|
Die Genootskap van die Uile is verbind tot reg en geregtigheid. Die groot Uil, sy adjudant en drie manskappe beleef talle avonture. Ervaar ure se leesgenot in die boeke geskryf deur Cor Dirks. Hier volg ‘n lys van die Uile reeks:
1. Die Uile van Kranskop 2. Die Uile en die rampokkers 3. Breuk onder die Uile 4. Die Uile in die Wildtuin 5. Die Uile in die Kalahari 6. Die Uile en die verlore stad 7. Die Uile langs die Limpopo 8. Die Uile by die see 9. Die Uile in die wapad 10. Die Uile in die stad 11. Vyf Uile en ‘n tier 12. Die Uile in die gimnasium 13. Die Uile in Mosambiek 14. Die Uile vlieg weer 15. Die Uile in die Bosveld
Titels in Die Uile (Omnibus 1) geskryf deur Cor Dirks
Titels in Die Uile (Omnibus 2) geskryf deur Cor Dirks

Titels in Die Uile (Omnibus 3) geskryf deur Cor Dirks
Titels in Die Uile (Omnibus 4) geskryf deur Cor Dirks
Boeke nie in die omnibusse opgeneem nie is:
- Die Uile in Mosambiek
- Die Uile vlieg weer
- Die Uile in die Bosveld
...en dan natuurlik ook Wadda van die woestyn

Die boek was opgedra aan sy Vader en Moeder Eerste uitgawe van Wadda van die woestyn was Augustus 1950 Tweede druk was Augustus 1951
Wadda, die woestynkind, is as driejarige seuntjie deur sy Boesman-pleegouers na ‘n skipbreuk op die strand van die Namib-woestyn gevind. Die lewe saam met die Boesmans het van hom ‘n ware natuurkind gemaak, wat sy baasskap oor die voëls, die slange en selfd ou Maanhaar, die leeu, bewys het. Vyandige boesmans,.... As jongman tree hy op as redder van blankes wat hulle daaraan waag om die geheime van die Makarikari-moeras te probeer blootlê. En dan... en dan ... ‘n keuse - sy liefde vie die eerste blanke meisie wat hy nog ooit aanskou het, of trou aan sy Boesmanvolgelinge.
Spanning en avontuur in ‘n kontrei met ‘n wonderlike atmosfeer!
(lees ook “die Uile langs die Limpopo” asook “Die Uile in die Kalahari”)
Lees ook boeke deur Jan J van der Post Boeke oor die Kalahari en Boesmans


Die UILE van Kranskop

‘n verhaal vir seuns deur Cor Dirks (Die eerste boek in die UILE reeks)
Selfs die rustige dorpie soos Kranskop het sy slegte en verkeerde elemente: paaiboelies wat die laerskoolkoshuis snags binneval, dorpsmense wat slagysters vir vrugtediewe stel en onderwysers wat die rottang sommer vir die grap swaai!
In so ‘n gemeentskap was die stigting van die Genootskap van die Uile onvermydelik. Voortaan sou die Groot Uil, sy adjudant en sy drie manskappe, die reg in eie hande neem. Geregtigheid moet seëvier en ongeregtigheid moet bestraf word... op hul eie manier.
Inhoud :
- Hoofstuk i - Die groot Uil
- Hoofstuk ii - Die genootskap van die Uile
- Hoofstuk iii - Die kenteken van die Uile
- Hoofstuk iv - Die kenteken van die Uile (vervolg)
- Hoofstuk v - Die eerste bloed
- Hoofstuk vi - Van uile en hoenders
- Hoofstuk vii - Die Uile onder verdenking
- Hoofstuk viii - Die Uile onder verdenking (vervolg)
- Hoofstuk ix - Jan Oelofse en die Vrugtediewe
- Hoofstuk x - Jan Oelofse en die Uile
- Hoofstuk xi - Jan Oelofse en die Uile (vervolg)
- Hoofstuk xii - Meneer Peltz en Doorsie Prinsloo
- Hoofstuk xiii - Meneer Peltz en die Uile
- Hoofstuk xiv - Met vakansie
- Hoofstuk xv - Jorsie se vernuf
- Hoofstuk xvi - Elsa gered


Die Uile en die Rampokkers deur Cor Dirks (tweede boek in die Uile reeks)

Inhoud :
- Klasprefek
- Hans Ras
- Mnr. Scholtz
- Herlewing van die Genootskap van die Groot Uil
- In die nag
- Die almanak
- Spioenasie
- Die ou put
- En toe was daar drie
- En toe was daar een
- Die geheim van die motorhuis
- Philip Senekal
- Lig
- Die sesde Uil

Die Uile langs die Limpopo - geskryf deur Cor Dirks (sewende boek in die Uile reeks)
Vir mekaar sal die vreeslose Uile-bende enigiets doen, Daarom het Philip nie ‘n oomblik gehuiwer voordat hy die krokodille van die Limpopo getrotseer het om tot die vasgemaakte Wadda se redding te swem nie. Skerpskutter Vaatjie was darem daar om op enige verdagte roering in die water los te trek!
In hierdie boek maak mens kennis met die Uile se avonture en die gevare langs die Limpoporivier wat op die vyf maats wag. Wie verwag dan nou ook om tydens ‘n rustige kampvakansie op ‘n meedoënlose smokkelbende af te kom...?

