|
Douglas Hill se boeke sluit in (alfabeties sorteer):
- Dag van die Sterrewind - ‘n wetenskapfiksieverhaal deur Douglas Hill
- Krygheer van die melkweg - ‘n wetenskapfiksieverhaal deur Douglas Hill
- Krygers van die Woesteny- ‘n wetenskapfiksieverhaal deur Douglas Hill
- Vreemdelingvesting - ‘n wetenskapfiksieverhaal deur Douglas Hill

Dag van die Sterrewind 1980 uitgegee ‘n Toekomsfantasie deur Douglas Hill
Dit is die derde boek in die opwindende reeks oor die avonture van Keill Randor, die laaste Legioensoldaat. In die eerste twee boeke, Krygsheer van die Melkweg en Slagvleuel oor Veynaa, het Keill en Glr, sy Vreemdeling-metgesel, reeds kennis gemaak met die gewetenloosheid en dodelike mag van die Krygsheer se agente, die Slagvleuel.
In hierdie verhaal neem Keill en Glr se soektog na die vyand hulle na ‘n onbewoonde planeet waar vreemde aktiwiteite waargeneem is. In ‘n dramatiese klimaks moet Keill nie alleen kragte meet met die groteske leier van die Slagvleuel nie, maar ook met die aanslag van die mees verwoestende windstorm in die hele Melkweg.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Vreemdelingvesting ‘n Toekomsfantasie deur Douglas Hill
Vreemdeling-vesting vervolg op Die jagter en Krygers van die Woesteny en bring die avonture van Finn Ferrall en sy vriende — en hul stryd teen die wrede Vreemdeling-heersers van die aarde, die Slawehalers — tot ‘n opwindende einde.
Die mense van die Woesteny word stadig deur ‘n meedoënlose opmars van die Slawehalers suid gedryf, en Finn, Beir en hul vriende moet pal staan en die warrelwaens aandurf, of bly terugval tot in die gevreesde radioaktiewe Brandsand, waar ‘n sekere dood op hulle wag.
Terwyl Finn ondersoek instel na ‘n vreemde ruimteskip wat naby die vriende neerstryk, word hy gevange geneem en na die Vesting vervoer. Hier leer hy hoe dit voel om ‘n slaaf te wees, en kom by ook meer te wete oor die Vreemdelinge, waarom hulle na die aarde toe gekom het, en wat hul plan vir die planeet is.
Met groot durf en waagmoed, en die hulp van Beir en die ander, slaag Finn tog daarin om te ontsnap, en deel te hê aan die laaste opstand teen die vyand.

Krygheer van die melkweg deur Douglas Hill ‘n wetenskapfiksie verhaal
‘n Boodskap op band is Keill Randor se laaste skakel met sy planeet, Moros, wat in ‘n geheimsinnige aanval vernietig is. Keill self is stadig besig om te sterf aan die gevolge van bestraling, maar hy moet eers ’n sending afhandel - hy moet wraak neem op die onbekende vyand wat sy mense vernietig het.
Hy staan egter nie alleen nie. ‘n Afgesonderde groep bekend as die Opsigters is oortuig dat die vernietiging van Moros deel is van ‘n groot plan van ‘n bose genie, wat hulle die Krygsheer noem, om die hele Melkweg te vernietig. Beide Keill en die Opsigters is gretig om sy identiteit vas te stel. In ‘n onvergeetlike doodstryd met een van ‘n onheilspellende groep genaamd die Slagvleuel, vind Keill en sy vreemde metgesel, Gir, die eerste aanduidings waar die gevreesde Krygsheer hom mag bevind.
Die verhaal verloop teen ‘n geweldige spoed vol avontuur en aksie en Keill Randor, die laaste Legioensoldaat, is ‘n onvergeetlike karakter.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Krygers van die Woesteny ‘n Toekomsfantasie deur Douglas Hill uitgegee 1990 aanvanklik uitgegee as Warriors of the Wasteland ‘n Afrikaanse Toekomsfantasie verhaal vertaal deur Jan Schaafsma
In Die jagter het ons kennis gemaak met Finn Ferrall, die jong man met die merkwaardige wildernisvaardighede. Toe sy pa en suster deur die Slawehalers, vreemde wesens van ‘n ander planeet, ontvoer word, begin hy ‘n soektog om weer met hulle verenig te word, en slaag hy daarin om sy pa van hul greep te bevry.
In hierdie boek word sy avonture voortgesit. Hy en sy vriend, ‘n Bloedgebroed met die naam Beir, bevind hulle in die hande van die fanatiese Mense van die Kloof, en daarña in die onherbergsame Woesteny. Hier kry hulle boonop te doen met ‘n uiters gevaarlike teenstander in diens van die Slawehalers, met die naam Die Klou.
Gelukkig hoef hulle nie alle gevare alleen te trotseer nie, want daar is ander mense wat in die Woesteny hul tuiste gemaak het — trotse krygers wat nie skroom om die Slawehalers aan te val as hulle dit waag om die Woesteny te probeer oorsteek nie.
Krygers van die Woesteny is ‘n wetenskapfiksieverhaal vol spanning en aksie. Lesers wat bekend is met die eerste boek in die reeks sal die een ook verslind, en vir die wat nog nie met Finn Ferrall kennis gemaak het nie, wag daar ‘n aangename verrassing.
Lees van ander toekomsfiksie verhale - kliek hier
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|