|
Die vyf swemmers - C J Barnard
Dis ‘n merkwardige “ware verhaal “ uit die Tweede Vryheidsoorlog (1899 - 1902).
Dit vertel van die gevangeneming van Willie Steyn en ‘n paar krygsmakkers in die Vrystaat, hul gevangenskap in die Groenpuntse kamp en aan boord van ‘n Britse skip op die lang vaart van Kaapstad na Ceylon (nou bekend as (Sri Lanka); die waaghalsige ontsnapping van Willie en vier medegevangenes in die hawe van Colombo, en hul terugkeer na kommando deur Rusland, die vasteland van Europa en Duits-Suidwes-Afrika.
Dit was die merkwaardigste ontsanpping deur krygsgevangenes in daardie oorlog en een van die klassiekste ontsnappings in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.
Genl. Christiaan de Wet het na die oorlog in sy beroemde boek “Die stryd tussen Boer en Brit” geskryf dat die Boere die Russe ewig dankbaar moet bly vir hul aandeel aan die ontsnapping en vir al die gasvryheid wat die vyf jong Boere in Rusland ontvang het.
Hul avonture is tevore deur L.A. Visagie in sy boek “Terug na Kommando” -1932 beskryf. Prof C.J Barnard het na jarelange soektogte in argiewe en biblioteke in Suid-Afrika, Britanje en Holland baie meer inligting kom bekom. Hy ook ook foto’s, dokumente en ander inligting van familielede van Willie en sy twee makkers, Piet Botha en Louw Steytler ontvang. Die resultaat is ‘n avontuurverhaal soos min, maar histories volledig verantwoord.

Die vyf swemmers - ‘n ware ontsnappingsverhaal geskryf deur Prof C.J Barnard

Lees ook ander Tweede Vryheidsoorlog boeke deur Mikro
Lees ook ander Tweede Vryheidsoorlog boeke deur Wille Martin
Lees ook verhale deur dok Immelman
Lees ook verhale deur Adriaan Snyman

|