Die Uile by die see - geskryf deur Cor Dirks (agtste boek in die Uile reeks)
Jorsie se ouers het nou wel nie ‘n rustige vakansie by die see saam met die vyf Uile verwag nie, maar sowat van ‘n gevaarlike opwinding sou hulle twee keer laat dink het! Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en H-Hennie na moeilikheid loop soek nie.... maar watter seun wat sy bendenaam waardig is sal toesien dat R170 000 se diamante onwettig na ‘n boot gesmokkel word?
Gelukkig is Jorsie ‘n uithaler swemmer, en gelukkig kon hy die boewe onder die indruk laat dat hy nog buite aksie is na sy vroeëre noue ontkoming. Maar dit is weer ‘n ander koue-rilling storie....



Breuk onder die Uile - geskryf deur Cor Dirks (derde boek in die Uilereeks)
Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: ‘n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie was die een wat uit die hegte kringetjie weggebreek het. Met krieket kon hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie alles belangrike wedstryd teen Excelsior aan.
In die doodsnikke van die stryd was dit nog ner Berrie se skopskoen wat die telling in Kranskop se guns kon beklink. Berrie met die pynlike gebreekte sleutelbeen - en Philip wat die bal soos van ouds vir hom stel ...

Die Uile in die Kalahari geskryf deur Cor Dirks (5 de boek in die Uilereeks)
‘n Olifant met tandpyn is gevaarliker as ‘n beer met n seer kop. Dit het Philip en Berrie agtergekom toe hulle in die pad van die verwoede olifantbul met die gebreekte tand gekom het. Gelukkig kon Wadda hulle hierdie keer help.
Wadda, die geheimsinnige woestynkind met sy onverstaanbare taal en handgebare, en sy mensvreter-honde wat hom met hul lewens beskerm. Maar sou Wadda ook kon help toe die Uile-bende deur die bygelowige swart priesters ontvoer is . . .

Die Uile in die wapad Cor Dirks (9 de boek in die Uilereeks)
‘n Fietstoer was sommer ‘n blink idee vir die somervakansie! Gewapen met rugsakke en waterbottels het die berugte vyfmanskap die Oos-Transvaalse boswêreld op hul ysterperde aangedurf. Pret was daar genoeg, maar dit was nie al nie. Betrie was die eerste om teëspoed te kry toe sy fietsketting teen die steil afdraand van die plantasiepaadjie afgespring het. Met ‘n smal bruggie en ‘n aankomende voertuig voor hom, moes die onvermydelike gebeur. en dit het!
Die tweede terugslag was van ernstiger aard. Niksvermoedend en baie dankbaar het Philip en sy makkers met fletse en al opgeklim toe die vriendelike vragmotorbestuurder aanbied om hulle teen die lang bergpas uit te neem, Hoe kon hulle raai dat hulle daardeur in die hande van gewetenlose ontvoerders beland het . . .

5 Uile en ‘n tier - Cor Dirks (11 de boek in die Uilereeks)
Op Kranskop is ‘n sirkus altyd ‘n belewenis, veral as ‘n man moet kopkrrap hoe om sonder toegangsgeld binne-in die groot tent te kom. As ‘n wilde dier dan boonop uit sy hok ontsnap, is dit sommer gou groot avontuur!
Die seuns word verbied om aan die gewapende soektog deel te neem, dus besluit die Uile-bende om in de veiligheid van die rantjie na geitjies vir die biologieklas te gaan soek. Wat Philip toe op ‘n smal rotslysie teëkom is nie ‘n skadelose geitjie nie, maar die gevreesde geelkat...
Inhoud:
- Die dief
- Spoke en druiwe
- Die sirkus
- Avontuur teen die krans
- Vyf Uile en ‘n tier
- Die huis in die kloof
- Arabier
- Speurder Jorsie
- Kranskop kry besoek



Die Uile in die stad - Cor Dirks (10 de boek in die Uilereeks)

Die Uile in die gimnasium - Cor Dirks (12 de boek in die Uilereeks)
“Die lewe in die leergimnasium is onbeskryflik lekker en skone bederf...” skryf Jorsie. En watter soldate-ma sal nie deur sulke woorde getroos wees nie? Maar. . het mev. Neethling maar geweet watter metodes ingespan word om van haar klein Jorsie en sy mededienspligtiges manne van staal te maak!
Een ding is seker— veldkornette en korporaals is manne om rekening mee te hou, en vir die eerste keer sedert hulle bestaan, loop die Genootskap van die Uile hulle rieme lelik styf. Al kan hulle avontuurlustigheid nooit geblus word nie, is hulle vyf jong volwassenes wanneer die Iaaste voorstellingsparade verby is. Dan groet hulle ook die duisende lesers wat die pad vanaf Kranskop saam met hulle geloop het.
(In die boek word ook weer verwys na “Die Uile in die Kalahari”)
Cor Dirks het ook ‘n reeks oor Joof en sy maats geskryf asook die Otters



|