http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Drietal langs die Wildekus - B R Retief (Bertrand Retief) Stofpaaie, geweerknetter, barre klowe en handgranate. Dit is die storie van Kaptein Verster, Christo en Kobus, op soek na die geheim van die wildekus. Daar het kort-kort ‘n duikboot by die Transkeise kus opgedaag wat wapens aflaai om ęrens na die binneland vervoer te word. Sake was beslis nie in die haak nie. ‘n Vooraanstaande Xhosa van die Transkei kan die polisie vertel waar die wapens vandaan kom. Maar waar dit heengaan, is nog ‘n geheim. Wanneer gaan die saboteurs toeslaan en is daar nog tyd om hulle planne te fnuik? Dit is net manne van staal wat vertrou sal kan word op die gevaarlike sending om hierdie geheime te onthul en indien nodig self op te tree. So ‘n man is Kaptein Verster, wat die vernuf het om te uitoorlę en die durf om tot in die hoofkwartier deur te dring. En aan sy sy is die twee boesemvriende Chriso van Greunen en Kobus Roux, manne met ewe veel durf en ‘n humorsin wat hulle selfs in die grootste gevaar nie in die steek laat nie.
Drietal langs die wildekus 1966 uitgegee deur J.L. van Schaik en geskryf deur Bertrand R retief
lees meer oor die “Drietal-reeks” lees meer oor die skrywer, B R Retief
|