soos haar verstand vir haar sÍ nie.

Sy kyk net na hom met gesperde oŽ. Dit voel asof sy uit die stoel oprys, asof sy haar hele liggan en siel wil oorgee aan daardie mond.

“Mm,” sÍ hy en los haar hand. “Jy smaak na komkommer.”

Liefde uit die stormnag - Christine le roux

christineleroux-liefdesappel

Liedesvallei - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Sy staan onder die waterval, haar hande uitgestrek bo haar kop, haar oŽ toe. Sy staan op haar tone. Hy sien haar lang spiere wat uitgestrek afgeteken staan, van haar enkels tot bo by haar dye. Dit lyk of sy van marmer gemaak is, gladde, ligbruin marmer, gepoleer en volmaak. Sy keel is droon en hy sluk swaar.

Ordentlikheid vereis dat hy omdraai en weggaan, maar hy kan dit nie doen nie. Hy kan sy oŽ nie van die toneel voor hom wegskeur nie. Die plat, ferm maag, die ronde borste, opgelig en sag, die lang nek agteroorgetrek, haar profiel, en die nat donker hare - deel van die water wat oor haar rug stroom. Wanneer sy in die water induik, roer iets in hom en hy weet:
niks sal ooit weer dieselfde wees nie....

 

christineleroux-verborge liefde

Verborge liefde- Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Dit sou slegs ‘n huwelik in naam wees, het Roland Meyer haar verseker en vir Victoria was diť ooreenkoms die ideale uitweg. Na al haar teleurstellings, kon sy haar nie ‘n beter reŽling voorstel nie.

Maar kitsoplossings kan ‘n mens osms duur te staan kom en die liefde laat hom nie bind deur kontrakte nie. Dit sou Roland en Victoria weldra uitvind...

 

christineleroux-die honger hart

Die honger hart deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Julia Naudť wil niks meer weet van mans nie. Nadat haar verloofde haar verkul en teleurgestel het, begin sy ‘n nuwe lewe - ‘n lewe waar sy op haarself staatmaak, waar alles onder beheer en beplan is; ‘n lewe sonder omwentelinge en herries, ‘n lewe sonder mans ...

Maar dan word daar onberispelike bestaan heeltemal ontwrig deur haar peetpa, oom Septimus, se testament. Hy bemaak die helfde van sy plaas, Ouderus, aan haar, en die ander helfde aan Andrť Malan, die plaasbestuurder. Daar is egter ‘n uiter onortodokse voorwaarde aan die erflating gekoppel; sy en Andrť moet trou en vir ‘n jaar lank saam op die plaas bly....

Weereens trek mans die toutjies in Julia se lewe. Die honger hart deur Christine le Roux is ‘n liefdesverhaal wat die leser enduit sal boei.


christineleroux-verskuildeliefde

Verskuilde liefde - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Dokter Edmund Wiese kom na twee jaar in Amerika weer terug na Suid-Afrika en na sy praktyk as pediater. Hy is egter vol gemengde gevoelens - daar is blydskap om terug te wees, maar ook hartseer omdat sy jonger broer nie meer daar is nie.

Uit pligsgevoel gaan besoek hy sy skoonsuster en moet tot sy skok en verbasing uitvind dat sy in omstandighede leef waarvan nie een van hulle bewus was nie.

Verskuilde liefde deur Christine le Roux is ‘n verhaal vol begrip en deernis oor mense se behoeftes en beperkings, trots en lojalitiet.

 

christineleroux-die glasappel

Die glasappel - geskryf as Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

‘n Hele rits mooi meisies was al aan suksesvolle argitek Theo Senekal se sy. En nie een van hulle het hom al so kwaad gemaak en geirriteer soos die vreemde meisie wat nou in sy lewe ingestap het nie. ‘n Eksentrieke meisie wat sy geboue kritiseer en verstrooid na hom as ‘n messelaar verwys. Wat ongenooid ‘n nag op sy rusbank kom slaap en hom ‘n glasappel gee as dankie-sÍ geskenk. Wat hom heeltemal deurmekaar maak met haar anderse kyk op dinge.

 Die glasappel is ‘n heerlike roman waarin humor en eksentrieke sjarmant verweef is. En waar ons vir ‘n verandering na die liefde deur die man se oŽ kyk.

“Dit het alles met die appel begin”

 

christineleroux-die lente kom weert

Die lente kom weer - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

 

christineleroux-skynglansvangeluk

Skynglans van geluk - geskryf deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

 

christineleroux-kosbaarsoosdielewe

Kosbaar soos die lewe - geskryf deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Senutergende dinge het met Elizabeth gebeur nadat sy dokter Richard Nel se huishoudster en oppasser van sy seuntjie Fransie geword het - die klein rakker wat die ander applikante met kluite gegooi en haar ernstig vertel het van sy monster, Bees, met wie hy speel.

Toe sy na haar onderhoud met dokter Nel teruggery het na haar woonstel toe, het sy ‘n handjie op haar skouer gevoel, en dit was Fransie wat ewe kordaat sommer agter in haar motor igeklim het.

Elizabeth het ‘n verhouding met haar werkgewer gehad, maar dinge het verkeerd geloop, en daarom het sy by dokter Nel gaan werk, maar Richard Nel was ‘n moeilike man.

Richard het siek geword en sy het hom verpleeg, en toe het Marie Swart, die meisie wat hy vroeŽr gehad het, onverwags daar opgedaag, en tot oormaat van ramp het Fransie verdwyn, en sy hondjie Wollie het verlate op die stoep getjank...

 

christineleroux-teesinnige efrgenaam-

TeŽsinnige erfgenaam - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Melissa van Eeden is agt en twintig jaar oud, maar sy het nog nooit in ‘n restaurant geŽet of ‘n rolprent gesien nie. Sy het vasgekeer grootgeword saam met ‘n verbitterde, hartvogtige, ou vrou. Die vrou was haar ma wat haar nooit vertel het van haar pa nie. Hy is dood, het sy gesÍ. Haar ma het haar geleer om nie mooi te lyk nie, want dit skep onrealistiese verwagtinge by mans. Melissa het grootgeword teen die droŽ bors van ‘n ontgogelde vrou.

Toe sterf die vrou. Melissa is alleen met ‘n wÍreld om haar wat sy nog nie toegelaat is om te ontdek nie. Uit hierdie wÍreld kom daar ‘n oproep van ‘n vreemde man wat haar meedeel dat sy die erfgenaam van ‘n skatryk man is. Die skatryk man is haar pa. Met soveel geld en haar nuwe vryheid lÍ die wÍreld vir Melissa oop, maar die jare van afgesonderde bestaan het haar van haar lewenslus en ondernemingsgees ontneem.

Maar dan is daar Chris, die prokureur, wat aangestel is as haar trustee. Hy moet vir een jaar na haar sake omsien. Gedurende hierdie jaar besef hy dat hy na meer wil omsien as net haar sake - geldsake. Terwyl Melissa uit die dop van haar papiebestaan kruip, besef Chris dat hy hierdie skoenlapper meisie deel van sy lewe wil maak - dat hy haar wil koester. Melissa glo egter dat Chris aan Alicia, sy vaste meisie, behoort, en daarby is daar baie ander mans wat haar wil uitneem en wil bederf. Sy is te naief vir Chris, dink sy. Haar wÍreld is ligjare verwyderd van syne.

 

Lees oor liefdesverhale deur Vera Wolmarans

Nog liedesromanse is deur Jacqueline Brink geskryf

Lees ook romanse deur Lize Swart

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmarboeke.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738