http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Dirk Mostert het verskeie boeke geskryf waaronder die volgende titels is:
Die roos van Radyn
Petaljes van oom Bart Inhoud
Spektakels en debakels OULAP IN DIE SAKKIE: Daar is ook by my ‘n behoefte om ‘n buiging te maak teenoor die Redaksie van Die Huisgenoot en die Uitgewers van my werke, veral as ek bedink hoeveel raad en aanmoediging en gewaardeerde hulp ek van hulle ontvang het. Hierdle versameling sluit die ,,Bart”-reeks af. Ja, dis my ‘n hewige stryd om die versoeking te weerstaan om ‘n afskeidswoordjie uit te sprek. Maar ek koester die stoutmoedige vertroue dat daar nog ander wesens - kinders van die naakte werklikheid en kinders van die verbeelding—die wye wêreld mag ingelei word aan die punt van my pen. Graag wil ek hierdie bundeltjie met tere llefde en minsame erkentlikheid opdra aan my ou Beste en Elsie, Attie en Koba. En dat die leser nou miskien ‘n onbekommerde halfuurtjie mag deurbring in die geselskap van my dierbare ou vriend, is die innige wens van
Inhoud:
Wie ken sy hart - boek deur Dirk Mostert ,,Dis ‘n spannende verhaal van mense en dinge wat eg en getrou aan hulle natuur is, en van mense en dinge wat vals en nagemaak is.., oorgeblaasde misbaksels. Die ontwerp van hierdie verhaal lê nie breed uitgesprei oor die uitwendige handelwyse van mense nie maar dis ‘n saamgevatte idee wat diep in die innerlike wese van mense ingryp, in die drang en die motiewe wat onder die blykbaar kalm oppervlakte in die koue en donker dieptes rondmaal. Dis ‘n gevoelsroman en nie ‘n verhaal van oppervlakige voorvalletjies en avontuur nie ... altans nie hoosaaklik nie. Dirk Mostert het daarin geslaag om die botsings in hierdie werk tot groot hoogtepunte te voer. Die leser sal dit ongetwyfeld as een van sy bestes beskou
Die metamorfose van Pietman Mol - boek deur Dirk Mostert
Stad sonder siel - boek deur Dirk Mostert
|