|
 |
Dricky Beukes (29 Desember, 1918 - 8 November, 1999) was 'n Afrikaanse skryfster van romans, kortverhale en radiovervolgverhale. Volle name was Hendrika Johanna van Staden)
Sy is op 29 Desember, 1918 in Prieska gebore as Hendrika Johanna van Staden. Sy was die jongste van 13 kinders en het grootgeword op Karos naby Upington, op die oewers van die groot Oranje, in die Noord-Kaap. Dit was ook hier op Karos, waar sy haar skoolopleiding begin het en was later ‘n student aan die Hoër Handelskool in die Paarl, waarna sy later posmeesteres geword het.. Sy is later getroud met Abraham Opperman Beukes van Prins Albert. Abraham Opperman Beukes was die eerste skoolhoof van die Laerskool Vredelust in Bellville en hy het self ook twee kinderboeke geskryf. Hulle het drie kinders, naamlik 'n seun en twee dogters gehad.
Beukes was die skryfster van 110 Afrikaanse romans, verskeie kortverhale en talle Afrikaanse radiovervolgverhale, waarvan talle maande lank voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële radiosender Springbok Radio. Haar eerste kortverhaal is gepubliseer toe sy nog maar agtien jaar oud was. Haar eerste roman in boekvorm is egter eers in 1945 uitgegee, net na die afsterwe van haar moeder. Sy was ook veral bekend vir haar daaglikse radioverhaal “Die indringer” wat om 3 uur op die destydse Springbok Radio uitgesaai was met die aangekondig: `` 'n verhaal wat elke moederhart sal roer''. Daar was ook “Skaduwees oor Summerdown”, “Blinkwater” en “Dokter Karenien”.
Sy is op 8 November, 1999 in “Huis André van der Walt” in Bellville oorlede.

skrywer : Dricky Beukes

Foto van skrywers: Tryna du Toit , Dricky Beukes en Paula

Dricky Beukes
Hier volg ‘n lys (verkorte) van haar boeke wat uitgegee is:
Klik hier vir ‘n volledige lys van Dricky Beukes se boeke
- Al lê die berge nog so blou...
- Altyd jou eie
- Anderkant die rante.
- Anderkant die verste ster.
- Antwoord van ‘n geslag
- Belydenis.
- Blinkwater.
- Brandglas van die tyd.
- Die boeteling
- Die groot chirurg.
- Die jare roep.
- Die hoë muur.
- Die jare roep.
- Die jare van ons herfs.
- Die korhaan roep ver.
- Die pad vorentoe.
- Die smaad van Kroondal
- Die Wind Waai Waar Hy Wil.
- Dis lente in die boland.
- Dokter Karenien.
- Eendag... miskien
- Een van la Rhone.
- Een wat 'n muur afbreek.
- Ek was die vreemdeling.
- En more is nuut - Die wind waai waar hy wil, Waar die winde gaan rus het.
- Gebaande weë.
- Gebarste mure
- Hande van my moeder
- Kamberg se wêreld.
- Ken jy die vrou -deel I
- Ken jy die vrou -deel II
- Ken jy die vrou -deel III.

- Langs ‘n ompad
- Lente
- Liefde op Kanetberg
- Liefde van gister.
- Maar die grootste hiervan.
- Madelief.
- Meetsnoere.
- Mevrou van Secunda.
- More lê ver.
- n Seun vir Nebe.
- ‘n Tyd vir stilstaan.
- Omnibus : R Nella Eksteen; Wie is my naaste; Die hoë muur.
- Onbekende weë.
- Onbetaalde rekening.
- Pad van verlange.
- Salome.
- Siel, jy het baie goed.
- Skaduwees oor Summerdown
- Skoenlappernooi.
- So mooi is die liefde.
- Twee paaie
- Vaarwel ou Driefonteintjie.

- Velde van offergawes
- Waar die liefde woon.
- Waar die winde gaan rus het.
- Wie die liefde erf.
- Wie is my naaste.
- Winter kom later.
Klik hier vir ‘n volledige lys van haar boeke


Foto : Dricky Beukes
|