http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die sluipmoordenaars - deur Paul C. Venter Twee persone is oppad na ‘n ander land, ander kontinent, Amerika om ‘n sluipmoord te pleeg. Twee geharde manne sonder vrees. Elkeen ‘n kunstenaar op sy gebied van moord. Die prys? Geld natuurlik!. Baie geld. Die slagoffer? Dit weet hulle nie. Hulle weet net dat die iemand ‘n belangrike persoon in Amerika is. Vir dié twee is moord ‘n alledaags. Ontvoering, in hulle oë, is ‘n manier om mense te dwing om lewensgevaarlike opdragte uit te voer en te verseker dat daar geen uitkomkans is nie. Samewerking verseker resultate. Eers land hulle in Ney York. Dan land hulle weer in Washington. Al hulle opdragte is altyd belangrike en gevaarlik, maar hulle kom tot die besef dat die sluipmoord wat hulle moet uitvoer, internasionale gevolge kan / gaan hê. Hulle weet ook dat hul lewens nie ‘n sent werd gaan wees nie - hierdie is vir hulle ‘n baie gevaarlike situasie om in te wees. . Terugdraaikans is daar nie, want iets in Suid-Afrika sorg dat die opsie nie moontlik is nie!
Die sluimoordenaars is uitgegee deur Perskor as deel van die Klub 707 boekreeks. Die boek is opgedra aan die skrywer Gert Basson, Carl Steyn en Pieter de Ras omdat hy blykbaar van bloed en lyke hou. Klik hier vir ‘n boeklys van Paul C. Venter
|