http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php diamandveld-avontuur reeks

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Onheilsboodskapin die nag

Diamantveld-avontuur reeks (Onheilsboodskap in die nag deur Hermie Hendriks) - 1960

Hugo de Villiers, die swerwer-dokter op die delwerye in die ou dae langse die Grootrivier trap sommer met albei voete in die moeilikheid toe hy op die delwery Spookjaerskrans aankom. Hy is uit die staanspoor oorhoop met die sogenaamde vigilantes wat voorgee dat hulle die belange van die delwers behartig, maar wie se dade nie aldae met die voorwensel skyn te strook nie.

In hierdie verhaal van sy Delwery-reeks het Hermie Hendriks nog meer avontuur en aksie as gewoontlik ingewerk en vir geen oomblik laat hy die spanning toe om te versklap nie

 

Die galante rower

Diamantveld-avontuur reeks (Die galante rower deur Hermie Hendriks) - 1960

Terwyl Hugo de Villiers, die avontuurlistige swerwer-dokter, gemoedelik in die wye veld sit en rus in die omgewing van die diamantdelwerye waar duisende koorsagtig na rykdom soek, hoor hy in die verte ‘n hond tjank.

Hy gaan ondersoek instel en vind ‘n sterwende propekteerder wat deur skurke aangeval en beroof is van die diamante wat hy vir sy dogter, Maria, versamel het.

Hugo maak ‘n belofte aan die sterwende en nadat hy die ou man begrawe het, vertrek hy op die soektog na Maria en die rowers....

 

diamantveld-avontuur- nooi van onheil

Diamantveld-avontuur reeks (Nooi van onheil deur Hermie Hendriks) - 1960

Sersant Fourie roep die swerwer-dokter, Hugo de Villiers, se hulp in om ‘n ontsnapte diamantdief en moordenaar op die Klipdrifdelwery vas te trek. Daar loop Hugo hom vas in ‘n vrolike jong weduwee met ‘n paar geheimsinnige hoedanighede....

Dit is glad nie na die sin van sy vriendin Marinda de Beer nie, en daar is ook ander wat beswaar maak teen Hugo se bedrywighede - soos bewys deur ‘n paar koeŽls wat rakelings by hom verby fluit.

 

diamantveld-avontuur- diesingende rotse

Diamantveld-avontuur reeks (Die singende rotse deur Hermie Hendriks) - 1960

Hugo de Villiers, die swerwer-dokter op die diamantveld se delwerye langse die Grootrivier, kry ‘n noodoproep van sy vriendin Marinada de Beer. Sy het die vriende by wie sy kuier, sowel as die diamantdelwers op die diamantplaas, Vaaldraai, verkeer in ernstige gevaar. Hugo en Kleinman du Preez snel hulle te hulp met ‘n muilwa vol wapens en ammunisie, en sommer uit die staanspoor loop hulle hul in die een avontuur na die ander vas.

diamantveld-avontuur-haat van die kobra

Diamantveld-avontuur reeks (Haat van die kobra deur Hermie Hendriks) - 1960

Hugo de Villiers, die swerwer-dokter op die diamantveld se delwerye lin die ou dae, het al verskeie duistere geheime in die Sodom en Gomorra opgelos, en nou word hy weer ontbied om ondersoek in te stel na ‘n nuwe gevaar.

Die Kobra, ‘n rower met ‘n swart masker waarop die prent van ‘n dreigende kobra geskilder is, het reeds verskeie kere toegeslaan en mense en hul swaar verdiende geld of kosbare diamante beroof.

Hugo, wat altyd vir avontuur te vinde is, gee gehoor aan die roepstem, en sommer met die intrapslag loop hy hom teen die Kobra vas.... en dan neem die verhaal ‘n baie verrassende wending.

 

diamantveld-avontuur- dieskender

Diamantveld-avontuur reeks (Die skender deur Hermie Hendriks) - 1960