http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Eleanor Baker is op 21 Augustus 1944 in Pretoria gebore, waar sy in 1961 matrikuleer aan die Hoërskool F.H. Odendaal. Nadat sy aanvanklik in die musiek studeer het, verwerf Baker in 1968 haar M.A.-graad in Afrikaans (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria waarna sy skoolhou in Johannesburg. In 1969 lui die huweliksklokkies en trou sy met Walter Baker. Walter Baker sluit by die diplomatieke diens aan wat beteken dat hulle geruime tyd buite die landsgrense deurbring; in 1975 word hul na Teheran verplaas. Ander lande waar hulle heen verplaas was, sluit onder andere ook in Den Haag, Montreal en Brussel. Hierna keer hulle terug na Suid-Afrika, waar die gesin in Klein-Brak aftree. Hier in Klein-Brak wy sy haar voltyds aan skryf. Eleanor Baker sterf op 1 Julie 2002 op 57-jarige ouderdom aan kanker. Sedert die vyftigerjare verskyn ’n hele aantal verhale uit haar pen wat bo die gemiddelde middelmootliteratuur geskat kan word.Haar debut roman, Wêreld sonder einde, verskyn 1972, maar dit is veral haar roman Weerkaatsings wat haar vestig as ’n belangrike Afrikaanse outeur. Sy ontvang ook die FAK- prys vir die boek en dit word ook in verskeie tale vertaal en uitgegee. As besonder produktiewe skrywer oor ‘n 30 jaar periode, verskyn sowat 56 tekste uit haar pen - 15 verhale , 2 televisie draaiboeke en verskeie kinderboeke onder haar eie naam .Vir haar kinderboek Spore op die maan ontvang sy die Scheepers-prys vir jeuglektuur. Sy publiseer nie minder as 30 liefdesromans onder die skuilnaam Christine le Roux en ook 5 speurromans onder die skuilnaam Alex Muller. Dit is opvallend dat wanneer sy onder haar eie naam geskryf het sy meer geneig was om nader aan die werklike gebeure te bly en die verhaal te vertel soos dit is, met haar unike humor en erns gekombineer. Dit was ook die gebruik van skuilname het haar meer “vryheid” gegee.
Foto: Eleanor Baker
Baker, Eleanor Wêreld sonder einde, 1972. Die onbekende helfde, 1995 Omnibusse : Die tiende omnibus van hierdie geliefde skrywer bevat twee verhale en drie tydskrifverhale. Die twee verhale is: Verborge liefde en Liefdesvallei en die drie tydskrifverhale is: Tot in ewigheid, Uitdraai na Ukuthula en 'n Hele nuwe mens.
Lees meer van Produksies deur Cor Notje en Bertrand Retief Lees van boeke vervat in tydskrifte deur Rena de Kock
|